Pular para o conteúdo
Publicidade

Êxodo 35

TB

Gifte vir die tabernakel.

1 TOE het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is die woorde wat die Here beveel het, om dit te doen:

2 Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle 'n heiligheid, 'n dag van volkome rus wees tot eer van die Here. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.

3 Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie.

4 Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Dít is die saak wat die Here beveel het:

5 Neem van julle besittings 'n offergawe aan die Here. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die Here: goud en silwer en koper;

6 en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;

7 en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;

8 en olie vir die kandelaar en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;

9 en oniksstene en stene om in te , vir die skouerkleed en die borstas.

10 En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die Here beveel het:

11 die tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;

12 die ark en sy draaghoute, die versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking;

13 die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode;

14 en die kandelaar tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die kandelaar;

15 en die reukaltaar met sy draaghoute, en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang van die tabernakel;

16 die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk;

17 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof;

18 die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne;

19 die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.

20 Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan.

21 En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die Here gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;

22 die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat 'n offer van goud aan die Here gewy het,

23 en elkeen wat in besit was van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.

24 Elkeen wat 'n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van die Here gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring.

25 En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.

26 En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhaar gespin.

27 En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te , vir die skouerkleed en die borstas,

28 en die speserye en die olie vir die kandelaar en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye.

29 Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat die Here deur die diens van Moses beveel het om te verrig as vrywillige offergawe aan die Here het die kinders van Israel dit gebring.

30 Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk, die Here het Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;

31 en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;

32 en om kunstige planne uit te dink, om dié uit te voer in goud en silwer en koper,

33 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid.

34 Hy het dit ook in sy hart gegee om ander te onderrig, aan hom en aan Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan.

35 Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van 'n ambagsman en 'n kunstenaar en van 'n bewerker van veelkleurige goed in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van 'n wewer hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.

O sábado e as ofertas para o tabernáculo

1 Tendo Moisés convocado toda a congregação dos filhos de Israel, disse-lhes: Estas são as coisas que Jeová ordenou que se fizessem: 2 Êx 31.15seis dias se trabalhará, porém, ao sétimo dia, haverá para vós um dia santo, Êx 16.23um sábado de descanso solene a Jeová; Nm 15.32-36todo o que nele fizer qualquer trabalho será morto. 3 Êx 12.16Não acendereis fogo em nenhuma das vossas casas no dia de sábado.

4 Êx 25.1-9Disse mais Moisés a toda a congregação dos filhos de Israel: Isto é o que Jeová ordenou, dizendo: 5 Tomai de entre vós uma oferta para Jeová. Quem for bem disposto a trará como oferta a Jeová: ouro, prata, cobre, 6 estofo azul, púrpura, escarlata, linho fino, pelos de cabras, 7 peles de carneiros tintas de vermelho, peles de animais marinhos, madeira de acácia, 8 azeite para a luz, especiarias para o óleo da unção e para o incenso aromático, 9 pedras de ônix e pedras de engaste para o éfode e para o peitoral.

10 Venha todo homem hábil dentre vós e faça tudo o que Jeová ordenou: 11 o tabernáculo com a sua tenda, e a sua coberta, os seus ganchos, as suas peças, as suas travessas, as suas colunas e as suas bases; 12 a arca, e os seus varais, o propiciatório, e o anteparo; 13 a mesa, e os seus varais, e todo os seus utensílios, e Êx 25.30os pães da proposição; 14 o candeeiro para a luz, e os seus utensílios, e as suas lâmpadas, e o azeite para a luz; 15 o altar do incenso, e os seus varais, e o óleo da unção, e o incenso aromático, e o anteparo para a entrada, à entrada do tabernáculo; 16 o altar do holocausto, e a sua grelha de cobre, os seus varais, e todos os seus utensílios, a bacia, e a sua base; 17 as cortinas do átrio, as suas colunas, e as suas bases, e o anteparo para a porta do átrio; 18 os pregos do tabernáculo, e os pregos do átrio, e as suas cordas; 19 Êx 31.10os vestidos finamente tecidos, de que se usam no ministério dentro do Santo Lugar, os vestidos sagrados do sacerdote Arão, e os vestidos de seus filhos, para quando se empregarem no ofício sacerdotal.

A prontidão do povo em trazer ofertas

20 Então, toda a congregação dos filhos de Israel saiu da presença de Moisés. 21 Veio Êx 25.2todo homem cujo coração o incitou e cujo espírito o impeliu a isso e trouxe a oferta a Jeová, para a obra da tenda da revelação, e para todo o serviço dela, e para os vestidos sagrados. 22 Vieram tanto homens como mulheres, todos quantos eram bem dispostos de coração e trouxeram gargantilhas, arrecadas, anéis, braceletes, todas as joias de ouro, a saber, todo o homem que fez uma oferta de ouro a Jeová. 23 Todo homem em cujo poder se achava estofo azul, púrpura, escarlata, linho fino, pelos de cabras, peles de carneiros tintas de vermelho e peles de animais marinhos, ele os trazia. 24 Trazia a oferta a Jeová todo aquele que fazia uma oferta de prata ou de cobre; e todo homem em cujo poder se achava madeira de acácia para qualquer obra do serviço a trazia. 25 Todas as mulheres que eram hábeis fiavam com as suas mãos e traziam o que tinham fiado, estofo azul, púrpura, escarlata e linho fino. 26 Todas as mulheres hábeis fiavam os pelos de cabras. 27 Os príncipes traziam as pedras de ônix e as pedras de engaste para o éfode e para o peitoral, 28 e as especiarias, e o azeite para a luz, e para o óleo da unção, e para o incenso aromático. 29 Os filhos de Israel trouxeram uma oferta voluntária a Jeová, a saber, todo homem e mulher cujo coração os dispôs para trazerem uma oferta para toda a obra que Jeová tinha ordenado se fizesse por intermédio de Moisés.

Deus chama Bezalel e Aoliabe

30 Êx 31.1-6Disse Moisés aos filhos de Israel: Eis que Jeová chamou por nome a Bezalel, filho de Uri, filho de Hur, da tribo de Judá; 31 e o encheu do Espírito de Deus, no tocante à sabedoria, à inteligência, à ciência e a toda sorte de obras, 32 para fazer invenções, para trabalhar em ouro, em prata e em cobre, 33 para gravar pedras de engaste, para entalhar madeiras e para trabalhar em toda sorte de obras finas. 34 Pôs-lhes no coração, a ele e a Aoliabe, filho de Aisamaque, da tribo de , o poder de ensinar. 35 A estes encheu da sabedoria do coração para fazerem toda sorte de obras, seja de gravador, de desenhista, do bordador em estofo azul, em púrpura, em escarlata e em linho fino e de tecelão sim para fazerem toda sorte de obra e a daqueles que fazem invenção.

Veja também