Die afval van die laaste dae.
1 MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang
2 deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,
3 wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.
4 Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;
5 want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed.
Oor getrouheid en werksaamheid in die bediening.
6 AS jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy 'n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy 'n navolger geword het.
7 Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.
8 Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.
9 Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;
10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat 'n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.
11 Beveel en leer hierdie dinge.
12 Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.
13 Totdat ek kom, moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en lering.
14 Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.
15 Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees.
16 Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.
A apostasia nos últimos tempos
1 Mas cp.Jo 16.13;At 20.23;21.11;1Co 2.10s.o Espírito diz expressamente que, cp.2Ts 2.3ss.;2Tm 3.1;2Pe 3.3;Jd 18nos últimos tempos, alguns apostatarão da fé, atendendo a 1Jo 4.6espíritos enganadores e a cp.Tg 3.15doutrinas de demônios, 2 mediante a hipocrisia de homens mentirosos, cp.Ef 4.19que têm a consciência cauterizada, 3 que Hb 13.4proíbem o casamento e ordenam vd.Cl 2.16; cp.Cl 2.23a abstinência de alimentos, que Gn 1.29;9.3Deus criou para serem 1Tm 4.4;Rm 14.6;1Co 10.30s.usados com gratidão pelos que creem e conhecem bem a verdade. 4 Pois cp.1Co 10.26toda criatura de Deus é boa, e nada deve ser rejeitado, se é vd.1Tm 4.3recebido com gratidão, 5 porque é santificado Gn 1.25,31; cp.Hb 11.3pela palavra de Deus e pela oração.
Exortação à fidelidade e à diligência no ministério
6 Expondo essas coisas vd.At 1.15aos irmãos, serás um bom 2Co 11.23ministro de Cristo Jesus, alimentado com as palavras da fé e da 1Tm 1.10boa doutrina Lc 1.3(Gr.);2Tm 3.10; cp.Fp 2.20,22que tens seguido. 7 Mas rejeita as vd.1Tm 1.4fábulas vd.1Tm 1.9profanas e de velhas. Exercita-te na 1Tm 4.8;1Tm 6.3,5s.;2Tm 3.5piedade. 8 Pois o cp.Cl 2.23exercício corporal para pouco é proveitoso, mas a piedade para tudo é útil, porque Sl 37.9,11;Pv 19.23;22.4; vd.Mt 6.33tem a promessa da vida vd.Mt 12.32; cp.Mt 6.33;Mc 10.30que agora é e da que há de ser. 9 vd.1Tm 1.15Fiel é essa palavra e digna de toda a aceitação. 10 Pois para isso é que trabalhamos e lutamos, porque temos posto a 2Co 1.10;1Tm 6.17nossa esperança vd.1Tm 3.15no Deus vivo, que é vd.1Tm 2.4; cp.Jo 4.42o Salvador de todos os homens, especialmente dos que creem. 11 1Tm 5.7;6.2Prescreve essas coisas e ensina-as. 12 cp.1Co 16.11;Tt 2.15Ninguém despreze a tua mocidade, mas torna-te o Tt 2.7; vd.1Pe 5.3exemplo dos fiéis na palavra, no procedimento, cp.1Tm 1.14no amor, na fé e na pureza. 13 1Tm 3.14Enquanto eu não vou, aplica-te à cp.2Tm 3.15ss.leitura, à exortação e ao ensino. 14 Não negligencies o dom da graça que há em ti e que te foi dado 1Tm 1.18por profecia, com a 1Tm 5.22;2Tm 1.6; vd.At 6.6imposição das mãos do vd.At 11.30(Gr.)presbitério. 15 Ocupa-te dessas coisas, dedica-te inteiramente a elas, para que o teu progresso seja a todos manifesto. 16 cp.At 20.28Vela sobre ti e sobre o teu ensino; persevera nessas coisas, porque, fazendo isso, vd.1Co 1.21te salvarás tanto a ti mesmo como aos que te ouvem.