Jeremia se raad is onderwerping aan die koning van Babel.
1 IN die begin van die regering van Sedekía, die seun van Josía, koning van Juda, het van die Here hierdie woord tot Jeremia gekom:
2 So het die Here vir my gesê: Maak vir jou stroppe en jukke, en sit dit op jou nek;
3 en stuur dit na die koning van Edom en na die koning van Moab en na die koning van die kinders van Ammon en na die koning van Tirus en na die koning van Sidon deur middel van die gesante wat in Jerusalem gekom het na Sedekía, die koning van Juda;
4 en gee hulle opdrag aan hul gebieders, met die woorde: So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: So moet julle aan jul gebieders sê:
5 Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë.
6 En nou het Ék al hierdie lande gegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, my dienaar; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee om hom te dien.
7 En al die nasies sal hom dien en sy seun en sy seun se seun, totdat die tyd van sý land ook kom, dat dit diensbaar gemaak sal word deur magtige nasies en groot konings.
8 En die nasie en die koninkryk wat hom, Nebukadnésar, die koning van Babel, nie sal dien nie, en wat sy nek nie sal steek onder die juk van die koning van Babel nie — oor daardie nasie sal Ek, spreek die Here, besoeking doen met die swaard en die hongersnood en die pes, totdat Ek hulle heeltemal in sy mag gebring het.
9 Júlle moet dan nie luister na julle profete en na julle waarsêers en na julle dromers en na julle goëlaars en na julle towenaars nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie.
10 Want hulle profeteer leuens vir julle om julle ver te laat wees uit julle land, sodat Ek julle verdrywe en julle omkom.
11 Maar die nasie wat sy nek sal bring onder die juk van die koning van Babel en hom sal dien, dié sal Ek in sy land laat bly, spreek die Here, en hulle sal dit bewerk en daarin woon.
12 Daarna het ek met Sedekía, die koning van Juda, volgens al hierdie woorde gespreek en gesê: Bring julle nekke onder die juk van die koning van Babel, en dien hom en sy volk, dat julle kan lewe.
13 Waarom moet julle sterwe, u en u volk, deur die swaard, die hongersnood en die pes, soos die Here gespreek het van die nasie wat die koning van Babel nie sal dien nie?
14 Luister dan nie na die woorde van die profete nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie; want hulle profeteer leuens vir julle.
15 Want Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die Here, en hulle profeteer vals in my Naam, dat Ek julle kan verdrywe en dat julle kan omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.
16 Ook het ek met die priesters en hierdie hele volk gespreek en gesê: So spreek die Here: Luister nie na die woorde van julle profete nie, wat vir julle profeteer en sê: Kyk, die voorwerpe van die huis van die Here sal nou gou uit Babel teruggebring word; want hulle profeteer leuens vir julle.
17 Luister nie na hulle nie, dien die koning van Babel, en lewe. Waarom moet hierdie stad 'n puinhoop word?
18 Maar as hulle profete is, en as die woord van die Here by hulle is, laat hulle tog die Here van die leërskare dringend smeek, dat die voorwerpe wat in die huis van die Here en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het, nie in Babel kom nie.
19 Want so sê die Here van die leërskare van die pilare en van die see en van die afspoelwaentjies en van die ander voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het,
20 wat Nebukadnésar, die koning van Babel, nie weggeneem het nie toe hy Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe, saam met al die edeles van Juda en Jerusalem —
21 want so sê die Here van die leërskare, die God van Israel, aangaande die voorwerpe wat in die huis van die Here en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het:
22 Na Babel sal dit gebring word, en daar sal dit bly tot op die dag dat Ek daarop ag sal gee, spreek die Here, en dit opvoer en terugbring na hierdie plek.
