God bestraf Israel.
1 EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
2 Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek die Here: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn, in 'n onbesaaide land.
3 Israel was vir die Here 'n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die Here.
4 Hoor die woord van die Here, huis van Jakob, en alle geslagte van die huis van Israel!
5 So sê die Here: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?
6 En hulle het nie gesê nie: Waar is die Here wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in 'n land van wildernis en kuile, in 'n land van droogte en doodskaduwee, in 'n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie?
7 En Ek het julle gebring in 'n land van tuine, om die vrugte en die goeie daarvan te eet; maar toe julle inkom, het julle my land verontreinig en my erfenis 'n gruwel gemaak.
8 Die priesters het nie gesê: Waar is die Here nie? En die wat die wet handhaaf, het My nie geken nie; en die vorste het teen My oortree, en die profete het geprofeteer deur Baäl en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie.
9 Daarom sal Ek nog met julle twis, spreek die Here; en met julle kindskinders sal Ek twis.
10 Want gaan oor na die eilande van die Kittiërs, en kyk; en stuur na Kedar, en gee daar goed ag op; en kyk of so iets gebeur het:
11 of 'n nasie sy gode verruil — wat nie eers gode is nie. Maar my volk het sy heerlikheid verruil vir wat geen voordeel bring nie.
12 Verbaas julle hieroor, o hemele, en huiwer, verstyf heeltemal van skrik, spreek die Here.
13 Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.
14 Is Israel 'n dienskneg? Of is hy 'n bediende wat in die huis gebore is? Waarom het hy dan 'n buit geword?
15 Die jong leeus het oor hom gebrul, hulle het hul stem laat hoor en van sy land 'n woesteny gemaak; sy stede is verwoes, sonder inwoner.
16 Ook skeer die kinders van Nof en Tagpánhes jou die hoofskedel kaal.
17 Het jou verlating van die Here jou God in die tyd toe Hy jou op die pad gelei het, jou dit nie berokken nie?
18 Wat het jy dan nou te doen met die pad na Egipte, om die water van die Nyl te drink? En wat het jy te doen met die pad na Assur, om die waters van die Eufraat te drink?
19 Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die Here jou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, die Here van die leërskare.
20 Want van ouds af het jy jou juk verbreek, jou stroppe stukkend geruk. En jy het gesê: Ek sal nie dien nie; want op elke hoë heuwel en onder elke groen boom gaan jy lê om te hoereer.
21 Nogtans het Ek jou geplant as 'n edele wingerdstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van 'n vreemde wingerdstok!
22 Want al sou jy jou was met loog en baie seep vir jou neem, tog bly jou ongeregtigheid 'n vlek voor my aangesig, spreek die Here Here.
23 Hoe kan jy sê: Ek is nie verontreinig nie; ek het nie agter die Baäls aan geloop nie? Kyk jou weg in die dal; weet wat jy gedoen het, jou vinnige jong kameelkoei wat rond hardloop!
24 'n Wilde-eselin, gewend aan die woestyn, wat in haar heftige begeerte die wind opsnuiwe — haar hittigheid, wie sal dit keer? Almal wat haar soek, hoef hulle nie te vermoei nie; in haar maand sal hulle haar kry.
25 Hou jou voet terug, dat dit sy skoen nie verloor nie; en jou keel, dat dit nie dors word nie. Maar jy sê: Dit is tevergeefs, nee; want ek het vreemdes lief en sal agter hulle aan loop.
26 Soos 'n dief in die skande kom as hy uitgevind word, so het die huis van Israel in die skande gekom; hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete,
27 wat vir 'n stuk hout sê: Jy is my vader; en vir 'n klip: Jy het my gebaar. Want hulle het My die rug toegekeer en nie die aangesig nie. Maar in die tyd van hulle onheil sê hulle: Staan op en verlos ons!
28 Waar is dan jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle opstaan as hulle jou kan verlos in die tyd van jou onheil; want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda!
29 Waarom twis julle met My? Julle almal het teen My oortree, spreek die Here.
30 Tevergeefs het Ek julle kinders geslaan; hulle het geen tugtiging aangeneem nie; julle swaard het julle profete verslind soos 'n verskeurende leeu.
31 o Geslag, verneem die woord van die Here! Het Ek vir Israel 'n woestyn geword of 'n land van duisternis? Waarom sê my volk dan: Ons swerf vry rond, ons sal nie meer na U toe kom nie?
32 Kan 'n jonkvrou haar versiersel vergeet, 'n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.
33 Hoe goed kry jy jou pad om liefde te soek! Daarom het jy ook jou weë aan die slegte dinge gewend gemaak.
34 Ook is aan jou some die bloed gevind van die siele van onskuldige armes; nie by 'n plek waar ingebreek is, het Ek dit gevind nie, maar by hierdie almal.
