Sewe engele en sewe skale, of die laaste plae.
1 EN ek het 'n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.
2 En ek het gesien iets soos 'n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.
3 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!
4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.
5 En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen.
6 En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.
7 En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid.
8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.
As sete pragas
1 Vi no céu cp.Ap 12.1,3outro sinal grande e maravilhoso: Ap 15.6-8;Ap 16.1;17.1;21.9sete anjos com as cp.Lv 26.21, etc.sete cp.Ap 9.20últimas pragas, pois nelas é consumada a ira de Deus.
Os remidos cantam o cântico de Moisés e o cântico do Cordeiro
2 Vi um como Ap 4.6mar de vidro, misturado de fogo, e os que Ap 12.11venceram a Ap 13.1besta, a Ap 13.14s.sua imagem e o Ap 13.17número de seu nome, que estavam em pé sobre o mar de vidro, com Ap 5.8as harpas de Deus. 3 Cantavam o Êx 15.1ss.cântico de Moisés, Js 22.5, etc.;Hb 3.5servo de Deus, e Ap 5.9-10,12-13o cântico do Cordeiro, dizendo:
Dt 32.3s.;Sl 111.2;139.14;Os 14.9Grandes e maravilhosas são as tuas obras, Ap 1.8ó Senhor Deus, Todo-Poderoso! Justos e verdadeiros são os teus caminhos, 1Tm 1.17;Jr 10.7ó Rei das nações!
4 Ap 14.7;Jr 10.7Quem não te temerá, Senhor, e quem não glorificará o teu nome? Pois só tu és santo. Sl 86.9; cp.Is 66.23Todas as nações virão e se prostrarão diante de ti, porque os teus cp.Ap 19.8juízos foram manifestos.
As pragas são enviadas por Deus
5 Depois disso, olhei, e abriu-se o Ap 11.19santuário do Êx 38.21;Nm 1.50; cp.Hb 8.5;Ap 13.6tabernáculo do Testemunho no céu, 6 e Ap 14.15saíram do santuário os Ap 15.1sete anjos que tinham as sete pragas, vestidos de Ap 19.8linho puro, e resplandecente, e Ap 1.13cingidos pelos peitos com cintas de ouro. 7 Uma das Ap 4.6quatro criaturas viventes deu aos Ap 15.1sete anjos sete cp.Ap 5.8taças de ouro, cheias Ap 15.1;Ap 14.10da ira do Deus que Ap 4.9vive pelos séculos dos séculos. 8 O santuário encheu-se do Êx 19.18;Is 6.4; cp.Êx 40.34s.;Lv 16.2;1Rs 8.10s.;2Cr 5.13s.fumo da glória de Deus e do seu poder; e ninguém podia entrar no santuário, enquanto não se cumprissem as sete pragas dos sete anjos.