Inleiding. Hemelvaart van Jesus.
1 DIE eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het
2 tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;
3 aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.
4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.
5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;
8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.
10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
12 Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 'n sabbatsreis ver.
13 En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bovertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus.
14 Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.
Matthías as apostel gekies in die plek van Judas.
15 EN in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan — die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig — en gesê:
16 Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
17 want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry.
18 Hy het dan 'n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort;
19 en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeldáma genoem is, dit is Bloedgrond.
20 Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat 'n ander een sy opsienersamp neem.
21 Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in- en uitgegaan het,
22 van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is — van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.
23 En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías.
24 En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het
25 om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek.
26 Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.
Prefácio
1 No primeiro livro relatei, ó Lc 1.3Teófilo, todas as coisas que Jesus Lc 3.23começou a fazer e a ensinar 2 até o dia em que Mc 16.19;At 1.9,11,22foi recebido acima, depois de Mt 28.19s.;Mc 16.15;Jo 20.21s.; cp.At 10.42haver dado preceitos pelo Espírito Santo aos Mc 6.30apóstolos que Jo 13.18; cp.At 10.41escolhera; 3 aos quais Mt 28.17;Mc 16.12,14;Lc 24.34,36;Jo 20.19,26;21.1,14;1Co 15.5-7ele também, depois de haver padecido, apresentou-se vivo, dando disso muitas provas, aparecendo-lhes por espaço de quarenta dias e falando cp.At 8.12;19.8;28.23,31das coisas concernentes ao reino de Deus. 4 Reunido a eles, ordenou-lhes Lc 24.49que não saíssem de Jerusalém, mas que esperassem At 2.33; cp.Jo 14.16,26;15.26a promessa feita pelo Pai, a qual (disse ele) de mim ouvistes; 5 pois At 11.16;Mt 3.11João, na verdade, batizou com água, mas vós sereis batizados com o Espírito Santo, At 2.1-4dentro de poucos dias.
A ascensão de Jesus
6 Eles, estando reunidos outra vez, perguntaram-lhe: Senhor, Mt 17.11;Mc 9.12;Lc 17.20;19.11é agora, porventura, que restabeleces o reino a Israel? 7 Ele lhes respondeu: A vós não vos compete saber os tempos ou as épocas que Mt 24.36;Mc 13.32o Pai fixou pela sua própria autoridade; 8 mas recebereis poder, At 2.1-4ao descer sobre vós o Espírito Santo, e sereis Lc 24.48;Jo 15.27minhas testemunhas tanto em Jerusalém como em toda a Judeia e At 8.1,5,14Samaria e até Mt 28.19;Mc 16.15; cp.Cl 1.23;Rm 10.18as extremidades da terra. 9 Tendo dito essas coisas, At 1.2foi Jesus elevado à vista deles, e uma nuvem o recebeu e ocultou aos seus olhos. 10 Estando eles com os olhos fitos no céu, enquanto ele subia, eis que cp.Lc 24.4;Jo 20.12dois varões com vestiduras brancas se puseram ao lado deles 11 e lhes perguntaram: At 2.7; cp.13.31Galileus, por que estais olhando para o céu? Esse Jesus que dentre vós Mc 16.19;At 1.2,9,22foi recebido no céu assim Mt 16.27s.; cp.At 3.21virá do modo como o vistes ir para o céu.
Os apóstolos em Jerusalém
12 Então, Lc 24.50,52voltaram para Jerusalém do cp.Mt 21.1monte chamado Olival, que está perto de Jerusalém, na distância da jornada de um sábado. 13 Quando entraram, subiram ao At 9.37,39;20.8; cp.Mc 14.15;Lc 22.12cenáculo, onde assistiam At 1.13;Mt 10.2-4;Mc 3.16-19;Lc 6.14-16Pedro, João, Tiago e André; Filipe, Tomé, Bartolomeu e Mateus; Tiago, filho de Alfeu, e Simão, o zelote, e Jo 14.22Judas, filho de Tiago. 14 Todos estes At 2.42;6.4;Rm 12.12;Cl 4.2; cp.Ef 6.18perseveravam unanimemente em oração com Lc 8.2s.as mulheres, e com Maria, Mt 12.46mãe de Jesus, e com os irmãos dele.
A escolha de Matias
15 Naqueles dias, levantou-se Pedro no meio dos Jo 21.23;At 6.3;9.30;10.23;11.1,12,29;12.17;14.2;15.1,3,22-23,32-33,40;16.2,40;17.6,10,14;18.18,27;21.7,17;22.5;28.14-15, etc.;Rm 1.13; cp.At 11.26irmãos (estava ali reunida uma multidão de cerca de cento e vinte pessoas) e disse: 16 Irmãos, convinha que se cumprisse a At 1.20; cp.Jo 13.18;17.12Escritura que o Espírito Santo predisse por boca de Davi acerca de Judas, que Mt 26.47;Mc 14.43;Lc 22.47;Jo 18.3foi o guia daqueles que prenderam a Jesus 17 porque era ele Jo 6.70s.contado entre nós e tomou parte At 1.25;At 20.24;21.19neste ministério. 18 (Ora, esse homem cp.Mt 27.3-10adquiriu um campo com Mt 26.14s.o preço da sua iniquidade e, precipitando-se de cabeça para baixo, arrebentou pelo meio, e todas as suas entranhas se derramaram; 19 e tornou-se isso conhecido de todos os habitantes de Jerusalém, de maneira que em cp.At 21.40;Mt 27.8sua própria língua esse campo era chamado Aceldama, isto é, Campo de Sangue.) 20 Pois está escrito Sl 69.25;109.8no livro dos Salmos:
Fique deserta a sua habitação,
e não haja quem nela habite;
e:
Tome outro o seu ministério.
21 É necessário, pois, que, dos homens que nos acompanharam todo o tempo em que Lc 24.3o Senhor Jesus viveu entre nós, 22 Mc 1.1-4começando desde o batismo de João até o dia em que dentre nós At 1.2foi recebido acima, um destes se torne At 1.8;2.32testemunha conosco da sua ressurreição. 23 Apresentaram dois — José, também chamado Barsabás, que tinha por sobrenome Justo, e At 1.26Matias. 24 E, cp.At 6.6;13.3;14.23orando, disseram: Tu, Senhor, At 15.8;Rm 8.27;1Sm 16.7;Jr 17.10que conheces os corações de todos, mostra qual destes dois tens escolhido, 25 para tomar o lugar At 1.17deste ministério e cp.Rm 1.5;1Co 9.2;Gl 2.8apostolado, do qual Judas se transviou para ir ao seu próprio lugar. 26 A respeito deles Lv 16.8;Js 14.2;1Sm 14.41s.;Ne 10.34;11.1, etc.; cp.Pv 16.33deitaram sortes; caiu a sorte sobre Matias, e foi ele contado com At 2.14os onze apóstolos.