Jeremia word deur die volk saamgevoer na Egipte.
1 EN toe Jeremia geëindig het om die hele volk toe te spreek met al die woorde van die Here hulle God, waarmee die Here hulle God hom na hulle gestuur het, naamlik al hierdie woorde,
2 het Asárja, die seun van Hosája, en Jóhanan, die seun van Karéag, en al die vermetele manne gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; die Here onse God het u nie gestuur om te sê: Julle mag nie na Egipte trek om daar as vreemdelinge te vertoef nie.
3 Maar Barug, die seun van Nería, hits u teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Chaldeërs, dat hulle ons kan doodmaak en ons in ballingskap na Babel kan wegvoer.
4 So het Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs en die hele volk dan nie geluister na die stem van die Here om in die land Juda te bly nie.
5 Maar Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs het die hele oorblyfsel van Juda geneem wat uit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land Juda te woon,
6 die manne en die vroue en die kinders en die dogters van die koning en al die mense wat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, by Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, laat staan het — ook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Nería —
7 en hulle het na Egipteland getrek; want hulle het nie geluister na die stem van die Here nie. En hulle het tot by Tagpánhes gekom.
Profesie van die verwoesting van Egipteland deur Nebukadnésar.
8 TOE het die woord van die Here tot Jeremia gekom in Tagpánhes en gesê:
9 Neem groot klippe in jou hand en begrawe hulle in klei in die vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagpánhes is, voor die oë van die Joodse manne;
10 en sê vir hulle: So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek stuur en laat my kneg Nebukadrésar, die koning van Babel, haal, en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het; en hy sal sy pragtapyt daaroor uitspan.
11 En hy sal kom en Egipteland verower: wie vir die pes bestem is, vir die pes; en wie vir die gevangenskap, vir die gevangenskap; en wie vir die swaard, vir die swaard!
12 En Ek sal 'n vuur aansteek in die huise van die gode van Egipte; en hy sal hulle verbrand en hulle as gevangenes wegvoer; en hy sal hom wikkel in die land van Egipte soos 'n herder hom wikkel in sy kleed, en hy sal daarvandaan in vrede wegtrek.
13 En hy sal die klippilare van Bet-Semes wat in Egipteland is, verbreek en die huise van die gode van Egipte met vuur verbrand.
Jeremias é levado ao Egito pelo povo
1 Jr 26.8;51.63Tendo Jeremias acabado de falar a Jr 42.10-18todo o povo todas as palavras de Jeová, Deus deles, com as quais Jeová, Deus deles, o havia enviado a eles, sim tendo acabado de falar todas estas palavras, 2 falaram Azarias, Jr 42.1filho de Hosaías, e Joanã, filho de Careá, e todos os homens soberbos, dizendo a Jeremias: Tu Jr 5.12-13;42.5;2Cr 36.13;Is 7.9dizes mentiras; Jeová nosso Deus não te enviou a dizer: Não entreis no Egito para ali peregrinardes. 3 Mas Jr 43.6;Jr 36.4,10,26,32;45.1-3Baruque, filho de Nerias, te está incitando contra nós, Jr 38.4para nos entregar nas mãos dos caldeus, a fim de que nos tirem a vida e nos levem cativos a Babilônia. 4 Jr 42.5-6;44.5;2Cr 25.16Não obedeceram Jr 42.6Joanã, filho de Careá, e todos os capitães das forças, e todo o povo, à voz de Jeová, Jr 42.10-12;Sl 37.3para morarem na terra de Judá. 5 Mas Joanã, filho de Careá, e todos os capitães das forças, tomaram Jr 40.11todo o resto de Judá que, para peregrinarem na terra de Judá, haviam voltado de todas as nações para as quais haviam sido arrojados, 6 os homens, e as mulheres, e os meninos, Jr 41.10e as filhas do rei e Jr 39.10;40.7toda a pessoa que Nebuzaradã, capitão da guarda, tinha deixado com Gedalias, filho de Aicão, filho de Safã, Ec 9.1-2;Lm 3.1e o profeta Jeremias, e Baruque, filho de Nerias, 7 e entraram na terra do Egito; pois não obedeceram a voz de Jeová, e vieram até Tafnes.
Profecia da conquista do Egito por Nabucodonosor
8 Veio a palavra de Jeová Sl 139.7;2Tm 2.9a Jeremias em Jr 2.16;44.1;46.14;Ez 30.18Tafnes, dizendo: 9 Toma na tua mão pedras grandes, e esconde-as com barro no pavimento que está à entrada da casa de Faraó em Tafnes, à vista dos homens de Judá; 10 e dize-lhes: Assim diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: Eis que enviarei e tomarei Jr 25.9;27.6;Is 44.28;45.1o meu servo, Jr 25.9,11Nabucodonosor, rei de Babilônia, e porei o seu trono sobre estas pedras que escondi; e ele estenderá sobre elas o seu Sl 18.11;27.5;31.20pavilhão real. 11 Virá e Jr 25.15-19;46.1-2,13-26;Is 19.1-25;Ez 29.19-20ferirá a terra do Egito: Jr 15.2os que são destinados para a morte, serão entregues à morte; os que para o cativeiro, ao cativeiro; e os que para a espada, à espada. 12 Eu farei pegar fogo nas casas dos Jr 46.25;Êx 12.12;Is 19.1;Ez 30.13deuses do Egito, e o rei os queimará e os levará cativos; Sl 104.2;109.18-19;Is 49.18vestir-se-á da terra do Egito, como se veste o pastor com a sua roupa; e sairá dali em paz. 13 Também quebrará as colunas de Gn 41.45Bete-Semes, que está na terra do Egito, e incendiará as casas dos deuses do Egito.