Jeremia word deur die priester Pashur geslaan en in die blok gesit.
1 EN Pashur, die seun van Immer, die priester — wat hoofopsigter was in die huis van die Here — het Jeremia hierdie woorde hoor profeteer.
2 Toe het Pashur die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit wat in die Boonste Poort van Benjamin was, by die huis van die Here.
3 Maar die volgende dag het Pashur Jeremia uit die blok laat uithaal. Toe sê Jeremia vir hom: Die Here noem jou nie Pashur nie, maar Skrik — rondom!
4 Want so spreek die Here: Kyk, Ek maak jou 'n skrik vir jouself en vir al jou vriende; en hulle sal val deur die swaard van hul vyande, terwyl jou oë dit sien, en die hele Juda sal Ek gee in die hand van die koning van Babel, wat hulle in ballingskap sal wegvoer na Babel en hulle met die swaard sal verslaan.
5 Ook sal Ek die hele besitting van hierdie stad en al sy goed en al sy kosbare dinge gee, ja, al die skatte van die konings van Juda sal Ek gee in die hand van hulle vyande, en hulle sal dit buitmaak en saamneem en na Babel bring.
6 En jy, Pashur, en al die inwoners van jou huis sal in gevangenskap gaan; en jy sal in Babel kom en daar sterwe en daar begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy vals geprofeteer het.
7 Here, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; ek was 'n belagging die hele dag, almal saam spot met my.
8 Want elke keer as ek spreek, moet ek dit uitskreeu, moet ek roep: Geweld en verdrukking! — omdat die woord van die Here vir my 'n smaad en spot geword het die hele dag.
9 En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos 'n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie.
10 Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem.
11 Maar die Here is met my soos 'n geweldige held; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle staan diep beskaamd, omdat hulle nie geslaag het nie, 'n ewige smaad wat nie vergeet sal word nie.
12 Maar, Here van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien — laat my u wraak sien op hulle, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
13 Sing tot eer van die Here, prys die Here! Want Hy het die siel van die behoeftige uit die hand van die kwaaddoeners verlos.
14 Vervloek is die dag waarop ek gebore is; laat die dag waarop my moeder my gebaar het, nie geseënd wees nie.
15 Vervloek is die man wat aan my vader berig gebring en gesê het: Vir jou is 'n seun gebore — waardeur hy hom grootliks verbly het.
16 Ja, laat dié man wees soos die stede wat die Here omgekeer het sonder dat dit Hom berou het; en laat hom in die môre angsgeroep hoor en op die middagtyd krygsgeskreeu,
17 omdat hy my nie gedood het van die moederskoot af, sodat my moeder my graf geword het en haar skoot vir ewig swanger gebly het nie.
18 Waarom het ek tog uit die moederskoot voortgekom om moeite en kommer te sien, sodat my dae in skande verdwyn?
Pasur fere a Jeremias e mete-o no cepo
1 Ora, Pasur, filho do sacerdote 1Cr 24.14;Ed 2.37-38Imer, que era 2Rs 25.18superintendente da Casa de Jeová, ouviu a Jeremias profetizando essas coisas. 2 Então, Jr 1.19;1Rs 22.27;2Cr 16.10;24.21;Am 7.10-13feriu Pasur ao profeta Jeremias e o meteu no Jó 13.27;33.11cepo que estava na Jr 37.13;38.7;Zc 14.10porta superior de Benjamim, na Casa de Jeová. 3 No dia seguinte, Pasur tirou do cepo a Jeremias. Então, lhe disse Jeremias: Jeová Is 8.3;Os 1.4,9não te pôs por nome Pasur, Jr 20.10;Jr 6.25mas Magor-Missabibe. 4 Pois assim diz Jeová: Eis que te Jó 18.11-21;Ez 26.21farei um espanto para ti mesmo e para todos os teus amigos; eles cairão pela espada dos seus inimigos, e Jr 29.21;39.6-7os teus olhos o verão. Jr 21.4-10;25.9Entregarei a todo o Judá nas mãos do rei de Babilônia, e ele os levará Jr 13.19;52.27cativos para Babilônia e matá-los-á à espada. 5 Também entregarei todas as Jr 15.13;17.3riquezas desta cidade, e todos os teus lucros, e todas as tuas coisas preciosas, sim, todos os tesouros dos reis de Judá, entregá-los-ei nas Jr 27.21-22;2Rs 20.17-18;2Cr 36.10mãos dos seus inimigos, que os despojarão, tomarão e levarão para Babilônia. 6 Tu, Jr 20.1Pasur, e todos os moradores da tua casa ireis para o cativeiro; Jr 28.15-17ireis à Babilônia, e ali morrereis, e ali sereis sepultados, tu e todos os teus Jr 20.4;Jr 14.14-15;Lm 2.14amigos, a quem profetizaste falsamente.
