Die boek van die profesieë van Jeremia word in die tempel gelees en deur die koning verbrand.
1 EN in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, het van die Here hierdie woord tot Jeremia gekom:
2 Neem vir jou 'n boekrol en skrywe daarop al die woorde wat Ek met jou gespreek het oor Israel en Juda en oor al die nasies, van die dag af dat Ek met jou gespreek het, van die dae van Josía af, tot vandag toe.
3 Miskien sal die huis van Juda luister na al die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen, sodat hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg en Ek hulle ongeregtigheid en hulle sonde vergewe.
4 En Jeremia het Barug, die seun van Nería, geroep; en Barug het op 'n boekrol geskrywe, uit die mond van Jeremia, al die woorde van die Here wat Hy met hom gespreek het.
5 En Jeremia het aan Barug bevel gegee en gesê: Ek is verhinder, ek kan nie gaan in die huis van die Here nie.
6 Gaan jý dan en lees uit die rol wat jy uit my mond beskrywe het, die woorde van die Here voor die ore van die volk in die huis van die Here, op die vasdag; en jy moet dit ook lees voor die ore van die hele Juda wat uit hulle stede kom.
7 Miskien sal hulle smeking voor die aangesig van die Here kom en sal hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg; want groot is die toorn en die grimmigheid wat die Here teen hierdie volk uitgespreek het.
8 En Barug, die seun van Nería, het gedoen net soos die profeet Jeremia hom beveel het deur uit die boek te lees die woorde van die Here, in die huis van die Here.
9 Want in die vyfde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, in die negende maand, het hulle 'n vasdag voor die aangesig van die Here uitgeroep — die hele volk in Jerusalem en die hele volk wat uit die stede van Juda in Jerusalem gekom het.
10 En Barug het uit die boek gelees die woorde van Jeremia, in die huis van die Here, in die kamer van Gemárja, die seun van Safan, die skrywer, in die boonste voorhof by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die Here, voor die ore van die hele volk.
11 En toe Migája, die seun van Gemárja, die seun van Safan, al die woorde van die Here uit die boek hoor,
12 gaan hy af na die huis van die koning, in die kamer van die skrywer, waar toe juis al die vorste gesit het: Elisáma, die skrywer, en Delája, die seun van Semája, en Élnatan, die seun van Akbor, en Gemárja, die seun van Safan, en Sedekía, die seun van Hanánja, en al die vorste.
13 Daarop maak Migája aan hulle bekend al die woorde wat hy gehoor het toe Barug uit die boek voor die ore van die volk gelees het.
14 Toe stuur al die vorste Jehúdi, die seun van Netánja, die seun van Selémja, die seun van Kusi, na Barug, met die boodskap: Die rol waaruit jy voor die ore van die volk gelees het, neem dit in jou hand en kom. Daarop neem Barug, die seun van Nería, die rol in sy hand, en hy het by hulle gekom.
15 En hulle sê vir hom: Sit tog en lees dit voor ons ore. En Barug het voor hulle ore gelees.
16 Toe hulle al die woorde hoor, het hulle mekaar verskrik aangekyk en vir Barug gesê: Ons moet al hierdie woorde sekerlik aan die koning bekend maak.
17 En hulle het Barug gevra: Vertel ons tog hoe het jy al hierdie woorde uit sy mond opgeskrywe?
18 Toe antwoord Barug hulle: Uit sy mond het hy my al hierdie woorde voorgesê, en ek het hulle met ink in die boek geskrywe.
19 Daarop sê die vorste vir Barug: Gaan, verberg jou, jy en Jeremia, en laat geen mens weet waar julle is nie.
20 En hulle het na die koning in die voorhof gegaan — die rol het hulle weggesit in die kamer van Elisáma, die skrywer — en al die woorde voor die ore van die koning gemeld.
21 Toe stuur die koning Jehúdi om die rol te gaan haal; en hy het dit gaan haal uit die kamer van Elisáma, die skrywer. En Jehúdi het dit gelees voor die ore van die koning en van al die vorste wat by die koning staan,
22 terwyl die koning gesit het in die winterpaleis, in die negende maand, met die brandende vuurpan voor hom.
23 En elke keer het hy, as Jehúdi drie of vier kolomme gelees het, dit met die mes van 'n skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi wat op die vuurpan was, totdat die hele rol in die vuur op die vuurpan verteer was.
24 En hulle was nie verskrik nie en het hulle klere nie geskeur nie — die koning en al sy dienaars wat al hierdie woorde gehoor het;
25 alhoewel selfs Élnatan en Delája en Gemárja by die koning daarop aangedring het om die rol nie te verbrand nie; maar hy het na hulle nie geluister nie.
26 Toe gee die koning bevel aan Jerágmeël, die seun van die koning, en Serája, die seun van Ásriël, en Selémja, die seun van Ábdeël, om die skrywer Barug en die profeet Jeremia te vang. Maar die Here het hulle verberg.
