1 'n ARME wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas.
2 Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.
3 'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die Here.
4 Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.
5 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.
6 Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende.
7 Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde — weg is hulle!
8 Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.
9 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.
10 Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers!
11 Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe.
12 Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.
13 'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup.
14 Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die Here.
15 Luiheid laat in 'n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.
16 Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.
17 Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.
18 Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.
19 Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.
20 Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.
21 Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die Here, dié sal bestaan.
22 Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.
23 Die vrees van die Here is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.
24 Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.
25 Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.
26 Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel.
27 Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.
28 'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.
29 Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.
1 Pv 28.6Melhor é o pobre que Pv 14.2;20.7;Sl 26.11anda na sua integridade
do que aquele que é perverso de lábios e tolo.
2 Não é bom Pv 19.8proceder sem refletir,
e erra o alvo Pv 21.5;28.20;29.20quem é precipitado.
3 A Pv 11.3estultícia do homem subverte os seus caminhos
e é contra Jeová que o seu coração Sl 37.7;Is 8.21se irrita.
4 Pv 14.20As riquezas multiplicam muito os amigos,
mas Pv 19.7o pobre está separado do seu amigo.
5 Pv 19.9;21.28;Êx 23.1;Dt 19.16-19A testemunha falsa não ficará impune,
e quem Pv 6.19profere mentira não escapará.
6 Pv 29.26Muitos procurarão o favor do homem liberal,
e todos são amigos de quem Pv 18.16;21.14espalha dádivas.
7 Todos os Pv 19.4irmãos do pobre o aborrecem;
quanto mais se afastam dele Sl 38.11os seus amigos!
Pv 18.23Persegue-os com súplicas, mas eles já desapareceram.
8 Quem adquire a Pv 19.2sabedoria ama a sua alma,
e quem guarda o entendimento Pv 16.20achará o bem.
9 Pv 19.5A testemunha falsa não ficará impune,
e quem profere mentiras perecerá.
10 O luxo Pv 17.7;26.1;Ec 10.6-7não convém ao tolo,
muito menos, Pv 30.22ao servo, dominar os príncipes.
11 Pv 14.29;16.32A discrição do homem fá-lo tardio em irar-se,
e é a sua glória Mt 5.44;Ef 4.32;Cl 3.13esquecer ofensas.
12 Como o bramido do leão, é Pv 16.14;20.2a indignação do rei,
mas o seu Pv 14.35favor é como o Gn 27.28;Dt 33.28;Sl 133.3;Os 14.5;Mq 5.7orvalho sobre a erva.
13 Pv 17.25O filho insensato é a calamidade do pai,
Pv 21.9,19;27.15e as rixas da mulher são uma goteira contínua.
14 Casa e riquezas são 2Co 12.14herdadas dos pais,
mas a Pv 18.22mulher sábia vem de Jeová.
15 Pv 6.9-10;24.33A preguiça faz cair em profundo sono,
e a Pv 10.4;20.4,13;23.21alma remissa padecerá fome.
16 Quem Pv 16.17;Lc 10.28;11.28guarda os mandamentos guarda a sua alma,
mas aquele que Pv 13.13;15.10não faz caso dos seus caminhos morrerá.
17 Quem Pv 14.31;28.27;Dt 15.7-8;Ec 11.1-2;Mt 10.42;25.40;2Co 9.6-8;Hb 6.10se compadece do pobre empresta a Jeová,
que lhe retribuirá Pv 12.14;Lc 6.38o seu benefício.
18 Pv 13.24;23.13;29.15,17Castiga a teu filho, porque ainda há esperança,
e não consintas na sua destruição.
19 Quem se deixa levar pela cólera deve sofrer-lhe a pena,
porque, se o livrares, terás de o fazer de novo.
20 Pv 4.1;8.33;12.15Ouve o conselho e recebe a instrução,
Para que sejas sábio nos teus últimos dias.
21 Muitos são os Pv 16.1,9projetos no coração do homem,
mas o Sl 33.10-11;Is 14.26-27desígnio de Jeová permanecerá.
22 O que faz um homem desejável é a sua benignidade.
Mais vale o pobre do que o mentiroso.
23 Pv 14.27;1Tm 4.8O temor de Jeová conduz à vida;
aquele que a tem Sl 25.13ficará satisfeito,
e mal nenhum Pv 12.21;Sl 91.10o visitará.
24 Pv 26.15O preguiçoso mete a mão Mt 26.23;Mc 14.20no prato
e nem ao menos quer levá-la à boca.
25 Pv 21.11Fere ao escarnecedor, e o simples aprenderá a prudência;
Pv 9.8e repreende ao que tem entendimento, e crescerá na ciência.
26 Aquele que Pv 28.24aflige a seu pai e faz fugir a sua mãe
Pv 10.5;17.2é filho que causa vergonha e desonra.
27 Cessa, filho meu, de ouvir a instrução,
se é para te Pv 10.17desviares das palavras do conhecimento.
28 A testemunha vil zomba da justiça,
e a boca dos perversos Jó 15.16;20.12-13;34.7engole a iniquidade.
29 Aparelhados estão os juízos para os Pv 9.12;Sl 1.1escarnecedores,
e os Pv 10.13;18.6;26.3açoites, para as costas dos tolos.