1 IN dié tyd, spreek die Here, sal Ek vir al die geslagte van Israel 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
2 So sê die Here: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het, het genade gevind in die woestyn, op weg om sy rus te geniet, naamlik Israel.
3 Die Here het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.
4 Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers.
5 Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samaría; die planters sal plant en die vrugte geniet.
6 Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na die Here onse God.
7 Want so sê die Here: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: o Here, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel!
8 Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in 'n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe.
9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op 'n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel 'n Vader, en Efraim is my eersgeborene.
10 Hoor die woord van die Here, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde.
11 Want die Here het Jakob losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy.
12 En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die Here, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos 'n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie.
13 Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.
14 En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek die Here.
15 So sê die Here: 'n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.
16 So sê die Here: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is loon vir jou arbeid, spreek die Here; en hulle sal uit die land van die vyand terugkom.
17 Ja, daar is verwagting vir jou nakomelinge, spreek die Here; en die kinders sal terugkom na hulle grondgebied.
18 Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos 'n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die Here my God.
19 Want nadat ek tot inkeer gekom het, het ek berou gehad; en nadat ek tot insig gekom het, het ek op die heup geslaan; ek het beskaamd gestaan, ja, ook in die skande gekom, omdat ek die smaad van my jeug dra.
20 Is Efraim vir My 'n dierbare seun of 'n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek die Here.
21 Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou!
22 Hoe lank sal jy bly aarsel, o afkerige dogter? Want die Here het iets nuuts op die aarde geskape: Die vrou sal die man beskerm.
23 So sê die Here van die leërskare, die God van Israel: Weer sal hulle hierdie woord sê in die land Juda en in die stede daarvan, as Ek hulle lot verander: Mag die Here jou seën, o woning van geregtigheid, heilige berg!
24 En Juda en al sy stede sal daarin woon, almal saam; die landbouers en die wat met troppe vee rondtrek.
25 Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.
26 (Hierop het ek wakker geword en opgekyk, en my slaap was vir my soet.)
27 Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek die huis van Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere.
28 En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek die Here.
29 In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.
30 Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.
31 Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond sal sluit;
32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie — my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die Here.
33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die Here: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die Here; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die Here; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
35 So sê die Here wat die son gee tot 'n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot 'n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, Here van die leërskare is sy Naam:
36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die Here, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om 'n volk te wees voor my aangesig vir altyd.
37 So sê die Here: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die Here.
38 Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat die stad vir die Here herbou sal word, van die toring Hanáneël af tot by die Hoekpoort.
39 En die meetsnoer sal verder reguit aanloop tot by die heuwel Gareb en swaai na Goa toe.
40 En die hele dal van die lyke en van die as, en al die velde tot by die spruit Kidron, tot by die hoek van die Perdepoort teen die ooste, sal aan die Here heilig wees; dit sal nie weer uitgeruk of verwoes word in ewigheid nie.
O amor redentor de Deus e a restauração de Israel
1 Naquele tempo, diz Jeová, serei o Jr 30.22Deus de todas Gn 17.7-8;Is 41.10;Rm 11.26-28as famílias de Israel, e elas serão o meu povo. 2 Assim diz Jeová: O povo que escapou da espada Nm 14.20achou graça no deserto. Eu irei e Êx 33.14;Js 1.13darei descanso a Israel. 3 Da terra longínqua apareceu-me Jeová, dizendo: Com amor eterno Dt 4.37;7.8te amei, portanto com Sl 25.6benignidade te atraí. 4 Jr 24.6;33.7De novo te edificarei, e serás edificada, Jr 31.21virgem de Israel; ainda serás adornada com os teus Is 30.32atabales, e sairás nas danças dos que Jr 30.19se alegram. 5 Ainda Sl 107.37;Is 65.21;Ez 28.26plantarás vinhas Jr 50.19nos montes da Samaria; plantarão os plantadores, e lograrão os frutos delas. 6 Pois haverá um dia em que os vigias sobre os planaltos de Efraim gritarão: Levantai-vos, Jr 31.12;Jr 3.18;50.4-5;Is 2.3e subamos a Sião, a Jeová nosso Deus.
