Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 25

TB

Die beker van die toorn van God waaruit Babel en die volke op die ry af moet drink die ballingskap.

1 DIE woord wat tot Jeremia gekom het aangaande die hele volk van Juda, in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda dit was die eerste jaar van Nebukadrésar, die koning van Babel

2 waarmee die profeet Jeremia die hele volk van Juda en al die inwoners van Jerusalem toegespreek en gesê het:

3 Vanaf die dertiende jaar van Josía, die seun van Amon, die koning van Juda, tot op hierdie dag nou drie-en-twintig jaar lank het die woord van die Here tot my gekom; en ek het julle toegespreek, vroeg en laat, maar julle het nie geluister nie.

4 Ook het die Here al sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg en laat maar julle het nie geluister of julle oor geneig om te hoor nie

5 met die woorde: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en van die boosheid van julle handelinge, en woon in die land wat die Here aan julle en julle vaders gegee het, van eeu tot eeu;

6 en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien en julle voor hulle neer te buig nie, en terg My nie met die werk van julle hande nie, dat Ek julle geen kwaad aandoen nie.

7 Maar julle het na My nie geluister nie, spreek die Here om My te terg met die werk van julle hande, julle tot skade.

8 Daarom, so die Here van die leërskare: Omdat julle na my woorde nie geluister het nie,

9 laat Ek al die geslagte van die Noorde haal, spreek die Here, en Nebukadrésar, die koning van Babel, my dienaar; en Ek sal hulle bring oor hierdie land en sy inwoners en oor al hierdie nasies rondom, en Ek sal hulle met die banvloek tref en hulle maak 'n voorwerp van verbasing en van bespotting en ewige puinhope.

10 En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die lamp.

11 En hierdie hele land sal 'n puinhoop, 'n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien.

12 En as sewentig jaar vol is, sal Ek oor die koning van Babel en oor dié nasie, spreek die Here, hulle ongeregtigheid besoek, en oor die land van die Chaldeërs, en sal dit ewige wildernisse maak.

13 En Ek sal oor dié land bring al my woorde wat Ek daaroor gespreek het alles wat geskrywe is in hierdie boek, wat Jeremia geprofeteer het oor al die nasies.

14 Want hulle sal ook diensbaar gemaak word deur magtige nasies en groot konings, en Ek sal hulle vergelde ooreenkomstig hul dade en die werk van hul hande.

15 Want so het die Here, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur,

16 dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die swaard wat Ek onder hulle stuur.

17 En ek het die beker uit die hand van die Here geneem en al die volke laat drink na wie die Here my gestuur het;

18 naamlik Jerusalem en die stede van Juda en sy konings en sy vorste, om hulle te maak 'n puinhoop, 'n voorwerp van verbasing, van bespotting en van vervloeking soos dit vandag is;

19 Farao, die koning van Egipte, en sy dienaars en sy vorste en sy hele volk;

20 en die hele gemengde bevolking en al die konings van die land Us; en al die konings van die land van die Filistyne, en Áskelon en Gasa en Ekron en die oorblyfsel van Asdod;

21 Edom en Moab en die kinders van Ammon;

22 en al die konings van Tirus en al die konings van Sidon en al die konings van die kusland wat oorkant die see is;

23 Dedan en Tema en Bus en almal wat die rand van hulle hare wegskeer;

24 en al die konings van Arabië en al die konings van die gemengde bevolking wat in die woestyn woon;

25 en al die konings van Simri en al die konings van Elam en al die konings van Medië;

26 en al die konings van die Noorde wat naby en ver is, die een die ander; ja, al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is. En die koning van Sesag sal hulle drink.

27 En jy moet vir hulle : So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Drink en word dronk en spuug en val neer en staan nie weer op nie weens die swaard wat Ek onder julle stuur.

28 En as hulle weier om die beker uit jou hand te neem om te drink, moet jy vir hulle : So spreek die Here van die leërskare: Drink sál julle!

29 Want kyk, in die stad waaroor my Naam uitgeroep is, begin Ek met onheile en sal júlle heeltemal ongestraf bly? Julle sal nie ongestraf bly nie, want Ek roep die swaard op teen al die inwoners van die aarde, spreek die Here van die leërskare.

30 Jy moet dan al hierdie woorde vir hulle profeteer en aan hulle : Die Here sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy 'n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.

31 Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die Here het 'n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die Here.

32 So die Here van die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en 'n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.

33 En die wat deur die Here verslaan is, sal dié dag van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.

34 Huil, o herders, en skreeu, en wentel julle in die as, julle maghebbers van die kudde; want vol is julle dae om geslag te word, en Ek sal julle verbrysel, en julle sal val soos 'n kosbare voorwerp.

