Pular para o conteúdo
Publicidade

Mateus 22

TB

Gelykenis van die bruilof.

1 EN Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:

2 Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het

3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.

4 Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.

5 Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en 'n ander na sy handelsaak.

6 En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.

7 Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.

8 Daarop hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.

9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.

10 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.

11 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.

12 En hy vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord nie.

13 Toe die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Die vraag oor die belasting.

15 TOE gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom in sy woord te verstrik.

16 En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en : Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie

17 dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?

18 Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê:

19 Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die belastingmunt. En hulle het vir Hom 'n penning gebring.

20 En Hy vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?

21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. Daarop Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

22 En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.

Die Sadduseërs en die opstanding.

23 DIESELFDE dag kom daar na Hom Sadduseërs, hulle wat dat daar geen opstanding is nie, en vra Hom

24 en : Meester, Moses het gesê: As iemand sonder kinders sterwe, moet sy broer sy vrou trou en kinders vir sy broer verwek.

25 Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat.

26 So ook die tweede en die derde tot die sewende toe.

27 En laaste van almal het die vrou ook gesterwe.

28 In die opstanding dan, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees want hulle almal het haar gehad?

29 Toe antwoord Jesus en vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

30 Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.

31 En wat die opstanding van die dode betref het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:

32 Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes.

33 En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.

Die groot gebod.

34 EN toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader.

35 En een van hulle, 'n wetgeleerde, het 'n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:

36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?

37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

38 Dit is die eerste en groot gebod.

39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

Die Christus, seun van Dawid.

41 EN toe die Fariseërs saamgekom het, vra Jesus hulle

42 en : Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s’n.

43 Hy vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy :

44 Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?

45 As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?

46 En niemand kon Hom 'n woord antwoord nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.

A parábola das bodas

1 De novo vd.At 3.12começou Jesus a falar em parábolas, dizendo-lhes: 2 Mt 22.2-14; cp.Lc 14.16-24O vd.Mt 13.24reino dos céus é semelhante a um rei, que celebrou as bodas de seu filho. 3 Mt 21.34Enviou os seus servos a chamar os convidados para a festa, e estes não quiseram vir. 4 Mt 21.36Enviou ainda outros servos com este recado: Dizei aos convidados: Tenho preparado o meu banquete; as minhas reses e os meus cevados estão mortos, e tudo está pronto; vinde às bodas. 5 Mas eles não fizeram caso e foram, um para o seu campo, outro para o seu negócio; 6 e os outros, agarrando os servos, os ultrajaram e mataram. 7 Irou-se o rei, e mandou as suas tropas exterminar aqueles assassinos e incendiar a sua cidade. 8 Então disse aos servos: As bodas estão preparadas, mas os convidados não eram dignos; 9 ide, pois, às Ez 21.21;Ob 14encruzilhadas dos caminhos e chamai para as bodas a quantos encontrardes. 10 Indo aqueles servos pelos caminhos, reuniram todos os que encontraram, maus e bons; e a sala nupcial ficou cheia de convivas. 11 Mas entrando o rei para ver os convivas, notou ali um cp.2Rs 10.22homem que não trajava veste nupcial, 12 e perguntou-lhe: Mt 20.13;26.50Amigo, como entraste aqui sem veste nupcial? Ele, porém, emudeceu. 13 Então o rei disse aos servos: Atai-o de pés e mãos, e lançai-o nas trevas exteriores; vd.Mt 8.12ali haverá o choro e o ranger de dentes. 14 Pois muitos são Ap 17.14; cp.2Pe 1.10;Mt 24.22chamados, mas poucos escolhidos.

