Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 35

TB

Die getrouheid van die Regabiete as voorbeeld vir Juda.

1 DIE woord wat van die Here tot Jeremia gekom het in die dae van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda:

2 Gaan na die huis van die Regabiete en spreek met hulle en bring hulle in die huis van die Here, in een van die kamers en gee hulle wyn om te drink.

3 Toe het ek Jaäsánja, die seun van Jeremia, die seun van Habassínja, geneem en sy broers en al sy seuns en die hele huis van die Regabiete;

4 en ek het hulle gebring in die huis van die Here, in die kamer van die seuns van Hanan, die seun van Jigdálja, die man van God, wat langs die kamer van die vorste is, bo die kamer van Maäséja, die seun van Sallum, die drumpelwagter.

5 En ek het voor die kinders van die huis van die Regabiete kanne vol wyn en bekers neergesit en aan hulle gesê: Drink wyn.

6 Maar hulle het geantwoord: Ons sal geen wyn drink nie, want Jónadab, die seun van Regab, ons vader, het ons beveel en gesê: Julle mag geen wyn drink, julle en julle kinders, tot in ewigheid nie.

7 Ook mag julle geen huis bou of saad saai of wingerd plant of dit besit nie; maar julle moet in tente woon al julle dae, sodat julle baie dae mag lewe in die land waar julle as vreemdelinge vertoef.

8 En ons het geluister na die stem van ons vader Jónadab, die seun van Regab, in alles wat hy ons beveel het, om geen wyn te drink al ons dae nie, ons, ons vroue, ons seuns en ons dogters;

9 en geen huise te bou om in te woon nie, en geen wingerd of landerye of saad te besit nie;

10 en ons het in tente gewoon en geluister en gedoen net soos ons vader Jónadab ons beveel het.

11 Maar toe Nebukadrésar, die koning van Babel, na die land opgetrek het, het ons gesê: Kom, laat ons na Jerusalem gaan vanweë die leër van die Chaldeërs en die leër van die Arameërs. So het ons dan in Jerusalem gebly.

12 Toe kom die woord van die Here tot Jeremia en :

13 So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Gaan aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem: Wil julle hieruit geen lering trek om na my woorde te luister nie? spreek die Here.

14 Die woorde van Jónadab, die seun van Regab, wat hy sy kinders beveel het om geen wyn te drink nie, het hulle gehou; want hulle het geen wyn gedrink tot vandag toe nie, maar het geluister na die gebod van hulle vader. En Ék het met julle gespreek, vroeg en laat, maar julle het na My nie geluister nie.

15 En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te : Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en maak julle handelinge goed en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien nie; dan sal julle bly in die land wat Ek aan julle en julle vaders gegee het. Maar julle het geen gehoor gegee en na My nie geluister nie.

16 Ja, die kinders van Jónadab, die seun van Regab, het die gebod van hulle vader gehou wat hy hulle beveel het; maar hierdie volk luister nie na My nie.

17 Daarom, so die Here, die God van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor Juda en oor al die inwoners van Jerusalem al die onheil wat Ek teen hulle gespreek het; omdat Ek met hulle gespreek, maar hulle nie geluister en Ek hulle geroep, maar hulle nie geantwoord het nie.

18 En aan die huis van die Regabiete het Jeremia gesê: So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Omdat julle geluister het na die gebod van julle vader Jónadab en al sy gebooie gehou en gedoen het net soos hy julle beveel het,

19 daarom, so spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Daar sal vir Jónadab, die seun van Regab, nooit 'n man ontbreek wat altyd voor my aangesig sal staan nie.

