Oproep tot bekering en belofte van vergifnis.
1 SAMARÍA sal daarvoor boet, omdat hy weerspannig was teen sy God; hulle sal val deur die swaard, hulle kinders sal verpletter en hulle swanger vroue oopgesny word.
2 Bekeer jou, Israel, tot die Here jou God, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid.
3 Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die Here; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.
4 Assur kan ons nie red nie, op perde wil ons nie ry nie en tot die werk van ons hande nie meer sê: Onse God nie! Want by U vind die wees ontferming.
5 Ek sal hulle afkerigheid genees, hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend.
6 Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos 'n lelie en sy wortels uitslaan soos die Líbanon.
7 Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van 'n olyfboom en sy geur soos die Líbanon.
8 Die wat onder sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle self sal bloei soos die wingerdstok; die roem daarvan sal wees soos die wyn van die Líbanon.
9 Efraim, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos 'n groen sipres; uit My word jou vrug gevind.
10 Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die Here is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!
Exortação ao arrependimento e promessa de perdão
1 Os 6.1;10.12;12.6Volta, ó Israel, para Jeová, teu Deus, pois caíste pela tua Os 4.8;5.5;9.7iniquidade. 2 Tomai convosco palavras e voltai para Jeová; dizei-lhe: Mq 7.18-19Tira toda a iniquidade e aceita o que é bom; assim, Os 6.6;Sl 51.16-17ofereceremos como novilhos as ofertas dos nossos lábios. 3 Os 5.13Assur não nos salvará; Is 31.1não montaremos em cavalos, nem diremos mais Os 8.6;13.2à obra das nossas mãos: Os 4.12Vós sois nossos deuses, porque em Sl 68.5ti o órfão acha a misericórdia.
4 Os 6.1;Is 57.18Curarei a sua apostasia, Sf 3.17amá-los-ei voluntariamente, porque a minha ira Is 12.1está apartada deles. 5 Serei para Israel como o Is 26.19orvalho; ele brotará como Ct 2.1;Mt 6.28o lírio e lançará as suas raízes como o Is 35.2Líbano. 6 Estender-se-ão os seus ramos, e a sua formosura será como a Jr 11.16oliveira, e o seu cheiro, como o Ct 4.11Líbano. 7 Os Ez 17.23que habitam debaixo da sua sombra voltarão; reverdecerão como Os 2.21-22trigo e brotarão como a vide; e o seu cheiro será como o vinho do Líbano. 8 Efraim dirá: Que tenho eu mais com Os 14.3;Jó 34.32os ídolos? Eu tenho respondido e atentarei para ele; eu sou como Is 41.19cipreste verde; Ez 17.23de mim acha-se o teu fruto.
9 Sl 107.43;Jr 9.12Quem é sábio e entenderá essas coisas? Prudente e as conhecerá? Porque Sl 111.7-8;Sf 3.5os caminhos de Jeová são direitos, Is 26.7e os justos andarão neles; mas Is 1.28os transgressores cairão neles.