Pular para o conteúdo
Publicidade

Atos 12

TB

Herodes vervolg die gemeente, maak Jakobus dood, sit Petrus in die gevangenis. Petrus word uit die gevangenis verlos. Dood van Herodes.

1 EN omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.

2 En hy het Jakobus, die broer van Johannes, met die swaard omgebring.

3 En toe hy sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook Petrus in hegtenis geneem. En dit was die dae van die ongesuurde brode.

4 Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom die paasfees voor die volk te bring.

5 So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.

6 En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.

7 En meteens staan daar 'n engel van die Here by hom, en 'n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en : Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.

8 En die engel vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my!

9 En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy 'n gesig sien.

10 En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.

11 Toe kom Petrus tot homself en : Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.

12 En nadat dit vir hom duidelik geword het, kom hy by die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem word, waar baie in die gebed bymekaar was.

13 En toe Petrus aan die deur van die poort klop, het 'n diensmeisie met die naam van Rhodé gegaan om te hoor wie daar was.

14 En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.

15 Maar hulle vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop hulle: Dit is sy engel.

16 En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verbaas.

17 Maar hy het hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy : Vertel dit aan Jakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en na 'n ander plek vertrek.

18 En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie.

19 Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle tereggestel moes word. En hy het van Judéa weggegaan na Cesaréa en daar gebly.

20 En Herodes was verbitterd teen die Tiriërs en Sidoniërs. En hulle het eenparig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra, omdat hulle land onderhoud uit die koning s’n ontvang het.

21 En op 'n bepaalde dag het Herodes 'n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek.

22 Daarop het die volk hom toegeroep: 'n Stem van 'n god en nie van 'n mens nie!

23 En onmiddellik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.

24 Maar die woord van God het gegroei en toegeneem.

25 En Bárnabas en Saulus het van Jerusalem teruggekeer, nadat hulle hul diens vervul het, en hulle het Johannes saamgeneem, wat ook Markus genoem word.

Tiago morto à espada. Pedro é livre da prisão

1 Naquele tempo, o rei Herodes mandou prender alguns da igreja para os maltratar. 2 Ordenou que Mt 4.21; cp.Mt 20.23matassem à espada Tiago, irmão de João. 3 Vendo que isso cp.At 24.27;25.9agradava aos judeus, fez ainda mais: mandou prender também a Pedro e eram Êx 12.15;23.15;At 20.6os dias dos Pães Asmos 4 e, tendo-o feito prender, lançou-o no cárcere, entregando-o a quatro escoltas de cp.Jo 19.23quatro soldados cada uma para o guardarem, tencionando apresentá-lo ao povo depois da Mc 14.1;At 12.3Páscoa. 5 Pedro, pois, estava guardado no cárcere; mas a igreja orava com insistência a Deus por ele. 6 Quando Herodes estava para apresentá-lo, nessa mesma noite, Pedro dormia entre dois soldados, At 21.33acorrentado com duas cadeias, e sentinelas, à porta, guardavam o cárcere. 7 Eis que Lc 2.9;24.4sobreveio At 5.19um anjo do Senhor, e uma luz brilhou na prisão; e ele, tocando o lado de Pedro, o despertou, dizendo: Levanta-te depressa. cp.At 16.26As cadeias caíram-lhe das mãos. 8 O anjo acrescentou: Cinge-te e calça as tuas sandálias. Ele assim o fez. Disse-lhe mais: Cobre-te com a tua capa e segue-me. 9 Pedro, saindo, seguia-o e não sabia que era real o que se fazia por meio do anjo, mas julgava que era At 9.10uma visão. 10 Depois de terem passado a primeira e a segunda sentinela, chegaram ao portão de ferro que para a cidade, o qual se lhes cp.At 5.19;16.26abriu por si mesmo; e, saindo, andaram uma rua, e logo o anjo o deixou. 11 Pedro, cp.Lc 15.17tornando a si, disse: Agora, sei verdadeiramente que cp.Dn 3.28;6.22o Senhor enviou o seu anjo e me livrou da mão de Herodes e de tudo o que esperava o povo judaico. 12 Depois de refletir, foi à casa de Maria, mãe At 12.25;At 13.5,13;15.37,39;Cl 4.10;2Tm 4.11;Fm 24;1Pe 5.13de João, que tem por sobrenome Marcos, onde muitas pessoas estavam congregadas At 12.5e oravam. 13 Quando ele bateu ao postigo do portão, veio uma Jo 18.16s.criada chamada Rode ver quem era; 14 reconhecendo a voz de Pedro, Lc 24.41de gozo não abriu o portão, mas, correndo para dentro, contou que Pedro estava ali. 15 Eles lhe disseram: Estás louca. Ela, porém, asseverava que era ele. Diziam: É o Mt 18.10seu anjo. 16 Mas Pedro continuava a bater; quando abriram o portão, viram-no e ficaram atônitos. 17 Mas ele, At 13.16;19.33;21.40acenando-lhes com a mão que se calassem, contou-lhes como o Senhor o tirou do cárcere e acrescentou: Anunciai isso At 15.13;21.18;1Co 15.7;Gl 1.19;2.9,12; cp.Mc 6.3a Tiago e At 1.15aos irmãos. E, saindo, retirou-se para outro lugar. 18 Logo que amanheceu, houve grande alvoroço entre os soldados sobre o que teria acontecido a Pedro. 19 Herodes, tendo-o procurado e não o achando, inquiriu as sentinelas e mandou cp.At 16.27;27.42que fossem justiçadas; e, descendo da Judeia At 8.40a Cesareia, ali se demorou.

A morte de Herodes

20 Herodes estava irritado contra os de Mt 11.21Tiro e de Sidom; porém eles, de comum acordo, se apresentaram a ele e, depois de alcançar o favor de Blasto, camarista do rei, pediam paz, porque cp.1Rs 5.11;Ed 3.7;Ez 27.17era do país do rei que se abastecia o país deles. 21 Num dia designado, Herodes, vestido de traje real, sentado no trono, dirigia-lhes uma fala; 22 e o povo clamava: É voz de um deus e não de um homem. 23 No mesmo instante, um At 5.19; cp.2Sm 24.16;2Rs 19.35anjo do Senhor o feriu, por ele não haver dado glória a Deus; e, comido de vermes, expirou.

24 Entretanto, At 6.7;19.20a palavra de Deus crescia e se multiplicava.

25 At 13.1ss.; vd.4.36Barnabé e Saulo, At 11.30tendo acabado o seu serviço, voltaram de Jerusalém, levando consigo a At 12.12João, que tem por sobrenome Marcos.

Veja também