7 Pois assim diz Jeová: Jr 20.13;Sl 14.7Cantai sobre Jacó com alegria, e exultai sobre Dt 28.13;Is 61.9a cabeça das nações; publicai, louvai e dizei: Sl 28.9Salva, Jeová, ao teu povo, Jr 23.3;Is 37.31o resto de Israel. 8 Eis que Jr 3.18;23.8os trarei da terra boreal, Dt 30.4;Is 43.6e os congregarei dos últimos confins da terra, e juntamente com eles Is 42.16o cego, Is 40.11;Ez 34.16;Mq 4.6o coxo, a mulher grávida e a que está do parto: voltarão para aqui uma grande companhia. 9 Jr 50.4;Sl 126.5-6Com choro virão, e com súplicas os levarei; guiá-los-ei Is 43.20;49.10aos ribeiros de águas por um caminho plano, em que Is 63.13não tropeçarão. Pois tornei-me Jr 3.4,19;Is 64.8pai de Israel, e Efraim é o meu primogênito.
10 Ouvi, nações, a palavra de Jeová, e anunciai-a Jr 25.22;Is 66.19às ilhas remotas; dizei: Aquele que espalhou a Israel, Jr 50.19congregá-lo-á, e o guardará, Is 40.11como pastor o seu rebanho. 11 Pois Jeová Jr 15.21;50.34;Is 44.23;48.20resgatou a Jacó, e o remiu da mão de quem era Sl 142.6mais forte do que ele. 12 Jr 31.6-7Virão e cantarão de júbilo Ez 17.23na altura de Sião, Is 2.2;Mq 4.1e correrão à bondade de Jeová; Os 2.22;Jl 3.18ao trigo, e ao mosto, e ao azeite, e às crias Jr 31.24;Jr 33.12-13das ovelhas e das vacas; a sua alma será como Is 58.11jardim regado; Is 35.10;60.20;65.19;Jo 16.22e nunca mais desfalecerão. 13 Então se alegrará a virgem Jz 21.21;Sl 30.11;Zc 8.4-5na dança, como também os mancebos e os velhos juntamente; porque Is 61.3converterei o seu pranto em gozo, os consolarei e Is 51.11os alegrarei, passada a sua tristeza. 14 Jr 31.25Saciarei de gordura a alma dos sacerdotes, e o meu povo Jr 50.19se fartará com a minha bondade, diz Jeová.
Raquel consolada
15 Assim diz Jeová: Ouviu-se um clamor Jr 40.1;Js 18.25;Jz 4.5;Is 10.29;Mt 2.18em Ramá, lamento e choro amargo, era Raquel chorando a seus filhos. Gn 37.35;Sl 77.2Ela não quer ser consolada acerca de seus filhos, porque Jr 10.20;Gn 5.24;42.13,36já não existem. 16 Assim diz Jeová: Is 25.8;30.19Faze a tua voz cessar de chorar, e de verterem lágrimas os teus olhos; porque Rt 2.12;Hb 6.10há recompensa para a tua obra, diz Jeová; os teus filhos Jr 30.3;Ez 11.17voltarão da terra do inimigo. 17 Há Jr 29.11esperança para o teu futuro, diz Jeová, e teus filhos voltarão para os seus termos. 18 Na verdade ouvi a Efraim Jr 3.21queixando-se e dizendo: Jó 5.17;Sl 94.12Castigaste-me, e sofri o castigo como Os 4.16novilho ainda não domado. Jr 17.14;Sl 80.3,7,19;At 3.26Converte-me, e serei convertido; pois tu és Jeová, meu Deus. 19 Certamente depois que me converti, Ez 36.31;Zc 12.10arrependi-me; depois que fui instruído, Ez 21.12;Lc 18.13bati na coxa. Fiquei Jr 3.25envergonhado e confundido, porque suportei Jr 22.21;Sl 25.7o opróbrio da minha mocidade. 20 Acaso é Os 11.8Efraim meu querido filho? é ele criança em quem me deleito? pois quantas vezes falo contra ele, tantas vezes me lembro dele ternamente. Comovem-se Gn 43.30;Jz 10.16as minhas entranhas por ele; certamente Is 55.7;Os 14.4me compadecerei dele, diz Jeová.
A prosperidade futura de Israel
21 Jr 6.16Põe-te marcos, faze-te postes que te guiem; dirige o teu coração à estrada, ao caminho por que tu foste: Is 48.20;52.11volta, Jr 31.4virgem de Israel, volta para essas tuas cidades. 22 Até quando Jr 2.23;13.27andarás errante, Jr 49.4filha apóstata? pois Jeová criou uma coisa nova sobre a terra: uma mulher cercará a um varão.
