Die hoofman Cornelius.
1 EN daar was in Cesaréa 'n man met die naam van Cornelius, 'n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling.
2 Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.
3 Hy het duidelik in 'n gesig omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!
4 En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.
5 Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word.
6 Hy is tuis by 'n sekere Simon, 'n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.
7 En toe die engel wat met Cornelius gespreek het, weg was, roep hy twee van sy huisbediendes en 'n vroom soldaat van die wat altyd by hom was,
8 en vertel hulle alles en stuur hulle na Joppe.
9 En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid;
10 en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar 'n verrukking van sinne oor hom gekom:
11 hy sien die hemel geopend en 'n voorwerp soos 'n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.
12 Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel.
13 Toe kom daar 'n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!
14 En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie.
15 En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
16 En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.
17 En terwyl Petrus by homself daaroor verleë was wat die gesig tog kon beteken wat hy gesien het, staan die manne wat deur Cornelius gestuur was, daar by die poort en verneem na die huis van Simon.
18 En hulle roep en vra of Simon, wat ook Petrus genoem word, daar tuis is.
19 En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek.
20 Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.
21 En Petrus het afgeklim na die manne wat deur Cornelius na hom gestuur was, en gesê: Kyk, dit is ek wat julle soek. Wat is die rede waarom julle hier is?
22 En hulle sê: Cornelius, 'n hoofman oor honderd, 'n regverdige en godvresende man, wat 'n goeie naam het by die hele Joodse nasie, het 'n goddelike openbaring ontvang deur 'n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal sê.
23 En hy het hulle binnegenooi en geherberg. En die volgende dag het Petrus saam met hulle afgereis, en enkele van die broeders uit Joppe het met hom saamgegaan.
24 Die dag daarop het hulle in Cesaréa aangekom. En Cornelius was hulle te wagte, en hy het alreeds sy familie en besondere vriende bymekaargeroep.
25 Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys.
26 Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op, ek is self ook maar 'n mens.
27 En onderwyl hy met hom spreek, gaan hy binne en vind baie wat vergader het;
28 en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir 'n Joodse man om met iemand van 'n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.
29 Daarom het ek, toe ek gehaal is, gekom sonder om teë te spreek. Ek vra dan om watter rede julle my laat haal het.
30 En Cornelius sê: Vier dae gelede was ek besig om te vas tot op hierdie uur, en die negende uur het ek in my huis gebid,
31 en meteens staan daar 'n man voor my in 'n blink kleed en sê: Cornelius, jou gebed is verhoor en jou aalmoese is voor God in herinnering gebring.
32 Stuur dan na Joppe en laat Simon haal wat ook Petrus genoem word. Hy vertoef in die huis van Simon, 'n leerlooier, by die see; as hy kom, sal hy met jou spreek.
33 Ek het toe op die daad na u gestuur, en u het goed gedoen om te kom. Ons is dan nou almal voor die aangesig van God aanwesig om alles te hoor wat deur God aan u opgedra is.
34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
35 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
36 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus — Hy is die Here van almal.
37 Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het,
38 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
39 En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan 'n kruishout op te hang.
40 Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn
41 nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God vantevore verkies was, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het.
42 En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.
43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.
44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
45 En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.
46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:
47 Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
48 En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog 'n paar dae te bly.
O centurião Cornélio
1 Um homem em At 8.40;At 10.24Cesareia, por nome Cornélio, centurião de uma Mt 27.27;Mc 15.16;Jo 18.3,12;At 21.31;27.1coorte chamada Italiana, 2 piedoso e At 10.22,35; cp.At 13.16,26temente a Deus com toda a sua casa, e que cp.Lc 7.4s.fazia muitas esmolas ao povo e de contínuo orava a Deus, 3 viu At 9.10;At 10.17,19em visão claramente, cerca At 3.1da hora nona do dia, At 5.19um anjo chegando e dizendo: 4 Cornélio! Este, At 3.4fitando nele os olhos e cheio de temor, perguntou: Que é, Senhor? O anjo acrescentou: As tuas orações e as tuas esmolas cp.Ap 8.4têm subido cp.Mt 26.13;Fp 4.18;Hb 6.10para lembrança diante de Deus. 5 Agora, envia homens a At 9.36Jope e manda chamar um certo Simão que tem por sobrenome Pedro; 6 este se acha hospedado em casa de At 9.43um curtidor chamado Simão, a qual fica junto ao mar. 7 Logo que se retirou o anjo que lhe falava, chamou a dois dos seus domésticos e a um soldado piedoso dos que estavam ao seu serviço 8 e, havendo-lhes contado tudo, enviou-os a Jope.
