Die besetene van Gádara.
1 EN hulle het aan die oorkant van die see gekom in die land van die Gadaréners.
2 En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet 'n man met 'n onreine gees,
3 wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie;
4 want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie.
5 En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan.
6 En toe hy Jesus van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer
7 en skreeu met 'n groot stem en sê: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my nie te pynig nie.
8 Want Hy het vir hom gesê: Onreine gees, gaan uit die man uit!
9 En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en sê: Legio is my naam, want ons is baie.
10 Toe smeek hy Hom dringend om hulle nie uit die land weg te stuur nie.
11 En dáár teen die berge het 'n groot trop varke gewei,
12 en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar.
13 En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop — daar was omtrent tweeduisend — het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink.
14 En die wagters van die varke het gevlug en dit in die stad en in die buitewyke vertel; en hulle het uitgekom om te sien wat daar gebeur het.
15 Toe kom hulle by Jesus en sien die besetene sit, gekleed en by sy verstand — die een wat die legioen gehad het. En hulle was bevrees.
16 Die wat dit gesien het, vertel toe aan hulle hoe dit met die besetene gegaan het, en ook van die varke.
17 En hulle het Hom begin smeek om weg te gaan uit hulle gebied.
18 En toe Hy in die skuit klim, het die man wat van die duiwels besete gewees het, Hom gesmeek om by Hom te kan bly.
19 Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was.
20 En hy het weggegaan en in Dekápolis begin verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het, en almal was verwonderd.
Die dogtertjie van Jaïrus. Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het.
21 EN toe Jesus weer in die skuit oorgevaar het na die ander kant, het 'n groot menigte by Hom vergader. En Hy was by die see.
22 En daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer
23 en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe.
24 En Hy het saam met hom gegaan. En 'n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring.
25 En 'n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het
26 en veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het,
27 het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak;
28 want sy het gesê: As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word.
29 En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het aan haar liggaam bemerk dat sy van haar kwaal genees was.
30 En dadelik toe Jesus in Homself die krag gewaarword wat van Hom uitgegaan het, draai Hy Hom om onder die skare en sê: Wie het my klere aangeraak?
31 En sy dissipels antwoord Hom: U sien dat die skare U verdring, en U sê: Wie het My aangeraak?
32 Toe kyk Hy rond om haar te sien wat dit gedoen het.
33 Die vrou, wat gevrees en gebeef het omdat sy wis wat met haar gebeur het, kom toe en val voor Hom neer en vertel Hom die hele waarheid.
34 En Hy sê vir haar: Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees.
35 Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig?
36 Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net.
37 En Hy het niemand toegelaat om saam met Hom te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus.
38 En Hy kom in die huis van die owerste van die sinagoge en sien 'n rumoer: mense wat baie ween en huil.
39 En toe Hy binnegaan, sê Hy vir hulle: Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap.
40 En hulle het Hom uitgelag. Maar Hy het almal uitgedryf en die vader van die kind saamgeneem en die moeder en die wat by Hom was, en ingegaan waar die kind lê.
41 Toe gryp Hy die hand van die kind en sê vir haar: Talíta, koemi! wat, as dit vertaal word, beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op!
42 En die dogtertjie het dadelik opgestaan en begin rondloop, want sy was twaalf jaar oud. En hulle was uitermate verbaas.
43 En Hy het hulle met nadruk beveel dat niemand dit moes weet nie, en gesê dat daar vir haar iets te ete gegee moes word.
A cura do endemoninhado geraseno
1 Mc 5.1-17;Mt 8.28-34;Lc 8.26-37Chegaram ao outro lado do mar, ao território dos gerasenos. 2 Quando Jesus Mc 4.1,36;Mc 5.21desembarcou, veio logo ao seu encontro, dos túmulos, um homem Mc 1.23possesso de espírito imundo, 3 o qual tinha ali a sua morada, e nem mesmo com cadeias podia já alguém segurá-lo; 4 porque, tendo sido muitas vezes seguro com grilhões e cadeias, tinha quebrado as cadeias e despedaçado os grilhões, e ninguém tinha força para o subjugar; 5 e sempre, de dia e de noite, gritava nos túmulos e nos montes, ferindo-se com pedras. 6 Vendo de longe a Jesus, correu para ele e adorou-o, 7 gritando em alta voz: Mt 8.29Que tenho eu contigo, Jesus, Mt 4.3Filho Lc 8.28;At 16.17;Hb 7.1do Deus Altíssimo? Por Deus te conjuro que não me atormentes. 8 Pois Jesus lhe dissera: Espírito imundo, sai desse homem. 9 Perguntou-lhe: Qual é o teu nome? Respondeu ele: Mc 5.15; cp.Mt 26.53;Lc 8.30Legião é o meu nome, porque somos muitos. 10 E rogava a Jesus, com instância, que os não mandasse para fora do território. 11 Pastava ali pelo monte uma grande manada de porcos; 12 e os espíritos imundos suplicaram-lhe, dizendo: Envia-nos para os porcos, a fim de que entremos neles. 13 Ele o permitiu. Eles, saindo, entraram nos porcos; a manada, que era cerca de dois mil, precipitou-se pelo declive no mar, e ali se afogaram. 14 Os pastores fugiram e foram dar notícia disso na cidade e nos campos; e muitos foram ver o que tinha acontecido. 15 Chegando-se a Jesus, viram Mc 5.16,18;Mt 4.24o endemoninhado que havia tido Mc 5.9a legião, sentado, cp.Lc 8.27vestido e Lc 8.35em perfeito juízo; e ficaram com medo. 16 Os que presenciaram o fato contaram-lhes o que havia acontecido ao endemoninhado e aos porcos. 17 Começaram a rogar-lhe que se retirasse daqueles termos. 18 Mc 5.18-20;Lc 8.38-39Ao entrar ele na barca, aquele que fora endemoninhado rogou-lhe que o deixasse estar com ele. 19 Jesus não o permitiu, mas disse-lhe: Vai para tua casa, para teus parentes, e conta-lhes tudo o que o Senhor te fez e como teve compaixão de ti. 20 Retirando-se, começou a publicar em Mc 7.31;Mt 4.25Decápolis tudo o que lhe havia feito Jesus; e todos ficaram maravilhados.
