Die kwartels en die manna. Die sabbat.
1 TOE hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland.
2 En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron in die woestyn gemurmureer.
3 En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die Here gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.
4 Toe sê die Here vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.
5 En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel.
6 Toe sê Moses en Aäron aan al die kinders van Israel: Vanaand, dan sal julle weet dat die Here julle uit Egipteland uitgelei het.
7 En môre vroeg, dan sal julle die heerlikheid van die Here sien, omdat Hy julle murmureringe teen die Here gehoor het — want wat is ons, dat julle teen ons murmureer?
8 Daarop sê Moses: Dít sal gebeur as die Here julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat die Here julle murmureringe hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle murmureringe is nie teen ons nie, maar teen die Here.
9 Verder het Moses met Aäron gespreek: Sê aan die hele vergadering van die kinders van Israel: Kom nader voor die aangesig van die Here, want Hy het julle murmureringe gehoor.
10 En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en meteens verskyn die heerlikheid van die Here in die wolk.
11 Ook het die Here met Moses gespreek en gesê:
12 Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in die môre met brood versadig word; en julle sal weet dat Ek die Here julle God is.
13 En in die aand het daar kwartels opgekom en die laer oordek. En in die môre was daar 'n doulaag rondom die laer.
14 En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die woestyn iets gelê wat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die grond.
15 Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die Here julle gee om te eet.
16 Dit is die saak wat die Here beveel het: Samel daarvan in, elkeen na sy behoefte: 'n omer vir elke persoon volgens julle sieletal; elkeen moet dit neem vir die wat in sy tent is.
17 En die kinders van Israel het so gedoen: hulle het ingesamel, die een baie en die ander min.
18 Maar toe hulle dit met die omer meet, het hy wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te min nie. Elkeen na sy behoefte het hulle ingesamel.
19 En Moses het vir hulle gesê: Niemand moet daarvan laat oorbly tot môre toe nie.
20 Maar hulle het nie na Moses geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die môre toe. Toe kom daar wurms in en dit bederwe. Daarom het Moses baie kwaad geword vir hulle.
21 En hulle het dit môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, smelt dit weg.
22 En op die sesde dag het hulle 'n dubbele porsie brood ingesamel, twee omers vir elkeen. En al die owerstes van die vergadering het gekom en dit aan Moses vertel.
23 Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die Here gespreek het: Môre is dit rusdag, 'n heilige sabbat van die Here. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.
24 En hulle het dit gebêre tot die môre toe, soos Moses beveel het; en dit het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie.
25 Toe sê Moses: Eet dit vandag, want dit is vandag die sabbat van die Here. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.
26 Ses dae lank moet julle dit insamel, maar op die sewende dag is dit sabbat; dan sal dit daar nie wees nie.
27 En op die sewende dag het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie.
28 Toe sê die Here vir Moses: Hoe lank weier julle om my gebooie en my wette te onderhou?
29 Kyk, omdat die Here julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.
30 So het die volk dan op die sewende dag gerus.
31 En die huis van Israel het dit Man genoem. En dit was wit soos koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek.
32 Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die Here beveel het: 'n Omer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.
33 Moses sê toe vir Aäron: Neem 'n kruik en gooi 'n omer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die Here neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.
34 Soos die Here Moses beveel het, so het Aäron dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word.
35 En die kinders van Israel het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in 'n bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän gekom het.
36 En 'n omer is die tiende van 'n efa.
1 Partiram de Elim, e veio toda a congregação dos filhos de Israel ao deserto de Nm 33.11-12Sim, que está entre Elim e Sinai, no Êx 12.6,51;19.1décimo quinto dia do segundo mês depois que saíram do Egito. 2 Toda a congregação dos filhos de Israel Êx 14.11murmurou contra Moisés e Arão, no deserto; 3 Disseram-lhes os filhos de Israel: Êx 17.3;Nm 14.2-3;20.3Oxalá que tivéssemos morrido pela mão de Jeová na terra do Egito, Nm 11.4-5quando estávamos sentados junto às panelas de carne, quando comíamos pão a fartar! Pois nos trouxestes a este deserto, para matardes à fome a toda esta multidão.
