Pular para o conteúdo
Publicidade

Marcos 1

TB

Johannes die Doper.

1 DIE begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.

2 Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak

3 die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!

4 Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.

5 En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.

6 En Johannes was gekleed met kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet.

7 En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.

8 Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

Doop en versoeking van Jesus.

9 EN in daardie dae het Jesus van Násaret in Galiléa gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop.

10 En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal.

11 En daar het 'n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.

12 En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn.

13 En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.

Roeping van die eerste dissipels.

14 EN nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig

15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.

16 En terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.

17 En Jesus vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.

18 En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.

19 En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak.

20 En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebedéüs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.

Genesing van 'n besetene in Kapérnaüm.

21 EN hulle het in Kapérnaüm gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer.

22 En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.

23 En daar was in hulle sinagoge 'n man met 'n onreine gees; en hy het uitgeskreeu

24 en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!

25 En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit!

26 En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met 'n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.

27 En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en : Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?

28 En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galiléa.

Genesing van die skoonmoeder van Petrus en ander siekes.

29 EN dadelik toe hulle uit die sinagoge uitgegaan het, kom hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andréas.

30 En die skoonmoeder van Simon het siek gelê aan die koors; en dadelik het hulle Hom van haar gesê.

31 Daarop gaan Hy na haar, neem haar hand en rig haar op, en dadelik het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien.

32 En toe dit aand geword het en die son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was.

33 En die hele stad het by die deur saamgekom.

34 En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.

35 En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid.

36 En Simon en die wat by hom was, het Hom gevolg.

37 En toe hulle Hom vind, hulle vir Hom: Almal soek U.

38 En Hy vir hulle: Laat ons na die naburige dorpe gaan, sodat Ek ook daar kan preek; want daarvoor het Ek uitgegaan.

39 En Hy het die hele Galiléa deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf.

Genesing van 'n melaatse.

40 EN daar kom 'n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom : As U wil, kan U my reinig.

41 En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig!

42 En toe Hy dit , het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig.

43 En nadat Hy hom ernstig aangespreek het, stuur Hy hom dadelik weg

44 en vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot 'n getuienis vir hulle.

45 Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak, sodat Hy nie meer openlik in 'n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom.

João Batista

1 Princípio do evangelho de Jesus Cristo.

2 Mc 1.2-8;Mt 3.1-11;Lc 3.2-16Conforme está escrito no profeta Isaías:

Ml 3.1;Mt 11.10;Lc 7.27Eis envio eu ante a tua face o meu anjo,

que de preparar o teu caminho;

3 Is 40.3;Mt 3.3;Lc 3.4;Jo 1.23Voz do que clama no deserto:

Preparai o caminho do Senhor,

endireitai as suas veredas;

4 apareceu João Batista no deserto, At 13.24pregando o batismo de arrependimento para Lc 1.77remissão de pecados. 5 Saíam a ter com ele toda a terra da Judeia e todos os moradores de Jerusalém; e eram por ele batizados no rio Jordão, confessando os seus pecados. 6 João usava uma veste de pelo de camelo e uma correia em volta da cintura; e comia gafanhotos e mel silvestre. 7 Ele pregava: Depois de mim vem, aquele que é mais poderoso do que eu, diante do qual não sou digno de abaixar-me para lhe desatar a correia das sandálias. 8 Eu vos batizei com água, mas ele vos batizará com o Espírito Santo.

O batismo de Jesus

9 Mc 1.9-11;Mt 3.13-17;Lc 3.21-22Naqueles dias, Jesus cp.Mt 2.23;Lc 2.51veio de Nazaré da Galileia e por João foi batizado no Jordão 10 Logo ao sair da água, viu os céus abrirem-se e o Espírito como pomba descer sobre ele. 11 E ouviu-se uma voz dos céus: Lc 3.22;Mt 3.17Tu és o meu Filho dileto, em ti me agrado.

A tentação de Jesus

12 Mc 1.12-13;Mt 4.1-11;Lc 4.1-13Imediatamente, o Espírito o impeliu para o deserto. 13 Ali ficou quarenta dias tentado por Mt 4.10Satanás; estava com as feras, e os anjos o serviam.

Jesus volta para a Galileia e principia a sua missão

14 Mt 4.12Depois de João ser preso, foi Jesus para a Galileia, Mt 4.23pregando o evangelho de Deus 15 e dizendo: Gl 4.4;Ef 1.10;1Tm 2.6;Tt 1.3O tempo está cumprido, e o reino de Deus está próximo; cp.At 20.21arrependei-vos e crede no evangelho.