A obediência dos recabitas é dada a Judá como exemplo

1 A palavra que da parte de Jeová veio a Jeremias nos dias de Jr 1.3;27.20;2Rs 23.34-36;24.1;Dn 1.1Jeoaquim, filho de Josias, rei de Judá, dizendo: 2 Vai à Jr 35.9,11casa dos 1Cr 2.55recabitas, fala com eles e, introduzindo-os na casa de Jeová, em uma das 1Rs 6.5-6,8;1Cr 9.26,33câmaras, dá-lhes vinho a beber. 3 Tomei a Jazanias, filho de Jeremias, filho de Habazinias, e a seus irmãos e a todos os seus filhos e a toda a casa dos recabitas; 4 e os introduzi na casa de Jeová, na câmara dos filhos de Hanã, filho de Jigdalias, Dt 33.1;Js 14.6;1Rs 12.22;2Rs 1.9-13homem de Deus, a qual estava junto à câmara dos príncipes, e ficava sobre a câmara de Maaseias, filho de Salum, guarda do vestíbulo; 5 e pus diante dos filhos da casa dos recabitas taças cheias de vinho, e copos, e disse-lhes: Am 2.12;2Co 2.9Bebei vinho. 6 Eles, porém, responderam: Não beberemos vinho, porque 2Rs 10.15,23Jonadabe, filho de 1Cr 2.55Recabe, nosso pai, nos ordenou, dizendo: Lv 10.9;Nm 6.2-4;Jz 13.7,14;Lc 1.15Não bebereis vinho, nem vós, nem vossos filhos, nunca jamais; 7 não edificareis casa, nem semeareis semente, nem plantareis vinha, nem a possuireis; mas habitareis em Gn 25.27;Hb 11.9tendas todos os vossos dias, para que vivais Êx 20.12;Ef 6.2-3muitos dias sobre a face da terra, em que vós Gn 36.7;1Cr 16.19sois peregrinos. 8 Temos Pv 1.8-9;4.1-2,10;6.20;Ef 6.1;Cl 3.20obedecido à voz de Jonadabe, filho de Recabe, nosso pai, em toda a palavra que nos ordenou, de não bebermos vinho em todos os nossos dias, nós, nossas mulheres, nossos filhos e nossas filhas; 9 nem de edificarmos casas para nossa moradia; Jr 35.7;Sl 37.16;1Tm 6.6nem de possuirmos vinha, nem campo, nem semente; 10 mas temos Jr 35.7habitado em tendas, e temos obedecido e feito segundo tudo o que Jr 35.6-7Jonadabe, nosso pai, nos ordenou. 11 Quando, porém, 2Rs 24.1-2;Dn 1.1-2Nabucodonosor, rei de Babilônia, subia à nossa terra, dissemos: Vinde, e Jr 4.5-7;8.14vamo-nos a Jerusalém por causa do exército dos caldeus, e por causa do exército dos siros; assim Jr 35.2habitamos em Jerusalém.

12 Veio a palavra de Jeová a Jeremias, dizendo: 13 Assim diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: Vai, e dize aos homens de Judá e aos habitantes de Jerusalém: Jr 5.3;6.8-10;32.33;Is 28.9-12Acaso não recebereis instrução para ouvirdes as minhas palavras? diz Jeová. 14 Guardadas têm sido Jr 35.6-10as palavras de Jonadabe, filho de Recabe, pelas quais ordenou a seus filhos que não bebessem vinho; e até o dia de hoje não o têm bebido, porque obedecem ao mandamento de seu pai; eu, porém, vos tenho falado a vós, Jr 7.13,25;11.7;25.3-4;2Cr 36.15levantando-me cedo e falando, Is 30.9;50.2e não me tendes escutado. 15 Também vos tenho enviado a vós todos Jr 26.5;29.19;32.33os meus servos, os profetas, levantando-me cedo e enviando-os, a dizer: Jr 4.1;18.11;Is 1.16-17;Ez 18.30-32;At 26.20Tornai-vos agora, cada um do seu mau caminho, e emendai os vossos feitos, Jr 7.6;13.10;25.6;Dt 6.14e não vades após outros deuses para os servirdes, Jr 7.7;22.4;25.5-6e habitareis na terra que vos dei a vós e a vossos pais; porém Jr 7.24,26;11.8;17.23;34.14não inclinastes os vossos ouvidos, nem me escutastes. 16 Porquanto os filhos de Jonadabe, filho de Recabe, têm Jr 35.14;Ml 1.6guardado o mandamento de seu pai, que lhes ordenou, mas este povo não tem escutado; 17 portanto assim diz Jeová, Deus dos exércitos, Deus de Israel: Eis Jr 19.3,15;21.4-10;Mq 3.12que trarei sobre Judá e sobre todos os habitantes de Jerusalém todo o mal que pronunciei contra eles: porque lhes Jr 7.13,26-27;26.5;Pv 1.24-25;Is 65.12;66.4;Lc 13.34-35;Rm 10.21falei, porém não me ouviram; chamei-os, porém não responderam.

18 À casa dos recabitas disse Jeremias: Assim diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: Porque haveis Êx 20.12;Ef 6.1-3obedecido o mandamento de Jonadabe, vosso pai, guardando todos os seus preceitos, e fazendo segundo tudo o que vos ordenou; 19 portanto assim diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: A Jonadabe, filho de Recabe, Jr 33.17;1Cr 2.55não lhe faltará nunca varão que Jr 15.19;Lc 21.36assista diante de mim para sempre.

Veja também