1 DIE planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die Here.
2 Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die Here toets die geeste.
3 Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word.
4 Alles het die Here gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.
5 Elke hoogmoedige van hart is vir die Here 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.
6 Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die Here wyk 'n mens af van die kwaad.
7 As die Here behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.
8 Liewer 'n bietjie met geregtigheid, as 'n menigte van inkomste met onreg.
9 Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe.
10 Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie.
11 'n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die Here, al die weegstene in die sak is sy werk.
12 Dit is 'n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig.
13 Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hóm lief wat regte dinge spreek.
14 Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar 'n wyse man bring dit tot bedaring.
15 In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos 'n wolk van die laat reëns.
16 Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.
17 Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe.
18 Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.
19 Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.
20 Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.
21 'n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering.
22 'n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.
23 Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.
24 Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.
25 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
26 Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan.
27 'n Deugniet grawe 'n kuil van onheil, en op sy lippe is soos 'n brandende vuur.
28 'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.
29 'n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op 'n weg wat nie goed is nie.
30 Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.
31 Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.
32 Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.
33 In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die Here.
Diversas observações a respeito da vida e conduta
1 Ao homem pertencem Pv 16.9;19.21os planos do coração,
mas de Jeová vem a resposta da língua.
2 Pv 21.2Todos os caminhos do homem são limpos aos seus olhos,
mas Jeová Pv 24.12pesa os espíritos.
3 Pv 3.6;Sl 37.5;55.22;1Pe 5.7Entrega a Jeová as tuas obras,
e serão estabelecidos os teus desígnios.
4 Jeová Gn 1.31;Ec 3.11fez tudo para um fim;
até os Jó 31.30;Rm 9.22perversos, para o dia mau.
5 Todo aquele que é Pv 6.17;8.13soberbo de coração é abominação a Jeová;
Pv 11.21certamente, não ficará impune.
6 Pela Dn 4.27;Lc 11.41misericórdia e pela verdade, expia-se a iniquidade,
e, pelo Pv 8.13;14.16temor de Jeová, os homens desviam-se do mal.
7 Quando os caminhos do homem agradam a Jeová,
Gn 33.4;2Cr 17.10faz que tenham paz com ele até os seus inimigos.
8 Pv 15.16Melhor é o pouco com justiça
do que grandes rendas com injustiça.
9 Pv 16.1;19.21O coração do homem propõe o seu caminho,
mas Pv 20.24;Sl 37.23;Jr 10.23Jeová lhe dirige os passos.
10 Nos lábios do rei, acham-se 1Rs 3.28oráculos;
no juízo, não transgredirá a sua boca.
11 Peso e Pv 11.1balança justos são de Jeová;
obra sua são todos os pesos da bolsa.
12 O cometer a maldade é abominação aos reis,
porque o Pv 25.5trono se estabelece pela justiça.
13 Pv 14.35;22.11Os lábios justos são o prazer dos reis,
e é amado aquele que fala coisas retas.
14 Pv 19.12;20.2O furor do rei é como correios da morte,
mas o homem sábio o Pv 25.15aplacará.
15 Na luz do rosto do rei, está a vida,
e o seu furor é como a Jó 29.23chuva serôdia.
16 Quanto Pv 8.10,19melhor é adquirir sabedoria do que o ouro!
Adquirir o entendimento é mais para se escolher do que a prata.
17 Pv 15.19A estrada dos retos é Pv 16.6desviar-se do mal;
quem Pv 19.16guarda o seu caminho conserva a sua alma.
18 Pv 11.2;18.12;Jr 49.16;Ob 3-4A soberba precede a destruição,
e o espírito altivo, a queda.
19 Melhor é ser Pv 3.34;29.23;Is 57.15humilde de espírito com os pobres
do que Pv 1.13-14;Êx 15.9;Jz 5.30repartir os despojos com os soberbos.
20 Quem atende à palavra Pv 19.8achará prosperidade,
Sl 2.12;34.8;Jr 17.7e aquele que confia em Jeová, esse é feliz.
21 Os 14.9O sábio de coração será chamado prudente,
e a doçura dos lábios Pv 16.23aumenta o saber.
22 O entendimento é Pv 10.11;13.14;18.4fonte da vida para aquele que o possui,
mas a estultícia é a Pv 7.22punição dos insensatos.
23 Pv 15.28;Sl 37.30;Mt 12.34O coração do sábio instrui a sua boca
e põe o saber nos seus lábios.
24 Pv 15.26;24.13-14;Sl 19.10Palavras agradáveis são como favos de mel,
doces para a alma e Pv 4.22;17.22saúde para os ossos.
25 Pv 14.12Há um caminho que ao homem parece direito,
mas, no fim, guia para a morte.
26 O apetite do trabalhador trabalha por ele,
porque a sua boca o incita a isso.
27 Pv 6.12,14,18O homem vil cava o mal,
e, nos seus lábios, há como que Tg 3.6fogo ardente.
28 Pv 15.18O homem perverso espalha contendas,
e o Pv 18.8;26.20,22murmurador Pv 17.9separa amigos íntimos.
29 O homem violento Pv 1.10;12.26alicia ao seu vizinho
e o conduz por um caminho que não é bom.
30 Quem fecha os olhos fá-lo para maquinar coisas perversas;
quem morde os beiços efetua o mal.
31 Pv 20.29Coroa de glória são as cãs,
a qual Pv 3.1-2se achará no caminho da justiça.
32 Quem é Pv 14.29;17.27;19.11tardio em se irar vale mais do que o valente;
e quem domina a sua alma do que quem toma uma cidade.
33 Pv 18.18As sortes deitam-se no regaço,
mas de Jeová procede Pv 29.26toda a sua disposição.