Jesus chama os primeiros quatro discípulos

16 Mc 1.16-20;Mt 4.18-22; cp.Lc 5.2-11;Jo 1.40-42Caminhando ao lado do mar da Galileia, viu a Simão e a André, irmão de Simão, lançarem a rede ao mar, porque eram pescadores. 17 Disse-lhes Jesus: Segui-me, e eu farei que vos torneis pescadores de homens. 18 No mesmo instante, deixaram as redes e o seguiram. 19 Passando um pouco adiante, viu a Tiago e a João, filhos de Zebedeu, que estavam na sua barca consertando as redes. 20 Logo os chamou; e eles, tendo deixado na barca a Zebedeu, seu pai, com os empregados, foram após Jesus.

A cura dum endemoninhado em Cafarnaum

21 Mc 1.21-28;Lc 4.31-37Entraram em Cafarnaum; e, no sábado seguinte, Mt 4.23;Mc 1.39;Mc 10.1indo ele à sinagoga, pôs-se a ensinar. 22 Mt 7.28Admiravam-se do seu ensino, porque ele os ensinava como quem tinha autoridade e não como os escribas. 23 Estava na sinagoga um homem possesso de um espírito imundo, 24 que gritou: Mt 8.29Que temos nós contigo, Jesus Mc 10.47;14.67;16.6;Lc 4.34;24.19; cp.Mt 2.23;At 24.5Nazareno? Vieste a perder-nos. Bem sei quem és; és Lc 4.34;Jo 6.69; cp.Lc 1.35;At 3.14o Santo de Deus! 25 Mas Jesus repreendeu-o, dizendo: Cala-te e sai desse homem. 26 O espírito imundo, agitando-o violentamente e brandando em alta voz, saiu dele. 27 Todos ficaram tão Mc 10.24,32; cp.14.33;16.5-6admirados, que uns aos outros perguntavam: Que é isso? Uma nova doutrina com autoridade! Ele manda aos próprios espíritos imundos, e eles lhe obedecem! 28 Divulgou-se logo a sua fama por toda a circunvizinhança da Galileia.

A cura da sogra de Pedro

29 Mc 1.29-31;Mt 8.14-15;Lc 4.38-39Em seguida, tendo saído Mc 1.21,23da sinagoga, foram com Tiago e João à casa de Simão e André. 30 A sogra de Simão estava de cama, com febre; e logo lhe falaram a respeito dela. 31 Ele, aproximando-se da enferma e tomando-a pela mão, a levantou; a febre a deixou, e ela começou a servi-los.

Muitos outros curados

32 Mc 1.32-34;Mt 8.16-17;Lc 4.40-41À cp.Mt 8.16;Lc 4.40tarde, estando o sol posto, traziam-lhe todos os doentes Mt 4.24e endemoninhados; 33 e toda a Mc 1.21cidade estava reunida à porta. 34 Ele Mt 4.23curou muitos que se achavam doentes de diversas moléstias e expeliu muitos demônios, não permitindo que estes falassem, porque sabiam quem ele era.

Jesus retira-se para orar

35 Mc 1.35-38;Lc 4.42-43Levantando-se antes da madrugada, saiu, e foi a um lugar deserto, e ali Lc 5.16;Mt 14.23orava. 36 Simão e seus companheiros foram procurá-lo; 37 e, encontrando-o, disseram: Todos te buscam. 38 Disse-lhes Jesus: Vamos a outros lugares, às povoações vizinhas, a fim de que eu também pregue, porque para isso vim. 39 Mt 4.23; cp.Mc 1.23;Mc 3.1Foi por toda a Galileia, pregando nas sinagogas e expelindo os demônios.

A cura dum leproso

40 Mc 1.40-44;Mt 8.2-4;Lc 5.12-14Chegou-se a ele um leproso, fazendo-lhe a sua rogativa Mc 10.17; cp.Mt 8.2;Lc 5.12e, ajoelhando-se, disse: Se quiseres, bem podes tornar-me limpo. 41 Jesus, compadecido dele, estendeu a mão e tocou-o, dizendo: Quero; fica limpo! 42 No mesmo instante, desapareceu-lhe a lepra, e ficou limpo. 43 Advertindo-lhe com energia, logo o despediu, 44 dizendo: Mt 8.4Olha, não digas nada a ninguém, mas Lv 13.49;14.2ss.; cp.Mt 8.4vai mostrar-te ao sacerdote e oferecer-lhe pela tua purificação o que Moisés ordenou, para lhes servir de testemunho. 45 Porém ele, saindo dali, começou a publicar o caso por toda parte e Lc 5.15;Mt 28.15a divulgá-lo, de modo que Jesus não podia entrar abertamente numa cidade, mas ficava fora em lugares despovoados; cp.Mc 2.2,13;3.7;Lc 5.17;Jo 6.2e de todos os lados iam ter com ele.

Veja também