Pedro tem uma visão
9 Ao outro dia, seguindo eles o seu caminho e estando já perto da cidade, subiu At 10.9-32;At 11.5-14Pedro ao Mt 24.17; cp.Jr 19.13;32.29;Sf 1.5eirado para orar, cerca da cp.At 10.3;Sl 55.17hora sexta. 10 Teve ele fome e quis comer; mas, enquanto lhe aprontavam a comida, At 22.17; cp.11.5veio-lhe um êxtase; 11 viu Jo 1.51o céu aberto e descer um objeto como se fora uma grande toalha, o qual era baixado à terra pelas quatro pontas, 12 e nele havia de todos os quadrúpedes e répteis da terra e aves do céu. 13 Uma voz disse-lhe: Levanta-te, Pedro! Mata e come. 14 Mas Pedro replicou: De nenhum modo, cp.Mt 8.2ss.;Jo 4.11ss.;At 9.5;22.8, etc.Senhor, porque At 10.28;Ez 4.14;Dn 1.8;Lv 11;20.25;Dt 14.4-20jamais comi coisa alguma impura e imunda. 15 Segunda vez, a voz lhe falou: cp.Mc 7.19;Rm 14.14;1Co 10.25ss.;1Tm 4.4s.;Tt 1.15;Mt 15.11Ao que Deus purificou, não faças tu impuro. 16 Sucedeu isso por três vezes, e logo o objeto foi recolhido ao céu.
Cornélio envia mensageiros a Pedro
17 Enquanto Pedro estava consigo perplexo sobre o que seria At 10.3a visão que tinha tido, eis que At 10.8os homens que haviam sido enviados por Cornélio, tendo perguntado pela casa de Simão, pararam à porta 18 e, chamando, indagavam se estava ali hospedado Simão, que tinha por sobrenome Pedro. 19 Enquanto Pedro estava meditando sobre a visão, disse-lhe At 8.29o Espírito: Eis que dois homens te procuram; 20 levanta-te, pois, desce e cp.At 15.7-9vai com eles, nada duvidando; porque eu os enviei. 21 Descendo Pedro ao encontro desses homens, disse: Sou eu a quem procurais; qual é a causa por que viestes? 22 Eles responderam: O centurião Cornélio, homem justo At 10.2e temente a Deus, tendo bom testemunho de toda a nação judaica, Mt 2.12recebeu um aviso de Deus, por meio de um cp.Mc 8.38;Lc 9.26;Ap 14.10santo anjo, que te mandasse chamar para sua casa e ouvisse At 11.14as tuas palavras. 23 Pedro, pois, convidando-os a entrar, hospedou-os.