35 Dan sal daar geen toevlug wees vir die herders en geen ontkoming vir die maghebbers van die kudde nie.

36 Hoor! Geskreeu van die herders en gehuil van die maghebbers van die kudde, omdat die Here hulle kudde verwoes.

37 En die weivelde van vrede word verwoes weens die toorngloed van die Here.

38 Hy het soos 'n jong leeu sy lêplek verlaat; want hulle land het 'n woesteny geword weens die gewelddadige swaard, ja, weens sy toorngloed.

Os setenta anos do cativeiro, e depois a ruína de Babilônia e das outras nações

1 A palavra que veio a Jeremias acerca de todo o povo de Judá, no Jr 36.1;46.2quarto ano de 2Rs 24.1-2;2Cr 36.4-6Jeoaquim, rei de Judá (que era o Jr 32.1primeiro ano de Nabucodonosor, rei de Babilônia); 2 palavra que o profeta Jeremias falou a todo Jr 18.11o povo de Judá e a todos os habitantes de Jerusalém: 3 Desde Jr 1.2o ano treze de 2Cr 34.1-3,8Josias, filho de Amom, rei de Judá, até o dia de hoje, período de Jr 36.2vinte e três anos, tem vindo a mim a palavra de Jeová e tenho-vos falado, Jr 7.25;11.7;26.5levantando-me cedo e falando-vos; porém não tendes escutado. 4 Jeová vos tem enviado a vós todos os seus Jr 26.5servos, os profetas, levantando-se e enviando-os; porém vós não tendes escutado, nem inclinado os vossos ouvidos, 5 dizendo-vos Jeová: Jr 4.1;35.15;Is 55.6-7;Ez 18.30;Jn 3.8-10Retirai-vos, cada um do seu mau caminho e da maldade dos seus feitos, e habitai na terra que Jeová vos deu a vós e a vossos pais Jr 7.7;17.25;Gn 17.8desde os tempos antigos e para sempre; 6 Jr 35.15;Dt 6.14;8.19;2Rs 17.35não vades após outros deuses, para os servirdes e para os adorardes, Jr 7.19;32.30-33;2Rs 17.17;21.15nem me provoqueis à ira com as obras das vossas mãos; e não vos farei mal algum. 7 Porém não me escutastes, assim provocando-me à ira com as obras das vossas mãos, para o vosso mal. 8 Portanto, assim diz Jeová dos Exércitos: Porquanto não me tendes escutado, 9 eis que Jr 1.15;6.22-23enviarei e tomarei todas as famílias do Norte, diz Jeová, como também enviarei o meu Jr 27.6;43.10;Is 13.3servo Nabucodonosor, rei de Babilônia, e os trarei contra Jr 25.17-26;Jr 27.3,6esta terra, e contra os seus habitantes, e contra todas estas nações ao redor; eu os destruirei de todo e farei que sejam objeto de Jr 25.18;Jr 18.16;1Rs 9.7-8espanto, de assobios e de perpétuas desolações. 10 Farei cessar dentre eles Jr 16.9;Is 24.8-11;Ez 26.13a voz de gozo e a voz de alegria, a voz do noivo e a voz da noiva, Ec 12.4;Is 47.2o som da e a luz da candeia. 11 Jr 4.27;12.11-12Toda esta terra virá a ser uma desolação e um espanto; estas nações servirão ao rei de Babilônia Dn 9.2;Zc 7.5setenta anos.

12 Jr 29.10;Ed 1.1Findos que forem os setenta anos, Jr 50—51;Is 13.14castigarei o rei de Babilônia e aquela nação, diz Jeová, por causa da sua iniquidade, e bem assim a terra dos caldeus; e farei dela Jr 50.3,13;51.26;Is 13.19;14.23perpétuas desolações. 13 Trarei sobre aquela terra todas as minhas palavras que tenho proferido contra ela, a saber, tudo o que está escrito Jr 36.4,29,32neste livro, que profetizou Jeremias contra Jr 1.5,10;36.2todas as nações. 14 Deles, sim, deles, se servirão Jr 27.7;50.9;51.27-28muitas nações e grandes reis; e lhes Jr 51.6,24,56recompensarei a eles segundo os seus feitos e segundo as obras das suas mãos.

