Pular para o conteúdo
Publicidade

Atos 25

TB

Paulus verskyn voor Festus en beroep hom op die keiser.

1 FESTUS het dan in die provinsie gekom en drie dae van Cesaréa opgegaan na Jerusalem.

2 En die hoëpriester en die vernaamstes van die Jode het Paulus by hom aangeklaag

3 en by hom aangedring en gevra, as 'n guns teen Paulus, dat hy hom na Jerusalem moes laat haal; terwyl hulle intussen 'n hinderlaag voorberei het om hom op die weg om te bring.

4 Maar Festus het geantwoord dat Paulus in Cesaréa bewaak word en dat hy self spoedig daarheen sou reis.

5 Laat dan dié onder julle, hy, wat bevoeg is, saamgaan, en as daar iets verkeerds in hierdie man is, hom beskuldig.

6 En nadat hy nie meer as tien dae onder hulle deurgebring het nie, het hy na Cesaréa afgegaan en die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Paulus voorgebring moes word.

7 En toe hy verskyn, het die Jode wat van Jerusalem afgekom het, rondom hom gestaan en baie en swaar beskuldiginge teen Paulus ingebring wat hulle nie kon bewys nie,

8 terwyl hy tot sy verdediging gesê het: Ek het niks teen die wet van die Jode of teen die tempel of teen die keiser gesondig nie.

9 Maar omdat Festus aan die Jode 'n guns wou bewys, het hy geantwoord en vir Paulus gesê: Wil jy na Jerusalem opgaan en daar voor my oor hierdie dinge teregstaan?

10 Toe Paulus: Ek staan voor die regterstoel van die keiser waar ek geoordeel moet word. Aan die Jode het ek geen onreg gedoen nie, soos u ook baie goed weet.

11 Want as ek oortree het of iets gedoen het wat die dood verdien, weier ek nie om te sterwe nie. Maar as daar niks is in die dinge waarvan hulle my beskuldig nie, dan kan niemand my aan hulle by wyse van guns oorlewer nie. Ek beroep my op die keiser!

12 Toe antwoord Festus, nadat hy met die Raad gespreek het: Op die keiser het jy jou beroep na die keiser sal jy gaan!

Paulus voor Agríppa.

13 EN verloop van enkele dae het koning Agríppa en Berníce in Cesaréa aangekom om Festus te begroet.

14 En toe hulle daar verskeie dae deurgebring het, het Festus die saak van Paulus aan die koning voorgelê en gesê: Hier is 'n man deur Felix as gevangene agtergelaat,

15 teen wie die owerpriesters en die ouderlinge van die Jode, toe ek in Jerusalem was, 'n klag ingedien en vonnis teen hom gevra het.

16 En ek het hulle geantwoord dat dit nie by die Romeine gewoonte is om enige mens by wyse van guns aan die dood prys te gee voordat die beskuldigde die beskuldigers voor hom gehad het en geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldiging gekry het nie.

17 Toe hulle dan hier vergader het, het ek sonder enige uitstel die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee om die man voor te bring.

18 Die beskuldigers het teen hom opgetree en geen beskuldiging ingebring van dinge soos ek verwag het nie,

19 maar hulle het met hom sekere twisvrae oor hulle eie godsdiens gehad en oor 'n sekere Jesus wat dood is, van wie Paulus verklaar het dat Hy lewe.

20 En omdat ek met die ondersoek hiervan verleë was, het ek gevra of hy na Jerusalem wou gaan en daar oor hierdie dinge teregstaan;

21 maar toe Paulus in beroep gegaan het om in bewaring te bly vir die beslissing van die keiser, het ek bevel gegee dat hy in bewaring moes bly totdat ek hom na die keiser kon stuur.

22 En Agríppa vir Festus: Ek sou self ook graag die man wil hoor. Toe antwoord hy: Môre sal u hom hoor.

23 Op die volgende dag het Agríppa en Berníce toe met prag en praal gekom en die gehoorsaal binnegetree saam met die owerstes oor duisend en die aansienlikste manne van die stad; en op bevel van Festus is Paulus voorgebring.

24 Toe Festus: Koning Agríppa en manne wat almal hier saam met ons is, u sien hierdie man oor wie die hele menigte van die Jode my aangespreek het in Jerusalem en ook hier, en uitgeroep het dat hy nie langer behoort te lewe nie.

25 Maar omdat ek gevind het dat hy niks gedoen het wat die dood verdien nie, en hy self ook hom op die keiser beroep het, het ek besluit om hom te stuur.

26 Maar ek kan niks sekers oor hom aan my heer skrywe nie; daarom het ek hom voor u gebring en veral voor u, koning Agríppa, sodat ek die ondersoek iets kan skrywe.

