Bekering van Saulus op die pad na Damaskus.
1 MAAR Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan
2 en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.
3 En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik 'n lig van die hemel af;
4 en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
5 En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
6 En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.
7 En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.
8 Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring.
9 En drie dae lank het hy niks gesien nie, en niks geëet of gedrink nie.
10 En daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in 'n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.
11 Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na 'n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid;
12 en hy het in 'n gesig 'n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.
13 Maar Ananías antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het;
14 en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal te boei wat u Naam aanroep.
15 Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My 'n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.
16 Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.
17 En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.
18 En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.
19 En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword. En Saulus was 'n paar dae saam met die dissipels in Damaskus.
Saulus word vervolg.
20 EN hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is.
21 En almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê: Is hý nie die man wat in Jerusalem uitgeroei het die wat hierdie Naam aanroep, en hier gekom het met die doel om hulle geboeid na die owerpriesters te bring nie?
22 Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.
23 En ná geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom om te bring.
24 En hulle plan het aan Saulus bekend geword. En hulle het die poorte dag en nag bewaak, dat hulle hom kon ombring;
25 maar die dissipels het hom geneem en in die nag deur die muur neergelaat deur hom in 'n mandjie te laat afsak.
26 En toe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie geglo het dat hy 'n dissipel was nie.
27 Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.
28 En hy het saam met hulle in- en uitgegaan in Jerusalem
29 en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.
30 En toe die broeders dit agterkom, het hulle hom na Cesaréa afgebring en hom na Tarsus weggestuur.
31 En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.
Genesing van Enéas. Opwekking van Tabíta.
32 EN onderwyl Petrus oral rondgaan, het hy ook gekom by die heiliges wat in Lidda woon;
33 en hy het daar 'n man gevind met die naam van Enéas, wat al agt jaar bedlêend en verlam was.
34 En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.
35 En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.
36 En in Joppe was daar 'n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.
37 En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar gewas en in 'n bovertrek neergelê.
38 En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus daar was, het hulle twee manne na hom gestuur wat hom moes smeek dat hy sonder uitstel na hulle moet oorkom.
39 En Petrus het opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar kom, bring hulle hom in die bovertrek; en al die weduwees kom by hom staan en ween en wys hom die onder- en bo-klere wat Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was.
40 En Petrus het almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabíta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.
41 En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.
42 En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo.
43 En hy het 'n geruime tyd in Joppe gebly by 'n sekere Simon, 'n leerlooier.
A conversão de Saulo
1 At 9.1-22; cp.At 22.3-16;26.9-18Saulo, At 8.3;At 9.13,21respirando ainda ameaças e morte contra os discípulos do Senhor, dirigiu-se ao sumo sacerdote 2 e pediu-lhe At 22.5;26.10; cp.At 9.14,21cartas para as cp.Mt 10.17sinagogas de Gn 14.15, etc.;2Co 11.32;Gl 1.17Damasco, a fim de que, caso achasse alguns que fossem do At 19.9,23;22.4;24.14,22; cp.At 18.25s.;Jo 14.6Caminho, tanto homens como mulheres, os levasse presos a Jerusalém. 3 Caminhando ele, ao aproximar-se de Damasco, cp.1Co 15.8subitamente resplandeceu em redor dele uma luz do céu; 4 cp.At 22.7;26.14e, caindo em terra, ouviu uma voz dizer-lhe: Saulo, Saulo, por que me persegues? 5 Ele perguntou: Quem és tu, Senhor? Respondeu o Senhor: Eu sou Jesus, a quem tu persegues; 6 mas levanta-te e entra na cidade, e At 9.16dir-te-ão o que te é necessário fazer. 7 Os homens que viajavam com ele cp.At 26.14pararam, emudecidos, cp.At 22.9;Jo 12.29s.ouvindo sim a voz, mas sem ver a ninguém. 8 Levantou-se Saulo da terra e, cp.At 22.11;At 9.18abrindo os olhos, nada viu; e, guiando-o pela mão, conduziram-no a Gn 14.15, etc.;2Co 11.32;Gl 1.17Damasco. 9 Esteve três dias sem ver e não comeu, nem bebeu.
Ananias visita a Saulo
10 Ora, havia em Damasco um discípulo chamado At 22.12Ananias, e disse-lhe o Senhor em At 10.3,17,19;11.5;12.9;16.9s.;18.9visão: Ananias! Respondeu ele: Eis-me aqui Senhor! 11 O Senhor ordenou-lhe: Levanta-te e vai à rua que se chama Direita e procura na casa de Judas a um homem de At 9.30;At 11.25;21.39;22.3Tarso, chamado Saulo; pois ele está orando 12 e tem visto um homem, por nome Ananias, entrar e At 9.17;Mc 5.23; cp.At 6.6impor-lhe as mãos para recuperar a vista. 13 Mas Ananias respondeu: Senhor, eu tenho ouvido a muitos acerca desse homem, At 8.3quantos males fez aos At 9.32,41;At 26.10;Rm 1.7;15.25-26,31;16.2,15;1Co 1.2, etc.teus santos em Jerusalém; 14 e aqui At 9.2,21tem autoridade dos principais sacerdotes para prender a todos os que At 7.59invocam o teu nome. 15 Mas o Senhor disse-lhe: Vai, porque cp.At 13.2;Rm 1.1;Gl 1.15;Ef 3.7;Rm 9.23este é para mim um vaso escolhido para levar o meu nome perante Rm 6.5;11.13;15.16;Gl 1.16;2.7ss.;Ef 3.2,8;1Tm 2.7;2Tm 4.17; cp.At 22.21;26.17os gentios e At 25.22s.;26.1,32; cp.2Tm 4.16os reis, bem como perante os filhos de Israel; 16 pois At 20.23;21.11; cp.21.4,13;1Ts 3.3; esp.2Co 6.4s.;11.23-27eu lhe mostrarei quanto lhe é necessário padecer pelo meu nome. 17 Partiu Ananias, e entrou na casa, e, At 9.12;Mc 5.23; cp.At 6.6impondo-lhe as mãos, disse: At 22.13Saulo, irmão, o Senhor Jesus, que te apareceu no caminho por onde vinhas, enviou-me para que recuperes a vista e fiques At 2.4cheio do Espírito Santo. 18 Logo, lhe caíram dos olhos umas como escamas, e recuperou a vista. Levantando-se, foi batizado; 19 e, depois de tomar alimento, ficou fortalecido.
