Die besoek van Jetro.
1 TOE Jetro, die priester van Mídian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het — dat die Here Israel uit Egipte uitgelei het —
2 het Jetro, Moses se skoonvader, Sippóra, die vrou van Moses, geneem — nadat hy haar teruggestuur het —
3 en haar twee seuns. (Die naam van die een was Gersom, want hy het gesê: Ek het 'n vreemdeling geword in 'n vreemde land;
4 en die naam van die ander was Eliëser; want, het hy gesê, die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.)
5 En Jetro, Moses se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moses gekom in die woestyn waar hy by die berg van God met die laer gestaan het.
6 En hy het Moses laat weet: Ek, jou skoonvader Jetro, kom na jou met jou vrou en haar twee seuns saam met haar.
7 Daarop gaan Moses uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.
8 Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die Here aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat die Here hulle verlos het.
9 En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat die Here aan Israel gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.
10 Daarop sê Jetro: Geseënd is die Here wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.
11 Nou weet ek dat die Here groter is as al die gode, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen hulle.
12 Daarop het Jetro, Moses se skoonvader, 'n brandoffer en slagoffers geneem tot eer van God. En Aäron en al die oudstes van Israel het gekom om saam met Moses se skoonvader brood te eet voor die aangesig van God.
13 En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.
14 En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?
15 En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg.
16 As hulle 'n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak.
17 Maar Moses se skoonvader sê vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie.
18 Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.
19 Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jy die sake voor God,
20 en onderrig hulle in die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.
21 Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;
22 en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.
23 As jy dit doen en God dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.
24 Moses het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het —
25 Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel — owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.
26 En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.
27 Toe het Moses sy skoonvader laat gaan, en hy het na sy land getrek.
Jetro aconselha a Moisés que nomeie maiorais sobre o povo
1 Êx 2.18;3.1Jetro, sacerdote de Midiã, sogro de Moisés, ouviu tudo o que Deus havia feito a Moisés e a Israel, seu povo, como Jeová tinha tirado a Israel do Egito. 2 Jetro, sogro de Moisés, tomou a Êx 2.21;4.25Zípora, mulher de Moisés, depois que este lha enviara, 3 e Êx 2.22;4.20;At 7.29aos dois filhos dela, dos quais um se chamava Gérson, pois disse Moisés: Fui Êx 2.22peregrino numa terra estrangeira; 4 e o outro, Eliézer, pois disse: Gn 49.25O Deus de meu pai foi o meu auxílio e livrou-me da espada de Faraó. 5 Veio Jetro, sogro de Moisés, com a mulher e os filhos deste a Moisés, no deserto onde se tinha acampado, junto ao Êx 3.1,12;4.27;24.13monte de Deus; 6 e disse a Moisés: Eu, teu sogro Jetro, venho a ti, com tua mulher e seus dois filhos. 7 Saiu Moisés ao encontro de seu sogro, Gn 43.26,28inclinou-se diante dele e Êx 4.27o beijou; perguntaram Gn 43.27um ao outro como estavam e entraram na tenda. 8 Então, contou Moisés a seu sogro tudo o que Jeová tinha feito a Faraó e aos egípcios Êx 4.23;7.4-5por causa de Israel, Nm 20.14;Ne 9.32todo o trabalho que lhes sobreviera no caminho e como Êx 15.6,16Jeová os livrou. 9 Jetro alegrou-se por toda Is 63.7-14a bondade que Jeová mostrara a Israel, como libertá-lo da mão dos egípcios, 10 e disse: 1Rs 8.56;Sl 68.19-20Bendito seja Jeová, que vos livrou da mão dos egípcios e da mão de Faraó! Que livrou o povo de debaixo da mão dos egípcios! 11 Agora, eu sei que Êx 12.12;15.11Jeová é maior que todos os deuses, naquilo mesmo em que se houveram com orgulho contra o povo. 12 Êx 24.5;Gn 31.54Então, Jetro, sogro de Moisés, tomou um holocausto e sacrifícios para Deus; e veio Arão e todos os anciãos de Israel para comer pão com o sogro de Moisés, diante de Deus.
13 Aconteceu que, no dia seguinte, Moisés se assentou para julgar o povo; e o povo conservou-se junto de Moisés desde a manhã até à tarde. 14 Vendo o sogro de Moisés tudo o que ele fazia ao povo, perguntou: Que é isto que tu fazes ao povo? Por que estás tu assentado só e todo o povo conserva-se junto a ti desde a manhã até à tarde? 15 Respondeu Moisés a seu sogro: É porque o povo vem a mim para Gn 25.22;Nm 9.8;27.5;Dt 17.8-13consultar a Deus. 16 Quando eles têm alguma questão, vêm a mim; eu julgo entre um e outro e faço-lhes saber os estatutos de Deus e as suas leis. 17 Replicou-lhe o sogro de Moisés: Não é bom o que tu fazes. 18 Dt 1.12Sem dúvida, tu te consumirás tanto a ti como a este povo que está contigo; pois te é pesado demais; tu só não o podes fazer. 19 Ouve, pois, a minha voz, eu te aconselharei, e seja Deus contigo; sê tu pelo povo diante de Deus, e traze tu as causas a Deus; 20 Dt 1.18ensinar-lhes-ás os estatutos e as leis e lhes mostrarás o caminho em que devem andar e a obra que devem fazer. 21 Além disso, procurarás dentre o povo Êx 18.25;Dt 1.13,15;Sl 15.1-5homens capazes, tementes a Deus, homens de verdade, que aborrecem a avareza; a estes porás sobre eles por maiorais de mil, maiorais de cem, maiorais de cinquenta e maiorais de dez; 22 e julguem estes ao povo em todo o tempo. Dt 1.17-18Toda causa grave a trarão a ti, mas toda causa pequena a julgarão eles mesmos; assim será mais leve para ti, e eles levarão a carga contigo. 23 Se isso fizeres, e assim Deus te mandar, poderás aturar, e todo este povo também irá em paz ao seu lugar. 24 Assim, ouviu Moisés a voz de seu sogro e fez tudo quanto este lhe dissera. 25 Moisés escolheu de todo o Israel Êx 18.21homens capazes e pô-los por cabeças sobre o povo: maiorais de mil, maiorais de cem, maiorais de cinquenta e maiorais de dez. 26 Estes julgaram o povo em todo o tempo; Êx 18.22as causas graves, as trouxeram a Moisés, mas toda causa pequena, a julgaram eles mesmos. 27 Moisés despediu a seu sogro; e este se foi para a sua terra.