7 Jr 1.6-8,18-19;17.16Seduziste-me, Jeová, e deixei-me seduzir; Ez 3.14;Mq 3.8mais forte és tu do que eu e prevaleceste. Torno-me Lm 3.14objeto de escárnio o dia todo, todos Jr 38.19;Sl 22.7zombam de mim. 8 Pois, sempre que falo, clamo em alta voz; clamo: Jr 6.7Violência e despojo! Porque Jr 6.10;2Cr 36.16a palavra de Jeová se me torna em opróbrio e em ludíbrio o dia todo. 9 Se eu disser: 1Rs 19.3-4;Jn 1.2-3Não farei menção dele, nem falarei mais em seu nome, há Jr 4.19;23.9;Jó 32.18-20;Sl 39.3;Ez 3.14;At 4.20no meu coração um como fogo ardente, encerrado nos meus ossos, e estou cansado de sofrer e não posso conter-me. 10 Pois Sl 31.13;57.4;64.2-4tenho ouvido a difamação de muitos, Jr 6.25há terror por todos os lados. Jr 18.18;Ne 6.6-13;Is 29.21Denunciai, e o denunciaremos, dizem todos os meus Sl 41.9íntimos amigos, os que aguardam o meu manquejar; porventura, se deixará Jr 18.22seduzir, e 1Rs 19.2;22.27prevaleceremos contra ele e dele nos vingaremos. 11 Mas Jr 1.8;15.20Jeová está comigo como um que é poderoso e terrível; portanto, tropeçarão Jr 15.15;Dt 32.35-36os meus perseguidores e não prevalecerão. Porque não se houveram sabiamente, ficarão Jr 17.18grandemente envergonhados, Jr 23.40com perpétua desonra, que nunca será esquecida. 12 Mas tu, Jeová dos Exércitos, Jr 11.20;17.10;Sl 7.9;11.5;17.3;139.23que provas o justo, que vês os rins e o coração, permite Jr 11.20;Sl 59.10que veja eu a tua vingança contra eles; Sl 62.8porque te revelei a minha causa. 13 Jr 31.7Cantai a Jeová, louvai a Jeová; porque Jr 15.21;Sl 34.6;69.33livrou da mão dos malfeitores a alma do necessitado.
14 Maldito seja Jó 3.3-6o dia em que nasci! Não seja bendito o dia em que me deu à luz minha mãe! 15 Maldito seja o homem que levou, causando-lhe muita alegria, as novas a meu pai, dizendo: Nasceu-te Gn 21.6-7um filho varão! 16 Seja esse homem como Jr 23.14;49.18;50.40;Gn 19.24-25;Os 11.8;Sf 2.9as cidades que Jeová subverteu, sem se arrepender. Ouça ele Jr 48.3-4um clamor pela manhã e um alarido ao meio-dia. 17 Por que Jó 3.10-11,16;10.18-19não me matou no ventre? Assim minha mãe teria sido a minha sepultura e teria ficado para sempre grávida! 18 Por que saí do ventre Jr 15.10;Jó 3.20;5.7;14.1para ver trabalho e tristeza, de sorte que Sl 90.9;102.3os meus dias se consumissem de Jr 3.25;Sl 69.19;1Co 4.9-13vergonha?