Pular para o conteúdo
Publicidade

Romanos 1

TB

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God

2 wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte,

3 aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid

4 en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,

5 deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam,

6 onder wie julle ook is, geroepenes van Jesus Christus

7 aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Die geloof van die Romeine. Paulus se vurige verlange om hulle te sien.

8 IN die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle geloof verkondig word in die hele wêreld.

9 Want God, wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink

10 en altyd in my gebede smeek of ek tog nou eindelik 'n goeie geleentheid sal vind deur die wil van God om na julle te kom;

11 want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word;

12 dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.

13 Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat dat ek my dikwels voorgeneem het om na julle te kom nie en ek is tot nog toe verhinder sodat ek ook onder julle een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene.

14 Teenoor Grieke sowel as nie-Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek 'n skuldenaar.

15 Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig.

Die regverdigmaking deur die geloof.

16 WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Afgodery en verdorwenheid van die heidene.

18 WANT die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

19 omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.

20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

21 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.

22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword

23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer

25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.

26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;

27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan 'n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:

29 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;

30 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;

31 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,

32 mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

Prefácio e saudação

1 Paulo, servo de Cristo Jesus, 1Co 1.1; cp.9.1;2Co 1.1chamado para ser apóstolo, At 9.15; cp.13.2;Gl 1.15separado para Mc 1.14;Rm 15.16;2Co 11.7;1Ts 2.2,8,9;1Pe 4.17; cp.2Co 2.12o Evangelho de Deus, 2 que ele, Tt 1.2antes, prometeu pelos seus Lc 1.70;Rm 3.21;16.26profetas nas Santas Escrituras, 3 acerca de seu Filho (que Mt 1.1veio da descendência de Davi, Rm 4.1;9.3,5;1Co 10.18; cp.Jo 1.14quanto à carne, 4 e que foi cp.At 10.38;13.33;17.31;26.23com poder declarado Mt 4.3Filho de Deus, quanto ao espírito de santidade, pela ressurreição dos mortos), Jesus Cristo, nosso Senhor, 5 pelo qual recebemos a graça e o At 1.25; cp.Gl 1.16apostolado por amor do seu nome, Rm 16.26; cp.At 6.7para obediência da At 9.15em todas as nações, 6 entre as quais sois também vós cp.Jd 1;Ap 17.14chamados para pertencerdes a Jesus Cristo. 7 A todos os que estão em Roma, 1Ts 1.4;Rm 5.5ss.;8.39queridos de Deus, 1Co 1.2; cp.1Co 1.24;Rm 8.28ss.chamados para serem At 9.13santos, 1Co 1.3;2Co 1.2;Gl 1.3;Ef 1.2;Fp 1.2;Cl 1.2;1Ts 1.1;2Ts 1.2;1Tm 1.2;2Tm 1.2;Tt 1.4;Fp 3;2Jo 3;2Pe 1.2; cp.Nm 6.25s.graça a vós e paz da parte de Deus, nosso Pai, e da do Senhor Jesus Cristo.

Paulo graças a Deus e explica porque ainda não os visitou

8 Primeiramente, 1Co 1.4;Ef 1.15s.;Fp 1.3;Cl 1.3s.;1Ts 1.2;2.13;2Ts 1.3;2.13;2Tm 1.3;Fm 4dou graças ao meu Deus, mediante Jesus Cristo, por Rm 16.19; cp.At 28.22todos vós, porque em todo o mundo é divulgada a vossa . 9 Pois Rm 9.1;2Co 1.23;11.31;Fp 1.8;1Ts 2.5,10Deus, a quem At 24.14;2Tm 1.3sirvo em meu espírito, no evangelho de seu Filho, é minha testemunha de como incessantemente Ef 1.16;Fp 1.3s.;1Ts 1.2s.;2Tm 1.3;Fm 4faço menção de vós em todas as minhas orações, 10 suplicando que se me abra afinal de qualquer modo um caminho favorável, sendo esta Rm 15.32;At 18.21a vontade de Deus, para ir ter convosco. 11 Pois Rm 15.23;At 19.21tenho grande desejo de ver-vos, para vos comunicar algum dom espiritual, a fim de que sejais firmados, 12 isto é, para que em vós seja eu consolado juntamente convosco pela , vossa e minha, que em nós. 13 Rm 11.25;1Co 10.1;12.1;2Co 1.8;1Ts 4.13Não quero que ignoreis, Rm 7.1;1Co 1.10;14.20,26;Gl 3.15;At 1.15irmãos, que muitas vezes Rm 15.22s.; cp.At 19.21tenho proposto ir ver-vos (mas tenho sido impedido até agora), para conseguir algum Jo 4.36; cp.15.16;Fp 1.22;Cl 1.6fruto entre vós também, como entre os demais gentios. 14 cp.1Co 9.16Eu sou devedor a gregos e At 28.2a bárbaros, a sábios e a ignorantes; 15 assim, cp.Rm 12.18quanto é em mim, estou pronto para Rm 15.20anunciar o evangelho também a vós que estais em Roma.

