Jesus in Násaret verag.
1 EN Hy het daarvandaan weggegaan en in sy vaderstad gekom, en sy dissipels het Hom gevolg.
2 En toe dit sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaasvind?
3 Is Hy nie die timmerman, die seun van Maria, en die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon nie? En is sy susters nie hier by ons nie? En hulle het aanstoot aan Hom geneem.
4 En Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis.
5 En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy 'n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het.
6 En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer.
Die sending van die twaalf.
7 EN Hy het die twaalf na Hom geroep en hulle twee-twee begin uitstuur en het hulle mag gegee oor die onreine geeste,
8 en hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te neem nie as net 'n stok alleen — geen reissak, geen brood, geen geld in die beurs nie,
9 maar skoene aan die voete; en: Julle moet nie twee kledingstukke aantrek nie.
10 En Hy het vir hulle gesê: Waar julle ook al in 'n huis mag kom, bly dáár totdat julle daarvandaan vertrek.
11 En almal wat julle nie ontvang of na julle luister nie, gaan daarvandaan weg en skud die stof onder julle voete af tot 'n getuienis teen hulle. Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir Sodom of Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.
12 En hulle het uitgegaan en gepreek dat die mense hulle moes bekeer.
13 En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.
Dood van Johannes die Doper.
14 TOE koning Herodes dit hoor — want sy naam het bekend geword — het hy gesê: Johannes die Doper het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in Hom.
15 Ander het gesê: Hy is Elía, en ander weer het gesê: Hy is 'n profeet of soos een van die profete.
16 Maar toe Herodes dit hoor, sê hy: Johannes wat ek onthoof het, dit is hy; hy het uit die dode opgestaan.
17 Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het.
18 Want Johannes het aan Herodes gesê: Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie.
19 En Heródias het 'n oog op hom gehad en wou hom om die lewe bring en sy kon nie.
20 Want Herodes was bang vir Johannes, omdat hy wis dat hy 'n regverdige en heilige man was, en hy het hom beskerm; en nadat hy hom gehoor het, het hy baie dinge gedoen en graag na hom geluister.
21 En op die geskikte dag, toe Herodes op sy verjaarsdag vir sy groot manne en die owerstes oor duisend en die vernaamstes van Galiléa 'n maaltyd gegee het;
22 en toe die dogter van dieselfde Heródias inkom en dans, en Herodes en die wat saam aan tafel was, behaag, sê die koning vir die meisie: Vra my net wat jy wil, en ek sal dit aan jou gee.
23 En hy het vir haar gesweer: Net wat jy my vra, sal ek jou gee, al was dit ook die helfte van my koninkryk.
24 Daarop gaan sy uit en sê vir haar moeder: Wat sal ek vra? Toe antwoord sy: Die hoof van Johannes die Doper.
25 En dadelik gaan sy haastig in na die koning en vra en sê: Ek wil hê dat u my op die daad die hoof van Johannes die Doper op 'n skottel gee.
26 Toe word die koning baie bedroef, maar ter wille van die eed en die wat saam aan tafel was, wou hy haar nie afwys nie.
27 En die koning stuur dadelik een van sy lyfwag met die bevel om sy hoof te bring; en hy het gegaan en hom in die gevangenis onthoof
28 en sy hoof op 'n skottel gebring en dit aan die meisie gegee, en die meisie het dit aan haar moeder gegee.
29 En toe sy dissipels dit hoor, het hulle gekom en sy lyk weggeneem en dit in 'n graf neergelê.
Eerste vermeerdering van die brode.
30 EN die apostels het by Jesus saamgekom en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle geleer het.
31 En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die eensaamheid na 'n verlate plek en rus 'n bietjie. Want daar was baie wat kom en gaan, en hulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie.
32 En hulle het met die skuit vertrek na 'n verlate plek in die eensaamheid.
33 En die skare het hulle sien weggaan, en baie het Hom herken en te voet van al die stede af daar saamgestroom en voor hulle uit gegaan en by Hom vergader.
