Val van Babilon. Klaagtone op die aarde.
1 EN ná hierdie dinge het ek 'n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.
2 En hy het met 'n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword 'n woonplek van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste en 'n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,
3 omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.
4 En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.
6 Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het.
7 Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie —
8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.
9 En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien,
10 terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!
11 En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie,
12 koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en allerhande geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en yster en marmer
13 en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en waens en slawe en mensesiele.
14 En die vrugte wat jou siel begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit nooit weer kry nie.
15 Die handelaars in hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe
16 en sê: Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!
17 En elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan
18 en het uitgeroep toe hulle die rook van haar verbranding sien, en gesê: Watter stad is soos die groot stad?
19 En hulle het stof op hul hoofde gegooi en onder geween en weeklag uitgeroep en gesê: Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes!
20 Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het!
21 En een sterk engel het 'n klip opgetel soos 'n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met 'n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.
22 En die stem van siterspelers en sangers en fluitspelers en basuinblasers sal nooit meer in jou gehoor word nie, en geen kunstenaar van enige kuns sal ooit weer in jou gevind word nie, en die geluid van die meul sal nooit meer in jou gehoor word nie.
23 En die lig van 'n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; want jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei.
24 En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.
A queda da Babilônia. O terror na terra, mas a alegria nos céus
1 Depois disso, vi Ap 10.1descendo do céu cp.Ap 17.1,7outro anjo, que tinha grande autoridade, e a terra ficou Ez 43.2iluminada com a sua glória. 2 Clamou com voz forte, dizendo: Ap 14.8Caiu, caiu a grande Babilônia; cp.Is 13.21s.;34.11,13-15;Jr 50.39;51.37;Sf 2.14s.tem-se tornado uma morada de demônios, guarida de todos os Ap 16.13espíritos impuros e guarida de aves imundas e detestáveis, 3 porque todas as nações têm bebido do Ap 14.8vinho da ira da sua fornicação. Ap 18.9;Ap 17.2Os reis da terra fornicaram com ela, e os Ap 18.11,15; cp.18.23;Ez 27.9-25mercadores da terra se enriqueceram com a sua cp.Ap 18.7,9;1Tm 5.11excessiva luxúria.
4 Ouvi outra voz do céu, dizendo: Is 52.11;Jr 50.8;51.6,9,45;2Co 6.17Sai dela, povo meu, para não serdes participantes dos seus pecados, nem terdes parte nas suas pragas; 5 porque os seus pecados Jr 51.9se acumularam até o céu, e Deus Ap 16.19lembrou-se dos atos iníquos dela. 6 Sl 137.8;Jr 50.15,29Retribuí-lhe também como ela retribuiu, pagai-lhe com dobro segundo as suas obras. No cp.Ap 17.4cálice que ela preparou, preparai para ela o dobro. 7 cp.Ez 28.2-8Quanto teve ela de glória e de luxúria, tanto lhe dai de tormento e de pranto. Pois diz no seu coração: Is 47.7s.;Sf 2.15Estou sentada como rainha, e não sou viúva e não verei o pranto. 