Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 42

TB

Jeremia waarsku die volk om nie na Egipte te gaan nie.

1 TOE het al die owerstes van die leërs aangekom, naamlik Jóhanan, die seun van Karéag, en Asárja, die seun van Hosája, en die hele volk, klein en groot,

2 en aan die profeet Jeremia gesê: Laat ons smeking tog voor u kom en bid tot die Here u God vir ons, vir hierdie hele oorblyfsel want ons het as 'n klein klompie uit baie oorgebly, soos u ons sien

3 dat die Here u God ons bekend mag maak die pad wat ons moet trek, en die saak wat ons moet doen.

4 En die profeet Jeremia het hulle geantwoord: Ek hoor; kyk, ek sal tot die Here julle God bid volgens julle woorde; en alles wat die Here julle antwoord, sal ek julle bekend maak; ek sal vir julle niks agterhou nie.

5 Toe hulle vir Jeremia: Laat die Here 'n waaragtige en geloofwaardige getuie teen ons wees as ons nie stip handel ooreenkomstig elke woord waarmee die Here u God u na ons sal stuur nie.

6 Laat dit goed of sleg wees ons sal luister na die stem van die Here onse God na wie ons u stuur, dat dit met ons goed kan gaan as ons luister na die stem van die Here onse God.

7 En aan die einde van tien dae het die woord van die Here tot Jeremia gekom,

8 en hy het Jóhanan, die seun van Karéag, geroep en al die owerstes van die leërs wat by hom was, en die hele volk, klein en groot,

9 en aan hulle gesê: So spreek die Here, die God van Israel, na wie julle my gestuur het om julle smeking eerbiediglik voor sy aangesig te bring:

10 As julle rustig in hierdie land bly, sal Ek julle bou en nie afbreek nie, en julle plant en nie uitruk nie; want Ek het berou oor die onheil wat Ek julle aangedoen het.

11 Vrees nie vir die koning van Babel vir wie julle bang is nie; wees nie vir hom bevrees nie, spreek die Here, want Ek is met julle om julle te verlos en julle uit sy hand te red.

12 En Ek sal julle barmhartigheid bewys, sodat hy hom oor julle sal ontferm en julle terugbring na julle land toe.

13 Maar as julle : Ons wil in hierdie land nie bly nie, sodat julle nie luister na die stem van die Here julle God nie,

14 en : Nee, maar ons sal na Egipteland trek waar ons geen oorlog sal sien of basuingeluid sal hoor of honger na brood sal nie, en daar wil ons woon

15 daarom hoor dan nou die woord van die Here, o oorblyfsel van Juda! So die Here van die leërskare, die God van Israel: As julle werklik julle aangesig rig om na Egipte te trek en weggaan om daar as vreemdelinge te vertoef,

16 dan sal die swaard waar julle voor vrees, julle daar in Egipteland inhaal; en die honger waar julle voor bang is, sal daar in Egipte kort agter julle aankom, en julle sal daar sterwe.

17 Ja, al die manne wat hulle aangesig gerig het om na Egipte te trek om daar as vreemdelinge te vertoef, sal sterwe deur die swaard, die hongersnood en die pes; en daar sal vir hulle niemand wees wat vryraak of ontvlug van die onheil wat Ek oor hulle bring nie.

18 Want so die Here van die leërskare, die God van Israel: Soos my toorn en my grimmigheid uitgestort is oor die inwoners van Jerusalem, so sal my grimmigheid oor julle uitgestort word as julle na Egipte trek; en julle sal wees 'n voorwerp van verwensing, van verbasing, van vervloeking en van smaad, en julle sal hierdie plek nie meer sien nie.

19 Die Here het oor julle gespreek, o oorblyfsel van Juda: Trek nie na Egipte nie! Weet verseker dat ek julle vandag waarsku.

20 Want julle het gedwaal ten koste van julle lewe, dat júlle my na die Here julle God gestuur het, met die woorde: Bid tot die Here onse God vir ons; en net soos die Here onse God sal , maak dit ons so bekend en ons sal dit doen.

21 So het ek julle dit dan vandag bekend gemaak, en julle het nie geluister na die stem van die Here julle God, naamlik na alles waarmee Hy my na julle gestuur het nie.

22 Weet dan nou verseker dat julle deur die swaard, die hongersnood en die pes sal sterwe in die plek waarheen julle verkies om te trek om daar as vreemdelinge te vertoef.