Jeremias aconselha submissão ao rei de Babilônia
1 Jr 26.1No princípio do reinado de Jeoaquim, filho de Josias, rei de Judá, veio da parte de Jeová esta palavra a Jeremias, dizendo: 2 Assim me diz a mim Jeová: Faze-te Jr 30.8brochas e Jr 28.10,13canzis e põe-nos ao teu pescoço. 3 Depois, envia-os ao rei do Jr 25.21-22Edom, e ao rei de Moabe, e ao rei dos filhos de Amom, e ao rei do Tiro, e ao rei de Sidom, por mão dos mensageiros que são vindos a Jerusalém a ter Jr 27.1com Zedequias, rei de Judá. 4 Ordena-lhes que digam aos seus amos: Assim diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: Isso direis a vossos amos: 5 Jr 10.12;51.15;Sl 146.5-6Eu, com o meu grande poder e com o Jr 32.17;Dt 9.29meu braço estendido, fiz a terra, os homens e os animais que estão sobre a face da terra Sl 115.15-16;At 17.26e a dou a quem me parecer bem. 6 Agora, Jr 21.7;22.25;Ez 29.18-20eu entreguei todas estas terras nas mãos do Jr 25.9;43.10;Is 44.28meu servo Nabucodonosor, rei de Babilônia; também lhe dei Jr 28.14todos os animais, para que o sirvam. 7 Jr 44.30;46.13Todas as nações servirão a ele, e a seu filho, e ao filho de seu filho, Zc 2.8-9até que venha o tempo da sua terra; e então Jr 25.12;Is 14.4-6muitas nações e grandes reis se servirão dele. 8 A nação e o reino que Jr 38.17-19;42.15-16;Ez 17.19-21não o servirem a ele, Nabucodonosor, rei de Babilônia, e que não meterem o seu pescoço debaixo do jugo do rei de Babilônia, a essa nação castigá-la-ei, diz Jeová, com Jr 27.13;Jr 24.10;29.17-18;Ez 14.21a espada, e com a fome, e com a peste, até que os tenha consumido pela mão dele. 9 Mas, quanto a vós, Êx 22.18;Dt 18.10;Is 8.19;Ml 3.5não escuteis os vossos profetas, nem os vossos adivinhadores, nem os vossos sonhos, nem os vossos agoureiros, nem os vossos encantadores, que vos dizem: Não servireis o rei de Babilônia. 10 Porque eles vos profetizam Jr 23.25a mentira, com o fim Jr 8.19;32.31de vos removerem para longe da vossa terra e a fim de que sejais Jr 27.15expulsos por mim e venhais a perecer. 11 Mas a nação que Jr 27.2,8,12meter o seu pescoço debaixo do jugo do rei de Babilônia e o servir, a essa nação Jr 21.9;38.2;40.9-12;42.10-11deixá-la-ei ficar na sua terra, diz Jeová; lavrá-la-ão e nela habitarão.
12 Falei a Jr 27.3;Jr 28.1Zedequias, rei de Judá, segundo todas essas palavras, dizendo: Jr 27.2,8Metei os vossos pescoços debaixo do jugo do rei de Babilônia, e servi-o, a ele e ao seu povo, e vivei. 13 Por que Jr 27.8;Jr 38.23;Pv 8.36;Ez 18.31morrereis, tu e o teu povo, à espada, de fome e de peste, como disse Jeová acerca da nação que não servir ao rei de Babilônia? 14 Jr 27.9;2Co 11.13-15Não escuteis as palavras dos profetas que vos dizem: Não servireis ao rei de Babilônia; porque eles vos profetizam Jr 27.10;Ez 13.22a mentira. 15 Pois Jr 23.21;29.9não os enviei, diz Jeová, mas eles profetizam Jr 23.25falsamente em meu nome, para que eu Jr 27.10;2Cr 25.16vos lance fora e para que vós venhais a perecer, Jr 6.13-15;14.15-16;Mt 15.14vós e os profetas que vos profetizam.
16 Também falei aos sacerdotes e a todo este povo: Assim diz Jeová: Não escuteis as palavras dos vossos profetas que vos profetizam, dizendo: Eis que Jr 28.3;2Rs 24.13;2Cr 36.7,10os vasos da Casa de Jeová agora cedo serão trazidos de Babilônia, porque eles vos profetizam Jr 27.10a mentira. 17 Não os escuteis; servi ao rei de Babilônia e vivei. Por que Jr 27.13;Jr 7.34se tornaria esta cidade em desolação? 18 Mas, 1Rs 18.24se são profetas, e se há neles a palavra de Jeová, Jr 18.20;1Sm 7.8;12.19,23intercedam, agora, junto a Jeová dos Exércitos, para que não vão para Babilônia os vasos que ficaram na Casa de Jeová, e na casa do rei de Judá, e em Jerusalém. 19 Pois assim diz Jeová dos Exércitos acerca das Jr 52.17-23;1Rs 7.15, etc.;2Rs 25.13,17colunas, e acerca do mar, e acerca das bases, e acerca do resto dos vasos que ficaram nesta cidade, 20 os quais Nabucodonosor, rei de Babilônia, não tomou quando Jr 22.28;24.1;2Rs 24.12,14-16;2Cr 36.10,18levou cativos de Jerusalém para Babilônia Jeconias, filho de Jeoaquim, filho de Judá, e todos os nobres de Judá e de Jerusalém; 21 sim, isso diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel, acerca dos vasos que ficaram na Casa de Jeová, e na casa do rei de Judá, e em Jerusalém: 22 A Babilônia Jr 29.10;34.2-3serão levados e ali ficarão Jr 27.7;Jr 25.11-12;29.10;32.5até o dia em que os visitar, diz Jeová; então, Ed 1.7-11;5.13-15;7.9,19farei trazer e restituí-los a este lugar.