Die goue kalf.
1 TOE die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
2 En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.
3 Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring.
4 En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar 'n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
5 Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor 'n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die Here.
6 En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.
7 Toe sê die Here vir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel.
8 En hulle het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle 'n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
9 Verder het die Here vir Moses gesê: Ek het hierdie volk gesien, en kyk, dit is 'n hardnekkige volk.
10 Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot 'n groot nasie maak.
11 Maar Moses het die Here sy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, o Here, sou u toorn ontvlam teen u volk wat U met grote krag en met 'n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?
12 Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: In kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle van die aardbodem af te vernietig? Wend U af van die gloed van u toorn, en laat dit U berou oor die onheil van u volk.
13 Gedenk aan Abraham, Isak en Israel, u knegte, vir wie U by Uself gesweer en aan wie U gesê het: Ek sal julle nageslag vermenigvuldig soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land waarvan Ek gespreek het, sal Ek aan julle nageslag gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe.
14 Toe het dit die Here berou oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy sy volk sou aandoen.
15 En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe.
16 En die tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.
17 En toe Josua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer.
18 Maar hy antwoord: Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang.
19 En toe hy naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel.
20 En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink.
21 En Moses het vir Aäron gesê: Wat het hierdie volk jou gedoen, dat jy so 'n groot sonde oor hulle gebring het?
22 Toe antwoord Aäron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie. U self ken die volk, dat hulle deur en deur sleg is.
23 Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
24 Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom.
25 Toe Moses sien dat die volk bandeloos was — want Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders —
26 het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír die Here is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel.
27 En hy het vir hulle gesê: So spreek die Here, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.
28 En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op dié dag omtrent drieduisend man geval.
29 Toe het Moses gesê: Vul vandag julle hand om te offer aan die Here — want elkeen is teen sy seun en teen sy broer — sodat Hy vandag 'n seën oor julle kan gee.
Moses bid vir die volk.
30 EN die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Júlle het 'n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die Here opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.
31 En Moses het na die Here teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het 'n groot sonde begaan en vir hulle goue gode gemaak.
32 Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het!
33 Toe het die Here Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, dié sal Ek uitdelg uit my boek.
34 Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou gesê het. Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek.
35 So het die Here dan die volk getref, omdat hulle die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het.
Arão faz um bezerro de ouro
1 Mas o povo, vendo que Moisés Êx 24.18;Dt 9.11-12tardava em descer do monte, acercou-se de Arão e disse-lhe: Levanta-te, At 7.40faze-nos deuses que vão adiante de nós; pois quanto a Êx 14.11este Moisés, a esse homem que nos tirou da terra do Egito, não sabemos o que lhe terá acontecido.
2 Respondeu-lhes Arão: Êx 35.22Tirai as arrecadas de ouro que vossas mulheres, vossos filhos e vossas filhas têm nas orelhas e trazei-mas.
3 Todo o povo tirou as arrecadas de ouro que tinham nas orelhas, trazendo-as a Arão.
4 Ele as tomou das mãos deles, e, com um buril, deu forma ao ouro, e dele fez Dt 9.16;At 7.14um bezerro fundido. Então, eles disseram: Estes são, ó Israel, os teus deuses que te tiraram da terra do Egito.
5 Arão, vendo isso, edificou um altar diante dele, fez uma proclamação e disse: Amanhã, será festa solene a Jeová.
6 Levantando-se de manhã cedo, At 7.41ofereceram holocaustos e trouxeram ofertas pacíficas; 1Co 10.7o povo sentou-se a comer e a beber e levantou-se Êx 32.17-19;Nm 25.2a folgar.
7 Então, disse Jeová a Moisés: Vai tu e desce, porque o teu povo, Êx 32.4,11;Dt 9.12que fizeste sair do Egito, se corrompeu.
8 Bem depressa se desviou do caminho que eu lhes tinha ordenado; fizeram para si um bezerro fundido, adoraram-no e, Êx 22.20;34.15;Dt 32.17oferecendo-lhe sacrifícios, disseram: Estes são, ó Israel, os deuses que te fizeram subir da terra do Egito.
9 Nm 14.11-20Disse mais Jeová a Moisés: Tenho visto a este povo, e eis que é Êx 33.3,5;34.9;At 7.51povo de cerviz dura.
10 Agora, Dt 9.14deixa-me, para que a minha ira se acenda contra eles e para que eu os consuma; e de ti farei uma grande nação.
11 Porém Dt 9.18Moisés suplicou a Jeová, seu Deus, dizendo: Por que se acende a tua ira contra o teu povo, que tiraste da terra do Egito com grande fortaleza e com uma poderosa mão?