Pedro vai com eles
No dia seguinte, levantou-se e partiu com eles, At 10.45;At 11.12e alguns At 1.15irmãos de At 9.36Jope acompanharam-no. 24 No outro dia, entrou em At 10.1;At 8.40Cesareia. Cornélio estava esperando por eles, tendo reunido seus parentes e amigos íntimos. 25 Quando Pedro ia entrar, veio Cornélio recebê-lo e, prostrando-se-lhe aos pés, Mt 8.2adorou-o. 26 Mas Pedro ergueu-o, dizendo: Ap 19.10;22.8s.; cp.At 14.15Levanta-te, que eu também sou homem. 27 Falando com ele, entrou, e achou At 10.24muitos reunidos, 28 e disse-lhes: Vós bem sabeis que At 11.3; cp.Jo 4.9;18.28é proibido a um judeu ajuntar-se ou chegar-se a um de outra nação; todavia, At 10.14s.; cp.10.35;At 15.9Deus mostrou-me que a ninguém chamasse impuro ou imundo; 29 por isso, sem objeção, vim logo que fui chamado. Pergunto, pois, por que razão me mandaste chamar? 30 Respondeu-lhe Cornélio: Faz agora At 10.9,22s.quatro dias que eu estava orando à At 10.3;At 3.1hora nona em minha casa, e eis que se apresentou diante de mim At 10.30-32; cp.At 10.3-6um varão de vestidura resplandecente 31 e disse: Cornélio, a tua oração foi ouvida, e as tuas esmolas foram lembradas na presença de Deus. 32 Envia, pois, a At 9.36Jope e chama a Simão, que tem por sobrenome Pedro; este se acha hospedado na casa de Simão, curtidor, à beira-mar. 33 Portanto, mandei logo chamar-te, e tu fizeste bem em vir. Agora, pois, todos nós estamos aqui diante de Deus, para ouvir tudo o que te foi ordenado pelo Senhor. 34 Pedro Mt 5.2começou a falar e disse:
Pedro prega em Cesareia
Na verdade, reconheço que Dt 10.17;2Cr 19.7;Rm 2.11;Gl 2.6;Ef 6.9;Cl 3.25;1Pe 1.17Deus não se deixa levar de respeitos humanos, 35 mas que At 10.28em toda a nação aquele que cp.At 10.2o teme e faz o que é justo, este lhe é aceito; 36 esta é a mensagem que Deus enviou aos filhos de Israel, cp.13.32evangelizando-lhes Lc 1.79;2.14;Rm 5.1;Ef 2.17a paz por meio de Jesus Cristo — este é o Rm 10.12;At 2.36;Mt 28.18Senhor de todos. 37 Vós sabeis o que sucedeu por toda a Judeia, começando desde a Galileia, depois do batismo que pregou João, 38 como Deus At 4.26ungiu a At 2.22Jesus de Nazaré com o Espírito Santo e poder, Mt 4.23o qual andou por toda parte, fazendo o bem e sarando a todos os oprimidos do Diabo, 39 porque Jo 3.2Deus era com ele; e nós somos Lc 24.48;At 10.41testemunhas de tudo o que se fez na terra dos judeus e em Jerusalém; ao qual também At 5.30tiraram a vida, pendurando-o em um madeiro. 40 A este At 2.24ressuscitou Deus ao terceiro dia e concedeu que fosse ele manifesto, 41 cp.Jo 14.19,22;15.27não a todo o povo, mas às testemunhas que Deus tinha antes escolhido, a nós Lc 24.43;At 1.4que comemos e bebemos com ele, depois que ressurgiu dentre os mortos; 42 At 1.2e nos mandou pregar ao povo Lc 16.28e testificar que ele é o que Lc 22.22por Deus tem sido constituído 2Tm 4.1;1Pe 4.5;Jo 5.22,27; cp.At 17.31juiz de vivos e mortos. 43 A ele At 3.18todos os profetas dão testemunho de que, por meio de Lc 24.47; cp.At 2.38;4.12seu nome, todo o que nele crê recebe remissão de pecados.
O Espírito Santo desce sobre os gentios
44 Enquanto Pedro ainda falava essas coisas, desceu o At 11.15;15.8Espírito Santo sobre todos os que ouviam a palavra. 45 At 10.23Admiraram-se todos os crentes que eram da circuncisão, quantos vieram com Pedro, porque também sobre os gentios foi At 2.33,38derramado o dom do Espírito Santo, 46 pois os ouviam At 2.4;19.6; cp.Mc 16.17falar outras línguas e engrandecer a Deus. Então, At 3.12perguntou Pedro: 47 At 8.36Porventura, pode alguém negar a água, para que não sejam batizados estes que At 10.44s.;At 11.17;15.8; cp.2.4receberam o Espírito Santo como nós? 48 E cp.1Co 1.14-17ordenou que fossem batizados At 2.38;8.16;19.5em nome de Jesus Cristo. Então, lhe rogaram que se demorasse ali alguns dias.