Die man met die verdorde hand.
1 EN Hy het weer in die sinagoge gegaan, en dáár was 'n man met 'n verdorde hand.
2 En hulle het Hom in die oog gehou, of Hy hom op die sabbat gesond sou maak, sodat hulle Hom kon aanklae.
3 En Hy sê vir die man met die verdorde hand: Staan op in hul midde.
4 Daarop sê Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, 'n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.
5 En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.
6 Toe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad met die Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.
7 En Jesus het met sy dissipels teruggegaan na die see toe, en 'n groot menigte het Hom gevolg uit Galiléa en Judéa
8 en Jerusalem en Iduméa en van oorkant die Jordaan af. En die wat om Tirus en Sidon gewoon het, 'n groot menigte, het na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.
9 En Hy het aan sy dissipels gesê dat 'n skuitjie altyd vir Hom moes klaar lê vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie.
10 Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak.
11 En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!
12 En Hy het hulle herhaaldelik streng gebied om Hom nie bekend te maak nie.
Roeping van die twaalf apostels.
13 EN Hy het op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy wou hê, en hulle het na Hom gekom.
14 En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek
15 en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.
16 En aan Simon het Hy die bynaam Petrus gegee;
17 en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus — aan hulle het Hy die bynaam Boanérges gegee, dit is, seuns van die donder —
18 en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes,
19 en Judas Iskáriot, hy wat Hom verraai het.
Godslastering van die skrifgeleerdes.
20 EN hulle het in 'n huis gegaan, en 'n skare het weer saamgekom, sodat hulle selfs nie brood kon eet nie.
21 Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne.
22 En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.
23 En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?
24 En as 'n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;
25 en as 'n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;
26 en as die Satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar hy kom tot 'n einde.
27 Niemand kan in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed roof as hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.
28 Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het;
29 maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel —
30 omdat hulle gesê het: Hy het 'n onreine gees.
Die familie van Jesus.
31 SY broers en sy moeder het toe gekom, en terwyl hulle buite staan, stuur hulle na Hom om Hom te roep.
32 En 'n skare het rondom Hom gesit Hulle sê toe vir Hom: U moeder en u broers soek U daarbuite.
33 En Hy antwoord hulle en sê: Wie is my moeder of my broers?
34 En Hy kyk rond na die wat rondom Hom sit, en sê: Dáár is my moeder en my broers!
35 Want elkeen wat die wil van God doen, dié is my broer en my suster en moeder.
A cura de um homem que tinha uma das mãos ressequida. Trama contra a vida de Jesus
1 Mc 3.1-6;Mt 12.9-14;Lc 6.6-11Entrou Mc 1.21,39Jesus outra vez numa sinagoga onde se achava um homem que tinha uma das mãos ressequida. 2 Lc 6.7;14.1;20.20Observam-no para ver se curaria o homem em dia de sábado, Mt 12.10;Lc 6.7; cp.Lc 11.54a fim de o acusarem. 3 Disse Jesus ao homem que tinha a mão ressequida: Levanta-te e vem para o meio de nós. 4 Então, lhes perguntou: É lícito nos sábados fazer o bem ou o mal, salvar a vida ou tirá-la? Mas eles guardaram silêncio. 5 Lc 6.10Olhando com indignação para aqueles que o rodeavam, contristado pela dureza dos seus corações, disse ao homem: Estende a mão. Ele a estendeu; e a mão lhe foi restabelecida. 6 Os fariseus, saindo dali, entraram logo em conselho com os Mt 22.16;Mc 12.13herodianos contra ele, para ver um meio de lhe tirar a vida.