23 Assim diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: Ainda proferirão este dito na terra de Judá, e nas suas cidades, quando Jr 30.18;32.44eu fizer voltar o seu cativeiro: Jeová te abençoe, Jr 50.7;Is 1.26ó morada da justiça, Sl 48.1;87.1ó monte da santidade! 24 Nele Jr 31.12;Ez 36.10;Zc 8.4-8habitarão Judá e todas as suas cidades juntamente; os lavradores e os que pastoreiam os rebanhos. 25 Pois Jr 31.12,14;Sl 107.9;Mt 5.6;Jo 4.14saciei a alma cansada, e fartei toda a alma desfalecida. 26 Nisto Zc 4.1despertei, e olhei; Pv 3.24e o meu sono foi doce para mim.
27 Eis que vêm os dias, diz Jeová, em que Ez 36.9,11;Os 2.23semearei a casa de Israel e a casa de Judá com a semente de homens, e com a semente de animais. 28 Assim como Jr 44.27;Dn 9.14vigiei sobre eles para Jr 1.10;18.7-8arrancar, para demolir, para subverter, para destruir e para afligir, do mesmo modo vigiarei sobre eles para Jr 1.10;32.41edificar e para plantar, diz Jeová. 29 Naqueles dias não dirão mais: Ez 18.2;Lm 5.7Os pais comeram uvas verdes, e os dentes dos filhos se embotaram. 30 Mas Dt 24.16;Is 3.11;Ez 18.4,20cada um morrerá pela sua iniquidade; todo o homem que comer uvas verdes, a esse é que lhe ficarão botos os dentes.
Realização duma nova aliança
31 Jr 31.31-34;Hb 8.8-12Eis que vêm os dias, diz Jeová, em que farei Jr 32.40;Ez 37.26;Lc 22.20;1Co 11.25;2Co 3.6;Hb 8.8-12uma nova aliança com a casa de Israel e com a casa de Judá, 32 não segundo Êx 19.5;24.6-8;Dt 5.2-3a aliança que fiz com seus pais no dia em que Dt 1.31;Is 63.12os tomei pela mão para os tirar da terra do Egito (essa minha aliança, eles Jr 11.7-8a invalidaram, ainda que Jr 3.14me desposei com eles, diz Jeová). 33 Hb 10.16-17Mas esta é a Jr 32.40aliança que farei com a casa de Israel depois daqueles dias, diz Jeová: Imprimirei a minha lei no seu interior, e a escreverei no Jr 24.7;32.40seu coração; eu serei o seu Deus, e eles serão o meu povo; 34 1Ts 4.9;1Jo 2.27não ensinará mais cada um ao seu próximo, dizendo: Conhece a Jeová; porque todos Jr 24.7;Is 11.9;54.13;Hc 2.14me conhecerão desde o menor até o maior deles, diz Jeová. Jr 50.20;Mq 7.18Pois perdoarei a sua iniquidade, e não me lembrarei mais Is 43.25dos seus pecados.
35 Jr 33.20,25Assim diz Jeová, que Gn 1.14-18;Dt 4.19;Sl 19.1-6;136.7-9dá o sol para a luz do dia, e as ordenanças da lua e das estrelas para a luz da noite, que agita o mar, de maneira que bramem as suas ondas. Jr 10.16;32.18;50.34Jeová dos Exércitos é o seu nome. 36 Jr 33.20-26;Sl 89.36-37;Is 54.9-10Se estas ordenanças faltarem diante de mim, Am 9.8-9cessará também a linhagem de Israel de ser uma nação diante de mim para sempre. 37 Assim diz Jeová: Jr 33.22;Is 40.12Se puder ser medido o céu lá em cima, e se puderem ser sondados os fundamentos da terra cá em baixo, também Jr 33.24-26;Rm 11.2-5,26-27eu rejeitarei toda a linhagem de Israel, por tudo quanto têm feito, diz Jeová.
38 Eis que vêm os dias, diz Jeová, em que Jr 31.4;Jr 30.18a cidade será edificada para Jeová desde Ne 3.1;12.39;Zc 14.10a torre de Hananeel até 2Rs 14.13;2Cr 26.9a porta da esquina. 39 O cordel da medida ainda se estenderá em linha direta até o outeiro de Garebe, e dará volta até Goá. 40 Jr 7.32;8.2O vale inteiro dos cadáveres e da cinza, e todos os campos até a torrente de 2Sm 15.23;2Rs 23.6,12;Jo 18.1Cedrom, até a esquina da 2Rs 11.16;2Cr 23.15;Ne 3.28porta dos cavalos para o oriente, será tudo Jl 3.17;Zc 14.20santo a Jeová; nunca mais será arrancado, nem demolido.