Profesie teen Babel.
1 DIE woord wat die Here deur die profeet Jeremia gespreek het oor Babel, oor die land van die Chaldeërs.
2 Verkondig onder die nasies en laat hoor, en steek 'n banier op, laat hoor; verberg dit nie; sê: Babel is ingeneem, Bel staan beskaamd, Meródag is verskrik; sy afgode staan beskaamd, sy drekgode is verskrik.
3 Want 'n volk trek teen hom op uit die Noorde; dit sal sy land 'n woesteny maak, sodat daar geen inwoner in is nie; mense sowel as diere het gevlug, weggetrek.
4 In dié dae en in dié tyd, spreek die Here, sal die kinders van Israel kom, hulle met die kinders van Juda saam; onder geween sal hulle voorttrek en die Here hulle God soek.
5 Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom en by die Here aansluit in 'n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.
6 'n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoer na die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.
7 Almal wat hulle kry, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê: Ons maak ons nie skuldig nie, omdat hulle gesondig het teen die Here, die Woning van geregtigheid en die Verwagting van hulle vaders, die Here.
8 Vlug uit Babel, en gaan uit die land van die Chaldeërs, en wees soos bokke voor die trop kleinvee uit!
9 Want kyk, Ek verwek en laat teen Babel optrek 'n menigte van groot nasies uit die Noordland; dié sal hulle teen hom opstel — daarvandaan sal hy ingeneem word; hulle pyle sal wees soos dié van 'n voorspoedige held wat nie met leë hande terugkom nie.
10 En Chaldéa sal 'n buit word; almal wat hom beroof, sal versadig word; spreek die Here.
11 Al is julle verheug, al jubel julle, plunderaars van my erfenis, al huppel julle soos 'n vers wat graan dors, en runnik julle soos die hingste —
12 julle moeder staan grootliks beskaamd; sy wat julle gebaar het, is rooi van skaamte. Kyk, sy is die agterste van die nasies, 'n woestyn, 'n dor land en 'n wildernis.
13 Weens die toorn van die Here sal dit nie bewoon word nie, maar geheel en al 'n wildernis wees; elkeen wat by Babel verbygaan, sal verbaas wees en spot oor al sy plae.
14 Stel julle op teen Babel rondom, julle almal wat die boog span! Beskiet hom, spaar die pyle nie! Want hy het teen die Here gesondig.
15 Juig oor hom rondom — hy het hom oorgegee, sy pilare het geval, sy mure is afgebreek; want dit is die wraak van die Here; wreek julle op hom, doen aan hom soos hy gedoen het!
16 Roei uit Babel uit die saaier en die wat die sekel hanteer in die oestyd; laat hulle vanweë die verdrukkende swaard elkeen na sy volk omdraai en elkeen na sy land vlug!
17 Israel is 'n rondgejaagde skaap wat die leeus weggedrywe het; eers het die koning van Assur hom opgeëet, en nou ten laaste het Nebukadrésar, die koning van Babel, sy gebeente afgeknaag.
18 Daarom, so sê die Here van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek doen besoeking oor die koning van Babel en oor sy land, soos Ek besoeking gedoen het oor die koning van Assur.
19 En Ek sal Israel na sy weiveld terugbring, en hy sal wei op Karmel en in Basan; en sy siel sal op die gebergte van Efraim en in Gílead versadig word.
20 In dié dae en in dié tyd, spreek die Here, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat Ek laat oorbly.
21 Teen die land Meratáim, trek daarteen op en teen die inwoners van Pekod! Verwoes en tref met die banvloek agter hulle, spreek die Here, en doen net soos Ek jou beveel het.
22 Daar is oorlogsgeskreeu in die land en 'n groot verbreking.
23 Hoe is die hamer van die hele aarde afgekap en verbreek! Hoe het Babel geword 'n voorwerp van verbasing onder die nasies!
