Pular para o conteúdo
Publicidade

Provérbios 17

TB

1 BETER is 'n stuk droë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis.

2 'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.

3 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die Here toets die harte.

4 Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig.

5 Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.

6 Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.

7 Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele!

8 Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.

9 Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

10 'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan.

11 Die wederstrewige soek net onheil, maar 'n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.

12 Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie.

13 Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.

14 Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.

15 Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die Here 'n gruwel.

16 Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?

17 Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.

18 Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.

19 Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.

20 Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.

21 Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.

22 'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

23 Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.

24 Die verstandige hou die wysheid voor , maar die van die dwaas is by die einde van die aarde.

25 'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.

26 Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie om edeles te slaan is onbetaamlik.

27 Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.

28 Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

1 Pv 15.17Melhor é um bocado de pão seco com tranquilidade

do que uma casa cheia de festins com rixas.

2 O servo que procede sabiamente dominará sobre Pv 10.5;19.26o filho que causa vergonha;

e entre os irmãos repartirá a herança.

3 Pv 27.21O crisol é para a prata, e o forno, para o ouro;

mas Pv 15.11;1Cr 29.17;Sl 26.2;Jr 17.10;Ml 3.3Jeová prova os corações.

4 Pv 14.15O malfeitor atende aos lábios perversos,

e o mentiroso ouvidos à língua maligna.

5 Quem zomba do Pv 14.31pobre ultraja ao seu Criador;

e o que Pv 24.17;Jó 31.29;Ob 12se alegra com a calamidade não ficará impune.

6 Pv 13.22;Gn 48.11Os filhos dos filhos são a coroa dos velhos,

e a Êx 20.12;Ml 1.6glória dos filhos são seus pais.

7 Não convém ao tolo o Pv 24.7lábio excelente,

muito menos, ao príncipe, Pv 12.22;Sl 31.18o lábio mentiroso.

8 Como pedra preciosa é o Pv 21.14;Is 1.23;Am 5.12presente aos olhos de quem o recebe;

para onde quer que se volver, prosperará.

9 Quem Pv 10.12;Tg 5.20;1Pe 4.8encobre a transgressão busca o amor;

mas quem a faz lembrar, Pv 16.28separa amigos íntimos.

10 Pv 9.9Uma repreensão entra mais profundamente no inteligente

do que cem açoites no insensato.

11 O homem mau procura a rebelião.

Portanto, um mensageiro cruel será enviado contra ele.

12 É melhor encontrar-se uma 2Sm 17.8;Os 13.8ursa roubada dos filhos

do que o Pv 29.9insensato enquanto está louco.

13 Quanto àquele que Sl 35.12;109.5;Jr 18.20torna mal por bem,

Pv 13.21;2Sm 12.10;1Rs 21.22não se apartará da sua casa o mal.

14 O princípio de contendas é como quando se saída às águas represadas.

Portanto, Pv 20.3;25.8deixa a disputa, antes que haja rixas.

15 Quem Pv 18.5;24.24;Êx 23.7;Is 5.23justifica ao perverso condena ao justo;

são ambos, tanto um como outro, abominação a Jeová.

16 De que serve na mão do tolo o preço para Pv 23.23comprar a sabedoria,

visto que ele não tem entendimento?

17 Pv 18.24;Rt 1.16O amigo ama em todo o tempo,

e para a angústia nasce o irmão.

18 O homem falto de entendimento Pv 6.1;11.15;22.26compromete-se

e torna-se fiador na presença do seu vizinho.

19 Pv 29.22Quem ama a contenda ama a transgressão;

aquele que Pv 11.2;16.18;29.23faz alta a sua porta busca a destruição.

20 O perverso de coração Pv 24.20não achará o bem;

e o que tem a Tg 3.8língua dobre cairá no mal.

21 Aquele que Pv 17.25;10.1;19.13gera a um estulto, para sua tristeza, o faz;

e o pai dum tolo não se alegra.

22 Pv 15.13O coração alegre é bom remédio,

mas o espírito abatido Sl 22.15seca os ossos.

23 O perverso recebe do regaço Pv 17.8o presente,

Êx 23.8;Mq 3.11;7.3para perverter as veredas da justiça.

24 Pv 14.6A sabedoria é o alvo do inteligente,

mas os Ec 2.14olhos do insensato estão nas extremidades da terra.

25 Pv 19.13O filho insensato é a tristeza do pai

e a Pv 10.1amargura da que o deu à luz.

26 Ao justo Pv 17.15;18.5não é bom punir,

nem ferir aos nobres por causa da sua retidão.

27 Quem é Pv 10.19;Tg 1.19moderado nas suas palavras tem conhecimento;

e o que tem Pv 14.29espírito sereno é homem de inteligência.

28 Até o insensato, Jó 13.5estando calado, é tido por sábio;

quando cerrar os seus lábios, é considerado prudente.

Veja também