Die nuwe hemel en die nuwe aarde.
1 EN ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is.
3 En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees.
8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Die nuwe Jerusalem.
9 EN een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.
10 En hy het my in die gees weggevoer op 'n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos 'n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
12 En dit het 'n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.
13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.
14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.
15 En hy wat met my gespreek het, het 'n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.
16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend-vyfhonderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.
17 En hy het sy muur gemeet op honderd-vier-en-veertig el, volgens 'n mens se maat, wat die maat van 'n engel is.
18 En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.
19 En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;
20 die vyfde sardoniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasint, die twaalfde ametis.
21 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.
22 En 'n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.
23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.
25 En bedags — want nag sal daar nie meer wees nie — sal sy poorte nooit gesluit word nie;
26 en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.
27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
O novo céu e a nova terra
1 Vi um Is 65.17;66.22;2Pe 3.13novo céu e uma nova terra, porque Ap 20.11; cp.2Pe 3.10o primeiro céu e a primeira terra já se foram, e o mar já não é. 2 Vi também Ap 21.10;Ap 22.19;Ap 11.2a Cidade Santa, Ap 3.12; cp.Ap 21.10a nova Jerusalém, Ap 21.10; cp.Hb 11.10,16descendo do céu, da parte de Deus, Ap 21.9;Ap 22.17;Ap 19.7; cp.Is 61.10preparada como uma noiva adornada para seu noivo. 3 Ouvi uma grande voz, vinda do trono, dizendo: Eis Lv 26.11s.;Ez 37.27;48.35;Ap 7.15; cp.Hb 8.2o tabernáculo de Deus está com os homens, e Jo 14.23;2Co 6.16ele habitará com eles; eles serão o seu povo, e Deus mesmo estará com eles. 4 e Ap 7.17enxugará toda lágrima dos olhos deles. Ap 20.14; cp.1Co 15.26Não haverá mais morte, Is 25.8;35.10;51.11;65.19nem haverá mais pranto, nem choro, nem dor, porque 2Co 5.17; cp.Hb 12.27as primeiras coisas são passadas. 5 Disse Ap 20.11;Ap 4.9aquele que estava sentado sobre o trono: Eis que faço novas todas as coisas. Disse-me ele também: Escreve, porque Ap 22.6; vd.19.9estas palavras são fiéis e verdadeiras. 6 Disse-me ainda: Ap 16.17; cp.10.6Tudo está cumprido. Eu sou Ap 1.8;22.13o Alfa e o Ômega, o Princípio e o Fim. Àquele que tem sede, Ap 22.17;Is 55.1;Jo 4.10; cp.Ap 7.17eu lhe darei a beber gratuitamente da fonte da Ap 7.17água da vida. 7 Ap 2.7O vencedor herdará essas coisas; Ap 21.3;2Sm 7.14;2Co 6.16,18eu serei o seu Deus, e ele será meu filho. 8 Ap 21.27;Ap 22.15;1Co 6.9;Gl 5.19-21;Ap 9.21Mas, quanto aos medrosos, e aos incrédulos, e aos abomináveis, e aos homicidas, e aos fornicários, e aos feiticeiros, e aos idólatras, e a todos os mentirosos, sua parte será Ap 19.20no lago que arde com fogo e enxofre, que é Ap 2.11a segunda morte.
A nova Jerusalém
9 Ap 17.1Veio um dos sete anjos que tinham as Ap 15.7sete taças cheias das Ap 15.1sete últimas pragas e falou comigo: Ap 17.1Vem cá, e mostrar-te-ei a Ap 21.2;Ap 19.7noiva, a esposa do Cordeiro. 10 Ap 17.3;Ez 40.2Levou-me, cp.Ap 1.10pelo Espírito, a um grande e alto monte e mostrou-me Ap 21.2a Santa Cidade de Jerusalém, descendo do céu, da parte de Deus, 11 e tendo Ap 15.8;Ap 21.23; cp.Is 60.1s.;Ez 43.2;Ap 22.5a glória de Deus. O seu brilho era semelhante a uma pedra preciosíssima, como Ap 21.18-19;Ap 4.3pedra de jaspe Ap 4.6cristalina. 12 Tinha um muro grande e alto. Tinha Ez 48.31-34doze Ap 21.15,21,25;Ap 22.14portas, e, junto às portas, doze anjos, e, sobre elas, nomes escritos, que são os da doze tribos dos filhos de Israel. 13 Três portas estavam ao oriente; três portas, ao norte; três portas, ao sul; e três portas, ao ocidente. 14 O muro da cidade tinha Ef 2.20;Hb 11.10doze fundamentos e sobre estes os doze nomes dos cp.At 1.26doze apóstolos do Cordeiro. 15 O que falava comigo tinha uma Ap 11.1cana de ouro, que servia de medida, para medir a cidade, Ap 21.21,25;Ap 21.12as suas portas e o seu muro. 16 A cidade é quadrangular, de comprimento igual à largura. Ele mediu a cidade com a cana, e tinha doze mil estádios; o seu comprimento, e a sua largura, e a sua altura são iguais. 17 Mediu também o seu muro, e ele tinha cento e quarenta e quatro cúbitos, segundo a medida cp.Dt 3.11;Ap 13.18de homem, isto é, Ap 21.9de anjo. 18 O muro era construído de jaspe, e a cidade era de Ap 21.21ouro semelhante a Ap 4.6vidro puro. 19 cp.Is 54.11s.;Ap 21.19-20; cp.Êx 28.16-21;Ez 28.13Os fundamentos do muro da cidade eram adornados com toda espécie de pedras preciosas. O primeiro fundamento era de jaspe; o segundo, de safira; o terceiro, de calcedônia; o quarto, de Ap 4.3esmeralda; 20 o quinto, de sardônio; o sexto, de sárdio; o sétimo, de crisólito; o oitavo, de berilo; o nono, de topázio; o décimo, de crisópraso; o undécimo, de jacinto; e o duodécimo, de ametista. 21 As doze portas eram doze cp.Ap 17.4;Is 54.12pérolas; e cada uma das portas era feita de uma só pérola. A rua da cidade era de Ap 21.18ouro puro como Ap 21.18vidro transparente. 22 Não vi nela Jo 4.21; cp.Mt 24.2santuário, porque o Ap 1.8Senhor Deus Todo-Poderoso, e Ap 5.6;7.17;14.4, etc.o Cordeiro são o seu santuário. 23 A cidade Is 60.19-20; cp.24.23;Ap 21.25;Ap 22.5não precisa do sol nem da lua para a iluminar; porque Ap 21.11a glória de Deus a iluminou, e o Cordeiro é a sua candeia. 24 Is 60.3,5; cp.Ap 22.2As nações caminharão à sua luz, e Sl 72.10s.;Is 49.23;60.16;Ap 21.26os reis da terra lhe trarão a sua glória. 25 Ap 21.15As suas portas Is 60.11não se fecharão de dia, porque Ap 22.5; cp.Ap 21.23;Zc 14.7noite não haverá ali. 26 A ela trarão a glória e a honra das nações. 27 Ap 22.14s.; cp.Is 52.1;Ez 44.9;Zc 14.21Nela não entrará coisa alguma impura, nem o que pratica abominação e mentira, mas somente os que estão Ap 3.5escritos no livro da vida do Cordeiro.