Die boek met sewe seëls verseël. Die Lam alleen waardig om dit oop te maak.
1 EN ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, 'n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.
2 En ek het 'n sterk engel gesien wat met 'n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?
3 En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.
4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.
5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.
6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar 'n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.
7 Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit;
8 en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.
9 Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,
10 en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.
11 Toe sien ek, en ek hoor 'n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tienduisende van tienduisende en duisende van duisende;
12 en met 'n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.
13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!
14 En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier-en-twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.
O livro selado com sete selos. A visão do Cordeiro
1 Vi, na destra daquele que estava Ap 5.7,13;Ap 4.9sentado sobre o trono, um Ez 2.9-10livro escrito por dentro e por fora, 2 Is 29.11;Dn 12.4fechado e selado com sete selos. Vi também Ap 10.1;18.21um anjo forte proclamando com uma grande voz: Quem é digno de abrir o livro e de romper os seus selos? 3 Ninguém podia, nem cp.Ap 5.13;Fp 2.10no céu, nem sobre a terra, nem debaixo da terra, abrir o livro, nem olhar para ele. 4 Então, eu chorava muito, porque ninguém foi achado digno de abrir o livro, nem de olhar para ele. 5 Um dos anciãos disse-me: Não chores; eis aqui Gn 49.9o Leão que é Hb 7.14da tribo de Judá, Ap 22.16;Is 11.1,10; cp.Rm 15.12a Raiz de Davi, venceu para abrir o livro e para romper os seus sete selos. 6 Vi, no meio do trono, e das Ap 5.8,11,14;Ap 4.6quatro criaturas viventes, e no meio dos Ap 5.8,14;Ap 4.4anciãos, Ap 5.8,12-13, etc.;Ap 13.8, etc.;Jo 1.29um Cordeiro em pé, como se tivesse sido Ap 5.9,12;Ap 13.8morto, tendo sete cp.Dn 8.3s.chifres e Zc 3.9;4.10sete olhos, que são os Ap 1.4sete Espíritos de Deus enviados por toda a terra. 7 Ele veio e tirou o livro da mão direita daquele que estava Ap 5.1sentado sobre o trono. 8 Havendo ele tomado o livro, Ap 5.6as quatro criaturas viventes e Ap 5.6os vinte e quatro anciãos Ap 4.10prostraram-se diante do Ap 5.6Cordeiro, tendo cada um deles uma Ap 14.2;15.2harpa e cp.Ap 15.7taças de ouro cheias de incenso, que são Ap 8.3s.;Sl 141.2as orações dos santos. 9 E cantavam um Ap 14.3; cp.15.3;Sl 40.3;98.1;149.1;Is 42.10novo cântico, dizendo:
cp.Ap 4.11Digno és de receber o livro e de abrir os seus selos, porque foste Ap 5.6morto e Ap 14.3s.;1Co 6.20compraste para Deus, com o teu sangue, homens Ap 7.9;11.9;13.7;14.6; cp.10.11;17.15;Dn 3.4;5.19, etc.de toda tribo, e língua, e povo, e nação,
10 e lhes fizeste, para nosso Deus, Ap 1.6reino e sacerdotes, Ap 20.4; cp.3.21e reinarão sobre a terra.
11 Olhei e ouvi a voz de muitos anjos Ap 4.4ao redor do trono e das criaturas viventes e dos anciãos, e o número deles era miríades de Dn 7.10; cp.Ap 9.16;Hb 12.22;Jd 14miríades e milhares, 12 clamando com uma grande voz:
cp.Ap 1.6;4.11;Ap 5.9Digno é o Cordeiro que foi morto de receber o poder, e a riqueza, e a sabedoria, e a força, e a honra, e a glória, e a bênção.
13 Ouvi Fp 2.10; cp.Ap 5.3toda criatura que há no céu, e sobre a terra, e debaixo da terra, e no mar, e tudo o que neles há dizer:
Àquele que está sentado sobre o trono e ao Cordeiro, cp.Rm 11.36;Ap 1.6seja a bênção, e a honra, e a glória, e o domínio pelos séculos dos séculos.
14 As quatro criaturas viventes diziam: 1Co 14.16;Ap 7.12;19.4Amém; os anciãos prostraram-se e adoraram.