Die pligte van diensknegte.
1 ALMAL wat diensknegte is onder 'n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer nie belaster mag word nie.
2 En die wat gelowige here het, moet hulle nie verag omdat hulle broeders is nie, maar moet hulle des te meer dien, omdat hulle wat die weldade ontvang, gelowiges en geliefdes is. Leer hierdie dinge en wek daartoe op.
Vermaning en algemene raadgewinge.
3 AS iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,
4 dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het 'n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,
5 nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.
6 Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins.
7 Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.
8 Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.
9 Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
10 Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
11 Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
12 Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
13 Ek gebied jou voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee, en van Christus Jesus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het,
14 dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus
15 wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here,
16 wat alleen onsterflikheid besit en 'n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.
17 Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;
18 dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,
19 en vir hulle 'n skat weglê, 'n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.
20 o Timótheüs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis,
21 waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op 'n dwaalweg geraak het. Mag die genade met jou wees! Amen.
Os deveres dos servos
1 Tt 2.9;1Pe 2.18; cp.Ef 6.5Todos os servos que estão debaixo do jugo estimem a seus senhores como dignos de toda honra, a fim de Tt 2.5que o nome de Deus e a doutrina não sejam blasfemados. 2 Aqueles que têm senhores crentes não os desprezem, porque são cp.At 1.15;Gl 3.28;Fm 16irmãos; antes, os sirvam melhor, porque os que se aproveitam do seu trabalho são crentes e amigos. vd.1Tm 4.11Ensina e recomenda essas coisas.
Admoestações
3 Se alguém vd.1Tm 1.3ensina doutrina diversa e não aceita as cp.1Tm 1.10sãs palavras de nosso Senhor Jesus Cristo e a doutrina Tt 1.1segundo a piedade, 4 este é vd.1Tm 3.6cheio de orgulho e nada sabe, mas delira acerca de vd.1Tm 1.4questões e 2Tm 2.14; cp.At 18.15contendas de palavras, das quais se originam invejas, brigas, calúnias, suspeitas injustas 5 e discussões intermináveis da parte 2Tm 3.8; cp.Tt 1.15de pessoas perversas de entendimento, privadas da verdade, cp.Tt 1.11;2Pe 2.3julgando que a piedade é um mero interesse. 6 1Tm 6.6-10; cp.Lc 12.15-21A piedade, com o Fp 4.11; cp.Hb 13.5contentamento, é 1Tm 4.8grande lucro, 7 porque Jó 1.21;Ec 5.15nada trouxemos para este mundo, nem nada podemos levar dele; 8 Pv 30.8tendo alimento e vestuário, deveremos ficar satisfeitos com isso. 9 Pv 15.27;23.4;28.20;1Tm 6.17; cp.Lc 12.15-21Os que querem tornar-se ricos caem em tentação, e em vd.1Tm 3.7laço, e em muitos desejos insensatos e nocivos, os quais arrastam os homens à ruína e à perdição. 10 Pois 1Tm 6.9; vd.1Tm 3.3; cp.Cl 3.5o amor do dinheiro é cp.Rm 11.16ss.raiz de todos os males; e alguns, cobiçando-o, cp.Tg 5.19se desviaram da fé e se traspassaram a si mesmos com muitas dores.
Um apelo
11 Tu, porém, 2Tm 3.17ó homem de Deus, cp.2Tm 2.22foge dessas coisas; segue a justiça, a piedade, vd.1Tm 1.14a fé, 2Tm 3.10o amor, a perseverança, a mansidão. 12 vd.1Co 9.25s.; cp.Fp 1.30;1Tm 1.18Peleja a boa peleja da vd.1Tm 1.19fé; vd.Fp 3.12;1Tm 6.19apodera-te da vida eterna, Cl 3.15para a qual foste chamado, tendo feito uma boa vd.2Co 9.13;1Tm 6.13confissão diante de 2Tm 2.2; cp.1Tm 4.14muitas testemunhas. 13 vd.1Tm 5.21Eu te exorto, diante de Deus, que dá vida a todas as coisas, e diante de 1Tm 1.12,15;2.5; vd.Gl 3.26, etc.Jesus Cristo, que Jo 18.37; cp.Mt 27.2perante Pôncio Pilatos fez sua vd.1Tm 6.12boa confissão, 14 que guardes este mandamento sem mácula nem repreensão, até vd.2Ts 2.8a vinda de nosso Senhor Jesus Cristo; 15 a qual, vd.1Tm 2.6no tempo próprio, mostrará cp.1Tm 1.11o bem-aventurado e vd.1Tm 1.17único Soberano, Ap 19.16;17.14; cp.Dt 10.17o Rei dos reis e Sl 136.3o Senhor dos senhores, 16 1Tm 1.17aquele que só possui a imortalidade Sl 104.2;1Jo 1.5; cp.Tg 1.17e que habita em luz inacessível, vd.Jo 1.18a quem nenhum dos homens tem visto, nem pode ver; cp.1Tm 1.17ao qual seja dada honra e poder eterno. Amém.
Acerca dos ricos
17 Exorta os ricos 2Tm 4.10;Tt 2.12; vd.Mt 12.32deste mundo a Sl 62.10;Lc 12.20;1Tm 6.9; cp.Rm 11.20que não sejam orgulhosos, nem vd.1Tm 4.10esperem na incerteza das riquezas, mas em Deus, At 14.17que nos concede abundantemente todas as coisas para delas gozarmos; 18 que pratiquem o bem, que se enriqueçam de vd.1Tm 5.10boas obras, cp.Rm 12.8;Ef 4.28que sejam generosos e liberais, 19 vd.Mt 6.20entesourando para si um fundamento sólido para o futuro, a fim de que vd.1Tm 6.12se apoderem da vida que é realmente vida.
Conclusão e a bênção
20 Ó vd.1Tm 1.2Timóteo, guarda 2Tm 1.12,14o que te foi confiado, evitando as conversas vãs e 2Tm 2.16; vd.1Tm 1.9profanas e as objeções de uma falsa ciência, 21 a qual, tendo alguns professado, cp.2Tm 2.18se desviaram vd.1Tm 1.19da fé.
vd.Cl 4.18A graça seja convosco.