Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 3

TB

1 HY : As 'n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word 'n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die Here!

2 Slaan jou op na die kaal heuwels en kyk! Waar is jy nie onteer nie? Aan die paaie het jy vir hulle klaar gesit soos 'n Arabier in die woestyn, en jy het die land ontheilig deur jou hoererye en deur jou boosheid.

3 En die reënbuie is ingehou, en daar was geen laat reëns nie. Maar jy het 'n hoerevoorhoof gehad, jy het geweier om jou te skaam.

4 Het jy My nie nou eers aangeroep nie: My Vader, die vertroude Vriend van my jeug is U!

5 Sal Hy vir ewig die toorn behou, of dit vir altyd bewaar? Kyk, dit het jy gesê, maar jy het slegte dinge gedoen tot die uiterste toe.

Oproep tot bekering, en beloftes van herstel.

6 EN die Here het vir my gesê in die dae van koning Josía: Het jy gesien wat die afkerige, Israel, gedoen het? Sy het op elke hoë berg en tot onder elke groen boom gegaan en daar gehoereer.

7 En Ek het gesê, nadat sy dit alles gedoen het: Keer na My terug! Maar sy het nie teruggekeer nie. En dit het die ontroue, haar suster Juda, gesien.

8 En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.

9 En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout.

10 Maar ook ondanks dit alles het die ontroue, haar suster Juda, haar nie met haar hele hart tot My bekeer nie, maar valslik, spreek die Here.

11 Toe het die Here vir my gesê: Die afkerige, Israel, het haar siel geregverdig meer as die ontroue, Juda.

12 Gaan en roep hierdie woorde na die noorde toe uit en : Keer terug, o afkerige, Israel, spreek die Here. Ek sal julle nie donker aankyk nie, want Ek is goedertieren, spreek die Here; Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie.

13 Alleenlik, ken jou ongeregtigheid, dat jy teen die Here jou God oortree het en jou weë gerig het na die vreemdes, onder elke groen boom; maar na my stem het julle nie geluister nie, spreek die Here.

14 Keer terug, o afkerige kinders, spreek die Here, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit 'n stad en twee uit 'n geslag en sal julle in Sion bring.

15 En Ek sal aan julle gee herders na my hart, wat julle sal oppas met kennis en verstand.

16 En as julle vermenigvuldig en vrugbaar word in die land in dié dae, spreek die Here, dan sal hulle nie meer : Die verbondsark van die Here nie. Ook sal dit in die hart nie opkom nie, en hulle sal daaraan nie dink en dit nie soek nie, en dit sal nie weer gemaak word nie.

17 In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die Here; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die Here in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie.

18 In dié dae sal die huis van Juda gaan na die huis van Israel, en hulle sal saam uit die Noordland kom in die land wat Ek aan julle vaders as erfenis gegee het.

19 Ék het wel gedink: o Hoe gaan Ek jou met seuns gelykstel en aan jou gee 'n kosbare land, 'n allersierlikste erfenis van die nasies! Ook het Ek gedink: Jy sal My noem: My Vader! en jy sal van My nie afvallig word nie.

20 Maar soos 'n vrou troueloos skei van haar minnaar, so het julle troueloos teen My gehandel, o huis van Israel, spreek die Here.

21 'n Stem is gehoor op die kaal heuwels, smekende geween van die kinders van Israel, omdat hulle hul weg verdraai het, die Here hulle God vergeet het.

22 Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees. Hier is ons, ons kom na U toe, want U is die Here onse God.

23 Waarlik, tevergeefs verwag hulle dit van die heuwels en van die rumoer op die berge; waarlik, in die Here onse God is Israel se heil.

24 Maar die Skandegod het die goed van ons vaders opgeëet van ons jeug af, hulle kleinvee en hulle beeste, hulle seuns en hulle dogters.

25 Ons wil neerlê in ons skande, en ons smaad moet ons oordek; want ons het teen die Here onse God gesondig, ons en ons vaders van ons jeug af tot vandag toe, en ons het nie geluister na die stem van die Here onse God nie.

A clemência de Jeová para com a infidelidade do povo

1 Dizem: Dt 24.1-4Se um homem repudiar a sua mulher, e ela o deixar e tomar outro marido, porventura, tornará ele mais para ela? Acaso, não será aquela terra grandemente contaminada? Mas tu Jr 2.20;Ez 16.26,28-29te hás prostituído a muitos amantes? E pensas tu Jr 4.1;Zc 1.3em voltar para mim? diz Jeová. 2 Levanta os teus olhos Jr 2.20;Dt 12.2aos altos escalvados e ; onde é o lugar em que te não hás prostituído? Junto aos caminhos Ez 16.25te sentaste, esperando-os, como um árabe no deserto; e Jr 2.7manchaste a terra com as tuas fornicações e com a tua malícia. 3 Portanto, foram retidos Jr 14.3-6;Lv 26.19os chuveiros, e não houve chuva tardia; tiveste Jr 6.15;8.12;Ez 3.7-8a fronte duma prostituta e não quiseste ter vergonha. 4 Acaso, não clamarás a mim desde agora, dizendo: Jr 3.19;Jr 31.9Pai meu, tu és Sl 71.17o guia da minha mocidade? 5 Jr 3.12;Sl 103.9;Is 57.16Reterá ele a sua ira para sempre? Ou conservá-la-á até o fim? Eis que assim falaste, mas fizeste coisas ruins e continuaste nelas.

