Gelykenis van die saaier.
1 EN op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit.
2 En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in 'n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.
3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: 'n Saaier het uitgegaan om te saai;
4 en terwyl hy saai, val 'n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet.
5 En 'n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie;
6 maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.
7 En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.
8 En 'n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig.
9 Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!
10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?
11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.
14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.
15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.
17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.
18 Luister julle dan na die gelykenis van die saaier.
19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is — dit is hy by wie langs die pad gesaai is.
20 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is — dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem;
21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir 'n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.
22 En by wie in die dorings gesaai is — dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.
23 En by wie op die goeie grond gesaai is — dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig.
Gelykenis van die onkruid.
24 'n ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
28 En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?
29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
Gelykenisse van die mosterdsaad en van die suurdeeg.
31 'n ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n mosterdsaad wat 'n man neem en in sy land saai;
32 wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en 'n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.
33 'n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat 'n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.
34 Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie;
35 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.
Verklaring van die gelykenis van die onkruid.
36 NADAT Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.
37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad — dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,
39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:
41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,
42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
Gelykenis van die verborge skat, van die pêrel en van die visnet.
44 VERDER is die koninkryk van die hemele soos 'n skat wat verborge is in die saailand, wat 'n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.
45 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n koopman wat mooi pêrels soek;
46 en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.
47 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring;
48 en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.
49 So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei
50 en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
51 Jesus sê vir hulle: Het julle ál hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here!
52 Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat 'n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos 'n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.
Jesus word in Násaret verag.
53 EN toe Jesus hierdie gelykenisse geëindig het, het Hy daarvandaan weggegaan.
54 En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?
55 Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van sy broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie?
56 En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan?
57 En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.
58 En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.
Uma série de parábolas. A parábola do semeador
1 Naquele dia, saindo Jesus de Mt 13.36;9.28; cp.Mc 3.19casa, sentou-se Mt 13.1-15;Mc 4.1-12;Lc 8.4-10junto ao mar; 2 chegaram-se a ele grandes multidões, de modo que cp.Lc 5.3entrou numa barca e se assentou; e todo o povo ficou em pé na praia. 3 Muitas coisas lhes falou cp.Mt 13.10ss.;Mc 4.2ss., etc.em parábolas, dizendo: O semeador saiu a semear. 4 Quando semeava, uma parte da semente caiu à beira do caminho, e vieram as aves e comeram-na. 5 Outra parte caiu nos lugares pedregosos, onde não havia muita terra; logo nasceu, porque a terra não era profunda; 6 e, tendo saído o sol, queimou-se; e porque não tinha raiz, secou-se. 7 Outra caiu entre os espinhos, e os espinhos cresceram e a sufocaram. 8 Outra caiu na boa terra e dava fruto, havendo grãos que rendiam Mt 13.23;Gn 26.12cem, outros, sessenta, outros, trinta por um. 9 vd.Mt 11.15Quem tem ouvidos, ouça.
Porque usou de parábolas. A explicação da parábola do semeador
10 Chegando-se a ele os discípulos, perguntaram: Por que lhes falas em parábolas? 11 Respondeu-lhes: Mt 19.11;20.23; cp.Jo 6.65;1Co 2.10;Cl 1.27;1Jo 2.20,27Porque a vós vos é dado conhecer os mistérios do reino dos céus, mas a eles não lhes é isso dado. 12 Mt 25.29;Mc 4.25;Lc 8.18;19.26Pois ao que tem dar-se-lhe-á, e terá em abundância; mas ao que não tem até aquilo que tem, ser-lhe-á tirado. 13 Por isso, lhes falo em parábolas, porque, Jr 5.21;Ez 12.2; cp.Is 42.19-20;Dt 29.4vendo, não veem; e, ouvindo, não ouvem, nem entendem. 14 Neles se está cumprindo a profecia de Isaías, que diz:
Is 6.9-10;Mc 4.12;Lc 8.10;Jo 12.40;At 28.26-27; cp.Rm 10.16;11.8Certamente, ouvireis e de nenhum modo entendereis;
certamente, vereis e de nenhum modo percebereis.
