Verheerliking van Jesus op die berg.
1 EN ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op 'n hoë berg in die eensaamheid gebring.
2 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.
3 En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.
4 Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía.
5 Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!
6 En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees.
7 En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op en moenie vrees nie.
8 Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen.
9 En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.
10 En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom?
11 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel;
12 maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly.
13 Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.
'n Maansieke kind gesond gemaak.
14 EN toe hulle by die skare kom, gaan daar 'n man na Hom en val voor Hom op die knieë en sê:
15 Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water.
16 En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.
17 Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My.
18 Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.
19 Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?
20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
21 Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.
22 En terwyl hulle in Galiléa rondgaan, het Jesus vir hulle gesê: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense;
23 en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy opstaan. En hulle het baie bedroef geword.
Jesus betaal die tempelbelasting.
24 EN toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê: Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie?
25 Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting — van hulle seuns of van die vreemdelinge?
26 Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom: Dan is die seuns vry.
27 Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi 'n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy 'n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.
A transfiguração
1 Mt 17.1-8;Mc 9.2-8;Lc 9.28-36Seis dias depois, tomou Jesus consigo a Mt 26.37;Mc 5.37; cp.Mt 13.3Pedro e aos irmãos, Tiago e João, e levou-os a sós a um alto monte. 2 Foi transfigurado diante deles; o seu rosto resplandeceu como o sol, e as suas vestes tornaram-se brancas como a luz. 3 Eis que lhes apareceram Moisés e Elias falando com ele. 4 Pedro vd.At 3.12disse a Jesus: Senhor, bom é estarmos aqui; se queres, cp.Mc 9.5;Lc 9.33farei aqui três tabernáculos: um para ti, outro para Moisés e outro para Elias. 5 Falava ele ainda, quando uma nuvem luminosa os envolveu; e da nuvem saiu 2Pe 1.17s.uma voz, dizendo: vd.Mt 3.17Este é o meu Filho dileto, em quem me agrado; ouvi-o. 6 Os discípulos, ouvindo-a, caíram de bruços e ficaram com muito medo. 7 Aproximando-se Jesus, tocou-os e disse: Levantai-vos e vd.Mt 14.27não temais. 8 Eles, erguendo os olhos, a ninguém viram mais, senão só a Jesus.
A vinda de Elias
9 Mt 17.9-13;Mc 9.9-13Enquanto desciam do monte, ordenou-lhes Jesus: vd.Mt 8.4A ninguém conteis esta visão, até que Mt 17.12,22; vd.Mt 8.20o Filho do Homem vd.Mt 16.21ressuscite dentre os mortos. 10 Perguntaram-lhe os discípulos: Por que dizem, então, os escribas que vd.Mt 11.14; cp.Mt 16.14Elias deve vir primeiro? 11 Respondeu ele: Na verdade, Elias há de vir e restaurará todas as coisas; 12 declaro-vos, porém, que Elias já veio, e não o conheceram; antes, fizeram-lhe tudo quanto quiseram. Assim também o Filho do Homem há de padecer às suas mãos. 13 Então. os discípulos entenderam que lhes falara a respeito de João Batista.
A cura de um epilético
14 Mt 17.14-19;Mc 9.14-28;Mt 5.14-18;Lc 9.37-42Quando chegaram à multidão, procurou a Jesus um homem que, ajoelhando-se diante dele, disse: 15 Senhor, compadece-te de meu filho! Porque é Mt 4.24epilético e vai mal; pois muitas vezes cai no fogo e, muitas outras, na água. 16 Eu o trouxe a teus discípulos, e eles não puderam curá-lo. 17 Jesus exclamou: Ó geração incrédula e perversa! Até quando estarei convosco? Até quando vos sofrerei? Trazei-me aqui o menino. 18 Jesus ameaçou o demônio, o qual saiu do menino; e, desde aquela hora, ficou o menino curado.
O poder da fé
19 Então se chegaram os discípulos a Jesus em particular e perguntaram: Por que não pudemos nós expulsá-lo? 20 Respondeu-lhes: Por causa da vossa pouca fé. Pois em verdade vos digo que, Mt 21.21s.;Mc 11.23s.;Lc 17.6se tiverdes fé como Mt 13.31;Lc 17.6um grão de mostarda, direis a Mt 17.9; cp.1Co 13.2este monte: Passa daqui para acolá, e ele passará. cp.Mc 9.23;Jo 11.40Nada vos será impossívelAlguns manuscritos inserem o v. 21: Mas esta casta de demônios não se expele senão à força de oração e de jejum.. 21 [Mas esta casta de demônios não se expele senão à força de oração e de jejum.]
De novo prediz Jesus a sua morte e ressurreição
22 Mt 17.22-23;Mc 9.30-32;Lc 9.44-45Enquanto eles se reuniam na Galileia, disse-lhes Jesus: O Filho do homem há de ser entregue às mãos dos homens. 23 Mt 17.9;16.21Tirar-lhe-ão a vida, e ele, ao terceiro dia, ressuscitará. Os discípulos entristeceram-se em extremo.
Jesus paga o tributo
24 Tendo chegado a Cafarnaum, dirigiram-se a Pedro os que cobravam Êx 30.13;38.26as duas dracmasUma dracma valia 315 réis, moeda brasileira. e perguntaram: Não paga vosso Mestre as duas dracmas? 25 Respondeu ele: Paga. Ao entrar Pedro em casa, antes que falasse, perguntou-lhe Jesus: Que te parece, Simão? De quem recebem os reis da terra Mt 22.17,19tributo ou Rm 13.7imposto? De seus filhos ou dos estranhos? 26 Respondendo ele: Dos estranhos, concluiu Jesus: Logo, são isentos os filhos. 27 Mas, para que Mt 5.29-30;18.6,8,9;Mc 9.42-43,45,47;Lc 17.2;Jo 6.61;1Co 8.13os não escandalizemos, vai ao mar, lança o anzol, e o primeiro peixe que subir, tira-o; e, abrindo-lhe a boca, acharás um estáterMoeda que valia 4 dracmas.. Toma-o e entrega-lhes por mim e por ti.