Pular para o conteúdo
Publicidade

Marcos 15

TB

Jesus voor Pilatus.

1 EN dadelik, vroeg in die môre, het die owerpriesters saam met die ouderlinge en skrifgeleerdes en die hele Raad 'n besluit geneem; en nadat hulle Jesus geboei het, het hulle Hom weggelei en aan Pilatus oorgelewer.

2 En Pilatus het Hom gevra: Is U die Koning van die Jode? En Hy het geantwoord en vir hom gesê: U dit.

3 En die owerpriesters het baie beskuldiginge teen Hom ingebring.

4 En Pilatus het Hom weer gevra en gesê: Antwoord U niks nie? Kyk hoe baie getuienisse hulle teen U inbring.

5 Maar Jesus het niks meer geantwoord nie, sodat Pilatus hom verwonder het.

6 En op die fees was hy gewoond om een gevangene, die een wat hulle gevra het, vir hulle los te laat.

7 En daar was 'n sekere Barábbas wat met mede-oproermakers in die gevangenis was; en hulle het in die opstand 'n moord begaan.

8 En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.

9 Toe antwoord Pilatus en vir hulle: Wil julle dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?

10 Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.

11 Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Barábbas vir hulle moes loslaat.

12 Toe antwoord Pilatus weer en vir hulle: Wat wil julle dan moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem?

13 En hulle skreeu weer: Kruisig Hom!

14 Maar Pilatus vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom!

15 En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.

16 Toe lei die soldate Hom weg in die binneplaas, dit is die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele leërafdeling bymekaar

17 en trek Hom 'n purperkleed aan en vleg 'n kroon van dorings en sit dit vir Hom op;

18 en hulle begin Hom begroet: Wees gegroet, Koning van die Jode!

19 En hulle slaan Hom met 'n riet op die hoof en spuug op Hom en val op die knieë en bring Hom hulde.

20 En toe hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die purperkleed uit en trek Hom sy eie klere aan; en hulle lei Hom weg om Hom te kruisig.

Die kruisiging.

21 EN hulle het 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, die vader van Alexander en Rufus, gedwing om sy kruis te dra.

22 En hulle het Hom gebring op die plek Gólgota, dit is, as dit vertaal word: Plek van die Hoofskedel.

23 Toe gee hulle Hom wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.

24 En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen moes kry.

25 En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het.

26 En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE.

27 Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter- en een aan sy linkerkant.

28 En die Skrif is vervul wat : En Hy is by die misdadigers gereken.

29 En die verbygangers het Hom gesmaad, terwyl hulle hul hoof skud en : Ha, U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou,

30 verlos Uself en kom af van die kruis!

31 En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie.

32 Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.

33 En toe dit die sesde uur was, kom daar duisternis oor die hele aarde tot die negende uur toe.

34 En die negende uur het Jesus met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Eloï, Eloï, lamma sabagtáni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

35 En sommige van die wat daar staan, hoor dit en : Kyk, Hy roep na Elía.

36 Toe hardloop een en maak 'n spons vol asyn en sit dit op 'n riet en laat Hom drink; en hy : Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom af te haal.

37 Maar Jesus het met 'n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas.

38 En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.

39 En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.

40 En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het. Onder hulle was Maria Magdaléna ook, en Maria, die moeder van Jakobus, die kleine, en van Joses, en Salóme

41 hulle wat Hom gevolg en Hom gedien het toe Hy in Galiléa was en baie ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Jerusalem.

Die begrafnis.

42 EN toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat,

43 kom daar 'n vername raadslid, Josef van Arimathéa, wat self ook die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.

44 En Pilatus was verwonderd dat Hy al dood was, en hy het die hoofman oor honderd geroep en hom gevra of Hy al lank dood was.

45 En toe hy dit van die hoofman oor honderd verneem het, het hy die liggaam aan Josef geskenk.

46 En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in 'n graf wat in 'n rots uitgekap was. En hy het 'n steen teen die opening van die graf gerol.

47 En Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Joses, het gesien waar Hy neergelê word.

Jesus perante Pilatos

1 Mt 27.1Logo pela manhã, entraram em conselho os principais sacerdotes com os anciãos, escribas e todo o Mt 5.22Sinédrio e, maniatando a Jesus, levaram-no, e entregaram-no a Pilatos. 2 Mc 15.2-5;Mt 27.11-14;Lc 23.2-3;Jo 18.29-38Pilatos perguntou-lhe: És tu o rei dos judeus? Respondeu Jesus: Tu o dizes. 3 Os principais sacerdotes fizeram-lhe muitas acusações. 4 Pilatos tornou a perguntar-lhe: Nada respondes? quantas acusações te fazem. 5 Mas Jesus Mt 27.12nada mais respondeu, de modo que Pilatos se admirava.

Barrabás é preferido

6 Mc 15.6-15;Mt 27.15-26;Lc 23.18-25; Jo 18.39—19.16Por ocasião da festa, o governador soltava um preso, a pedido do povo. 7 Havia um chamado Barrabás, preso com outros sediciosos, os quais, em um motim, haviam feito uma morte. 8 Chegando o povo, começou a pedir a graça que lhe costumava fazer. 9 Disse-lhe Pilatos: Quereis que eu vos solte o rei dos judeus? 10 Pois ele percebia que, por inveja, os principais sacerdotes o haviam entregado. 11 Mas estes instigaram a multidão, At 3.14para que Pilatos lhes soltasse antes a Barrabás. 12 Pilatos tornou a dizer-lhes: Que farei, então, daquele a quem chamais o rei dos judeus? 13 Eles clamaram de novo: Crucifica-o! 14 Disse-lhes Pilatos: Pois que mal fez ele? Mas clamaram cada vez mais: Crucifica-o! 15 Pilatos, querendo contentar a multidão, soltou-lhe a Barrabás e, depois de mandar Mt 27.26açoitar a Jesus, entregou-o para ser crucificado.