15 Pois o coração deste povo se fez pesado,
e os seus ouvidos se fizeram tardos,
e eles fecharam os olhos;
para não suceder que, vendo com os olhos
e ouvindo com os ouvidos,
entendam no coração e se convertam,
e eu os sare.
16 Mas Mt 13.16-17;Lc 10.23-24ditosos são os vossos olhos, porque veem; e os vossos ouvidos, porque ouvem. 17 Pois em verdade vos digo que cp.Jo 8.56;Hb 11.13;1Pe 1.10-12muitos profetas e justos desejaram ver o que vedes e não viram; e ouvir o que ouvis, e não no ouviram. 18 Mt 13.18-23;Mc 4.13-20;Lc 8.11-15Ouvi, pois, vós a parábola do semeador. 19 Quando alguém ouve cp.Mt 4.23a palavra do reino e não a entende, vem vd.Mt 5.37o Maligno e tira o que tem sido semeado no seu coração. Este é o que foi semeado à beira do caminho. 20 O que foi semeado nos lugares pedregosos, é quem ouve a palavra e logo a recebe com alegria; 21 mas não tem em si raiz; antes, é de pouca duração; e, sobrevindo tribulação ou perseguição por causa da palavra, logo vd.Mt 11.6se escandaliza. 22 O que foi semeado entre os espinhos é quem ouve a palavra, mas os cuidados do Mc 4.19;Rm 12.2;1Co 1.20;2.6,8;3.18;2Co 4.4;Gl 1.4;Ef 2.2; vd.Mt 12.32;13.39mundo e cp.Mt 19.23;1Tm 6.9-10,17a sedução das riquezas abafam a palavra, e ela fica infrutífera. 23 O que foi semeado na boa terra é quem ouve a palavra e a entende, e verdadeiramente dá fruto, produzindo Mt 13.8a cento, a sessenta e a trinta por um.
A parábola do joio
24 Jesus lhes propôs outra parábola: Mt 13.31,33,45,47;18.23;20.1;22.2;25.1;Mc 4.30;Lc 13.18,20O reino dos céus é semelhante a um cp.Mc 4.26-29homem que semeou boa semente no seu campo. 25 Mas, enquanto os homens dormiam, veio um inimigo dele, semeou joio no meio do trigo e retirou-se. 26 Porém, quando a erva cresceu e deu fruto, então apareceu também o joio. 27 Chegando os servos do dono do campo, disseram-lhe: Senhor, não semeaste boa semente no teu campo? Pois donde vem o joio? 28 Respondeu-lhes: Homem inimigo é quem fez isso. Os servos continuaram: Queres, então, que vamos arrancá-lo? 29 Não, respondeu ele, para que não suceda que, tirando o joio, arranqueis juntamente com ele também o trigo. 30 Deixai crescer ambos juntos até a ceifa; e no tempo da ceifa direi aos ceifeiros: ajuntai primeiro o joio e atai-o em feixes para o queimar, mas Mt 3.12recolhei o trigo no meu celeiro.
A parábola do grão de mostarda
31 Mais outra parábola lhes propôs, Mt 13.31-32;Mc 4.30-32;Lc 13.18-19dizendo: O vd.Mt 13.24reino dos céus é semelhante a Mt 17.20;Lc 17.6um grão de mostarda, que um homem tomou e plantou no seu campo; 32 o qual grão é, na verdade, a menor de todas as sementes, mas, depois de crescido, é a maior das hortaliças e faz-se árvore, de tal modo que cp.Sl 104.12;Ez 17.23;31.6;Dn 4.12as aves do céu vêm pousar nos seus ramos.
A parábola do fermento
33 Ainda outra parábola lhes propôs, dizendo: O reino dos céus é semelhante ao fermento que uma mulher tomou e escondeu em Gn 18.6; cp.Jz 6.19;1Sm 1.24três medidasSaton, medida de 13 litros. de farinha, até ficar toda ela levedada.
