Die priesterskap van Melgisédek 'n tipe van die ewige priesterskap van Christus.
1 WANT hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;
2 aan wie Abraham ook 'n tiende deel van alles gegee het — hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;
3 sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.
4 Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, 'n tiende van die buit gegee het.
5 Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel 'n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;
6 maar hy wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën.
7 Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.
8 En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe.
9 En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee;
10 want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.
11 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was — want met die oog daarop het die volk die wet ontvang — waarom was dit nog nodig dat 'n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?
12 Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;
13 omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan 'n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie.
14 Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.
15 En nog baie duideliker is dit as daar 'n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek,
16 een wat dit geword het nie kragtens die wet van 'n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.
17 Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
18 Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan,
19 omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van 'n beter hoop waardeur ons tot God nader.
20 En vir sover dit nie sonder eedswering was nie — want húlle het sonder eedswering priesters geword,
21 maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek —
22 in sover het Jesus van 'n beter verbond borg geword.
23 En hulle het wel priesters geword in 'n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;
24 maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit 'n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.
25 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.
26 Want so 'n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het;
27 wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.
28 Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.
O sacerdócio de Melquisedeque era figura do sacerdócio eterno de Cristo
1 Pois este Gn 14.18-20;Hb 7.6Melquisedeque, rei de Salém, sacerdote do vd.Mc 5.7Deus Altíssimo, que encontrou a Abraão quando voltava da matança dos reis e o abençoou, 2 a quem também Abraão repartiu o dízimo de tudo (sendo, por interpretação, primeiramente Rei de justiça e depois também Rei de Salém, que é Rei de paz, 3 sem pai, nem mãe, cp.Hb 7.6sem genealogia, que não tem princípio de dias, nem fim de vida, mas feito semelhante ao Hb 7.28; vd.Hb 7.1;Mt 4.3Filho de Deus), permanece sacerdote continuamente.
Melquisedeque maior do que Abraão. Levi pagou-lhe dízimos
4 Considerai quão grande era este a quem Abraão, vd.At 2.29o patriarca, deu o dízimo do melhor dos despojos. 5 Com efeito, os que, dentre os Nm 18.21,26;2Cr 31.4s.filhos de Levi recebem o sacerdócio, têm mandamento de receber, segundo a Lei, dízimos do povo, isto é, de seus irmãos, embora estes tenham saído dos lombos de Abraão; 6 mas aquele Hb 7.3cuja genealogia não é contada destes vd.Hb 7.1s.recebeu dízimos de Abraão e abençoou ao que Rm 4.13tem as promessas. 7 Porém está fora de toda questão que o menor é abençoado pelo maior. 8 Aqui, na verdade, recebem dízimos homens que morrem, mas ali os recebe aquele Hb 5.6;6.20de quem é testificado que vive. 9 E, por assim dizer, por meio de Abraão, até o mesmo Levi, o recebedor de dízimos, pagou dízimos; 10 pois ele estava ainda nos lombos de seu pai, quando Melquisedeque encontrou a Abraão.
As imperfeições do sacerdócio judaico
11 Hb 7.18s.;Hb 8.7Ora, se o aperfeiçoamento fosse pelo sacerdócio levítico (pois sob este cp.Hb 9.6;10.1o povo recebeu a Lei), que necessidade havia ainda de que um outro sacerdote se levantasse Hb 7.17; vd.Hb 5.6segundo a ordem de Melquisedeque e de que não fosse contado segundo a ordem de Arão? 12 Pois, mudado que seja o sacerdócio, é necessário que se faça também mudança da Lei. 13 Pois Hb 7.14aquele de quem Hb 7.11isso se diz pertence a outra tribo, da qual ninguém tem servido ao altar; 14 pois é evidente que Ap 5.5;Mt 2.6;Mq 5.2; cp.Is 11.1;Nm 24.17da linhagem de Judá nasceu nosso Senhor, da qual tribo Moisés nada disse acerca de sacerdotes. 15 Ainda isso se manifesta mais claramente, se à semelhança de Melquisedeque se levanta outro sacerdote, 16 o qual não se tem tornado sacerdote segundo a lei de um cp.Hb 9.10mandamento carnal, mas segundo o poder de cp.Hb 9.14uma vida indissolúvel. 17 Pois dele se testifica:
Hb 7.21;Sl 110.4; vd.Hb 5.6Tu és sacerdote para sempre, segundo a ordem de Melquisedeque.
18 Pois, na verdade, é ab-rogado o mandamento prévio, Hb 7.11; cp.Rm 8.3;Gl 3.21por causa da sua fraqueza e inutilidade 19 (pois Hb 9.9;10.1; cp.At 13.39;Rm 3.20;7.7s.;Gl 2.16;3.21a Lei nada fez perfeito), e é introduzida uma melhor vd.Hb 3.6esperança, pela qual nos Hb 7.25;Hb 4.16;10.1-22;Lm 3.57;Tg 4.8chegamos a Deus. 20 Porquanto não é sem prestar juramento 21 (pois aqueles, na verdade, foram feitos sacerdotes sem juramento, mas este com juramento por aquele que lhe disse:
Hb 7.17;Sl 110.4O Senhor jurou Nm 23.19;1Sm 15.29;Rm 11.29e não se arrependerá:
Tu és sacerdote Hb 7.23-24,28para sempre);
22 portanto, também Jesus se tem tornado Sl 119.122;Is 38.14fiador de uma vd.Hb 8.6melhor aliança. 23 Aqueles, na verdade, foram feitos sacerdotes em grande número, porque a morte não permitiu que permanecessem; 24 mas este, porque permanece para sempre, tem o seu sacerdócio inviolável. 25 Por isso, também pode vd.1Co 1.21salvar completamente os que por ele vd.Hb 7.19se chegam a Deus, vivendo sempre para vd.Rm 8.34; cp.Hb 9.24interceder por eles.
Cristo, o nosso sumo sacerdote, é perfeito e sem pecado
26 Pois nos convinha tal vd.Hb 2.17sumo sacerdote vd.2Co 5.21; cp.Hb 4.15santo, 1Pe 2.22inocente, imaculado, separado dos pecadores e vd.Hb 4.14feito mais alto que os céus, 27 que não tem necessidade, como aqueles sumos sacerdotes, de cp.Hb 5.1oferecer sacrifícios diariamente, vd.Hb 5.3primeiro, pelos seus próprios pecados e, depois, pelos do povo; porque isso fez Hb 9.12;10.10; cp.Hb 9.28uma só vez para sempre, quando Ef 5.2;Hb 9.14,28;10.10,12se ofereceu a si mesmo. 28 Pois a Lei constitui sumos sacerdotes a homens cp.Hb 5.2que têm enfermidades, mas a palavra do juramento, que veio depois da Lei, constitui ao vd.Hb 1.2Filho, vd.Hb 2.10para sempre aperfeiçoado.