24 Ek het vir jou 'n strik gespan, en jy is ook gevang, o Babel, sonder dat jy dit geweet het; jy is betrap en ook gegryp, omdat jy jou teen die Here in die stryd begeef het.
25 Die Here het sy skatkamer oopgemaak en die werktuie van sy grimmigheid uitgebring; want 'n werk is dit wat die Here Here van die leërskare te doen het in die land van die Chaldeërs.
26 Kom aan teen hom van alle kante, maak oop sy voorraadskure, stapel hom op soos koringmiede, en tref hom met die banvloek! Hy moet geen oorblyfsel hê nie.
27 Slaan dood al sy jong stiere, laat hulle afgaan om geslag te word. Wee hulle, want hulle dag het gekom, die tyd van hulle besoeking.
28 Hoor! Vlugtelinge en mense wat vrygeraak het uit die land van Babel, om in Sion te verkondig die wraak van die Here onse God, die wraak van sy tempel.
29 Roep teen Babel skutters op, almal wat die boog span; slaan laer op rondom teen hom, laat daar geen ontkoming wees nie! Vergeld hom na sy werk, doen met hom net soos hy gedoen het, want hy was vermetel teen die Here, teen die Heilige van Israel.
30 Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine en al sy krygsmanne in dié dag omkom, spreek die Here.
31 Kyk, Ek het dit teen jou, o vermetele, spreek die Here Here van die leërskare; want jou dag het gekom, die tyd dat Ek oor jou besoeking sal doen.
32 Dan sal die vermetele struikel en val, en daar sal niemand wees wat hom optel nie; en Ek sal 'n vuur aansteek in sy stede, en dit sal sy hele omgewing verteer.
33 So sê die Here van die leërskare: Die kinders van Israel en die kinders van Juda is saam verdruk; en almal wat hulle as gevangenes weggevoer het, hou hulle vas, weier om hulle te laat trek.
34 Maar hulle Verlosser is sterk, Here van die leërskare is sy Naam; Hy sal hulle saak sekerlik verdedig, om die aarde rus te gee en die inwoners van Babel in onrus te bring.
35 Die swaard oor die Chaldeërs, spreek die Here, en oor die inwoners van Babel en oor sy vorste en oor sy wyse manne!
36 Die swaard oor die grootpraters, dat hulle dwaas kan word! Die swaard oor sy helde, dat hulle verskrik kan word!
37 Die swaard oor sy perde en sy strydwaens en oor die hele gemengde bevolking wat daar binne-in is, dat hulle vroue kan word! Die swaard oor sy skatte, dat hulle geplunder kan word!
38 Droogte oor sy waters, dat hulle kan uitdroog! Want dit is 'n land van gesnede beelde, en deur die skrikgestaltes is hulle waansinnig.
39 Daarom sal daar boskatte saam met wildehonde bly; ook sal daar volstruise in bly; 'n mens sal daar in ewigheid nie meer bly nie, en dit sal nie bewoon word van geslag tot geslag nie.
40 Soos God Sodom en Gomorra met hulle bure omgekeer het, spreek die Here, sal daar niemand woon nie, en geen mensekind daar vertoef nie.
41 Kyk, daar kom 'n volk uit die Noorde, en 'n groot nasie en magtige konings word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.
42 Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle geluid bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos 'n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Babel!
43 Die koning van Babel het die gerug van hulle gehoor, en sy hande het slap geword; benoudheid het hom aangegryp, smart soos van een wat baar.
44 Kyk, soos 'n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in 'n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag, en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog 'n herder wat voor my aangesig kan standhou?
45 Daarom, hoor die raadsbesluit van die Here wat Hy teen Babel geneem en sy planne wat Hy teen die land van die Chaldeërs beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
46 Van die tyding: Babel is ingeneem! bewe die aarde, en geskreeu word onder die nasies gehoor.
Profecia acerca da destruição de Babilônia e libertação de Israel
1 A palavra que falou Jeová acerca de Jr 20.4-6;Gn 10.10;11.9;2Rs 17.24;Is 13.1;Dn 1.1;Ap 14.8Babilônia, acerca da terra dos caldeus, por meio do profeta Jeremias.