35 Nogtans het jy gesê: Ek is tog onskuldig; gewis het sy toorn hom van my afgewend. Kyk, Ek sal met jou na die gereg gaan, omdat jy sê: Ek het nie gesondig nie.
36 Wat loop jy so baie weg om jou pad te verander? Jy sal ook deur Egipte in die skande kom soos jy deur Assur in die skande gekom het.
37 Ook daarvan sal jy uitgaan met jou hande op jou hoof; want die Here het hulle verwerp op wie jy vertrou, en jy sal met hulle geen voorspoed hê nie.
O antigo amor e a atual apostasia do povo
1 Veio a mim Jr 1.2,11a palavra de Jeová, dizendo: 2 Vai e Jr 7.2;11.6;Is 58.1clama aos ouvidos de Jerusalém: Assim diz Jeová: A favor de ti lembro-me da Ez 16.8beneficência da tua mocidade, do amor dos teus desposórios, de como me Jr 2.6;Dt 2.7;Is 63.7-14seguiste no deserto, numa terra que não estava semeada. 3 Israel era Êx 19.5-6;Dt 7.6;14.2santidade para Jeová, primícias da sua novidade; Jr 30.16;50.7;Is 41.11todos os que o devoram serão tidos por culpados; sobre eles virá o mal, diz Jeová.
4 Ouvi a palavra de Jeová, ó casa de Jacó e todas as famílias da casa de Israel. 5 Assim diz Jeová: Is 5.4;Mq 6.3Que injustiça acharam em mim vossos pais, visto que se alongaram de mim, e foram após a Jr 8.19;2Rs 17.15vaidade, e se tornaram vãos? 6 Eles não disseram: Onde está Jeová, que Êx 20.2;Is 63.11;Os 13.4nos fez subir da terra do Egito e que Dt 8.15;32.10nos conduziu pelo deserto, por uma terra de ermos e de covas, por uma terra de fome e de escuridão, por uma terra pela qual ninguém passava? 7 Eu vos introduzi Dt 8.7-9;11.10-12numa terra de jardins, para que comêsseis os seus frutos e o seu bem; mas, quando entrastes, Jr 3.2;16.18;Sl 106.38profanastes a minha terra e fizestes a minha herança uma abominação. 8 Os Jr 10.21sacerdotes não disseram: Onde está Jeová? E os que tratavam da lei Jr 4.22;Ml 2.6-7não me conheceram; também os regentes prevaricaram contra mim, e os Jr 23.13profetas profetizaram em nome de Baal e andaram após o que Jr 16.19;Hc 2.18de nada aproveita.
9 Pelo que ainda Jr 2.35;Ez 20.35-36contenderei convosco, diz Jeová, e contenderei com os, filhos de vossos filhos. 10 Pois Is 23.12passai às ilhas de Gn 10.4;Nm 24.24Quitim e vede; mandai a Jr 49.28;Sl 120.5;Is 21.16Quedar e considerai bem; vede se jamais sucedeu coisa semelhante. 11 Acaso, trocou alguma nação os seus deuses, Jr 5.7;16.20;Is 37.19que, contudo, não são deuses? Mas o meu povo Sl 106.20;Rm 1.23trocou a sua glória por aquilo que de nada aproveita. 12 Pasmai, Jr 4.23;Is 1.2céus, sobre isso, e espantai-vos, e sede sobremaneira desolados, diz Jeová. 13 Pois dois males fez o meu povo: Deixaram-me a mim, Jr 17.13;Sl 36.9fonte de águas vivas, e cavaram para si Jr 14.3cisternas, cisternas rotas, que não retêm as águas.
Suas apostasias sem exemplo
14 Acaso, é Israel um servo? Acaso, é ele Jr 5.19;17.4;27.12,17um escravo nascido em casa? Porque logo veio a ser presa? 15 Sobre ele rugiram Jr 50.17os leões novos, e levantaram a sua voz, Jr 4.7e fizeram a terra dele uma desolação; as suas cidades estão queimadas, sem que haja quem nelas habite. 16 Também os filhos de Jr 44.1;Is 19.13;Os 9.6Nofe e de Jr 43.7-9;46.14Tafnes se apascentam sobre Jr 48.45;Dt 33.20o alto da tua cabeça. 17 Porventura, Jr 4.18não te aconteceu isso por teres deixado a Jeová, teu Deus, quando ele Dt 32.10te guiava pelo caminho? 18 Agora, que tens tu com o caminho do Jr 2.36;Jr 37.7;Is 30.1-2Egito, para beberes as águas de Js 13.3;1Cr 13.5;Is 23.3Sior? Ou que tens tu com o caminho da Jr 50.17Assíria, para beberes as águas do rio? 19 Jr 4.18;Is 3.9;Os 5.5A tua malícia te castigará, e Jr 3.6,8,11,14;Os 11.7as tuas apostasias te repreenderão. Sabe e vê que má e Jó 20.11-16;Am 8.10amarga coisa é o teres deixado a Jeová, teu Deus, e Jr 5.24;Sl 36.1o não haver em ti temor de mim, diz o Senhor, Jeová dos Exércitos.