Jesus retira-se. A cura de muitos à beira-mar
7 Mc 3.7-12;Mt 12.15-16;Lc 6.17-19Jesus retirou-se com os seus discípulos para o lado do mar. Da Galileia o seguiu Mt 4.25;Lc 6.17uma grande multidão; também da Judeia 8 de Jerusalém, cp.Js 15.1-21;Ez 35.15;36.5da Idumeia, dalém do Jordão e das circunvizinhanças de Mt 11.21Tiro e de Sidom, o povo, sabendo quantas coisas Jesus fazia, foi ter com ele em grande número. 9 Ele recomendou a seus discípulos que tivessem uma barquinha sempre ao seu dispor, por causa da multidão, a fim de que não o apertasse; 10 porque Mt 4.23curou a muitos, de modo que todos os que padeciam Mc 5.29,34;Lc 7.21qualquer doença, se arrojavam a ele para Mc 6.56;8.22;Mt 9.21;14.36o tocar. 11 Os espíritos imundos, quando o viam, prostravam-se diante dele e clamavam: Tu és Mt 4.3o Filho de Deus. 12 Ele Mt 8.4lhes advertiu com insistência que não o dessem a conhecer.
A missão dos doze apóstolos. Os seus nomes
13 Depois, subiu Lc 6.12; cp.Mt 5.1ao monte e Mt 10.1;Mc 6.7;Lc 9.1chamou para junto de si os que ele mesmo quis, e eles vieram. 14 Então, designou doze para estarem com ele e para os enviar a pregar, 15 com autoridade de expelirem os demônios. 16 Eis os doze que designou: Mc 3.16-19;Mt 10.2-4;Lc 6.14-16;At 1.13Simão, a quem deu o nome de Pedro; 17 Tiago e João, filhos de Zebedeu, aos quais deu o nome de Boanerges, que quer dizer filhos do trovão; 18 André, Filipe, Bartolomeu, Mateus, Tomé, Tiago, filho de Alfeu, Tadeu, Simão, o zelote, 19 e Judas Iscariotes, que o traiu.
A blasfêmia dos escribas
Entrou cp.Mc 2.1;7.17;9.28numa casa; 20 e, mais uma vez, a cp.Mc 1.45;Mc 3.7multidão afluiu, Mc 6.31de tal modo que nem sequer podiam comer. 21 Quando cp.Mc 3.31s.seus parentes souberam disso, saíram para o segurar, porque diziam: cp.Jo 10.20;At 26.24Ele está fora de si. 22 Os escribas que haviam descido Mt 15.1de Jerusalém afirmavam: Está possesso de Mt 10.25; cp.11.18Belzebu. E: Mt 9.34É pelo chefe dos demônios que expele os demônios. 23 Mc 3.23-27;Mt 12.25-29;Lc 11.17-22Chamando-os para junto de si, disse-lhes por Mc 4.2; cp.Mt 13.3ss.;Mc 4.2-9, etc.parábolas: Como pode Mt 4.10Satanás expelir a Satanás? 24 Se um reino se levantar contra si mesmo, esse reino não pode subsistir; 25 se uma casa se levantar contra si mesma, essa casa não poderá permanecer. 26 Se Mt 4.10Satanás se tem levantado contra si mesmo e está dividido, ele não pode subsistir; antes, tem fim. 27 cp.Is 49.24-25Pois ninguém pode entrar na casa do valente e roubar-lhe os bens, sem primeiro amarrá-lo; e, então, lhe saqueará a casa. 28 Mc 3.28-30; cp.Mt 12.31-32;Lc 12.10Em verdade vos digo: Que aos homens serão perdoados todos os pecados e as blasfêmias que proferirem; 29 mas quem blasfemar contra o Espírito Santo nunca mais terá perdão; pelo contrário, é réu de um pecado eterno. 30 Pois diziam: Está possesso de um espírito imundo.
A família de Jesus
31 Mc 3.31-35;Mt 12.46-50;Lc 8.19-21Chegaram sua mãe e seus irmãos; e, ficando da parte de fora, mandaram chamá-lo. 32 Muita gente estava sentada ao redor dele, e disseram-lhe: Olha, tua mãe, teus irmãos e tuas irmãs estão lá fora e te procuram. 33 Ele perguntou: Quem é minha mãe e meus irmãos? 34 Olhando para os que estavam sentados em roda dele, disse: Eis minha mãe e meus irmãos! 35 Aquele que fizer a vontade de Deus, esse é meu irmão, irmã e mãe.