2 Jr 4.16Anunciai entre as nações e publicai, e Jr 51.27arvorai um estandarte; publicai e não encubrais; dizei: Jr 51.31Tomada está Babilônia, Is 46.1envergonhado Bel, espantado Merodaque; envergonhadas estão Jr 51.47as suas imagens, espantados os seus ídolos. 3 Pois do Jr 50.9;Jr 51.11,27;Is 13.17norte vem contra ela uma nação, que tornará a sua terra Jr 50.13;Is 14.22-23em desolação, e ninguém habitará nela; tanto os homens como os animais já Jr 9.10;Sf 1.3fugiram e se foram. 4 Naqueles dias e naquele tempo, diz Jeová, virão os filhos de Israel, Jr 3.18;31.31;33.7;Is 11.12-13;Os 1.11juntamente com os filhos de Judá, seguirão o seu caminho Jr 31.9;Ed 3.12-13chorando, e buscarão a Jeová seu Deus. 5 Tendo os seus rostos voltados para lá, Jr 6.16;Is 35.8indagarão acerca de Sião, dizendo: Vinde, e uni-vos a Jeová com uma Jr 32.40;Is 55.3;Hb 8.6-10aliança sempiterna que nunca será esquecida.
6 Is 53.6;Ez 34.15-16;Mt 9.36;10.6Ovelhas perdidas têm sido o meu povo; Jr 23.11-14os seus pastores fizeram-nas errar, e voltar aos Jr 13.16;Ez 34.6montes; do monte passaram ao outeiro, esqueceram-se do Jr 50.19;Jr 33.12lugar do seu repouso. 7 Jr 50.17Todos os que os acharam, os devoraram, e os seus adversários disseram: Não somos culpados; porque Jr 40.2-3pecaram contra Jeová, Jr 31.23morada de justiça, contra Jeová, Jr 14.8;17.13esperança de seus pais. 8 Jr 50.28;Jr 51.6Fugi do meio de Babilônia, e saí da terra dos caldeus, e sede como os bodes que vão adiante dos rebanhos. 9 Pois eis que Jr 51.1-2suscitarei e farei vir da Jr 50.3terra boreal contra Babilônia uma assembleia de grandes nações; Jr 50.14,29por-se-ão em ordem contra ela, e dali será ela tomada. As suas flechas serão as de um valente perito que não tornará vazio. 10 Jr 51.24,35;Ez 11.24Caldeia servirá de presa; e todos os que a despojaram, serão fartos, diz Jeová.
11 Porquanto vos alegrais, porquanto vos regozijais, ó vós que Jr 12.14saqueais a minha herança, porquanto estais soltos como Jr 46.20novilha que pisa o trigo, e rinchais como ginetes; 12 mui envergonhada será Jr 15.9vossa mãe, confundida será a que vos deu à luz; eis que será a última das nações, Jr 22.6;51.43erma, terra árida, e deserta. 13 Por causa do furor de Jeová Jr 25.12;34.22não será habitada, mas será Jr 50.3;Jr 51.36de todo desolada; todo o que passar por Babilônia, Jr 18.16;49.17se espantará e assobiará por causa de todas as suas pragas. 14 Jr 50.29Ponde-vos em ordem contra Babilônia ao redor, todos vós os que armais o arco; atirai-lhe, não poupeis as flechas; porque ela tem Hc 2.8,17pecado contra Jeová. 15 Jr 51.14Gritai contra ela ao redor; 1Cr 29.24ela se submeteu, caídos estão os seus baluartes, derrubados Jr 51.44,58os seus muros. Pois é Jr 50.29;Jr 46.10vingança de Jeová; tomai vingança dela: Jr 50.29;Sl 137.8como ela tem feito, assim fazei-lhe a ela. 16 Exterminai de Babilônia Jl 1.11o que semeia e o que maneja a foice no tempo da ceifa; por causa da Jr 25.38;46.16espada opressora Jr 51.9;Is 13.14tornarão cada um para o seu povo, e fugirão, cada um para a sua terra.