20 Há muito que Lv 26.13quebraste o teu jugo, e rompeste as tuas ataduras, Jr 2.25e disseste: Não servirei. Pois sobre todo Jr 3.2,6;17.2;Dt 12.2;Is 57.5,7outeiro alto e debaixo de toda árvore frondosa te deitaste, fazendo-te prostituta. 21 Todavia, eu te Êx 15.17;Sl 44.2;80.8;Is 5.2plantei como uma vide escolhida, toda semente da verdade; como, pois, te tornaste para mim Is 5.4numa planta degenerada de vida estranha? 22 Embora Jr 14.4te laves com salitre e uses muito sabão, contudo, a tua iniquidade fica registrada diante de mim, diz o Senhor Jeová. 23 Pv 30.12Como podes dizer: Não estou manchada, não tenho andado após os Jr 9.14Baalins? Vê o teu caminho Jr 7.31no vale, conhece o que tens feito; és como dromedária ligeira, que anda Jr 2.33,36;Jr 31.22torcendo os seus caminhos, 24 como Jr 14.6asna silvestre, acostumada ao deserto, que sorve o vento na sua paixão; quem a pode impedir de satisfazer o seu desejo? Todos os que a buscarem não se fatigarão; no mês dela, achá-la-ão. 25 Guarda o teu pé da nudez e a tua garganta, da sede. Mas tu disseste: Jr 18.12Não há esperança, não; porque Jr 14.10;Dt 32.16amei os estranhos e após eles andarei.
26 Como Jr 48.27o ladrão fica envergonhado quando o apanham, assim ficam envergonhados os da casa de Israel, eles, os seus reis, os seus príncipes, os seus sacerdotes e os seus profetas. 27 Eles dizem a um Jr 3.9;10.8pau: Tu és meu pai; e a uma pedra: Tu me deste à luz. Pois me voltaram Jr 18.17;32.33as costas e não o rosto; porém, Jr 22.23;Is 26.16no tempo da sua tribulação, dirão: Levanta-te e salva-nos. 28 Mas onde estão os teus Jr 1.16;Dt 32.37;Is 45.20deuses, que fizeste para ti? Levantem-se eles se te podem Jr 11.12-13salvar no tempo da tua tribulação; pois os teus deuses, ó Judá, são tantos em número Jr 11.13;2Rs 17.30-31como as tuas cidades.
A confiança própria do povo é vã
29 Por que quereis contender comigo? Jr 5.1;6.13;Dn 9.11Todos vós transgredistes contra mim, diz Jeová. 30 Jr 5.3;7.28;Is 1.5Em vão castiguei vossos filhos; eles não receberam a correção; Jr 26.20-24;Ne 9.26a vossa espada devorou os vossos profetas, como um leão destruidor. 31 Ó geração! Vede vós a palavra de Jeová. Porventura, tenho eu sido para Israel um deserto? Ou uma terra de Is 45.19escuridão? Por que, pois, diz o meu povo: Jr 2.20,25;Dt 32.15Andamos à vontade, não tornaremos mais para ti? 32 Pode, porventura, a donzela esquecer-se dos seus adornos, ou a noiva, do seu cinto? Mas o meu povo Jr 3.21;13.25;Is 17.10;Os 8.14esqueceu-se de mim por dias que não têm número. 33 Como Jr 2.23diriges bem o teu caminho, para buscares o amor! Pois até às mulheres perdidas lhes ensinaste os teus caminhos. 34 Também nas orlas dos teus vestidos se achou o Jr 7.6;19.4;2Rs 21.16;24.4sangue das almas dos inocentes pobres; não no lugar Êx 22.2do arrombamento o achei, mas sobre todos estes vestidos. 35 Contudo, disseste: Jr 2.23Eu sou inocente; certamente, a sua ira já se desviou de mim. Eis que eu Jr 25.31entrarei em juízo contigo, porque Pv 28.13;1Jo 1.8,10dizes: Não tenho pecado. 36 Por que Jr 2.23;Os 12.1te apressas tanto a mudar o teu caminho? Também do Jr 2.18;37.7;Is 30.3Egito serás envergonhada, como já foste envergonhada da 2Cr 28.16,20-21Assíria. 37 Também dele sairás Jr 14.3-4;2Sm 13.19com as mãos sobre a cabeça, porque Jeová rejeitou Jr 17.5;37.7-10as tuas confianças, e não serás bem sucedido nelas.