Die toekoms van Israel.
1 EK vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook 'n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.
2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? — hoe hy by God optree teen Israel en sê:
3 Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe!
4 Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself seweduisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie.
5 Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd 'n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.
6 En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.
7 Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.
8 Soos geskrywe is: God het hulle gegee 'n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.
9 En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees 'n vangnet en 'n strik en 'n struikelblok en 'n vergelding.
10 Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.
11 Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak.
12 En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!
13 Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek 'n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening —
14 as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!
15 Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?
16 En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.
17 En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat 'n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,
18 moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem — dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.
19 Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.
20 Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.
21 Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.
22 Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.
23 Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.
24 Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?
25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;
26 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;
27 en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.
28 Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.
29 Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.
30 Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid,
31 so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang.
32 Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.
Lofsang.
33 o, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!
34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?
35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?
36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
A rejeição de Israel não é completa
1 Digo, pois: porventura, 1Sm 12.22;Jr 31.37;33.24-26rejeitou Deus ao seu povo? Lc 20.16De modo nenhum! Porque 2Co 11.22;Fp 3.5eu também sou israelita, da descendência de Abraão, da tribo de Benjamim. 2 Deus Sl 94.14não rejeitou ao seu povo, que ele, Rm 8.29antes, conheceu. Rm 6.16Não sabeis o que a Escritura diz de 1Rs 19.10,18Elias, como ele insta com Deus contra Israel? 3 Senhor, mataram os teus profetas, derrubaram os teus altares, e eu fiquei só, e procuram tirar-me a vida. 4 Mas que lhe disse a resposta divina? Eu tenho reservado para mim sete mil homens, os quais não dobraram o joelho a Baal. 5 Do mesmo modo, pois, ainda no tempo presente, há um Rm 9.27; cp.2Rs 19.4resto segundo a eleição da graça. 6 Mas, Rm 4.4se é pela graça, já não é pelas obras; doutra maneira, a graça já não é graça. 7 Pois quê? O que Rm 9.31Israel busca, isso não tem conseguido, mas a eleição o conseguiu; e os mais foram Mc 6.52;2Co 3.14;Rm 11.25;Rm 9.18endurecidos, 8 como está escrito: Is 29.10;Dt 29.4; cp.Mt 13.13s.Deu-lhes Deus um espírito de torpor, olhos para não verem e ouvidos para não ouvirem, até o dia de hoje. 9 Davi disse:
Sl 69.22s.A sua mesa se lhes torne em laço, em armadilha,
em tropeço e em retribuição;
10 os olhos se lhes escureçam, para não verem,