4 Disse Jeová a Moisés: Eis que Jo 6.31;Ne 9.15;Sl 78.23-25;105.40;1Co 10.3vou chover do céu pão para vós; sairá o povo e colherá diariamente a porção de cada dia, para que Êx 15.25eu o prove se anda na minha lei ou não. 5 Mas, Êx 16.22ao sexto dia, prepararão o que trazem, e será dois tantos do que colhem cada dia. 6 Disseram Moisés e Arão a todos os filhos de Israel: À tarde, sabereis que Jeová é quem vos tirou da terra do Egito. 7 Pela manhã, vereis Êx 16.12a glória de Jeová, porquanto Nm 14.27;17.5ele ouve as vossas murmurações contra Jeová. Porém Nm 16.11que somos nós, para que murmureis contra nós? 8 Prosseguiu Moisés: Isso será, quando Jeová, à tarde, vos der carne para comerdes e, pela manhã, pão a fartar; porquanto Jeová ouve as vossas murmurações com que murmurais contra ele; pois que somos nós? As vossas murmurações não são contra nós, mas sim contra Jeová. 9 Disse Moisés a Arão: Dize a toda a congregação dos filhos de Israel: Nm 16.16Chegai-vos à presença de Jeová, pois ouviu as vossas murmurações. 10 Quando Arão falava a toda a congregação dos filhos de Israel, olharam para o deserto, e eis que a Êx 16.7glória de Jeová apareceu na nuvem. 11 E disse Jeová a Moisés: 12 Tenho ouvido as murmurações dos filhos de Israel; dize-lhes: À tarde, comereis carne, e, pela manhã, vos fartareis de pão; e sabereis que eu sou Jeová, vosso Deus.
13 Aconteceu que, à tarde, subiram Nm 11.31;Sl 78.25;105.40codornizes e cobriram o arraial; e, pela manhã, havia uma camada de orvalho ao redor do arraial. 14 Nm 11.7-9Quando se evaporou a camada de orvalho, eis que sobre a superfície do deserto estava Êx 16.31uma coisa fina e semelhante a escamas, fina como a geada sobre a terra. 15 Tendo-a visto os filhos de Israel, disseram uns aos outros: Que é isto? Pois não sabiam o que era. Então, lhes disse Moisés: Êx 16.4Este é o pão que Jeová vos deu para comerdes. 16 Eis o que Jeová ordenou: Colhei dele, cada um quanto possa comer; tomareis um ômer por cabeça, conforme o número de vossas pessoas, cada um para os que se acham na sua tenda. 17 Assim o fizeram os filhos de Israel; e colheram uns mais e outros menos. 18 Quando o mediram num ômer, 2Co 8.15nada sobejava ao que colheu muito, nem faltava ao que colheu pouco; colheram cada um quanto podia comer. 19 Disse-lhes Moisés: Êx 16.23;Êx 12.10;23.18Ninguém deixe dele até pela manhã. 20 Contudo, não deram ouvidos a Moisés; mas alguns deixaram dele até pela manhã, e criou bichos e cheirou mal. Moisés indignou-se contra eles.
O povo de Israel recolhe o maná
21 Colhiam-no, pois, todas as manhãs, cada um quanto podia comer; e, quando vinha o calor do sol, derretia-se. 22 Êx 16.5Ao sexto dia, colheram pão em dobro, dois ômeres para cada um; vieram todos os Êx 34.31principais da congregação e contaram-no a Moisés. 23 Respondeu-lhes ele: Isto é o que Jeová ordenou: Êx 20.8;23.12;Ne 9.14amanhã é descanso, sábado santo a Jeová; o que quiserdes cozer no forno, cozei-o, e o que quiserdes cozer em água, cozei-o; e Êx 16.19tudo o que sobejar, ponde-o de lado para vós; guardando-o até pela manhã. 24 Guardaram-no até pela manhã, como Moisés ordenara; e Êx 16.20não cheirou mal, nem se acharam bichos nele. 25 Então, disse Moisés: Comei-o hoje, pois hoje é o sábado de Jeová; hoje, não o achareis no campo. 26 Seis dias o colhereis, mas o sétimo dia é o sábado; nele não haverá. 27 Ao sétimo dia, saíram alguns do povo para o colher, porém não o acharam. 28 Disse Jeová a Moisés: Sl 78.10Até quando recusareis guardar os meus mandamentos e as minhas leis? 29 Vede, porquanto Jeová vos deu o sábado; por isso, vos dá ele no sexto dia o pão para dois dias; fique cada um onde está, não saia ninguém do seu lugar no sétimo dia. 30 Assim, descansou o povo no sétimo dia.
31 A casa de Nm 11.6-9;Dt 8.3,16Israel deu-lhe o nome de maná; era como Êx 16.14semente de coentro, branca e de um sabor semelhante ao de pastas feitas com mel. 32 Disse Moisés: Eis o que Jeová ordenou: dele enchei um ômer, e guarda-se para as vossas gerações; para que vejam o pão com que vos sustentei no deserto, quando vos tirei da terra do Egito. 33 Então, disse Moisés a Arão: Hb 9.4;Ap 2.17Toma um vaso, põe nele um ômer cheio de maná e deposita-o diante de Jeová, a fim de se guardar para as vossas gerações. 34 Como Jeová ordenou a Moisés, assim Arão o depositou diante do Êx 25.16;27.21Testemunho para se guardar. 35 Js 5.12;Ne 9.20-21Os filhos de Israel comeram o maná quarenta anos até que chegaram a uma terra habitada; comeram o maná até que chegaram aos termos da terra de Canaã. 36 Ora, um ômer é a décima parte do efa.