Jesus entregue aos soldados

16 Mc 15.16-20;Mt 27.27-31Os soldados levaram-no Mt 27.27; cp.26.3ao pátio, que é o Pretório, e reuniram toda a At 10.1coorte. 17 Vestiram-no de púrpura, e puseram-lhe na cabeça uma coroa de espinhos, que haviam tecido, 18 e começaram a saudá-lo: Salve, rei dos judeus! 19 Davam-lhe com uma cana na cabeça, cuspiam nele e, ajoelhando-se, prestaram-lhe homenagem. 20 Depois de o terem escarnecido, despiram-lhe a púrpura e puseram-lhe as vestes. Então, o levaram para fora, a fim de o crucificar.

Simão leva a cruz de Jesus

21 Mc 15.21;Mt 27.32;Lc 23.26Obrigaram a Simão, cireneu, pai de Alexandre e de Rufo, que passava, vindo do campo, a carregar a cruz de Jesus.

A crucificação

22 Mc 15.22-32;Mt 27.33-44;Lc 23.33-43;Jo 19.17-24Levaram-no para o Jo 19.17; cp.Lc 23.33Gólgota, que quer dizer Lugar da Caveira. 23 Deram-lhe cp.Mt 27.34vinho misturado com mirra, mas ele não o tomou. 24 Crucificaram-no e repartiram entre si as vestes dele, Jo 19.24deitando sortes sobre elas, para ver o que cada um havia de levar. 25 Era a cp.Jo 19.14;Mc 15.33hora terceira, quando o crucificaram. 26 O título da sua acusação estava escrito em cima: Mt 27.37O REI DOS JUDEUS. 27 Com ele crucificaram dois salteadores, um à sua direita, e outro à sua esquerdaAlguns manuscritos inserem v. 28: E cumpriu-se a Escritura que diz: E com os malfeitores foi contado. Is 53.12; Lc 22.37.. 28 [E cumpriu-se a Escritura que diz: E com os malfeitores foi contado.] 29 Os que iam passando blasfemavam dele, Mt 27.39meneando as cabeças e dizendo: Oh! Tu que Mc 14.58destróis o santuário e o reedificas em três dias, 30 desce da cruz e salva-te a ti mesmo. 31 Do mesmo modo, os principais sacerdotes com os escribas, escarnecendo-o, entre si diziam: Mt 27.42;Lc 23.35Ele salvou aos outros, a si mesmo não se pode salvar; 32 desça agora da cruz o Cristo, Mt 27.42; cp.Mc 15.26o rei de Israel, para que vejamos e creiamos. Mc 15.27; cp.Mt 27.44;Lc 23.39-43Também os que foram crucificados com ele dirigiam-lhe impropérios.

A morte de Jesus

33 Mc 15.33-41;Mt 27.45-56;Lc 23.44-49Chegada a hora sexta, houve trevas sobre toda a terra até à Mt 27.45s.;Lc 23.44; cp.Mc 15.25hora nona. 34 À hora nona, bradou Jesus em alta voz: cp.Sl 22.1;Mt 27.46Eloí, Eloí, lamá sabactâni? Que quer dizer: Deus meu, Deus meu, por que me desamparaste? 35 Alguns que ali estavam, ouvindo isso, disseram: Ele chama por Elias. 36 Um deles, correndo, ensopou uma esponja em vinagre e, pondo-a numa cana, deu-lhe de beber, dizendo: Deixai, vejamos se Elias vem tirá-lo. 37 Mt 27.50;Lc 23.46;Jo 19.30Jesus, dando um grande brado, expirou. 38 Mt 27.51;Lc 23.45O véu do santuário rasgou-se em duas partes, de alto a baixo. 39 O Mt 27.54;Lc 23.47;Mc 15.45centurião que estava em frente de Jesus, vendo-o assim expirar, disse: Verdadeiramente, este homem era Filho de Deus. 40 Mc 15.40-41;Mt 27.55s.; cp.Lc 23.49;Jo 19.25Estavam ali também algumas mulheres observando de longe; entre elas, Maria Madalena, Maria, mãe de Tiago, cp.Lc 19.3(?)o menor, e de José, Mc 15.1e Salomé; 41 as quais, quando Jesus estava na Galileia, o acompanhavam e Mt 27.55s.serviam; e além, destas, muitas outras que tinham subido com ele a Jerusalém.

O enterro de Jesus

42 Mc 15.42-47;Mt 27.57-61;Lc 23.50-56;Jo 19.38-42Sendo tarde, como era a Mt 27.62Parasceve (que é véspera do sábado), 43 veio José de Arimateia, cp.Lc 23.50-51ilustre membro do Sinédrio, que também At 13.50;17.12; cp.Mt 27.57esperava o reino de Deus, e, Lc 23.51;2.25,38; cp.Mt 27.57;Jo 19.38cobrando ânimo, foi a Pilatos, e pediu o corpo de Jesus. 44 Pilatos admirou-se de que tivesse morrido. Chamando o cp.Jo 19.38centurião, perguntou-lhe se, com efeito, estava morto; 45 e, depois que o soube do Mc 15.39centurião, deu o corpo a José. 46 Este, tirando-o da cruz, o envolveu em um pano de linho que havia comprado, e o depositou em um túmulo que tinha sido aberto em rocha, e rolou uma pedra para a entrada do túmulo. 47 Mc 16.1;Mc 15.40;Mt 27.56Maria Madalena e Maria, mãe de José, observaram onde ele foi posto.

Veja também