Israel se sonde en sy kastyding.
1 AS Efraim net gespreek het, was daar siddering; hoog het hy gestaan in Israel. Maar hy het hom skuldig gemaak deur die Baäl en gesterwe.
2 En nou gaan hulle voort om te sondig en het vir hulle 'n gegote beeld van hulle silwer gemaak, afgode volgens hulle insig, geheel en al smidswerk; van hulle word gesê: Die mense wat offer, vereer kalwers met kusse!
3 Daarom sal hulle wees soos 'n môrewolk en soos dou wat vroeg weer verdwyn, soos kaf wat wegvlieg van die dorsvloer en soos rook uit die venster.
4 Tog was Ek, die Here, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.
5 Ek het jou in die woestyn geken, in die land van droogtes.
6 Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.
7 Toe het Ek vir hulle soos 'n leeu geword, soos 'n luiperd lê Ek by die pad en loer.
8 Ek val hulle aan soos 'n beer wat van kleintjies beroof is, en Ek skeur hulle borskas oop; en soos 'n leeuin verslind Ek hulle daar, die wilde diere van die veld sal hulle verskeur.
9 Dit is jou verderf, o Israel, dat jy teen My, jou helper, is.
10 Waar is nou jou koning, dat hy jou kan verlos in al jou stede, en jou regters van wie jy gesê het: Gee my 'n koning en vorste?
11 Ek gee jou 'n koning in my toorn, en Ek neem hom weg in my grimmigheid.
12 Saamgebind is die ongeregtigheid van Efraim, weggebêre is sy sonde.
13 Barensweë sal hom oorval, hy is 'n onverstandige kind; want as die tyd daar is, stel hy hom nie in die kindergeboorte nie.
14 Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf? Berou bly vir my oë verborge.
15 Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom 'n oostewind, 'n wind van die Here, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Dié sal 'n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof.
O pecado de Israel e o seu castigo
1 Jó 29.21-22Quando Efraim falava, tremia-se; Jz 8.1;12.1exaltou-se em Israel; mas, quando se fez culpado no tocante a Os 2.8-17;11.2Baal, morreu. 2 Agora, pecam cada vez mais, e, da sua prata, tem feito para si Os 2.8;Is 46.6;Jr 10.4imagens fundidas, a saber, ídolos segundo o seu Is 44.17-20entendimento, todos eles Os 8.6obra de artífices; deles dizem: Os homens que oferecem sacrifícios beijem aos Os 8.5-6;10.5bezerros! 3 Por isso, serão como Os 6.4a nuvem da manhã e como o orvalho que cedo passa; como o Sl 1.4;Is 17.13;Dn 2.35folhelho que o turbilhão lança da eira e como Sl 68.2o fumo duma chaminé.
4 Contudo, eu Os 12.9sou Jeová, teu Deus, desde a terra do Egito; tu não conhecerás Êx 20.3;2Rs 18.35outro deus fora de mim, e não há salvador Is 43.11;45.21-22senão eu. 5 Eu te Dt 32.10conheci no deserto, na terra de grande seca. 6 Segundo o seu pasto, assim eles Dt 8.12,14;32.13-15;Jr 5.7se fartaram; fartaram-se, e foi o Os 7.14seu coração exaltado; portanto, Os 2.13;4.6;8.14se esqueceram de mim. 7 Por isso, sou para eles como um leão; Os 5.14como um Jr 5.6leopardo, espreitarei junto ao caminho; 8 como uma ursa roubada dos seus cachorros, lhes sairei ao encontro e lhes rasgarei os muros do coração; ali, Sl 50.22os devorarei como um leão; as feras os despedaçarão.
9 É a tua destruição, ó Israel, estares tu Jr 2.17,19;Ml 1.12-13contra mim, contra o teu Dt 33.26,29auxílio. 10 Onde está, agora, o teu Os 8.4;2Rs 17.4rei, para que te salve em todas as tuas cidades? Onde estão os teus Os 7.7juízes, de quem disseste: Dá-me rei e príncipes? 11 1Sm 8.7Dei-te um rei na minha ira Os 10.7;1Rs 14.7-10e tirei-o no meu furor. 12 A iniquidade de Efraim está atada; o seu pecado está Dt 32.34-35;Jó 14.17;Rm 2.5depositado. 13 Sobre ele virão as dores Mq 4.9-10duma mulher que está de parto; ele é um filho Os 5.4;Dt 32.6insensato, pois é tempo de ele Is 37.3;66.9não se demorar no lugar de onde saem os filhos. 14 Sl 49.15;Ez 37.12-13Resgatá-los-ei do poder do Sheol; remi-los-ei da morte. Onde estão, 1Co 15.55ó morte, as tuas pragas? Onde está, ó Sheol, a tua destruição? O Jr 20.16;31.35-37arrependimento será escondido dos meus olhos.
15 Ainda que ele Os 10.1;Gn 49.22dê fruto entre seus irmãos, virá um Gn 41.6;Ez 17.10;19.12vento oriental, vento de Jeová que sobe do deserto, e o seu manancial Jr 51.36secará, e a sua fonte será esgotada; ele Jr 20.5saqueará o tesouro de todos os vasos preciosos. 16 Samaria levará sobre si a sua Os 10.2culpa, porque Os 7.14se rebelou contra o seu Deus; cairão Os 11.6à espada; seus filhos serão Os 10.14despedaçados, e as suas 2Rs 15.16mulheres grávidas serão fendidas.