17 Israel é Jr 50.6ovelha desgarrada que Jr 2.15;4.7os leões afugentaram: Jr 50.7devorou-o primeiro o 2Rs 15.29;17.6;18.9-13rei da Assíria, e por fim este 2Rs 24.1,10-12;25.1-7Nabucodonosor, rei de Babilônia, quebrou-lhe os ossos. 18 Portanto assim diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: Eis que Is 10.12;Ez 31.3,11-12;Na 1.1;3.7,18-19castigarei o rei de Babilônia e a sua terra, como castiguei o rei da Assíria. 19 Jr 31.10;33.12Farei voltar Israel para a sua morada, e pastará no Carmelo e em Basã, e a sua alma se fartará nos Jr 31.5outeiros de Efraim e de Gileade. 20 Naqueles dias e naquele tempo, diz Jeová, buscar-se-á a iniquidade de Israel, Jr 31.34;Is 43.25;Mq 7.19e não a haverá mais; e os pecados de Judá, e não se acharão: pois Jr 33.8;Is 1.9;Rm 9.26-27perdoarei aos que eu reservar.
21 Sobe à terra de Merataim, sobe contra ela e contra os habitantes de Ez 23.23Pécode; mata e de todo destrói após eles, diz Jeová, Jr 48.10e faze conforme tudo o que te ordenei. 22 Na terra há som de guerra, e de grande destruiçãoJr 4.19-21;51.54-56. 23 Como está partido e quebrado Jr 51.20-24o martelo de toda a terra! como se tornou Babilônia um espetáculo horrendo entre as nações! 24 Eu te Jr 48.43-44;51.31enredei, e foste também Dn 5.30-31tomada, ó Babilônia, e tu não o soubeste; estás surpreendida e também apanhada, porque tens Jó 9.4;40.2,9provocado a Jeová. 25 Jeová acaba de abrir o seu arsenal, e tirar dele as Is 13.5armas da sua indignação; porque o Senhor, Jeová dos Exércitos, Jr 50.15;Jr 51.12,25,55tem que fazer na terra dos caldeus. 26 Vinde contra ela Jr 50.41de todos os lados, Jr 50.10;Is 45.3abri os seus celeiros, fazei dela montões, Is 14.23e destruí-a de todo; não fique dela resto algum. 27 Is 34.7Matai a todos os seus novilhos; Jr 48.15desçam eles ao degoladouro: ai deles! pois é chegado o Jr 46.21;Sl 37.13;Ez 7.7seu dia, o tempo da sua visitação. 28 Eis Is 48.20a voz dos que Jr 50.8;Jr 51.6fogem e escapam da terra de Babilônia para anunciar em Sião Jr 50.15;Jr 51.10;Sl 149.6-9a vingança de Jeová, nosso Deus, a vingança do seu Lm 1.10;2.6-7templo.
29 Jr 50.14Convocai contra Babilônia os flecheiros, todos os que armam o arco; acampai-vos contra ela em redor; e não escape ninguém. Pagai-lhe Jr 50.15;Jr 51.56;Sl 137.8conforme a sua obra; conforme tudo o que ela tem feito, assim lhe fazei a ela; porque se houve Jr 49.16;Êx 10.3;Dn 4.37arrogantemente contra Jeová, contra o Santo de Israel. 30 Por isso os Jr 9.21;18.21;49.26;Is 13.17-18seus mancebos cairão nas suas ruas, e todos os seus homens de guerra serão Jr 51.56-57reduzidos ao silêncio naquele dia, diz Jeová. 31 Eis Jr 21.13;Na 2.13que sou contra ti, ó orgulhosa, diz o Senhor, Jeová dos Exércitos: pois é chegado o teu dia, o tempo em que te visitarei. 32 A Is 10.12-15orgulhosa tropeçará, e cairá, e ninguém a levantará; e Jr 21.14;49.27acenderei fogo nas suas cidades, que devorará todos os que estão ao redor dela.