27 Toe kom die woord van die Here tot Jeremia — nadat die koning die rol verbrand het met die woorde wat Barug uit die mond van Jeremia opgeskrywe het — en sê:
28 Neem vir jou weer 'n ander rol en skrywe daarop al die vorige woorde wat op die eerste rol was, wat Jójakim, die koning van Juda, verbrand het.
29 En aangaande Jójakim, die koning van Juda, moet jy sê: So spreek die Here: Jý het hierdie rol verbrand met die woorde: Waarom het jy daarop geskrywe en gesê: Die koning van Babel sal sekerlik kom en hierdie land verwoes en mens en dier daar uitroei?
30 Daarom, so spreek die Here aangaande Jójakim, die koning van Juda: Hy sal nooit een hê wat op die troon van Dawid sit nie, en sy lyk sal weggegooi lê, bedags in die hitte en snags in die koue.
31 En Ek sal aan hom en sy geslag en sy dienaars hulle ongeregtigheid besoek; en Ek sal oor hulle en die inwoners van Jerusalem en die manne van Juda al die onheil bring wat Ek teen hulle gespreek het sonder dat hulle geluister het.
32 Toe het Jeremia 'n ander rol geneem en dit aan die skrywer Barug, die seun van Nería, gegee; en hy het daarop uit die mond van Jeremia geskrywe al die woorde van die boek wat Jójakim, die koning van Juda, met vuur verbrand het; en nog baie dergelike woorde is daaraan toegevoeg.
O rolo de Jeremias é lido no templo
1 Jr 25.1,3;45.1;46.2;2Rs 24.1No quarto ano de Jeoaquim, filho de Josias, rei de Judá, veio da parte de Jeová esta palavra a Jeremias, dizendo: 2 Toma o Jr 36.6,23,28;Êx 17.14;Zc 5.1-2rolo dum livro, e nele escreve todas Jr 1.9-10as palavras que te hei falado contra Jr 3.3-10;23.13-14;32.30-32Israel, e contra Judá e contra todas Jr 1.5,10;25.9-29; 47—51as nações, desde Jr 1.2-3;25.3o dia em que te falei, desde os dias de Josias até o dia de hoje. 3 Talvez Jr 36.7;Jr 26.3;Ez 12.3ouçam os da casa de Judá todo o mal que eu intento fazer-lhes; de modo que Jr 18.8,11;35.15;Dt 30.2,8;1Sm 7.3;Is 55.7se tornem cada um do seu mau caminho, a fim de que eu Jn 3.10;Mc 4.12;At 3.19perdoe a sua iniquidade e o seu pecado.
4 Chamou Jeremias a Jr 36.18;Jr 32.12;43.3Baruque, filho de Nerias; e da boca de Jeremias escreveu Baruque, Jr 36.14;Ez 2.9no rolo dum livro, todas as palavras de Jeová, que ele lhe havia falado. 5 Jeremias ordenou a Baruque, dizendo: Eu estou Jr 32.2;33.1;2Co 11.23encarcerado; não posso entrar na casa de Jeová. 6 Entra tu, pois, e pelo rolo, que Jr 36.4tens escrito da minha boca, Jr 36.8lê todas as palavras de Jeová aos ouvidos do povo, na casa de Jeová, Jr 36.9;Zc 8.19no dia de jejum; também as lerás aos ouvidos de todos os de Judá que vêm das suas cidades. 7 Jr 36.3;Jr 26.3;1Rs 8.33;2Cr 33.12-13Pode ser que eles apresentem a sua súplica diante de Jeová e se tornem cada um do seu mau caminho; pois Jr 4.4;21.5;2Rs 22.13,17;Lm 4.11grande é a ira e o furor que Jeová pronunciou contra este povo. 8 Fez Baruque, filho de Nerias, segundo tudo o que o profeta Jeremias lhe ordenou, Jr 36.6;Jr 1.17lendo no livro as palavras de Jeová na casa de Jeová.
9 Ora no Jr 36.1quinto ano de Jeoaquim, filho de Josias, rei de Judá, no Jr 36.22nono mês, todo o povo em Jerusalém, e todo o povo que Jr 36.6veio das cidades de Judá a Jerusalém, apregoaram um 2Cr 20.3;Et 4.16;Jl 1.14;2.15;Jn 3.5jejum diante de Jeová. 10 Então na casa de Jeová, na Jr 35.4câmara de Jr 36.11,25Gemarias, filho do Jr 52.25;2Sm 8.17secretário Safã, no átrio superior, Jr 26.10à entrada da porta nova da casa de Jeová, leu Baruque no livro aos ouvidos de todo o povo as palavras de Jeremias.