15 Pois assim me disse Jeová, Deus de Israel: Toma da minha mão Jr 51.7;Sl 75.8;Is 51.17,22o cálice do vinho deste furor e faze que dele bebam todas as nações às quais eu te enviar. 16 Elas Jr 25.27;Jr 48.26;51.39,57;Ez 23.34;Na 3.11beberão, e cambalearão, e enlouquecerão por causa da espada que eu enviarei entre elas. 17 Tomei da mão de Jeová o cálice Jr 25.28;Jr 1.10;27.3;Ez 43.3e fiz que bebessem todas as nações às quais Jeová me enviou, 18 a saber, Sl 60.3;Is 51.17a Jerusalém, às cidades de Judá, aos seus reis e aos seus príncipes, para fazer deles Jr 25.9,11uma desolação, um espanto, um assobio Jr 24.9e uma maldição, Jr 44.22como hoje se ; 19 Jr 46.2-28;Na 3.8-10a Faraó, rei do Egito, aos seus servos, aos seus príncipes e a todo o seu povo; 20 a todo Jr 25.24;Jr 50.37;Ez 30.5o povo misto, a todos os reis da Jó 1.1;Lm 4.21terra de Uz, a todos os reis da terra dos Jr 47.1-7filisteus, a Asquelom, a Gaza, a Ecrom e ao que resta de Is 20.1Asdode; 21 Jr 49.7-22;Sl 137.7a Edom, a Jr 48.1-47;Am 2.1-3Moabe e aos filhos de Jr 49.1-6;Am 1.13-15Amom; 22 a todos os reis de Jr 47.4;Zc 9.2-4Tiro, a todos os reis de Sidom e aos reis da Jr 31.10ilha que está além do mar; 23 a Jr 49.7-8;Is 21.13Dedã, a Tema, a Gn 22.21Buz e a todos os que têm os Jr 9.26;49.32cabelos cortados em redondo; 24 a todos os reis da 2Cr 9.14Arábia e todos os reis do Jr 25.20povo misto que habita no deserto; 25 a todos os reis de Zinri, a todos os reis de Jr 49.34;Gn 10.22;Is 11.11Elão e a todos os reis dos Jr 51.11,28;Is 13.17medos; 26 a todos os reis do Norte, aos de longe e aos de perto, assim a um como a outro, e Jr 25.9;50.9a todos os reinos da terra que estão sobre a face da terra. O rei de Jr 51.41Sisaque Jr 25.16beberá depois deles.

27 Dir-lhes-ás: Assim diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: Jr 25.16;Is 63.6;Hc 2.16Bebei, e embriagai-vos, e vomitai, e nunca mais vos levanteis, por causa da Ez 21.4-5espada que eu enviarei entre vós. 28 Se Jó 34.33recusarem tomar da tua mão o cálice para que bebam, dir-lhes-ás: Assim diz Jeová dos Exércitos: Jr 49.12Certamente, bebereis. 29 Pois eis que, com a cidade que é 1Rs 8.43chamada do meu nome, Jr 13.13;Pv 11.31;Is 10.12;Ez 9.6;1Pe 4.17eu vou começar a trazer o mal, e haveis vós de ficar de todo impunes? Não ficareis impunes, porque eu vou chamar uma espada que venha sobre Jr 25.31todos os habitantes da terra, diz Jeová dos Exércitos.

30 Portanto, profetiza contra eles todas estas palavras e dize-lhes: Jr 25.38;Is 42.13Jeová Jl 2.11;Am 1.2rugirá do alto e, desde a sua santa morada, fará ouvir a sua voz; rugirá fortemente contra a sua habitação; contra Jr 25.29todos os habitantes da terra dará um brado, como os que pisam as uvas. 31 É chegado o estrondo até os confins da terra, porque Jeová tem uma controvérsia com as nações, entra em Is 66.16;Ez 20.35-36juízo com toda carne; quanto aos iníquos, os entregou à espada, diz Jeová.

32 Assim diz Jeová dos Exércitos: Eis que o mal passará de nação em 2Cr 15.6;Is 34.2nação, e grande Jr 23.19;Is 30.30tempestade se levantará das extremidades da terra. 33 Os Is 34.2-3;66.16mortos de Jeová se estenderão, naquele dia, desde uma à outra extremidade da terra; Jr 16.4;Sl 79.3;Ez 39.4,17não serão pranteados, nem recolhidos, nem enterrados; servirão de Is 5.25esterco sobre a face da terra. 34 Jr 25.36Uivai, pastores, e clamai; Jr 6.26;Ez 27.30revolvei-vos em cinzas, vós que sois os principais do rebanho; pois estão cumpridos os vossos dias em Jr 50.27;Is 34.7que haveis de ser mortos, e far-vos-ei em pedaços, e caireis como vaso precioso. 35 Os pastores não terão Jr 11.11;Jó 11.20;Am 2.14para onde fugir, nem os principais do rebanho, para onde escaparem. 36 Eis Jr 25.34os gritos dos pastores e os uivos dos principais do rebanho! Porque Jeová está devastando o pasto delesJr 5.17;13.20;Is 27.10-11. 37 Os prados de paz serão reduzidos ao silêncio por causa do ardor da ira de Jeová. 38 Jr 4.7;5.6;Os 5.14;13.7-8Deixou como leão o seu covil; porque a terra deles se tornou em espanto, por causa Jr 46.16da espada opressora e por causa do ardor da sua ira.

Veja também