8 Por isso, Is 47.9;Jr 50.31s.; cp.Ap 18.10num só dia, virão as suas pragas: a morte, e o pranto, e a fome, e ela será Ap 17.16queimada no fogo; porque cp.Jr 50.34;Ap 11.17s.forte é o Senhor Deus, que a julgou. 9 Ap 18.9;Ap 17.2Os reis da terra, que fornicaram com ela e cp.Ap 18.3,7;1Tm 5.11participaram da sua luxúria, cp.Ez 26.16s.;27.35chorarão e se lamentarão sobre ela, Ap 18.18; cp.Ap 14.11;19.3ao verem o fumo do seu incêndio, 10 Ap 18.15,17estando de longe, por medo dos tormentos dela, dizendo: Ap 18.16,19Ai! Ai da Ap 18.16,18-19,21; vd.11.8;16.19grande cidade, da Babilônia, da cidade forte! Pois, em Ap 18.17,19;Ap 17.12; cp.Ap 18.8uma só hora, veio a tua sentença. 11 Os Ap 18.3,15; cp.18.23;Ez 27.9-25mercadores da terra Ez 27.27-34chorarão e prantearão sobre ela, porque ninguém compra mais as suas mercadorias, 12 mercadorias de cp.Ap 17.4;Ez 27.12-22ouro, e de prata, e de pedras preciosas, e de pérolas, e de linho finíssimo, e de púrpura, e de seda, e de escarlata, e de toda madeira de tuia, e de todos os móveis de marfim, e de todos os móveis de madeiras preciosíssimas, e de latão, e de ferro, e de mármore, 13 e de cinamomo, e de amomo, e de perfume, e de mirra, e de incenso, e de vinho, e de azeite, e de flor de farinha, e de trigo, e de gado, e de ovelhas, e de cavalos, e de carros, e de escravos, cp.Ez 27.13;1Cr 5.21;1Tm 1.10e de almas de homens. 14 Os frutos que a tua alma cobiçou apartaram-se de ti, e todas as coisas delicadas e esplêndidas se perderam de ti, e não as acharão os homens jamais. 15 Os mercadores Ap 18.12,13dessas coisas, que, por ela, se enriqueceram, Ap 18.10ficarão de longe, por medo dos tormentos dela, chorando e pranteando, 16 dizendo: Ap 18.10,19Ai! Ai da grande cidade, da que Ap 17.4estava vestida de linho finíssimo, e de púrpura, e de escarlata, e que se adornava de ouro, e de pedras preciosas, e de pérolas! 17 Porque, Ap 18.19;Ap 17.16numa só hora, se têm perecido tantas riquezas. Ez 27.28s.Todos os comandantes, e todos os que navegam para qualquer porto, e os marinheiros, e todos os que vivem do mar estiveram ao longe 18 e, ao verem a fumaça do incêndio dela, Ez 27.30clamavam, dizendo: Ez 27.32; cp.Ap 13.4Que cidade é semelhante à grande cidade? 19 Lançavam Js 7.6;Jó 2.12;Lm 2.10pó sobre as suas cabeças e clamavam, chorando e pranteando: Ai! Ai da grande cidade, onde, por sua opulência, Ap 18.3,15se enriqueceram todos quantos tinham navios sobre o mar! Pois, em uma só hora, foi ela transformada em deserto. 20 Jr 51.48;Ap 12.12Exulta sobre ela, ó céu, e vós santos, e cp.Lc 11.49s.apóstolos, e profetas, porque Ap 19.2; cp.Ap 18.6ss.; vd.6.10Deus julgou a vossa causa quanto a ela.
A ruína é completa
21 Um Ap 5.2;10.1forte anjo cp.Jr 51.63s.levantou uma pedra como uma grande pedra de moinho e lançou-a no mar, dizendo: Assim com violência será precipitada Babilônia, a grande cidade, e ela não será mais achada. 22 Is 24.8;Ez 26.13;Mt 9.23O som dos harpistas, dos músicos, dos tocadores de flauta e de trombeta não se ouvirá mais em ti, nem se achará mais em ti artífice de qualquer arte que seja; Ec 12.4;Jr 25.10o ruído do moinho não se ouvirá mais em ti, 23 nem a luz de candeeiro luzirá mais em ti; e jamais se ouvirá em ti Jr 7.34;16.9a voz de noivo ou de noiva; pois os teus Is 23.8; cp.Ap 18.3;Ap 6.15mercadores eram os príncipes da terra, porque, Na 3.4;Ap 9.21por tua feitiçaria, foram seduzidas todas as nações, 24 e nela foi achado Ap 16.6; cp.17.6o sangue dos profetas, dos santos e cp.Mt 23.35de todos os que foram mortos sobre a terra.