O assunto da epístola: a justiça de Deus pela

16 Pois não me cp.2Tm 1.8,12,16envergonho do evangelho, porque 1Co 1.18,24ele é poder de Deus para a salvação de todo aquele que crê, primeiro do At 3.26;Rm 2.9judeu e depois Jo 7.35do grego. 17 Pois no evangelho é revelada, de em , Rm 3.21;Fp 3.9;Rm 9.30a justiça de Deus, como está escrito: Hc 2.4;Gl 3.11;Hb 10.38Mas o justo viverá da .

Os gentios, ignorando o que se pode conhecer de Deus, entregam-se à idolatria

18 Ef 5.6;Cl 3.6; cp.Rm 5.9A ira de Deus é revelada do céu contra toda a impiedade e injustiça daqueles que 2Ts 2.6-7(Gr.)retêm a verdade em injustiça; 19 porquanto At 14.17;17.24ss.o que se pode conhecer de Deus neles está manifesto; pois Deus lho manifestou. 20 As perfeições invisíveis dele, o seu poder eterno e a sua divindade, claramente se veem cp.Mc 10.6desde a criação do mundo, Sl 19.1-6;Jó 12.7-9;Jr 5.21s.sendo percebidas pelas suas obras, para que eles sejam inescusáveis; 21 porquanto, conhecendo a Deus, não o glorificaram como a Deus, nem deram graças; antes, 2Rs 17.15;Jr 2.5;Ef 4.17s.se enfatuaram nas suas especulações, e ficou em trevas o seu coração insensato. 22 Jr 10.14;1Co 1.20Dizendo-se sábios, tornaram-se estultos 23 Sl 106.20;Jr 2.11;At 17.29e deixaram a glória do Deus incorruptível por uma semelhança de figura de homem corruptível, de aves, quadrúpedes e de répteis.

E por Deus são entregues à imundícia

24 Por isso, Rm 1.26,28; cp.Ef 4.19os entregou Deus, nos desejos impuros dos seus corações, à imundícia, a fim de serem os seus corpos cp.Ef 2.3desonrados entre si; 25 os quais trocaram a verdade de Deus pela Is 44.20;Jr 10.14;13.25;16.19mentira, e adoraram, e serviram a criatura antes que o Criador, Rm 9.5;2Co 11.31que é bendito para sempre. Amém.

E a paixões vis

26 Por isso os entregou Rm 1.24,28; cp.Ef 4.19Deus a 1Ts 4.5paixões vis; pois as suas mulheres mudaram o uso natural pelo que é contra a natureza. 27 Do mesmo modo, também os homens, deixando o uso natural da mulher, inflamaram-se em sua concupiscência uns para com os outros, Lv 18.22;20.13; cp.1Co 6.9cometendo homens com homens a torpeza e recebendo em si mesmos a devida recompensa do seu desvario.

E a um sentimento reprovado para fazerem coisas abomináveis

28 Assim como eles rejeitaram a Deus, tendo dele pleno conhecimento, ele os entregou a um sentimento reprovado, para fazerem essas coisas que não convêm, 29 cheios de toda injustiça, malícia, avareza e maldade; cheios de inveja, homicídio, contenda, dolo e malignidade; cp.2Co 12.20detratores, 30 difamadores, Sl 5.5aborrecíveis a Deus, insolentes, soberbos, presunçosos, inventores de males, 2Tm 3.2desobedientes aos pais, 31 insensatos, pérfidos, 2Tm 3.3sem afeição natural e sem misericórdia. 32 Eles, conhecendo bem o decreto de Deus, que são dignos de Rm 6.21morte os que tais coisas praticam, não somente as fazem, mas também Lc 11.48;At 8.1;22.20consentem aos que as praticam.

Veja também