Tweede vermeerdering van die brode.
1 IN dié dae toe daar 'n baie groot menigte was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Jesus sy dissipels na Hom geroep en vir hulle gesê:
2 Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie.
3 En as Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op die pad beswyk, want sommige van hulle kom van ver.
4 En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal 'n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?
5 Toe vra Hy hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle sê: Sewe.
6 En Hy gee aan die skare bevel om op die grond te gaan sit; daarop neem Hy die sewe brode, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels om dit voor te sit; en hulle sit dit aan die skare voor.
7 Hulle het ook 'n paar vissies gehad; en nadat Hy gedank het, sê Hy dat hulle dit ook moet voorsit.
8 En hulle het geëet en versadig geword en die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.
9 En die wat geëet het, was omtrent vierduisend. En Hy het hulle weggestuur.
Die suurdeeg van die Fariseërs.
10 EN dadelik het Hy met sy dissipels in die skuit geklim en in die streke van Dalmanúta gekom.
11 En die Fariseërs het uitgegaan en met Hom begin redetwis en van Hom 'n teken uit die hemel gevra om Hom te versoek.
12 Toe sug Hy swaar in sy gees en sê: Waarom begeer hierdie geslag 'n teken? Voorwaar Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.
13 En Hy het hulle verlaat en weer in die skuit geklim en na die oorkant gegaan.
14 En hulle het vergeet om brode saam te neem, en het net een brood by hulle in die skuit gehad.
15 En Hy het hulle beveel en gesê: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.
16 Toe redeneer hulle onder mekaar en sê: Dit is omdat ons geen brode het nie.
17 En Jesus merk dit en sê vir hulle: Waarom redeneer julle dat julle geen brode het nie? Begryp julle nie en verstaan julle nie? Het julle nog jul verharde hart?
18 Het julle oë en sien julle nie? En het julle ore en hoor julle nie?
19 En onthou julle nie toe Ek die vyf brode vir die vyfduisend gebreek het, hoeveel mandjies vol brokstukke julle opgetel het nie? Hulle sê vir Hom: Twaalf.
20 En die sewe vir die vierduisend — hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel? En hulle sê: Sewe.
21 Toe sê Hy vir hulle: Hoe verstaan julle dan nie!
Genesing van die blinde man in Betsáida.
22 EN Hy het in Betsáida gekom, en hulle het 'n blinde man na Hom gebring en Hom gesmeek om hom aan te raak.
23 Hy neem toe die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp; en nadat Hy in sy oë gespuug en hom die hande opgelê het, vra Hy hom of hy iets sien.
24 En hy kyk op en sê: Ek sien die mense, want ek sien hulle soos bome rondloop.
25 Daarna lê Hy weer die hande op sy oë en laat hom opkyk, en hy is herstel en het almal van ver af duidelik gesien.
26 En Hy het hom na sy huis gestuur en gesê: Moenie in die dorp gaan of dit aan iemand in die dorp vertel nie.
Belydenis van Petrus.
27 EN Jesus en sy dissipels het uitgegaan na die dorpe van Cesaréa-Filíppi; en op die pad vra Hy sy dissipels en sê vir hulle: Wie sê die mense is Ek?
28 En hulle antwoord: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander: Een van die profete.
29 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê vir Hom: U is die Christus.
30 En Hy het hulle streng beveel om niemand van Hom te vertel nie.
31 Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan.
32 En hierdie woord het Hy ronduit gespreek. En Petrus het Hom opsy geneem en Hom begin bestraf.
33 Maar Hy het Hom omgedraai, en terwyl Hy sy dissipels aankyk, het Hy Petrus bestraf en gesê: Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar dié van die mense.
Om die kruis op te neem.
34 EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
35 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.
36 Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?
37 Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?
38 Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.
A segunda multiplicação dos pães
1 Naqueles dias, como houvesse de novo concorrido uma grande multidão, e não tivesse o que comer, Mc 8.1-9; cp.6.32-44;Mt 15.32-39chamou Jesus os discípulos e disse-lhes: 2 Mt 9.36; cp.6.34Tenho compaixão deste povo, porque há três dias que está sempre comigo e nada tem que comer; 3 se eu os mandar para suas casas em jejum, desfalecerão no caminho; pois alguns há que vieram de longe. 4 Disseram seus discípulos: Donde poderá alguém satisfazê-los de pão aqui no deserto? 5 Ele perguntou: Quantos pães tendes? Responderam eles: Sete. 6 Ordenou ao povo que se assentasse no chão; tomando os sete pães, depois de haver dado graças, partiu-os e entregou a seus discípulos, para que os distribuíssem; e eles os distribuíram pela multidão. 7 Tinham também alguns peixinhos; Mt 14.19e, abençoando-os, mandou que estes igualmente fossem distribuídos. 8 Todos comeram e se fartaram; e levantaram, dos pedaços que sobejaram, sete Mc 8.20;Mt 15.37alcofas. 9 Eram cerca de quatro mil homens. 10 Depois, Jesus os despediu, e entrando logo na barca com seus discípulos, dirigiu-se para o território de cp.Mt 15.39Dalmanuta.