Por que falou em parábolas
34 Todas essas coisas falou Jesus ao povo em parábolas e nada lhes falava Mc 4.34; cp.Jo 10.6;16.25sem parábolas; 35 para que se cumprisse o que foi dito pelo profeta:
Sl 78.2Abrirei em parábolas a minha boca
e publicarei coisas escondidas desde a criação.
A explicação da parábola do joio
36 Então, tendo deixado as turbas, entrou Jesus em Mt 13.1casa. Chegando-se a ele seus discípulos, disseram: cp.Mt 15.15Explica-nos a parábola do joio do campo. 37 Ele respondeu: O que semeia a boa semente é vd.Mt 8.20o Filho do Homem; 38 o campo é o mundo; a boa semente são cp.Mt 8.12os filhos do reino; o joio são Jo 8.44;At 13.10;1Jo 3.10os filhos do vd.Mt 5.37Maligno; 39 o inimigo que o semeou é o Diabo; a ceifa é Mt 13.40,49;24.3;28.20;1Co 10.11;Hb 9.26; vd.Mt 12.32;13.22o fim do mundo, e os ceifeiros são anjos. 40 Pois, assim como o joio é ajuntado e queimado Mt 13.39,49;24.3;28.20;1Co 10.11;Hb 9.26; vd.Mt 12.32;13.22no fogo, assim será no fim do mundo. 41 vd.Mt 8.20O Filho do Homem Mt 24.31enviará os seus anjos, e eles ajuntarão do seu reino tudo o que serve de pedra de tropeço e os que praticam a iniquidade 42 e Mt 13.50lançá-los-ão na fornalha de fogo; vd.Mt 8.12ali, haverá o choro e o ranger de dentes. 43 Então, os justos brilharão como o sol no reino de seu Pai. vd.Mt 11.15Quem tem ouvidos, ouça.
A parábola do tesouro escondido
44 vd.Mt 13.24O reino dos céus é semelhante a um tesouro que, oculto no campo, foi achado e escondido por um homem, o qual, movido de gozo, Mt 13.46foi vender tudo o que possuía e comprou aquele campo.
A parábola da pérola
45 O reino dos céus é também semelhante a um negociante que buscava boas pérolas; 46 e, tendo achado uma de grande valor, foi vender tudo o que possuía e a comprou.
A parábola da rede
47 Finalmente, Mt 13.44o reino dos céus é semelhante a uma rede que foi lançada no mar e apanhou peixes de toda espécie. 48 Depois de cheia, os pescadores puxaram-na para a praia; e, sentados, puseram os bons em cestos, mas deitaram fora os ruins. 49 Assim será vd.Mt 13.39-40no fim do mundo: sairão os anjos, e separarão os maus dentre os justos, 50 e lançá-los-ão na fornalha de fogo; ali haverá o choro e o ranger de dentes.
Coisas novas e velhas
51 Entendestes vós todas essas coisas? Responderam-lhe: Entendemos. 52 Então, acrescentou: Por isso, todo escriba instruído no reino dos céus é semelhante a um pai de família que do seu tesouro tira coisas novas e velhas.
53 Tendo vd.Mt 7.28Jesus concluído essas parábolas, partiu dali.
Jesus prega na sinagoga de Nazaré. É rejeitado pelos seus
54 Mt 13.54-58;Mc 6.1-6Chegando à sua terra, vd.Mt 4.23ensinava o povo na sinagoga, de modo que muitos vd.Mt 7.28se admiravam e diziam: Donde lhe vêm esta sabedoria e estes milagres? 55 Não é este o filho do carpinteiro? vd.Mt 12.46Sua mãe não se chama Maria, e seus irmãos não são Tiago, José, Simão e Judas? 56 Não vivem entre nós todas Mc 6.3as suas irmãs? Donde lhe vem, pois, tudo isso? 57 Ele lhes servia vd.Mt 11.6de pedra de tropeço. Mas disse-lhes Jesus: Mc 6.4;Lc 4.24;Jo 4.44Um profeta não deixa de receber honra, senão na sua terra e na sua casa. 58 Não fez ali muitos milagres, por causa da incredulidade do povo.