34 En toe Jesus uitklim, sien Hy 'n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer.
35 En toe dit reeds laat geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate en dit is reeds laat.
36 Stuur hulle weg, sodat hulle na die buitewyke en dorpe rondom kan gaan om brood vir hulleself te koop, want hulle het niks om te eet nie.
37 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Gee julle aan hulle iets om te eet. En hulle sê vir Hom: Moet ons gaan en vir tweehonderd pennings brood koop en aan hulle gee om te eet?
38 En Hy sê vir hulle: Hoeveel brode het julle? Gaan kyk. En toe hulle dit te wete gekom het, sê hulle: Vyf, en twee visse.
39 En Hy het hulle beveel om almal klompies-klompies op die groen gras te laat sit.
40 En hulle het gaan sit in groepe van honderd en van vyftig.
41 Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel.
42 En almal het geëet en versadig geword;
43 en hulle het van die brokstukke twaalf mandjies vol opgetel, en van die visse.
44 En die wat van die brood geëet het, was omtrent vyfduisend manne.
Jesus wandel op die see.
45 EN dadelik het Hy sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en vooruit te vaar na die oorkant, na Betsáida, onderwyl Hy die skare sou wegstuur.
46 En nadat Hy van hulle afskeid geneem het, het Hy na die berg gegaan om te bid.
47 En toe dit aand geword het, was die skuit in die middel van die see en Hy alleen op die land.
48 En Hy het gesien dat hulle swaar kry met roei, want die wind was teen hulle. En omtrent die vierde nagwaak het Hy na hulle gekom, al wandelende op die see. En Hy wou by hulle verbygaan.
49 En toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gemeen dat dit 'n spook was en hard uitgeskreeu;
50 want hulle het Hom almal gesien en was ontsteld. Toe spreek Hy dadelik met hulle en sê vir hulle: Hou goeie moed, dit is Ek; moenie vrees nie.
51 En Hy het by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê; en hulle was by hulleself uitermate verbaas en verwonderd.
52 Want hulle het by die wonder van die brode nie verstandig geword nie, omdat hulle hart verhard was.
53 En nadat hulle oorgevaar het, het hulle by die land Gennésaret aangekom en daar aan wal gaan lê.
54 En toe hulle uit die skuit gaan, het die mense Hom dadelik herken,
55 en hulle het in daardie hele omtrek rondgeloop en die wat ongesteld was, op bedde begin ronddra na die plek waar hulle hoor dat Hy is.
56 En waar Hy ook al ingegaan het in dorpe of stede of buitewyke, het hulle die wat ongesteld was, op die markpleine neergesit en Hom gesmeek om, al was dit maar die soom van sy kleed, aan te raak; en almal wat Hom aangeraak het, het gesond geword.
Jesus prega na sinagoga de Nazaré. É rejeitado pelos seus
1 Mc 6.1-6;Mt 13.54-58Tendo Jesus saído dali, foi para Lc 4.16,23; cp.Mt 13.54,57a sua terra, e seus discípulos acompanharam-no. 2 Chegando o sábado, começou a Mt 4.23; cp.Mc 10.1ensinar na sinagoga; e Mt 7.28muitos, ao ouvi-lo, se admiravam, dizendo: Donde lhe vêm essas coisas e que sabedoria é esta que lhe é dada? Que significam tais milagres operados pela sua mão? 3 Não é este o cp.Mt 13.55carpinteiro, Mt 12.46filho de Maria, irmão de Tiago, de José, de Judas e de Simão? E Mt 13.56suas irmãs não estão aqui entre nós? Ele Mt 11.6lhes servia de pedra de tropeço. 4 Jesus lhes disse: Mt 13.57Um profeta não deixa de receber honra senão Mc 6.1na sua terra, entre os seus parentes e na sua casa. 5 Não podia fazer ali nenhum milagre, a não ser que Mc 5.23pôs as mãos sobre alguns enfermos e os curou. 6 E admirou-se por causa da incredulidade do povo.
