'n Linnegord as beeld van die gevangenskap.
1 SO het die Here vir my gesê: Gaan koop vir jou 'n linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water kom nie.
2 En ek het die gord gekoop volgens die woord van die Here en dit om my heupe gebind.
3 Toe het die woord van die Here vir die tweede keer tot my gekom en gesê:
4 Neem die gord wat jy gekoop het, wat om jou heupe is, en maak klaar, gaan na die Eufraat en steek dit daar weg in 'n klipskeur.
5 Daarop het ek gegaan en dit weggesteek by die Eufraat, soos die Here my beveel het.
6 En ná verloop van baie dae het die Here vir my gesê: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan wat Ek jou beveel het om daar weg te steek.
7 Daarop het ek na die Eufraat gegaan en gegrawe en die gord geneem van die plek af waar ek dit weggesteek het; en kyk, die gord het bederf, dit was waardeloos.
8 Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
9 So spreek die Here: So sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en dié van Jerusalem, wat so groot is.
10 Hierdie goddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien en hul daarvoor neer te buig — hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos is.
11 Want soos die gord kleef aan die heupe van 'n man, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat klewe, spreek die Here, om vir My te wees 'n volk en 'n roem en 'n lof en 'n sieraad; maar hulle het nie geluister nie.
12 Sê verder aan hulle hierdie woord: So spreek die Here, die God van Israel: Elke kan word vol wyn gemaak. Dan sal hulle vir jou sê: Weet ons dit dan nie dat elke kan vol wyn gemaak word nie?
13 Maar jy moet vir hulle sê: So spreek die Here: Kyk, Ek vul met dronkenskap al die inwoners van hierdie land, selfs die konings wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem.
14 En Ek sal hulle verbrysel, die een teen die ander, die vaders en die kinders almal saam, spreek die Here. Ek sal nie spaar of verskoon of My ontferm nie, dat Ek hulle nie sou verdelg nie.
15 Luister en merk op; verhef julle nie, want die Here het gespreek!
16 Gee eer aan die Here julle God voordat Hy dit donker laat word en voordat julle voete stamp teen die berge in die skemering; terwyl julle wag op lig, maar Hy dit doodskaduwee maak, in donkerheid verander.
17 Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en afloop in trane, omdat die kudde van die Here as gevangenes weggevoer is.
18 Sê aan die koning en aan die gebiedster: Gaan baie laag sit, want julle hoofsieraad, julle sierlike kroon, het geval.
19 Die stede van die Suidland is toegesluit, en niemand maak oop nie; Juda is in ballingskap weggevoer gans en al, weggevoer volkome!
20 Hef jou oë op, en aanskou die wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige trop kleinvee?
21 Wat sal jy sê wanneer Hy as hoof oor jou aanstel diegene wat jy self geleer het om jou vertroude vriende te wees? Sal weë jou nie aangryp soos van 'n barende vrou nie?
22 As jy dan in jou hart sê: Waarom het hierdie dinge my oorgekom? Weens die grootheid van jou ongeregtigheid is jou slippe opgetel, het jou hakskene gely onder geweld.
23 Kan 'n Kusiet sy vel verander of 'n luiperd sy vlekke? Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat gewend is om kwaad te doen.
24 Daarom sal Ek hulle verstrooi soos 'n stoppel wat verbyvlieg voor die wind van die woestyn.
25 Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet het, spreek die Here, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het.
26 So het Ek dan ook jou slippe opgetel oor jou aangesig, sodat jou skande gesien word.
27 Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery — op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
O cativeiro é representado pelo símbolo dum cinto de linho
1 Assim me disse Jeová: Vai, Jr 13.11;Jr 19.1;27.2;Ez 4.1compra-te um cinto de linho e põe-no sobre os teus lombos, porém não o metas na água. 2 Comprei, pois, um cinto Is 20.2;Ez 2.8conforme a palavra de Jeová e o pus sobre os meus lombos. 3 Pela segunda vez, veio-me a palavra de Jeová, dizendo: 4 Toma o cinto que compraste, o qual está sobre os teus lombos; levanta-te, vai ao Jr 51.63Eufrates e esconde-o ali na fenda duma pedra. 5 Fui, pois, e escondi-o junto ao Eufrates, Êx 39.42-43;40.16como Jeová me ordenou. 6 Passados muitos dias, disse-me Jeová: Levanta-te, vai ao Eufrates e toma dali o cinto que te ordenei que o escondesses ali. 7 Então, fui ao Eufrates, cavei e tomei o cinto do lugar em que o havia escondido; eis que já tinha apodrecido o cinto e para nada prestava.
