Die versoeking van Jesus.
1 TOE is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.
2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.
3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.
4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
5 Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan
6 en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.
7 Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
8 Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,
9 en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.
10 Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
11 Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.
Jesus in Galiléa. Die eerste dissipels.
12 EN toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galiléa teruggegaan.
13 En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali,
14 sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:
15 Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galiléa van die heidene —
16 die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan.
17 Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
18 En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
20 En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.
21 En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebedéüs, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.
22 En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.
23 En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
24 En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.
25 En groot menigtes het Hom gevolg van Galiléa en Dekápolis en Jerusalem en Judéa en van oorkant die Jordaan af.
A tentação de Jesus
1 Mt 4.1-11;Mc 1.12-13;Lc 4.1-13Então foi levado Jesus pelo Espírito ao deserto, para ser tentado pelo Diabo. 2 Depois de cp.Êx 34.28;1Rs 19.8jejuar quarenta dias e quarenta noites, teve fome. 3 Chegando 1Ts 3.5o tentador, disse-lhe: Mt 14.33;26.63;27.54;Mc 3.11;5.7;Lc 1.35;4.41;22.70;Jo 1.34,49;5.25;9.35;20.31;At 9.20;Rm 1.4;2Co 1.19;Gl 2.20;Hb 4.14;7.3;1Jo 3.8;5.10ss.;Ap 2.18Se és Filho de Deus, manda que estas pedras se tornem em pães. 4 Mas Jesus respondeu: Dt 8.3Está escrito: Não só de pão viverá o homem, mas de toda palavra que sai da boca de Deus. 5 Então o Diabo o levou à Mt 27.53;Ne 11.1,18; cp.Dn 9.24Cidade Santa, e o colocou sobre o pináculo do templo, 6 e disse-lhe: Se és Filho de Deus, lança-te daqui abaixo; porque escrito está:
Sl 91.11-12Aos seus anjos ordenará a teu respeito,
e eles te susterão nas suas mãos,
para não tropeçares em alguma pedra.
7 Tornou-lhe Jesus: Dt 6.16Também está escrito: Não tentarás o Senhor, teu Deus. 8 De novo, o Diabo o levou a um monte muito alto, mostrou-lhe todos os reinos do mundo e a glória deles, 9 e disse-lhe: Tudo isto te darei, se, prostrado, me adorares. 10 Respondeu-lhe Jesus: Vai-te, 1Cr 21.1;Jó 1.6-9,12;2.1-4,6,7;Zc 3.1-2;Mt 12.26;16.23;Mc 1.13;3.23,26;4.15;8.33;Lc 10.18;11.18;13.16;22.3,31;Jo 13.27;At 5.3;26.18;Rm 16.20;1Co 5.5;7.5;2Co 2.11;11.14;12.7;1Ts 2.18;2Ts 2.9;1Tm 1.20;5.15;Ap 2.9,13,24;3.9;12.9;20.2,7Satanás Dt 6.13pois está escrito: Ao Senhor, teu Deus, adorarás e só a ele darás culto. 11 Então o Diabo o deixou; e eis que vieram Mt 26.53;Lc 22.43anjos e o serviam.
Jesus vai para a Galileia
12 Quando Jesus soube Mt 14.3;Mc 1.14;Lc 3.20; cp.Jo 3.24que João fora preso, Mc 1.14;Lc 4.14; cp.Jo 1.43;2.11partiu para a Galileia. 13 Deixando Nazaré, foi Mc 1.21;2.1;Lc 4.23,31;Jo 2.12;4.46s.; cp.Mt 11.23morar em Cafarnaum, situada à beira-mar, nos confins de Zebulom e Naftali, 14 para que se cumprisse o que foi dito pelo profeta Isaías:
15 Is 9.1-2A terra de Zebulom e a terra de Naftali,
caminho do mar, além do Jordão,
a Galileia dos gentios!
16 O povo que jazia nas trevas,
viu uma grande luz,
e aos que estavam de assento na região e sombra da morte,
a estes raiou a luz.
Jesus principia a sua missão
17 Mc 1.14-15Desde esse tempo começou Jesus a pregar e a dizer: vd.Mt 3.2Arrependei-vos, porque está próximo o reino dos céus.
Jesus chama os primeiros discípulos
18 Mt 4.18-22;Mc 1.16-20; cp.Lc 5.2-11; cp.Jo 1.40-42Andando ao longo Mt 15.29;Mc 7.31;Jo 6.1; cp.Lc 5.1do mar da Galileia, viu dois irmãos, Mt 10.2;16.18;Jo 1.40,42Simão, também chamado Pedro, e André, lançarem a rede ao mar, porque eram pescadores. 19 Disse-lhes: Segui-me, e eu vos farei pescadores de homens. 20 Imediatamente, eles deixaram as redes e o seguiram. 21 Jesus, passando adiante, viu outros dois irmãos, Mt 10.2; cp.20.20Tiago e João, filhos de Zebedeu, que estavam na barca com seu pai, consertando as suas redes; e os chamou. 22 Eles, deixando logo a barca e seu pai, o seguiram.
Jesus prega por toda a Galileia e cura muitos enfermos
23 Andava Jesus Mc 1.39;Lc 4.15,44por toda a Galileia, Mt 9.35;13.54;Mc 1.21;6.2;Lc 4.15;6.6;13.10;Jo 6.59;18.20; vd.Mc 10.1ensinando nas sinagogas, Mt 9.35;Mc 1.14; cp.Mt 24.14;Lc 4.43;8.1;16.16;At 20.25;28.31; cp.Mt 3.2pregando o evangelho do reino e Mt 8.16;9.35;14.14;15.30;19.2;21.14;Mc 1.34;3.10;Lc 4.40;7.21; cp.At 10.38curando todas as doenças e enfermidades entre o povo. 24 A sua fama correu Lc 2.2;At 15.23,41;18.18;20.3;21.3;Gl 1.21; cp.Mc 7.26por toda a Síria; trouxeram-lhe todos os enfermos, acometidos de várias doenças e sofrimentos, Mt 8.16,28,33;9.32;12.22;15.22;Mc 1.32;5.15-16,18;Lc 8.36;Jo 10.21endemoninhados, Mt 17.15epiléticos e Mt 8.6;9.2,6;Mc 2.3-4,5,9;Lc 5.24paralíticos, e ele os curou. 25 Muita gente Mc 3.7-8;Lc 6.17o seguiu da Galileia, Mc 5.20;7.31de Decápolis, de Jerusalém, da Judeia Mt 4.15e dalém do Jordão.