12 Por que Dt 9.28;Js 7.9diriam os egípcios: Para mal os tirou, a fim de os matar nos montes e a fim de os consumir da face da terra? Volve-te do furor da tua ira e arrepende-te deste mal contra o teu povo.
13 Lembra-te de Abraão, de Isaque e de Israel, teus servos, a quem por ti mesmo Gn 22.16-18juraste e disseste: Multiplicarei a vossa descendência Gn 15.5;26.4como as estrelas do céu Êx 13.5,11;33.1e toda esta terra de que tenho falado, a darei à vossa descendência, e a herdarão para sempre.
14 Sl 106.45Então, Jeová se arrependeu do mal que dissera que havia de fazer ao seu povo.
Moisés, indignado, quebra as tábuas do Testemunho
15 Em seguida, Dt 9.15virou-se Moisés e desceu do monte, trazendo nas mãos as duas tábuas do Testemunho; Êx 31.18tábuas estas escritas de ambas as bandas; de uma e de outra banda estavam escritas.
16 As tábuas eram obra de Deus, e a escritura era a mesma escritura de Deus, gravada nas tábuas.
17 Ouvindo Josué a voz do povo quando gritava, disse a Moisés: Há um alarido de guerra no arraial.
18 Respondeu-lhe Moisés: Não é alarido dos vencedores nem alarido dos vencidos, porém alarido dos que cantam é o que ouço.
19 Logo que se aproximou do arraial, viu o bezerro e as Êx 32.6danças; acendeu-se-lhe a ira, e Dt 9.17arrojou das mãos as tábuas e quebrou-as ao pé do monte.
20 Dt 9.21Pegando o bezerro que tinham feito, queimou-o no fogo e o reduziu a pó, que lançou na água e deu a beber aos filhos de Israel.
21 Perguntou Moisés a Arão: Que te fez este povo, que sobre ele trouxeste um pecado enorme?
22 Respondeu-lhe Arão: Não se acenda a ira do meu senhor; tu sabes que o povo é Dt 9.24propenso para o mal. 23 Pois Êx 32.1-4me disseram: Faze-nos deuses, que irão adiante de nós; porque, quanto a este Moisés que nos fez subir da terra do Egito, não sabemos o que lhe terá acontecido. 24 Então, eu lhes disse: Todos os que têm ouro, arranquem-no. Assim mo deram; eu o Êx 32.4lancei no fogo, e saiu este bezerro.
O povo é castigado
25 Vendo Moisés que o povo estava desenfreado (pois 1Rs 12.28-30;14.16Arão os desenfreou para serem mofados no meio dos seus inimigos), 26 pôs em pé à entrada do arraial e disse: Quem está do lado de Jeová, venha a mim. Então, se ajuntaram a ele todos os filhos de Levi. 27 Depois, lhes disse: Assim diz Jeová, o Deus de Israel: Cada um cinja a sua espada sobre a coxa. Passai e tornai a passar de porta pelo meio do arraial, e cada um mate a seu irmão, e cada um, a seu companheiro, e cada um, a seu vizinho. 28 Nm 25.7-13;Dt 33.9Fizeram os filhos de Levi conforme a palavra de Moisés; e caíram do povo, naquele dia, quase três mil homens. 29 Moisés disse: Consagrai-vos hoje a Jeová, cada um contra seu filho, cada um contra seu irmão, para que ele vos conceda, neste dia, uma bênção.
Moisés intercede pelo povo
30 No dia seguinte, disse Moisés ao povo: Vós cometestes um grande pecado. Agora, subirei a Jeová; porventura, farei expiação pelo vosso pecado. 31 Voltou Moisés a Jeová e disse: Oh! Este povo cometeu um grande pecado e fez para si Êx 20.23deuses de ouro. 32 Agora, pois, perdoa o seu pecado; ou, se não, risca-me do teu Sl 69.28;Is 4.3;8.16;29.11,18;Dn 12.1;Ml 3.16-17livro que escreveste. 33 Respondeu Jeová a Moisés: Êx 17.14;Dt 29.20;Sl 9.5Riscarei do meu livro todo aquele que tiver pecado contra mim. 34 Vai agora e conduze o povo Êx 3.17ao lugar de que eu te falei. Eis que o Êx 23.20meu anjo irá adiante de ti; todavia, no dia da minha visitação, Sl 99.8castigarei o seu pecado. 35 Êx 32.28Feriu, pois, Jeová ao povo, porque Êx 32.4,24fizeram o bezerro que Arão fabricara.