Os fariseus pedem um sinal do céu
11 Saíram Mc 8.11-21;Mt 16.1-12os fariseus e começaram a discutir com ele, Mt 12.38procurando obter dele um sinal do céu, para o experimentarem. 12 Ele, dando Mc 7.34um profundo suspiro em seu espírito, disse: Por que pede esta geração um sinal? Em verdade vos digo que a esta geração nenhum sinal será dado. 13 E, deixando-os, tornou a embarcar e foi para o outro lado.
O fermento dos fariseus e o de Herodes
14 Os discípulos esqueceram-se de levar pão e não tinham consigo na barca senão um só. 15 Jesus deu-lhes este preceito: Mt 16.6;Lc 12.1Olhai, guardai-vos do fermento dos fariseus e do fermento de Mt 14.1; cp.Mt 22.16Herodes. 16 Eles discorriam entre si, porque não tinham pão. 17 Ele, percebendo-o, lhes perguntou: Por que discorreis, por não terdes pão? cp.Mc 6.52Não compreendeis ainda, nem entendeis? Tendes o vosso coração endurecido? 18 Tendo olhos, não vedes? Tendo ouvidos, não ouvis? Não vos lembrais, 19 quando parti Mc 6.41-44os cinco pães para cinco mil, quantos Mt 14.20cestos cheios de pedaços levantastes? Responderam eles: Doze. 20 Quando parti Mc 8.6-9os sete para quatro mil, quantas Mc 8.8alcofas levantastes? Responderam: Sete. 21 Disse-lhes: cp.Mc 6.52Ainda não entendeis?
A cura de um cego, em Betsaida
22 Então, chegaram a Mt 11.21; cp.Mc 6.45Betsaida. Trouxeram-lhe um cego e pediram-lhe que Mc 3.10o tocasse. 23 Jesus, tomando o cego pela mão, Mc 7.33conduziu-o para fora da aldeia; cuspindo-lhe nos olhos, Mc 5.23pôs as mãos sobre ele e perguntou-lhe: Vês alguma coisa? 24 Este, elevando os olhos, respondeu: Vejo os homens, porque, como árvores, os percebo andando. 25 Então, lhe pôs outra vez as mãos sobre os olhos; e ele, olhando atentamente, ficou são; e distinguia tudo com clareza. 26 Depois, o mandou para sua casa e disse: cp.Mt 8.4Não entres nem na Mc 8.23aldeia.
A confissão de Pedro
27 Mc 8.27-29;Mt 16.13-16;Lc 9.18-20Saiu Jesus com seus discípulos para as aldeias de Mt 16.13Cesareia de Filipe; e, no caminho, perguntou-lhes: Quem dizem os homens que sou eu? 28 Mc 6.14Eles responderam: Uns dizem: João Batista; outros: Elias; e outros: Um dos profetas. 29 Ele lhes perguntou: Mas vós, quem dizeis que sou eu? Respondeu-lhe Pedro: Tu és o Cristo. 30 Mt 16.20;Lc 9.21; cp.Mt 8.4Ordenou-lhes Jesus que a ninguém falassem a respeito dele.
Jesus prediz a sua morte, ressurreição e vinda
31 Mc 8.31—9.1;Mt 16.21-28;Lc 9.22-27Então, começou a ensinar-lhes que era necessário Mt 16.21que o Filho do Homem padecesse muitas coisas, que fosse rejeitado pelos anciãos, pelos principais sacerdotes e pelos escribas, que fosse morto e que depois de três dias ressuscitasse. 32 Isso dizia Jo 18.20; cp.10.24;11.14;16.25,29(Gr.)claramente. Pedro, chamando-o à parte, começou a admoestá-lo. 33 Mas Jesus, virando-se e olhando para seus discípulos, repreendeu a Pedro e disse: Sai de diante de mim, Mt 4.10Satanás, porque não cuidas das coisas de Deus, mas sim das dos homens. 34 Chamando a si a multidão com seus discípulos, disse-lhes: Se alguém quer vir após mim, negue-se a si mesmo, Mt 10.38tome a sua cruz e siga-me. 35 Pois Mt 10.39quem quiser salvar a sua vida perdê-la-á; e quem perder a sua vida por amor de mim e do evangelho salvá-la-á. 36 Que aproveita a um homem ganhar o mundo inteiro e perder a sua vida? 37 Que daria um homem em troca da sua vida? 38 Porque, se Lc 9.26; cp.Mt 10.33;Hb 11.16alguém, nesta geração adúltera e pecadora, se envergonhar de mim e das minhas palavras, também dele se envergonhará Mt 8.20o Filho do Homem Mt 16.27; cp.Mc 13.26;Lc 9.27quando vier na glória de seu Pai com os santos anjos.