11 Tendo Jr 36.13Micaías, filho de Gemarias, filho de Safã, ouvido todas as palavras de Jeová, lidas do livro, 12 desceu à casa do rei, à câmara do secretário. Eis que estavam ali sentados todos os príncipes: o secretário Jr 36.20Elisama, e Jr 36.25Delaías, filho de Semaías, e Jr 26.22Elnatã, filho de Acbor, e Gemarias, filho de Safã, e Zedequias, filho de Hananias e todos os príncipes. 13 Micaías referiu-lhes 2Rs 22.10todas as palavras que ouvira, quando Baruque leu o livro aos ouvidos do povo. 14 Portanto todos os príncipes enviaram Jr 36.21Jeudi, filho de Netanias, filho de Selemias, filho de Cusi, a Baruque, para lhe dizer: Toma na tua mão o rolo de que leste aos ouvidos do povo, e vem. Jr 36.2;Ez 2.6-7Tomou Baruque, filho de Nerias, o rolo na sua mão, e foi ter com eles. 15 Disseram-lhe: Senta-te agora, e lê-o aos nossos ouvidos. Baruque o Jr 36.21leu aos seus ouvidos. 16 Tendo eles ouvido todas as palavras, voltaram-se Jr 36.24;At 24.25espantados uns para os outros, e disseram a Baruque: Certamente Jr 13.18;Am 7.10-11referiremos ao rei todas estas palavras. 17 Perguntaram a Baruque: Declara-nos agora Jo 9.10,15,26como escreveste da sua boca todas estas palavras. 18 Respondeu-lhes Baruque: Jr 36.4;Jr 43.2-3Ele me referia com a sua boca todas estas palavras, e eu as escrevia no livro com tinta. 19 Disseram os príncipes a Baruque: Vai, Jr 36.26;Jr 26.20-24;1Rs 17.3;18.4,10esconde-te, tu e Jeremias; não saiba alguém onde estais.
O rolo é lançado no fogo
20 Eles foram ao átrio ter com o rei, depois de terem depositado o rolo na câmara do secretário Jr 36.12Elisama, e referiram todas as palavras aos ouvidos do rei. 21 Enviou o rei Jr 36.14a Jeudi para ir buscar o rolo; este o tirou da câmara do secretário Elisama, e 2Rs 22.10;2Cr 34.18;Ez 2.4-5o leu aos ouvidos do rei, e Jr 36.12aos ouvidos de todos os príncipes que estavam em torno do rei. 22 Ora o rei estava sentado Am 3.15na casa de inverno pelo Jr 36.9nono mês e diante dele estava um braseiro aceso. 23 Tendo Jeudi lido três ou quatro folhas, cortava-as com o canivete e Jr 36.29;1Rs 22.8,27;Pv 1.30;Is 5.18-19;28.14,22lançava-as no fogo que estava no braseiro, até que o rolo todo foi consumido no fogo que estava no braseiro. 24 Jr 36.16;Sl 36.1;64.5;Is 26.11Não tiveram medo nem 1Rs 21.27;2Rs 19.1-2;22.11,19;Is 36.22;37.1;Jn 3.6rasgaram os seus vestidos, nem o rei nem nenhum dos seus servos que ouviram todas estas palavras. 25 Todavia Jr 36.12Elnatã e Delaías e Gemarias Gn 37.22,26-27;At 5.34-39tinham rogado ao rei que não queimasse o rolo; porém ele não os quis ouvir. 26 Ordenou o rei a Jerameel, filho do rei, e a Seraías, filho de Azriel, e a Selemias, filho de Abdeel, a 1Rs 19.1-3,10,14trazerem o escriba Baruque e o profeta Jeremias; porém Jr 36.5,19;Jr 1.19;15.20-21Jeová os escondeu.
Jeremias é ordenado escrever outro rolo
27 Depois que o rei Jr 36.23queimara o rolo, e as palavras que Jr 36.4,18Baruque escrevera da boca de Jeremias, veio a palavra de Jeová a Jeremias, dizendo: 28 Jr 28.13-14;44.28;Zc 1.5-6Toma de novo outro livro, e nele escreve todas as palavras primeiras que havia Jr 36.4,23no primeiro livro que Jeoaquim, rei de Judá, havia queimado. 29 Acerca de Jeoaquim, rei de Judá, dirás: Assim diz Jeová: Tu acabas de Dt 29.19;Jó 15.24-25;Is 45.9queimar este rolo, perguntando: Jr 26.9;32.3;Is 29.21;30.10Por que tens escrito nele: Certamente virá Jr 25.9-11o rei de Babilônia e destruirá esta terra, e fará cessar nela homens e animais? 30 Por isso assim diz Jeová acerca de Jeoaquim, rei de Judá. Ele não terá Jr 22.30;2Rs 24.12-15quem se assente sobre o trono de Davi, e o seu Jr 22.19cadáver será exposto ao calor de dia e à geada de noite. 31 Jr 23.34Castigá-lo-ei a ele, a sua linhagem e os seus servos por causa da sua iniquidade; Jr 19.15;35.17;Dt 28.15;Pv 29.1e trarei sobre eles e sobre os habitantes de Jerusalém e sobre os homens de Judá todo o mal que pronunciei contra eles, porém não escutaram. 32 Tomou Jr 36.28outro rolo, e o deu ao escriba Baruque, filho de Nerias, o qual Jr 36.4,23;Êx 4.15-16;34.1escreveu nele, da boca de Jeremias, todas as palavras do livro que Jeoaquim, rei de Judá, havia queimado no fogo; e ainda se lhes acrescentaram muitas palavras semelhantes.