1 in die negende jaar van Sedekía, die koning van Juda, in die tiende maand, het Nebukadrésar, die koning van Babel, met sy hele leër na Jerusalem gekom en hulle het dit beleër;
2 in die elfde jaar van Sedekía, in die vierde maand, op die negende van die maand, is in die stad ingebreek —
3 toe het al die vorste van die koning van Babel gekom en gaan sit in die Middelste Poort, naamlik Nergal-Saréser, Samgar-Nebo, Sársegim, die rábsaris, Nergal-Saréser, die rabmag, en al die ander vorste van die koning van Babel.
4 En toe Sedekía, die koning van Juda, en al die krygsmanne hulle sien, het hulle gevlug en in die nag uit die stad getrek op pad na die koning se tuin, deur die poort tussen die twee mure; en hy het uitgetrek op pad na die Vlakte toe.
5 Maar die leër van die Chaldeërs het hulle agternagejaag en Sedekía in die vlaktes van Jérigo ingehaal en hom gevang en hom gebring na Nebukadrésar, die koning van Babel, na Ribla in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek.
6 En die koning van Babel het die seuns van Sedekía voor sy oë in Ribla geslag; ook het die koning van Babel al die edeles van Juda geslag.
7 En hy het die oë van Sedekía laat verblind en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te bring.
8 En die Chaldeërs het die paleis van die koning en die huise van die volk met vuur verbrand; en die mure van Jerusalem het hulle omgegooi.
9 En die deel van die volk wat nog in die stad oorgebly het en die oorlopers wat na hom oorgeloop het, en die deel van die volk wat nog oorgebly het, het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer na Babel toe.
10 Maar van die arm mense wat niks gehad het nie, het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in die land Juda laat agterbly en aan hulle wingerde en landerye in dié tyd gegee.
11 Maar aangaande Jeremia het Nebukadrésar, die koning van Babel, bevel gegee deur middel van Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, en gesê:
12 Neem hom en hou jou oë oor hom en doen hom geen kwaad nie; maar doen met hom soos hy jou sal sê.
13 Toe stuur Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, en Nebusásban, die rábsaris, en Nergal-Saréser, die rabmag, en al die bevelhebbers van die koning van Babel — hulle het gestuur
14 en Jeremia uit die voorhof van bewaking laat haal en hom oorgegee aan Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, om hom huis toe te bring. So het hy dan onder die volk gebly.
15 Ook het die woord van die Here tot Jeremia gekom, terwyl hy in die voorhof van bewaking opgesluit was, naamlik:
16 Gaan en spreek met Ebed-Meleg, die Kusiet, en sê: So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring my woorde oor hierdie stad ten kwade en nie ten goede nie, en dit sal voor jou oë vervul word in dié dag.
17 Maar Ek sal jou in dié dag red, spreek die Here; en jy sal nie oorgegee word in die hand van die manne vir wie jy bang is nie.
18 Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou 'n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die Here.
Nabucodonosor toma a Jerusalém e livra a Jeremias
1 Quando Jerusalém foi tomada Jr 52.4;2Rs 25.1-12;Ez 24.1-2(no nono ano de Zedequias, rei de Judá, no décimo mês, vieram Nabucodonosor, rei de Babilônia, e todo o seu exército contra Jerusalém e a sitiaram; 2 no undécimo ano de Zedequias, no quarto mês, aos nove dias do mês, fez-se Jr 52.7;2Rs 25.4uma brecha na cidade), 3 entraram todos os príncipes do rei de Babilônia, e sentaram-se Jr 21.4na porta do meio: Jr 39.13Nergal-Sarezer, Sangar-Nebo, Sarsequim, Rabe-Saris, Nergal-Sarezer, Rabe-Mague, juntamente com todo o resto dos príncipes do rei de Babilônia.
4 Quando Zedequias, rei de Judá, e todos os homens de guerra os viram, Jr 52.7;2Rs 25.4;Is 30.15-16;Am 2.14fugiram, e de noite saíram da cidade, pelo caminho do jardim do rei, pela porta 2Cr 32.5entre os dois muros. Zedequias saiu pelo caminho da Arabá. 5 Porém o exército dos Jr 32.4-5;38.18,23;52.8;Lm 4.20caldeus os perseguiu, e alcançou a Zedequias nas Js 4.13;5.10campinas de Jericó; apoderando-se dele, levaram-no a Nabucodonosor, rei de Babilônia, a Jr 52.9,26-27Ribla na terra de Hamate, e o rei Jr 32.4o sentenciou. 6 O Jr 52.10;2Rs 25.7rei de Babilônia matou em Ribla os filhos de Zedequias Dt 28.34diante dos seus olhos; também matou o rei de Babilônia a todos os Jr 21.7;24.8-10;34.19-21príncipes de Judá. 7 Jr 52.11;2Rs 25.7;Ez 12.13Cegou os olhos de Zedequias e o atou com Jz 16.21grilhões para o levar a Jr 32.5Babilônia. 8 Os caldeus Jr 21.10;52.13incendiaram a casa do rei, e as casas do povo, e Jr 52.14;2Rs 25.10;Ne 1.3derribaram os muros de Jerusalém. 9 Então Jr 24.8o resto do povo que havia ficado na cidade, e Jr 38.19;52.15os desertores que haviam passado para ele, e o resto do povo que havia ficado, Jr 39.13;Jr 40.1;52.12-16,26;2Rs 25.11,20Nebuzaradã, Gn 37.36capitão da guarda, levou-os cativos para Babilônia. 10 Jr 52.16;2Rs 25.12Dos pobres dentre o povo, porém, que não tinham coisa alguma, Nebuzaradã, capitão da guarda, deixou-os ficar na terra de Judá, e ao mesmo tempo deu-lhes vinhas e campos.
11 Nabucodonosor, rei de Babilônia, ordenou a Nebuzaradã, capitão da guarda, acerca de Jr 1.8;15.20-21;Jó 5.15-16;At 24.23Jeremias, dizendo: 12 Toma-o, e trata-o bem, Sl 105.14-15;Pv 16.7;21.1;1Pe 3.13e não lhe faças mal algum; mas faze-lhe como ele te disser. 13 Enviaram Nebuzaradã, capitão da guarda, e Nebus-Hasbã, Rabe-Saris, e Nergal-Sarezer, Jr 39.3Rabe-Mague, e todos os magnates do rei de Babilônia; 14 sim enviaram, e Jr 38.28;40.1-6tiraram do pátio da guarda a Jeremias, e entregaram-no a Gedalias, filho de Jr 26.24;2Rs 22.12,14;2Cr 34.20Aicão, filho de Safã, para que o levasse para casa; assim habitou entre o povo.
15 Ora veio a palavra de Jeová a Jeremias, quando Jeremias estava Jr 38.28encarcerado no pátio da guarda, dizendo: 16 Vai, e dize a Jr 38.7Ebede-Meleque o etíope: Assim diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: Eis que trarei as minhas palavras sobre esta cidade Jr 21.10;Dn 9.12;Zc 1.6para mal, e não para bem; e cumprir-se-ão Sl 91.8-9diante de ti naquele dia. 17 Mas Sl 41.1-2;50.15livrar-te-ei naquele dia, diz Jeová; e não serás entregue nas mãos dos Jr 38.1,9homens, a quem temes. 18 Pois certamente te salvarei, e não cairás à espada, mas a Jr 21.9;38.2;45.5tua vida te será por despojo; porque Jr 17.7-8;Sl 34.22puseste a tua confiança em mim, diz Jeová.