Mt 9.35;Lc 13.22; cp.Mc 1.39;10.1Ele andava pelas aldeias circunvizinhas ensinando.
Os doze enviados dois a dois
7 Mc 6.7-11;Mt 10.1,9-14;Lc 9.1,3-5; cp.Lc 10.4-11Jesus Mc 3.13;Mt 10.1,5;Lc 9.1chamou os doze, e começou a enviá-los Lc 10.1dois a dois, e deu-lhes autoridade sobre os espíritos imundos; 8 Mt 10.10ordenou-lhes que nada levassem para o caminho, exceto bordão; nem pão, nem alforje, nem dinheiro na bolsa; 9 mas que fossem calçados de sandálias e que não vestissem duas túnicas. 10 Disse mais: Em qualquer casa onde entrardes, hospedai-vos aí até que vos retireis. 11 Se algum lugar não vos receber, nem os homens vos ouvirem, saindo dali, Mt 10.14sacudi o pó dos vossos pés em testemunho contra eles. 12 cp.Mt 11.1;Lc 9.6Eles, saindo, pregaram ao povo que se arrependesse; 13 expeliam muitos demônios, Tg 5.14ungiam com óleo a muitos enfermos e os curavam.
A morte de João Batista
14 Mc 6.14-29;Mt 14.1-12;Mc 6.14-16;Lc 9.7-9O rei Herodes soube disso (porque o nome de Jesus já se tornara conhecido), e alguns diziam: É Mt 14.2João Batista que tem ressuscitado dentre os mortos; por isso, virtudes sobrenaturais nele operam. 15 Outros diziam: Mt 16.14; cp.Mc 8.28É Elias; outros ainda: Mt 21.11É profeta como um dos profetas. 16 Mas Herodes, ouvindo isso, dizia: É João, a quem eu mandei degolar e que ressurgiu. 17 Pois o próprio Herodes mandara prender a João e acorrentá-lo no cárcere por causa de Mt 14.3Herodias, mulher de seu irmão Filipe (Herodes se havia casado com ela); 18 porque João lhe dizia: Mt 14.4Não te é lícito ter a mulher de teu irmão. 19 Herodias o odiava e queria matá-lo, mas não podia; 20 porque cp.Mt 21.26Herodes temia a João, sabendo que era homem reto e santo, e o retinha em segurança. Ao ouvi-lo, ficava muito perplexo e o escutava de boa vontade. 21 Oferecendo-se uma ocasião favorável, quando Herodes, no seu aniversário natalício, cp.Et 1.3;2.18deu um banquete aos seus dignitários, aos oficiais militares e aos principais Lc 3.1da Galileia, 22 a filha da Mt 14.3própria Herodias, tendo entrado, dançou e agradou a Herodes e aos seus convivas. O rei disse à moça: Pede-me o que quiseres, e eu to darei; 23 e jurou-lhe: Se me pedires ainda mesmo Et 5.3,6;7.2a metade do meu reino, eu ta darei. 24 Ela saiu e perguntou a sua mãe: Que pedirei? Esta respondeu: A cabeça de João Batista. 25 No mesmo instante, voltando apressadamente para o rei, disse: Quero que, sem demora, me dês num prato a cabeça de João Batista. 26 O rei, embora muito triste, contudo, por causa do juramento e também dos convivas, não lha quis recusar. 27 Imediatamente, o rei enviou um soldado da sua guarda com a ordem de trazer a cabeça de João. O soldado foi degolá-lo no cárcere, 28 trouxe a cabeça num prato e a deu à moça; e a moça a deu à sua mãe. 29 Sabendo disso, vieram os seus discípulos, levaram-lhe o corpo e depositaram-no em um túmulo.
