Straf op die sonde van die voormanne, en oproep tot bekering.
1 HOOR dit, o priesters, en let op, o huis van Israel, en gee gehoor, o huis van die koning! Want die vonnis raak julle, omdat julle vir Mispa 'n vangnet geword het en 'n uitgespreide net op Tabor.
2 Ja, in verderflike praktyke verdiep die afvalliges hulle, maar Ek sal hulle almal tot tugtiging wees.
3 Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe, o Efraim! Israel is verontreinig.
4 Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie, want daar is 'n gees van hoerery in hulle binneste, en hulle ken die Here nie.
5 En die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en Israel en Efraim sal struikel deur hulle ongeregtigheid, ook Juda sal saam met hulle struikel.
6 Met hulle kleinvee en hulle beeste sal hulle heengaan om die Here te soek, maar Hom nie vind nie. Hy het Hom aan hulle onttrek.
7 Hulle het troueloos gehandel teen die Here, want hulle het onegte kinders verwek; nou sal die nuwemaan hulle met hul velde verteer.
8 Blaas die basuin in Gíbea, die trompet in Rama! Hef aan die krygsgeskreeu in Bet-Awen. Agter jou kom dit, Benjamin!
9 Efraim sal 'n woesteny word op die dag van straf; onder die stamme van Israel maak Ek bekend wat seker is.
10 Die vorste van Juda is soos hulle wat die grenslyne verlê. Ek sal my grimmigheid oor hulle uitgiet soos water.
11 Efraim is verdruk, verbreek deur die oordeel; want dit het hom behaag om na die gebod van mense te wandel.
12 Daarom is Ek vir Efraim soos 'n mot en vir die huis van Juda soos 'n verrotting in die gebeente.
13 Toe Efraim sy krankheid sien en Juda sy sweer, het Efraim na Assur gegaan en na koning Jareb gestuur; maar hý kan julle nie genees en julle van die sweer nie gesond maak nie.
14 Want Ek is soos 'n leeu vir Efraim, en soos 'n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red.
15 Dan gaan Ek heen, Ek keer na my woonplek terug, totdat hulle skuld beken en my aangesig soek. In hulle nood sal hulle My soek.
A apostasia de Israel repreendida
1 Os 4.1Ouvi isto, ó sacerdotes, escutai, ó casa de Israel, e dai ouvidos, ó casa do rei, porque a vós toca a sentença, pois tendes sido um Os 9.8laço em Mispa e uma rede estendida sobre o Tabor. 2 Os Os 9.15revoltosos têm-se Os 4.2;6.9aprofundado em matança, mas eu vou repreender a todos eles. 3 Eu Am 3.2;5.12conheço a Efraim, e Israel não está escondido de mim, pois, agora, tu, Os 6.10Efraim, tens fornicado, e Israel está contaminado. 4 Os seus feitos Os 4.11não lhes permitirão voltar para o seu Deus, porque Os 4.12o espírito de fornicação está no meio deles, Os 4.6,11,14e não conhecem a Jeová. 5 Os 7.10A arrogância de Israel dá testemunho contra ele; portanto, Israel e Efraim Os 4.5tropeçarão na sua iniquidade; Ez 23.31-35Judá também tropeçará com eles. 6 Com os seus rebanhos e com as suas manadas, Os 8.13;Mq 6.6-7irão em busca de Jeová, porém Is 1.15;Jr 14.12não o acharão; ele já Ez 8.6se retirou deles. 7 Os 6.7;Is 48.8Houveram-se aleivosamente contra Jeová, porque geraram Os 2.4filhos estranhos; agora, Os 2.11-12;Is 1.14a lua nova os consumirá juntamente com os seus campos.
8 Tocai a buzina em Os 9.9;10.9Gibeá e a trombeta, em Is 10.29;Jr 31.15Ramá; soltai o alarme em Os 4.15Bete-Áven; Jz 5.14após ti, ó Benjamim. 9 Efraim tornar-se-á uma Os 9.11-17;Is 28.1-4desolação no Is 37.3dia do castigo; a respeito das tribos de Israel, tenho mostrado Is 46.10;Zc 1.6uma coisa certa. 10 Os príncipes de Judá são como os Dt 27.17que removem os marcos; sobre eles Ez 7.8derramarei Sl 32.6;93.3-4como água a minha ira. 11 Os 9.16Efraim está oprimido, está quebrantado de juízos, porque foi do seu agrado andar após a vaidade. 12 Portanto, eu sou para Efraim como Sl 39.11;Is 51.8a traça e, para a casa de Judá, como a podridão. 13 Quando Efraim viu a sua enfermidade e Judá, a sua ferida, recorreu Efraim à Os 7.11;8.9;12.1Assíria e enviou ao Os 10.6rei Jarebe; ele, porém, Os 14.3não vos pode sarar, nem vos curará a ferida. 14 Pois serei para Efraim Os 13.7-8;Sl 7.2;Am 3.4como um leão e, para a casa de Judá, como um leão novo; Sl 50.22eu, sim, eu, despedaçarei e me irei embora; eu levarei Mq 5.8e não haverá quem livre. 15 Irei e voltarei para o meu lugar, até que eles Is 64.7-9;Jr 3.13-14reconheçam a sua culpa e busquem a minha face; na sua aflição, deveras, Os 3.5;Sl 50.15;78.34;Jr 2.27me buscarão.