8 Então, me veio a palavra de Jeová, dizendo: 9 Assim diz Jeová: Deste mesmo modo, farei apodrecer Jr 13.15-17;Lv 26.19;Is 2.10-17;23.9;Sf 3.11a soberba de Judá e muita soberba de Jerusalém. 10 Este povo mau, Jr 11.8,10;Nm 14.11;2Cr 36.15-16que recusa ouvir as minhas palavras, que anda na obstinação do seu coração e já se foi após outros deuses para os servir e para os adorar, será tal qual este cinto, que para nada presta. 11 Pois assim como se une o cinto aos lombos dum homem, assim fiz Êx 19.5-6;Dt 32.10-11unir-se a mim toda a casa de Israel e toda a casa de Judá, diz Jeová, para que me fossem Jr 7.23por povo, e Jr 32.20por nome, Jr 33.9;Is 43.21e por louvor, e por glória. Porém Jr 7.13,24,26;Sl 81.11não quiseram ouvir.
O símbolo da vasilha cheia
12 Portanto, lhes dirás esta palavra: Assim diz Jeová, Deus de Israel: Toda a vasilha se encherá de vinho; e responder-te-ão: Acaso, não sabemos que toda vasilha se encherá de vinho? 13 Então, lhes dirás: Assim diz Jeová: Eis que vou encher de Jr 25.27;51.57;Sl 60.3;75.8embriaguez a todos os habitantes desta terra, isto é, aos reis que se assentam sobre o trono de Davi, e aos sacerdotes, e aos profetas, e a todos os habitantes de Jerusalém. 14 Jr 19.9-11;Is 9.20-21Atirá-los-ei uns contra outros, Jr 6.21;Ez 5.10os pais bem como os filhos, diz Jeová; Jr 16.5;21.7;Dt 29.20;Is 27.11não perdoarei, nem pouparei, nem serei movido de compaixão, nada me impedirá de os destruir.
15 Ouvi e dai ouvidos; não vos Pv 16.5;Is 28.14-22ensoberbeçais; porque Jeová falou. 16 Sl 96.8Dai glória a Jeová, vosso Deus, antes que ele Is 5.30;59.9;Am 5.18faça vir as trevas, e antes que tropecem Jr 23.12;Pv 4.19os vossos pés nos montes tenebrosos, antes que mude a luz Jr 2.6;Sl 107.10,14em sombra de morte, e a converta em escuridão, estando vós esperando por ela. 17 Mas, Ml 2.2se o não ouvirdes, Jr 9.1;14.17;Sl 119.136;Lc 19.41-42chorará em segredo a minha alma por causa da vossa soberba; os meus olhos chorarão amargamente e se desfarão em lágrimas, porque Jr 23.1-2;Sl 80.1o rebanho de Jeová será levado cativo.
18 Dize ao Jr 22.26;2Rs 24.12,15rei e à rainha-mãe: 2Cr 33.12,19Humilhai-vos, sentai-vos no chão, porque da vossa cabeça já caiu Êx 39.28;Is 3.20;Ez 24.17,23;44.18a coroa da vossa glória. 19 Fechadas estão Jr 32.44as cidades do Neguebe, e não há quem as abra; Jr 20.4;52.27-30Judá, todo ele, é levado cativo, inteiramente cativo.
Ameaças de cativeiro
20 Levantai os vossos olhos e vede os que Jr 1.15;6.22;Hc 1.6vêm do Norte; onde está o Jr 13.17;Jr 23.2rebanho que te foi confiado, o teu lindo rebanho? 21 Jr 5.31Que dirás, quando ele puser por cabeça sobre ti os que ensinaste a serem Jr 2.25;38.22teus amigos? Não te tomarão Jr 4.31;Is 13.8as dores, como as duma mulher que está de parto? 22 Se Dt 7.17disseres no teu coração: Jr 5.19;16.10Por que me sobrevieram essas coisas? Pela Jr 2.17-19;9.2-9grandeza da tua iniquidade foram descobertas as tuas fraldas, e fez-se violência aos teus calcanhares. 23 Pv 27.22;Is 1.5;Mt 19.24Acaso, pode o etíope mudar a sua pele ou o leopardo, as suas malhas? Então, podereis também vós Jr 4.22;9.5fazer o bem, os quais sois acostumados a fazer o mal. 24 Por isso, os Jr 9.16;Lv 26.33;Ez 5.2,12espalharei como o restolho que passa arrebatado pelo Jr 4.11;18.17vento do deserto. 25 Esta é a tua Sl 11.6;Mt 24.51sorte, a porção Jr 2.32;3.21;Sl 9.17;106.21-22que te é medida por mim, diz Jeová, porque te esqueceste de mim e confiaste na mentira. 26 Portanto, também Lm 1.8eu levantarei as tuas fraldas sobre o teu rosto, e aparecerá a tua vergonha. 27 Tenho visto as tuas abominações sobre os Jr 2.20outeiros no campo, a saber, os Jr 5.7-8teus adultérios, os teus rinchos, e Jr 11.15a luxúria da tua prostituição. Ai de ti, Jerusalém! Pv 1.22;Os 8.5Quanto tempo haverá ainda, antes que Jr 4.14;Ez 24.13te purifiques?