6 Jeová disse-me nos dias do rei Josias: Viste, porventura, o que fez Jr 7.24a apóstata Israel? Ela Jr 17.2;Ez 23.4-10foi-se acima de todo alto monte e debaixo de toda árvore frondosa, e ali se entregou à fornicação. 7 Depois de ter feito todas essas coisas, eu disse: Ela voltará para mim. Contudo, ela não voltou. A sua Jr 3.11;Ez 16.47aleivosa irmã Judá viu isso, 8 sim, viu que, por esse motivo, a saber, por ter cometido adultério a apóstata Israel, eu a repudiara e Dt 24.1,3;Is 50.1lhe dera carta de divórcio; contudo, Ez 16.46-47a sua aleivosa irmã Judá, não temeu, mas também ela se foi e se entregou à fornicação. 9 Pela facilidade da sua prostituição Jr 3.2;Jr 2.7contaminou ela a terra e adulterou com Jr 2.27;10.8;Is 57.6pedras e com paus. 10 Apesar de tudo isso, a sua aleivosa irmã Judá não voltou para mim de todo o seu coração, mas Jr 12.2;Os 7.14fingidamente, diz Jeová.

A conduta de Judá pior do que a de Israel

11 Disse-me Jeová: Ez 16.51-52;23.11A apóstata Israel mostrou-se mais justa do que Jr 3.7a aleivosa Judá. 12 Vai, e apregoa estas palavras para a banda do 2Rs 17.6Norte, e dize: Jr 3.14,22Volta, apóstata Israel, diz Jeová. Jr 3.5Não olharei em ira para ti, porque eu sou Jr 12.15;31.20;33.26;Sl 86.15compassivo, diz Jeová, e não conservarei para sempre a minha ira. 13 Tão somente reconhece a tua iniquidade, Jr 3.25;Jr 14.20;Dt 30.1-3reconhece que transgrediste contra Jeová, teu Deus, e Jr 3.2,6;Jr 2.20,25perverteste os teus caminhos aos estranhos, Dt 12.2debaixo de toda árvore frondosa, e não obedeceste à minha voz, diz Jeová. 14 Jr 3.12Voltai, filhos apóstatas, diz Jeová, porque eu sou Jr 31.32;Os 2.19vosso esposo. Eu vos tomarei um de cada cidade e dois de cada família Jr 31.6,12;50.4-5e vos levarei a Sião. 15 Dar-vos-ei Jr 23.4;31.10;50.19;Ez 34.23pastores segundo o meu coração, os quais vos At 20.28apascentarão com ciência e com inteligência. 16 Quando vos multiplicardes e crescerdes na terra, naqueles dias, diz Jeová, Is 65.17não dirão mais: A arca da Aliança de Jeová! Nem lhes virá ela ao pensamento, nem dela se lembrarão; não a visitarão, nem será ela restabelecida. 17 Naquele tempo, chamarão a Jerusalém o Jr 17.12;Ez 43.7Trono de Jeová; nela se reunirão Jr 3.19;Jr 4.2;12.15-16;16.19todas as nações, em Is 60.9nome de Jeová, Jr 11.8e não andarão mais após a obstinação do seu coração maligno. 18 Jr 50.4-5;Os 1.11Naqueles dias, a casa de Judá andará com a casa de Israel, e virão juntamente Jr 16.15;31.8da terra do Norte para a terra que Am 9.15dei em herança a vossos pais.

Israel é convidado e encorajado a se arrepender

19 Mas eu disse: Como te porei entre os filhos e te darei a terra desejável, a mais Sl 16.6formosa herança das nações? Eu disse: Chamar-me-eis Jr 3.4;Is 63.16Meu pai e não vos desviareis de me seguirdes. 20 Deveras, do como que a mulher se aparta Jr 3.6-7aleivosamente do seu companheiro, assim Is 48.8aleivosamente te houveste comigo, ó casa de Israel, diz Jeová. 21 Uma voz se ouve Jr 3.2;Jr 7.29;Is 15.2nos altos escalvados, o choro e as súplicas dos filhos de Israel; porque perverteram o seu caminho, Jr 2.32;13.25;Is 17.10esqueceram-se de Jeová, seu Deus. 22 Jr 3.14Voltai, filhos apóstatas, Jr 30.17;33.6;Os 6.1;14.4eu curarei as vossas apostasias.

Eis que somos vindos ter contigo, porque tu és Jr 31.6Jeová, nosso Deus. 23 Na verdade, em vão é o som que vem Jr 17.2dos outeiros e o tumulto nas montanhas; na verdade, em Jr 17.14;31.7;Sl 3.8Jeová, nosso Deus, está a salvação de Israel. 24 Mas a coisa vergonhosa Jr 8.16devorou o trabalho de nossos pais desde a nossa mocidade: os seus rebanhos e os seus gados, seus filhos e suas filhas. 25 Deitemo-nos em nossa Jr 3.13;Jr 14.20vergonha, e cubra-nos a nossa confusão, porque temos Ed 9.7pecado contra Jeová, nosso Deus, nós e nossos pais, Jr 22.21desde a nossa mocidade até o dia de hoje; e não obedecemos à voz de Jeová, nosso Deus.

Veja também