A questão do tributo

15 Mt 22.15-22;Mc 12.13-17;Lc 20.20-26Então os fariseus se retiraram e consultaram como apanhariam a Jesus em alguma palavra. 16 Enviaram os seus discípulos, juntamente com os Mc 3.6;12.13; cp.Mc 8.15herodianos, a perguntar: Mestre, sabemos que és verdadeiro e que ensinas o caminho de Deus segundo a verdade, e não se te de ninguém, porque não te deixas levar de respeitos humanos; 17 dize-nos, pois, qual é o teu parecer; é lícito ou não pagar Mt 17.25o tributo a Lc 2.1;3.1César? 18 Porém Jesus, tendo percebido a malícia deles, respondeu-lhes: Por que me experimentais, hipócritas? 19 Mostrai-me uma moeda de tributo. Trouxeram-lhe um denário. 20 Ele perguntou: De quem é esta efígie e inscrição? 21 Responderam: De César. Então lhes disse Jesus: Mc 12.17;Lc 20.25; cp.Rm 13.7Dai, pois, a César o que é de César e a Deus, o que é de Deus. 22 Ao ouvirem isso, admiraram-se e, Mc 12.12deixando-o, foram-se.

Os saduceus e a ressurreição

23 Mt 22.23-33;Mc 12.18-27;Lc 20.27-40Naquele dia, vieram alguns vd.Mt 3.7saduceus, At 23.8afirmando não haver ressurreição, e fizeram-lhe esta pergunta: 24 Mestre, Dt 25.5Moisés disse: Se alguém morrer sem deixar filhos, seu irmão casará com a viúva e dará sucessão ao falecido. 25 Ora, havia entre nós sete irmãos: o primeiro, depois de ter casado, morreu e, não havendo sucessão, deixou sua mulher a seu irmão; 26 do mesmo modo também o segundo e o terceiro, até o sétimo. 27 Depois de todos eles, morreu a mulher. 28 Na ressurreição, pois, a qual dos sete pertencerá a mulher? Porque todos foram casados com ela. 29 Respondeu-lhes Jesus: Errais, cp.Jo 20.9não sabendo as Escrituras, nem o poder de Deus. 30 Pois, na ressurreição, nem os homens cp.Mt 24.38;Lc 17.27casam, nem as mulheres são dadas em casamento, porém são como os anjos no céu. 31 Quanto à ressurreição dos mortos, não tendes lido o que Deus vos disse: 32 Êx 3.6Eu sou o Deus de Abraão, o Deus de Isaque e o Deus de Jacó? Ele não é Deus de mortos, mas de vivos. 33 Ouvindo isso, vd.Mt 7.28o povo admirava-se da sua doutrina.

O grande mandamento

34 Mt 22.34-40;Mc 12.28-31; cp.Lc 10.25-28Mas os fariseus, sabendo que ele fizera calar vd.Mt 3.7os saduceus, reuniram-se; 35 e um deles, Lc 7.30;10.25;11.45-46,52;14.3;Tt 3.13doutor da lei, para o experimentar, fez-lhe esta pergunta: 36 Mestre, qual é o grande mandamento da Lei? 37 Respondeu-lhe Jesus: Dt 6.5Amarás ao Senhor, teu Deus, de todo o teu coração, de toda a tua alma e de todo o teu entendimento. 38 Este é o grande e primeiro mandamento. 39 O segundo semelhante a este é: Mt 19.19;Lv 19.18; cp.Gl 5.14Amarás ao teu próximo como a ti mesmo. 40 vd.Mt 7.12Desses dois mandamentos dependem toda a lei e os profetas.

O Cristo, Filho de Davi

41 Mt 22.41-46;Mc 12.35-37;Lc 20.41-44Como estivessem reunidos os fariseus, perguntou-lhes Jesus: 42 Que ideia fazeis do Cristo? De quem é filho? 43 Responderam-lhe: vd.Mt 9.27De Davi. Replicou Jesus: Como é, então, que Davi, Ap 1.10;4.2; cp.2Sm 23.2pelo Espírito, lhe chama Senhor, dizendo:

44 Sl 110.1;At 2.34s.;Hb 1.13; cp.1Co 15.25;Hb 10.13;1Pe 3.22; cp.Mt 26.64;Mc 16.19Disse o Senhor ao meu Senhor:

Senta-te à minha mão direita,

até que eu ponha os teus inimigos debaixo dos teus pés?

45 Portanto, se Davi lhe chama Senhor, como é ele seu filho? 46 Mc 12.34;Lc 14.6;20.40Ninguém podia responder-lhe palavra, nem mais ousou alguém, desde aquele dia, fazer-lhe perguntas.

Veja também