27 Want dit lyk vir my onredelik om 'n gevangene te stuur en nie die beskuldiginge teen hom aan te dui nie.

Paulo perante Festo. Apela para César

1 Tendo, pois, entrado Festo At 23.34na província, depois de três dias subiu de At 8.40;At 25.4,6,13Cesareia a Jerusalém, 2 e os principais sacerdotes e os mais eminentes judeus At 24.1;At 25.15deram-lhe informações contra Paulo 3 e, em detrimento dele, pediram a Festo, como um favor, que o mandasse vir a Jerusalém, At 9.24armando-lhe uma cilada para o matarem no caminho. 4 Festo, porém, At 25.16respondeu que Paulo At 24.23se achava detido em At 8.40;At 25.1,6,13Cesareia; 5 portanto, disse ele, os que entre vós têm prestígio desçam comigo e, se naquele homem algum crime, acusem-no.

6 Tendo-se demorado entre eles cerca de oito ou dez dias, desceu a Cesareia; e, no dia seguinte, sentando-se no Mt 27.19;At 25.10,17tribunal, mandou trazer a Paulo. 7 Comparecendo este, rodearam-no os judeus que tinham descido de Jerusalém, trazendo contra ele cp.At 24.5s.muitas e graves acusações, At 24.13que não podiam provar. 8 Então, Paulo, defendendo-se, disse: At 24.12;28.17; cp.6.13Não tenho pecado em coisa alguma, nem contra a Lei dos judeus, nem contra o templo, nem contra César. 9 Festo, At 24.27; cp.12.3querendo alcançar o favor dos judeus, perguntou a Paulo: At 25.20Queres subir a Jerusalém e ser julgado dessas coisas perante mim? 10 Mas Paulo respondeu: Estou perante o tribunal de César, onde devo ser julgado. Não tenho feito mal algum aos judeus, como tu bem sabes. 11 Se, pois, sou malfeitor e tenho praticado alguma coisa que mereça a morte, não recuso morrer; mas, se não são verdadeiras as coisas de que me acusam, ninguém pode entregar-me a eles; At 25.21,25;At 26.32;28.19apelo para César. 12 Então, Festo, tendo conferenciado com o conselho, respondeu: Para César apelaste, a César irás.

Festo expõe a Agripa o caso de Paulo

13 Passados alguns dias, o rei Agripa e Berenice chegaram a At 8.40;At 25.1,4,6Cesareia, para saudar a Festo. 14 Como se demorassem ali muitos dias, Festo expôs ao rei o caso de Paulo, dizendo: Félix At 24.27deixou aqui um homem preso, 15 a respeito do qual, quando estive em Jerusalém, os principais sacerdotes e os anciãos dos judeus At 24.1;At 25.2deram-me informações, pedindo que o condenasse. 16 A eles At 25.4s.respondi que não é costume dos romanos condenar homem algum antes de At 23.30o acusado ter presentes os acusadores e ter tido oportunidade de se defender do que lhe é imputado. 17 Portanto, tendo-se eles reunido aqui, sem me demorar, no dia seguinte sentei-me no Mt 27.19;At 25.6,10tribunal e mandei trazer o homem; 18 e, levantando-se os acusadores, não apresentaram contra ele alguma acusação dos crimes que eu supunha, 19 mas tinham com ele certas cp.At 18.15;23.29questões sobre a sua cp.At 17.22religião e sobre um Jesus defunto, que Paulo afirmava estar vivo. 20 Eu, At 25.9perplexo, quanto ao modo de investigar essas coisas, perguntei-lhe se queria ir a Jerusalém e ser ali julgado sobre essas questões. 21 Mas, havendo Paulo At 25.11s.apelado para que o reservassem ao julgamento do imperador, mandei que fosse detido até que eu o enviasse a César. 22 Disse cp.At 9.15Agripa a Festo: Eu também desejava ouvir esse homem. Amanhã, respondeu ele, o ouvirás.

Festo, de novo, fala a Agripa

23 No dia seguinte, vindo At 25.13;At 26.30Agripa e Berenice, com grande pompa, e, depois de entrarem na audiência com os tribunos e homens principais da cidade, foi Paulo ali trazido por ordem de Festo. 24 Então, disse Festo: Rei Agripa e todos vós que estais presentes conosco, vedes este homem, por causa de quem cp.At 25.2,7toda a comunidade dos judeus recorreu a mim, tanto em Jerusalém como aqui, clamando At 22.22que não convinha que ele vivesse mais. 25 Porém eu achei que ele At 23.29nada havia praticado que merecesse a morte, mas, tendo ele apelado para o imperador, determinei remeter-lho. 26 Dele nada tenho de positivo que escreva ao soberano; pelo que vo-lo tenho apresentado a vós e mormente a ti, ó rei Agripa, para que, depois de feito o interrogatório, tenha eu alguma coisa que escrever; 27 porque não me parece razoável remeter um preso, sem mencionar também as acusações que contra ele.

Veja também