e tu encurva-lhes sempre as costas.
A rejeição de Israel não é final
11 Rm 11.1Digo, pois: porventura, tropeçaram para que caíssem? Lc 20.16De modo nenhum! Mas, pela transgressão deles, veio a At 28.28salvação aos gentios, para Rm 10.19;Rm 11.14incitá-los à emulação. 12 Ora, se a sua transgressão é a riqueza do mundo, e o seu abatimento, a riqueza dos gentios, quanto mais a sua Rm 11.25plenitude. 13 Falo, porém, a vós, que sois gentios. Visto, pois, que At 9.15eu sou apóstolo dos gentios, glorifico o meu ministério, 14 para ver se, de algum modo, posso incitar à emulação os da Rm 9.3; cp.Gn 29.14;2Sm 19.12s.minha raça 1Co 7.16;9.22;1Tm 1.15;2.4;2Tm 1.9;Tt 3.5; cp.1Co 1.21e salvar alguns deles. 15 Pois, se a rejeição deles é a cp.Rm 5.11reconciliação do mundo, que será a sua admissão, senão a cp.Lc 15.24,32vida dentre os mortos? 16 Mas, se as Nm 15.18ss.;Ne 10.37;Ez 44.30primícias são santas, também a massa o é; e, se a raiz é santa, também os ramos o são. 17 Porém, se alguns dos Jr 11.16; cp.Jo 15.2ramos foram quebrados, e cp.Ef 2.11ss.tu, sendo zambujeiro, foste enxertado entre eles e te tornaste participante com eles da raiz e da seiva da oliveira, 18 não te glories contra os ramos; porém, se te gloriares, cp.Jo 4.22não és tu o que sustentas a raiz, mas a raiz, a ti. 19 Rm 9.19Dirás, pois: Alguns ramos foram quebrados, para que eu fosse enxertado. 20 Bem! Pela sua incredulidade, foram quebrados, mas tu, pela tua fé, 2Co 1.24; cp.1Co 10.12;Rm 5.2estás firme. 21 cp.Rm 12.16;1Tm 6.17;1Pe 1.17Não te ensoberbeças, mas teme; porque, se Deus não poupou os ramos naturais, não te poupará a ti. 22 Notai, pois, a bondade e a severidade de Deus: severidade para com aqueles que caíram, mas Rm 2.4bondade de Deus para contigo, 1Co 15.2;Hb 3.6,14se permaneceres nessa bondade; doutra maneira, também tu cp.Jo 15.2serás cortado. 23 Eles também, 2Co 3.16se não permanecerem na sua incredulidade, serão enxertados; pois Deus é poderoso para os enxertar de novo. 24 Se tu foste cortado do natural zambujeiro e, contra a natureza, foste enxertado em boa oliveira, quanto mais não serão enxertados na sua própria oliveira aqueles que são ramos naturais!
O último desígnio de Deus é misericórdia para com todos
25 Pois Rm 1.13não quero, irmãos, que ignoreis este Rm 16.25;1Co 2.7,10;Ef 3.3-5,9; cp.Mt 13.11mistério, para que não sejais Rm 12.16sábios em vós mesmos: que o Rm 11.7endurecimento veio em parte a Israel, até que haja entrado Rm 11.12;Lc 21.24; cp.Jo 10.16a plenitude dos gentios; 26 assim, todo o Israel será salvo, Is 59.20s.como está escrito:
Virá de Sião o Libertador,
ele apartará de Jacó a impiedade.
27 cp.Hb 8.10,12;Is 27.9Esta é a minha aliança com eles,
quando eu tirar os seus pecados.
28 Quanto ao evangelho, eles são Rm 5.10inimigos por vossa causa; mas, quanto à eleição, são amados Rm 9.5; cp.Dt 7.8;10.15por causa de seus pais; 29 porque dos dons e da sua 1Co 1.26;Ef 1.18;4.1,4;Fp 3.14;2Ts 1.11;2Tm 1.9;Hb 3.1;2Pe 1.10;Rm 8.28vocação Deus cp.Hb 7.21não se arrepende. 30 Assim como vós, em outro tempo, fostes desobedientes a Deus, mas, agora, haveis alcançado misericórdia pela desobediência deles, 31 assim também estes, agora, foram desobedientes, para que, pela vossa misericórdia, eles, agora, também alcancem misericórdia. 32 Pois Gl 3.22s.;Rm 3.9Deus encerrou a todos na desobediência, para usar com todos de misericórdia.
A maravilhosa sabedoria dos desígnios divinos
33 Ó profundidade das Ef 3.8;Rm 2.4riquezas, da Cl 2.3;Ef 3.10sabedoria e da ciência de Deus! cp.Jó 5.9;11.7;15.8Quão inescrutáveis são os seus juízos, e quão impenetráveis os seus caminhos! 34 Pois Is 40.13s.;1Co 2.16quem conheceu a mente do Senhor? Ou quem se fez o seu conselheiro? 35 Jó 35.7;41.11Ou quem lhe deu primeiro, para que lhe seja retribuído? 36 Pois 1Co 8.6;11.12;Cl 1.16;Hb 2.10dele, por ele e para ele são todas as coisas. Rm 16.27;Ef 3.21;Fp 4.20;1Tm 1.17;2Tm 4.18;1Pe 4.11;5.11;2Pe 3.18;Jd 25;Ap 1.6;5.13;7.12A ele seja dada a glória para sempre. Amém.