1 SIT jy aan om saam met 'n heerser te eet, let dan net op wat vóór jou is,
2 en sit 'n mes op jou keel as jy 'n goeie eetlus het.
3 Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys.
4 Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid.
5 Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die hemel toe!
6 Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie.
7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.
8 Jou stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspuug; en dan het jy jou vriendelike woorde verspil.
9 Spreek nie voor die ore van 'n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag.
10 Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie.
11 Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.
12 Bring jou hart na die tug en jou oor na woorde van kennis.
13 Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.
14 Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.
15 My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug.
16 En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.
17 Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van die Here.
18 Waarlik, daar is 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
19 Hoor, my seun, en word wys, en rig jou hart reguit op die weg.
20 Wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.
21 Want 'n drinker en 'n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.
22 Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.
23 Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.
24 Die vader van 'n regverdige juig baie; en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.
25 Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.
26 My seun, gee my jou hart, en laat jou oë 'n welgevalle hê in my weë.
27 Want 'n hoer is 'n diep kuil, en 'n ontugtige vrou is 'n nou put.
28 Sy lê ook en loer soos 'n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.
29 By wie is „Ag!"; by wie is „Wee my!"; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?
30 By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.
31 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:
32 op die end byt dit soos 'n slang en spuug gif uit soos 'n basilisk.
33 Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;
34 en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.
35 Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie!
36 Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek.
Vários preceitos e diversas admoestações
1 Quando te sentares para comer com um governador,
atenta bem para aquele que está diante de ti;
2 Põe uma faca à tua garganta,
se fores Pv 23.20homem de grande apetite.
3 Pv 23.6Não cobices as suas Sl 141.4;Dn 1.5,8,13,15-16gulodices,
visto que é comida enganadora.
4 Pv 15.27;28.20;Mt 6.19;1Tm 6.9;Hb 13.5Não te fatigues para seres rico;
Pv 3.5,7;Rm 12.16dá de mão à tua sabedoria.
5 Queres pôr os teus olhos naquilo que não é?
Pois, sem dúvida, Pv 27.24;1Tm 6.17as riquezas fazem para si asas,
como a águia que voa para o céu.
6 Sl 141.4Não comas o pão do Pv 28.22;Dt 15.9homem miserável,
nem cobices as suas gulodices:
7 Porque ele é tal quais são os seus pensamentos:
Come e bebe, te diz ele,
mas o Pv 26.24-25seu coração não está contigo.
8 Pv 25.16Vomitarás o bocado que comeste
e perderás as tuas doces palavras.
9 Não fales aos ouvidos do tolo,
porque Pv 1.7desprezará a sabedoria das tuas palavras.
10 Pv 22.28Não removas o antigo marco,
Jr 22.3;Zc 7.10nem entres nos campos dos órfãos,
11 pois o seu Jó 19.25redentor é forte
e lhes Pv 22.23pleiteará a causa contra ti.
12 Pv 22.17Aplica o teu coração à instrução
e os teus ouvidos, às palavras do conhecimento.
13 Pv 13.24Não retires da criança a correção,
pois, se a fustigares com a vara, Pv 19.18não há de morrer.
14 Tu a fustigarás com a vara
1Co 5.5e livrarás a sua alma do Sheol.
15 Filho meu, se o teu coração for Pv 23.24-25;27.11;29.3sábio,
alegrar-se-á o meu coração dentro de mim.
16 Também se regozijarão os meus rins,
quando os teus lábios falarem Pv 8.6coisas retas.
17 Pv 24.1,19;Sl 37.1Não inveje o teu coração aos pecadores,
mas conserva-te Pv 28.14no temor de Jeová continuamente.
18 Pois deveras há uma Pv 24.14;Sl 19.11;58.11recompensa,
e não será cortada Sl 9.18a tua esperança.
19 Ouve, filho meu, Pv 6.6sê sábio,
Pv 4.23;9.6e guia no caminho reto o teu coração.
20 Não estejas entre os Pv 23.29-30;20.1;Is 5.22;Mt 24.49;Lc 21.34;Rm 13.13;Ef 5.18bebedores de vinho,
nem entre os Pv 28.7;Dt 21.20comilões de carne.
21 Porque o Pv 21.17bebedor de vinho e o comilão empobrecerão;
Pv 6.10-11;20.13a sonolência cobrirá de trapos o homem.
22 Pv 1.8;Ef 6.1Ouve a teu pai, que te gerou,
Pv 15.20;30.17e não desprezes a tua mãe, quando ela for velha.
23 Pv 4.7;18.15;Mt 13.44Compra a verdade e não a vendas;
sim, a sabedoria, e a instrução, e o entendimento.
24 Grandemente se regozijará o pai do justo;
Pv 10.1;15.20;29.3e quem gerar a um filho sábio nele se alegrará.
25 Alegrem-se Pv 27.11teu pai e tua mãe,
e regozije-se aquela que te deu à luz.
26 Filho meu, Pv 3.1;4.4dá-me o teu coração,
e Sl 1.2;119.24deleitem-se os teus olhos nos meus caminhos.
27 Pois Pv 22.14cova profunda é a prostituta,
e poço estreito é Pv 2.16;5.20, ref.a mulher estranha.
28 Ela, como salteador, Pv 6.26;7.12;Ec 7.26se põe em emboscada
e multiplica entre os homens os prevaricadores.
29 Para quem Is 5.11,22os ais? Para quem os pesares? Para quem as rixas?
Para quem as queixas? Para quem as feridas sem causa?
Para quem os olhos vermelhos?
30 Para os que Pv 20.1;1Sm 25.36;Is 5.11;28.7;Ef 5.18se demoram em beber vinho;
para os que vão em procura de Sl 75.8vinho misturado.
31 Não olhes para o vinho, quando se mostra vermelho,
quando resplandece no copo,
quando se Ct 7.9escoa suavemente;
32 no fim, Jó 20.16morde como uma serpente
e pica como um Sl 91.13;Is 11.8basilisco.
33 Os teus olhos verão coisas estranhas,
e o teu coração falará Pv 2.12coisas perversas.
34 Serás como o que se deita no meio do mar
ou como o que se deita no topo dum mastro
35 e dirás: Jr 5.3Espancaram-me, e não me doeu;
deram em mim, e não o senti.
Quando despertarei? Pv 26.11;Is 56.12Tornarei a buscá-lo outra vez.