Die afgode en die Here.
1 HOOR die woord wat die Here oor julle gespreek het, o huis van Israel!
2 So sê die Here: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
3 Want die insettinge van die volke is nietigheid; want 'n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van 'n ambagsman met die byl.
4 Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.
5 Soos 'n voëlverskrikker in 'n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.
6 Geeneen is soos U nie, o Here! U is groot, en u Naam is groot in krag.
7 Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.
8 Maar almal saam word hulle dom en dwaas, die tugtiging van die nietige afgode — dit is hout.
9 Silwer wat plat geslaan is, word uit Tarsis gebring en goud uit Ufas, die werk van die ambagsman en van die hande van die goudsmid; pers en purperrooi is hulle klere; 'n werk van kunstenaars is hulle almal.
10 Maar die Here is waarlik God, Hy is die lewende God en 'n ewige Koning; vir sy toorn beef die aarde, en die nasies kan sy grimmigheid nie verdra nie —
11 so moet julle vir hulle sê: Die gode wat die hemel en die aarde nie gemaak het nie, sal vergaan van die aarde af en onder hierdie hemel uit —
12 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.
13 As Hy sy stem laat hoor, is daar 'n geruis van waters in die hemel; en Hy laat dampe opgaan van die einde van die aarde; Hy maak bliksems vir die reën en laat wind uitgaan uit sy voorraadskure.
14 Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die gesnede beeld; want sy gegote beeld is 'n leuen, en daar is geen gees in hulle nie.
15 Nietige afgode is hulle, werk vir spotterny; in die tyd van hulle besoeking gaan hulle tot niet.
16 Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, en Israel is die stam van sy erfenis; Here van die leërskare is sy Naam.
Voorspelling van die aanstaande gevangenskap.
17 TEL jou pak goed van die grond af op, jy wat in die beleëring vertoef.
18 Want so sê die Here: Kyk, Ek slinger die inwoners van die land hierdie keer weg, en Ek doen hulle benoudheid aan, dat hulle kan vind.
19 Wee my vanweë my verbreking! Smartlik is my wond! Ja, ék het gesê: Waarlik, dit is 'n lyding, en ek sal dit moet dra.
20 My tent is verwoes, en al my lyne is afgeruk; my kinders het van my af weggegaan, en hulle is daar nie; daar is niemand meer wat my tent uitspan en my tentdoeke opsit nie.
21 Want die herders het dom geword en die Here nie gesoek nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie, en hulle hele kudde is verstrooi.
22 Hoor! 'n Gerug. Daar kom dit, en wel 'n groot geraas uit die Noordland, om die stede van Juda 'n woesteny te maak, 'n lêplek van jakkalse.
23 Ek weet, o Here, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan 'n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.
24 Tugtig my, Here, maar met mate; nie in u toorn, dat U my nie te klein maak nie.
25 Stort u grimmigheid uit oor die nasies wat U nie ken nie, en oor die geslagte wat u Naam nie aanroep nie; want hulle het Jakob opgeëet, ja, hulle het hom opgeëet en hom verteer en sy woning verwoes.
1 Ouvi a palavra que Jeová vos fala, casa de Israel. 2 Assim diz Jeová: Lv 18.3;Dt 12.30Não aprendais o caminho das nações e não vos espanteis dos sinais do céu, pois deles Is 47.12-14se espantam as nações. 3 Pois os costumes dos povos são Jr 14.22vaidade. Is 44.9-20O ídolo é apenas um madeiro que se corta do bosque, obra das mãos do artífice que o trabalhou com o machado. 4 Jr 10.14;Is 40.19Enfeitam-no com prata e com ouro; Is 40.20;41.7com pregos e a marteladas o firmam, para que não se abale. 5 São como o espantalho num pepinal Jr 10.14;Is 46.6-7e não falam; Is 46.1,7necessitam de serem carregados porque não podem dar passo. Não tenhais medo deles, porque Is 41.23-24não podem fazer o mal, nem está neles o fazer o bem.