Saulo prega em Damasco
At 26.20Demorou-se alguns dias com At 11.26;At 9.26,38os discípulos que estavam em Damasco; 20 e logo At 13.5,14;14.1;17.2,10,17;18.4,19;19.8; cp.16.13;28.17nas sinagogas proclamava que Jesus era Mt 4.3;At 13.33; cp.At 9.22Filho de Deus. 21 Pasmavam todos os que escutavam e diziam: Não é este o que At 8.3;At 9.13;Gl 1.13,23perseguia em Jerusalém aos que At 9.14invocavam esse nome e que tinha vindo cá para os levar presos aos principais sacerdotes? 22 Porém Saulo muito mais se fortalecia e confundia os judeus que habitavam em Damasco, provando que Jesus era o Cristo.
Saulo escapa dos judeus
23 Decorridos cp.Gl 1.17-18muitos dias, 1Ts 2.16os judeus deliberaram entre si tirar-lhe a vida; 24 porém At 20.3,19;23.12,30;25.3essa cilada chegou ao conhecimento de Saulo. 2Co 11.32s.Guardavam também as portas de dia e de noite para o matar. 25 Mas os discípulos tomaram-no de noite e desceram-no pela muralha, baixando-o numa Mt 15.37alcofa.
Saulo em Jerusalém e Tarso
26 At 22.17-20;26.20Tendo chegado a Jerusalém, tentava juntar-se com At 11.26;At 9.19,38os discípulos; e todos tinham medo dele, não crendo que ele fosse discípulo. 27 Mas At 4.36Barnabé, tomando-o consigo, levou-o aos apóstolos e contou-lhes como ele At 9.3-6vira o Senhor no caminho, e que este lhe falara, e como At 9.20,22em Damasco At 9.29; cp.At 4.13,29pregara ousadamente em nome de Jesus. 28 Estava com eles em Jerusalém, entrando e saindo, 29 pregando com coragem em nome do Senhor. Ele falava e disputava com os At 6.1helenistas; mas eles tratavam de tirar-lhe a vida, 30 o que, tendo sabido At 1.15os irmãos, levaram-no até At 8.40Cesareia cp.Gl 1.21(?)e enviaram-no a At 9.11Tarso.
A igreja cresce
31 Assim, pois, tinha cp.At 5.11;8.1;16.5paz a igreja por toda a Judeia, Galileia e Samaria, sendo edificada e caminhando no temor do Senhor, e crescia no conforto do Espírito Santo.
A cura de Eneias
32 Passando Pedro por toda parte, desceu também At 9.13aos santos que habitam em cp.1Cr 8.12;Ed 2.33;Ne 7.37;11.35Lida. 33 Achou ali um homem chamado Eneias, que havia oito anos jazia numa cama, porque era paralítico. 34 Pedro disse-lhe: Eneias, Jesus Cristo te sara; levanta-te e faze a tua cama. Ele logo se levantou. 35 Viram-no todos os que moravam em Lida 1Cr 5.16;27.29;Ct 2.1;Is 33.9;35.2;65.10e Sarona, os quais At 11.21; vd.2.47; cp.At 9.42se converteram ao Senhor.
A ressurreição de Dorcas
36 Havia em Js 19.46;2Cr 2.16;Ed 3.7;Jn 1.3; cp.At 9.38,42s.;At 10.5,8,23,32;11.5,13Jope uma discípula por nome Tabita, que quer dizer Dorcas; ela estava cheia de boas obras e esmolas que fazia. 37 Naqueles dias, adoecendo ela, morreu; e, depois de a lavarem, puseram-na At 9.39;At 1.13no cenáculo. 38 Como Lida era perto de Jope, At 11.26os discípulos, ouvindo que Pedro se achava lá, enviaram-lhe dois homens e rogaram-lhe: Não te demores em vir ter conosco. 39 Pedro levantou-se e foi com eles. Tendo chegado, conduziram-no ao cenáculo; e todas At 6.1as viúvas cercaram-no, chorando e mostrando-lhe túnicas e capas que Dorcas fazia, enquanto estava com elas. 40 Mas Pedro, cp.Mt 9.25tendo feito sair a todos e At 7.60;Lc 22.41pondo-se de joelhos, orou; e, voltando-se para o corpo, disse: cp.Mc 5.41Tabita, levanta-te. Ela abriu os olhos e, vendo a Pedro, sentou-se. 41 Ele, dando-lhe a mão, levantou-a; e, chamando At 9.13os santos e as viúvas, apresentou-lha viva. 42 Isso se tornou conhecido por toda At 9.35Jope, e muitos creram no Senhor. 43 Pedro ficou em Jope por muitos dias, em casa de um At 10.6curtidor chamado Simão.