33 Assim diz Jeová dos Exércitos: Os filhos de Israel e os filhos de Judá juntamente sofrem opressão; e Is 14.17;58.6todos os que os levaram cativos, os retêm; recusam deixá-los ir. 34 O Jr 15.21;31.11;Is 43.14redentor deles é forte; Jr 32.18;51.19Jeová dos Exércitos é o seu nome; certamente Jr 51.36;Mq 7.9defenderá em juízo a causa deles, para Is 14.3-7dar descanso à terra, e para inquietar os habitantes de Babilônia. 35 A Jr 47.6;Os 11.6espada está sobre os caldeus, diz Jeová, e sobre os habitantes de Babilônia, e sobre os seus Dn 5.1-2,30príncipes, e sobre os seus Dn 5.7-8sábios. 36 A espada está sobre os Is 44.25paroleiros, e eles ficarão insensatos; a espada está sobre os seus Jr 49.22valentes, e eles serão Na 3.13espantados. 37 A espada está sobre os Jr 51.21-22;Sl 20.7-8seus cavalos, e sobre os seus carros, e sobre todo Jr 25.20;Ez 30.5o povo misto que se acha no meio dela, e eles tornar-se-ão Jr 48.41;51.30como mulheres; a espada está sobre os seus tesouros, e eles serão roubados. 38 A Jr 51.36seca está sobre as suas águas, e elas secarão; pois é terra de Jr 50.2;Is 46.1,6,7imagens esculpidas, e pelos seus ídolos fazem-se loucos. 39 Portanto Jr 51.37;Is 13.21-22feras do deserto juntamente com lobos habitarão ali, e morarão nela avestruzes e nunca mais será habitada, Is 13.20nem servirá de moradia de geração em geração. 40 Como quando Deus subverteu Jr 49.13;Lc 17.28-30;2Pe 2.6;Jd 7a Sodoma e a Gomorra e as suas cidades vizinhas, diz Jeová, não habitará ali homem, nem nela peregrinará filho de homem.
41 Jr 6.22-24Eis que um povo vem Jr 50.3,9;Jr 51.27-28;Is 13.2-5do norte; e uma grande nação e muitos reis serão suscitados dos últimos confins da terra. 42 Armam-se de arco e de lança; Is 13.17-18;47.6são cruéis, e não têm piedade; a voz deles Is 5.30brama como o mar, e montam Jr 8.16;47.3;Hc 1.8em cavalos, cada um Jr 50.9,14;Jl 2.5posto em ordem, como homem para a batalha, contra ti, ó filha de Babilônia. 43 Já ouviu o Jr 51.31rei de Babilônia a fama deles, e desfalecem as suas mãos; dele se apoderou a Jr 30.6angústia, e dores como as da mulher que está de parto. 44 Jr 49.19-21Eis que subirá um inimigo, como leão, da soberba do Jordão contra a morada forte; mas de repente o farei correr dela; quem for Nm 16.5escolhido, pô-lo-ei sobre ela. Pois quem Is 46.9há semelhante a mim? quem me fixará um prazo? e quem é o pastor que Jr 30.21;Jó 41.10me poderá resistir. 45 Portanto ouvi Jr 51.10-11;Is 14.24o conselho de Jeová, que tomou contra Babilônia, e os desígnios que formou contra a terra dos caldeus: Jr 49.20certamente eles, os mais pequenos do rebanho, serão arrastados; certamente a sua habitação será espantada por causa deles. 46 Ao estrondo da tomada de Babilônia, Jr 10.10;49.21;Ez 26.18;31.16estremece a terra; e ouve-se entre as nações Jr 46.12;51.54;Is 5.7;15.5;Ez 27.28o grito.