A petição de Jairo
21 Mt 9.1(?);Lc 8.40(?)Tendo Jesus voltado cp.Mc 4.36na barca para o outro lado, afluiu para ele uma grande multidão; e ele estava à beira cp.Mc 4.1do mar. 22 Mc 5.22-43;Mt 9.18-26;Lc 8.41-56Chegou-se a ele um dos Mc 5.35-36,38;Lc 8.49;13.14;At 13.15;18.8,17; cp.Mt 9.18chefes da sinagoga, chamado Jairo; vendo-o, lançou-se-lhe aos pés 23 e rogou-lhe com instância, dizendo: Minha filhinha está a expirar; suplico-te que venhas Mc 6.5;7.32;8.23;16.18;Lc 4.40;13.13;At 9.17;28.8; cp.At 6.6pôr as mãos sobre ela, para que sare e viva. 24 Jesus foi com ele, e uma grande multidão, seguindo-o, o apertava.
A cura de uma mulher hemorrágica
25 Ora uma, mulher, que durante doze anos padecia de uma hemorragia, 26 e que tinha sofrido bastante às mãos de muitos médicos, e gastado tudo quanto possuía, sem nada aproveitar, antes, ficando cada vez pior, 27 tendo ouvido falar a respeito de Jesus, veio por detrás, entre a multidão, e tocou-lhe a capa; 28 porque dizia: Se eu tocar somente as suas vestes, ficarei curada. 29 No mesmo instante, cessou a sua hemorragia, e sentiu no seu corpo que estava curada do seu Mc 5.34;Mc 3.10flagelo. 30 Jesus, conhecendo logo por si mesmo Lc 5.17a virtude que dele saíra, virando-se no meio da multidão, perguntou: Quem tocou as minhas vestes? 31 Responderam-lhe seus discípulos: Vês que a multidão te aperta e perguntas: Quem me tocou? 32 Mas ele olhava ao redor para ver a que isso fizera. 33 A mulher, receosa e trêmula, cônscia do que nela se havia operado, veio, prostrou-se diante dele e declarou-lhe toda a verdade. 34 Jesus disse-lhe: Filha, Mt 9.22a tua fé te curou; Lc 7.50;8.48; cp.At 16.36;Tg 2.16vai-te em paz e fica livre do teu mal.
A ressurreição da filha de Jairo
35 Ele ainda falava, quando vieram pessoas da casa do Mc 5.22chefe da sinagoga, dizendo a este: Tua filha já morreu; por que incomodas mais o Mestre? 36 Jesus, sem atender a essas palavras, disse ao chefe da sinagoga: Lc 8.50Não temas, crê somente. 37 Não permitiu que ninguém o acompanhasse, senão Mt 17.1;26.37Pedro, Tiago e João, irmão de Tiago. 38 Tendo eles chegado à casa do chefe da sinagoga, viu Jesus um alvoroço e os que choravam e faziam grande pranto; 39 e, tendo entrado, disse-lhes: Por que fazeis alvoroço e chorais? A menina não está morta, mas sim dormindo. 40 Riam-se dele. Tendo, porém, feito sair a todos, ele tomou consigo o pai, e a mãe da menina, e os que com ele vieram e entrou onde estava a menina. 41 Tomando-a pela mão, disse-lhe: Talita cumi, que quer dizer Menina, Lc 7.14; cp.At 9.40eu te digo: levanta-te. 42 Imediatamente, ela se levantou e começou a andar, pois tinha doze anos. Então, eles ficaram sobremaneira admirados. 43 Jesus Mt 8.4recomendou-lhes expressamente que ninguém o soubesse e mandou que lhe dessem a ela de comer.