Contraste entre Jeová e os deuses falsos
6 Jr 10.16;Dt 33.26Ninguém é semelhante a ti, Jeová; Jr 32.18;Sl 48.1;96.4;Is 12.6grande és tu, e grande é o teu nome em poder. 7 Quem te não temeria, Sl 22.28ó Rei das nações? Convém que sejas temido, porquanto, entre todos os Dn 2.27-28;1Co 1.19-20sábios das nações e em todos os seus reinos, não há quem seja semelhante a ti. 8 Porém são, à uma, Jr 10.14;Jr 4.22;5.4,21embrutecidos e se tornam insensatos; a instrução que os ídolos lhes dão é Jr 2.27madeiro. 9 Há Is 40.19prata em chapas que se traz de Sl 72.10;Is 23.6Társis, e Dt 10.5ouro, de Ufaz, obra do artífice e das mãos do ourives; de azul e de púrpura é a vestidura deles; todos eles são obra de Sl 115.4homens peritos. 10 Porém Jeová é o Is 65.16verdadeiro Deus; ele é Jr 4.2o Deus vivo e Sl 10.16;29.10o Rei sempiterno. Ao seu furor, Jr 4.24;50.46estremece a terra, e as nações não podem Sl 76.7suportar a sua indignação.
11 Assim lhes direis: Sl 96.5Os deuses que não fizeram os céus e a terra Is 2.18;Sf 2.11perecerão da terra e de debaixo dos céus.
12 Jr 51.15-19;Jó 38.4-7;Sl 148.4-5Ele fez a terra com o seu poder, Sl 78.69;Is 45.18estabeleceu o mundo com a sua sabedoria e, com o seu entendimento, Jó 9.8;Is 40.22estendeu os céus; 13 ao dar ele a sua Sl 29.3-9voz, há um tumulto de águas nos céus, e faz subir das extremidades da terra Jó 36.27-29os vapores; faz os relâmpagos para a chuva e, dos seus tesouros, faz sair Sl 135.7o vento. 14 Todo homem tem-se Jr 10.8;Jr 51.17-18embrutecido e não tem conhecimento; todo ourives é envergonhado pela imagem que ele esculpiu. Pois a imagem que ele fundiu é mentira, e nelas não há fôlego. 15 Jr 8.19;14.22;Is 41.24Vaidade são, obra de enganos; Jr 8.12;51.18no tempo da sua visitação, perecerão. 16 Não é semelhante a estes Aquele que é a Jr 51.19;Sl 73.26Porção de Jacó; porque ele é Jr 10.12;Is 45.7o que forma todas as coisas; Dt 32.9e Israel é a tribo da sua herança. Jr 31.35;32.18Jeová dos Exércitos é o seu nome.
17 Ez 12.3-12Tira do chão a tua trouxa, tu que moras em lugar cercado. 18 Pois assim diz Jeová: Eis que vou, agora, 1Sm 25.29lançar para fora os habitantes da terra e os angustiarei, para que o sintam.
19 Jr 4.31Ai de mim por causa do meu mal! Jr 14.17Mui grande é a minha ferida. Mas eu disse: Certamente, enfermidade minha é esta, e Sl 39.9;Mq 7.9eu a suportarei. 20 A minha Jr 4.20;Lm 2.4tenda foi despojada, e todas as minhas cordas foram quebradas; Jr 31.15;Lm 1.5meus filhos saíram de mim, já não existem: Is 51.18não há mais quem estenda a minha tenda e levante as minhas cortinas. 21 Pois os pastores Jr 10.8;Jr 12.10;Is 56.10-12se embruteceram e não Jr 2.8consultaram a Jeová; por isso, não prosperaram, e Jr 23.2todos os seus rebanhos se acham dispersos. 22 Eis que vem o som Jr 4.15dum rumor e um grande tumulto Jr 1.14;25.9da terra do Norte, Jr 9.11;49.33para fazer das cidades de Judá uma desolação, uma morada de chacais.
23 Eu sei, Jeová, Pv 20.24que não é do homem o seu caminho, Is 26.7não depende do homem que anda o dirigir os seus passos. 24 Sl 6.1Corrige-me, Jeová, porém com juízo; não na tua ira, para que não me reduzas a nada. 25 Sl 79.6-7;Sf 3.8Derrama o teu furor sobre as gentes que não te conhecem e sobre as famílias Sf 1.6que não invocam o teu nome, porque devoraram a Jacó, sim, o Jr 8.16;50.7,17devoraram, e consumiram, e devastaram o lugar da sua habitação.