A primeira multiplicação dos pães
30 Lc 9.10Reunindo-se Mt 10.2; cp.Mc 3.14(Gr.);Lc 6.13;9.10;17.5;22.14;24.10;At 1.2,26, etc.os apóstolos com Jesus, contaram-lhe tudo quanto haviam feito e ensinado. 31 Ele lhes disse: Vinde a um lugar solitário, à parte, e descansai um pouco. Pois eram muitos os que vinham e iam, e Mc 3.20nem tinham tempo para comer. 32 Mc 6.32-44;Mt 14.13-21;Lc 9.10-17;Jo 6.5-13; cp.Mc 8.2-9Então, foram sós Mc 6.45; cp.Mc 3.9;Mc 5.36na barca a um lugar deserto. 33 Muitos os viram partir e os reconheceram; correram para lá, a pé, de todas as cidades, e ali chegaram primeiro do que eles. 34 Ao desembarcar, Mt 9.36viu Jesus uma grande multidão de homens e compadeceu-se deles, porque Mt 9.36eram como ovelhas sem pastor; e começou a ensinar-lhes muitas coisas. 35 Como a hora fosse já adiantada, chegaram-se a ele seus discípulos, dizendo: Este lugar é deserto, e já é muito tarde; 36 despede-os, para que vão aos sítios e às aldeias circunvizinhas comprar para si alguma comida. 37 Mas Jesus disse: Dai-lhes vós de comer. Deveremos, Jo 6.7disseram eles, ir comprar duzentos Mt 18.28;Lc 7.41denários de pão e dar-lhes de comer? 38 Ele lhes perguntou: Quantos pães tendes? Ide ver. Depois de se terem informado, responderam: Cinco pães e dois peixes. 39 Então, mandou aos discípulos que a todos fizessem sentar em grupos sobre a relva verde. 40 Sentaram-se em turmas de cem e de cinquenta. 41 Ele tomou os cinco pães e os dois peixes, e, erguendo os olhos ao céu, Mt 14.19deu graças, e, partindo os pães, entregou-os aos discípulos para eles distribuírem; e repartiu por todos os dois peixes. 42 Todos comeram e se fartaram; 43 e recolheram doze Mt 14.20cestos cheios de pedaços de pão e de peixe. 44 Os que comeram os pães foram cp.Mt 14.21cinco mil.
Jesus anda sobre o mar
45 Mc 6.45-51;Mt 14.22-32;Jo 6.15-21Em seguida, obrigou os seus discípulos Mc 6.32a embarcar e passar adiante para o outro lado, Mt 11.21; cp.Mc 8.22a Betsaida, enquanto ele despedia a multidão. 46 Depois de se haver At 18.18,21;2Co 2.13despedido do povo, foi Mt 14.23ao monte para orar. 47 À tardinha, achava-se a barca no meio do mar, e ele, sozinho, em terra. 48 Vendo-os embaraçados em remar (porque o vento lhes era contrário), pela cp.Mc 13.35;Mt 24.43quarta vigília da noite foi ter com eles, andando sobre o mar; e queria passar-lhes adiante. 49 Porém eles, vendo-o andar sobre o mar, pensaram que era um fantasma e gritaram; 50 porque todos o viram e se perturbaram. Mas, no mesmo instante, falando com eles, disse: Mt 9.2Tende ânimo! Sou eu! Mt 14.27Não temais! 51 Entrou Mc 6.32na barca para ir ter com eles, e cessou o vento. Eles se encheram de grande pasmo, 52 porque Mc 8.17ss.não haviam compreendido o milagre dos pães; ao contrário, o seu coração cp.Rm 11.7estava endurecido.
Jesus em Genesaré
53 Mc 6.53-56;Mt 14.34-36; cp.Jo 6.24-25Depois de feita a travessia, chegaram à terra de Genesaré e ali atracaram. 54 Quando desembarcaram, o povo logo reconheceu a Jesus e, 55 correndo por toda aquela região, começaram a trazer nos leitos os que se achavam doentes, para onde ouviam dizer que ele estava. 56 Onde quer que ele entrava, fosse nas aldeias, ou nas cidades, ou nos campos, punham os doentes nas praças e lhe rogavam que Mc 3.10os deixasse tocar ao menos Mt 9.20na fímbria da sua capa; e todos os que nela tocaram ficavam sãos.