Jeremias exorta o povo a não ir à terra do Egito

1 Chegaram todos os capitães das forças, Jr 40.8,13;41.11,16e Joanã, filho de Careá, e Jezanias, filho de Hosaías, e todo o povo Jr 42.8;Jr 6.13;8.10;44.12;At 8.10desde o menor até o maior, 2 e disseram ao profeta Jeremias: Seja aceita, pedimos-te, a nossa Jr 36.7;37.20súplica diante de ti, e Jr 42.20;Jr 37.3;Êx 8.28;1Rs 13.6;At 8.24roga a Jeová teu Deus, por nós, por todo este resto; porque de muitos temos ficado Dt 28.62;Is 1.9;Lm 1.1uns poucos, assim como nos vêm os teus olhos. 3 Roga para que Jeová teu Deus nos indique Jr 6.16;Sl 86.11;Pv 3.6;Mq 4.2o caminho no qual havemos de andar, e aquilo que havemos de fazer. 4 Respondeu-lhes o profeta Jeremias: Tenho ouvido; eis Êx 8.29;1Sm 12.23que orarei conforme as vossas palavras a Jr 23.28;1Rs 22.14Jeová vosso Deus. Tudo o que Jeová vos responder, eu vo-lo referirei; 1Sm 3.17-18;Sl 40.10não vos encobrirei coisa alguma. 5 Disseram eles a Jeremias: Jr 43.2;Gn 31.50;Jz 11.10;Mq 1.2;Ml 2.14;3.5Seja Jeová entre nós testemunha verdadeira e fiel, se assim o não fizermos conforme toda a palavra, com que te enviar a nós Jeová teu Deus. 6 Seja em bem, ou seja em mal, Êx 24.7;Dt 5.27;Js 24.24obedeceremos à voz de Jeová nosso Deus, a quem te enviamos; Jr 7.23;Dt 5.29,33para que nos bem, quando obedecermos à voz de Jeová nosso Deus.

7 Sl 27.14;Is 30.18Passados que foram dez dias, veio a palavra de Jeová a Jeremias. 8 Jeremias chamou Jr 42.1a Joanã, filho de Careá, e a todos os capitães das forças que estavam com ele, e a todo o povo desde o menor até o maior, 9 e disse-lhes: Assim 2Rs 19.4,6,20;22.15diz Jeová, Deus de Israel, a quem me enviastes, para que eu apresentasse diante dele as vossas súplicas: 10 Se continuardes a ficar nesta terra, Jr 24.6;31.28;Ez 36.36edificar-vos-ei, e não vos derribarei; plantar-vos-ei, e não vos arrancarei; porque Jr 18.7-8;Os 11.8;Jl 2.13;Am 7.3,6;Jn 3.10;4.2estou arrependido do mal que vos tenho feito. 11 Jr 1.8;27.12,17;41.18Não tenhais medo do rei de Babilônia, de quem vós tendes medo; não tenhais medo dele, diz Jeová; Jr 1.19;15.20;2Cr 32.7-8;Sl 46.7,11;Is 8.9-10;43.2,5;Rm 8.31pois eu sou convosco para vos salvar, e para vos livrar das suas mãos. 12 Conceder-vos-ei misericórdia, Ne 1.11;Sl 106.46;Pv 16.7para que ele tenha misericórdia de vós, e vos faça voltar para a vossa terra. 13 Mas se vós disserdes: Jr 44.16;Êx 5.2Não moraremos nesta terra; se não obedecerdes à voz de Jeová vosso Deus, 14 mas disserdes: Não, Jr 41.17;Is 31.1antes iremos à terra do Egito, onde não veremos guerra, Jr 4.19,21;Êx 16.3;Nm 11.4nem ouviremos som de trombeta, nem teremos fome de pão; e ali habitaremos: 15 ouvi a palavra de Jeová, ó resto de Judá. Assim diz Jeová dos exércitos, Deus de Israel: Se vós tiverdes o firme propósito de entrardes no Jr 42.17;Jr 44.12-14;Dt 17.16Egito, e fordes para peregrinar; 16 Jr 44.13,27;Ez 11.8;Am 9.1-4a espada, que vós temeis, vos alcançará ali na terra do Egito, e a fome, que vós receais, vos guiará bem de perto ali no Egito, e ali morrereis. 17 Assim acontecerá a todos os homens que tiverem o firme propósito de entrarem no Egito para ali peregrinar; morrerão Jr 42.22;Jr 38.2;44.13à espada, de fome, e de peste; Jr 44.28não ficará nenhum deles, nem escapará do mal que eu farei vir sobre eles.

18 Pois assim diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: Assim como se derramou Jr 7.20;33.5;39.1-9;2Cr 36.16-19a minha ira e o meu furor sobre os habitantes de Jerusalém, assim será derramado o meu furor sobre vós, quando entrardes no Egito; vireis a ser objeto de Jr 29.18;Dt 29.21;Is 65.15execração, e de espanto, e de maldição e de opróbrio; Jr 22.10,27e não tornareis mais a ver este lugar. 19 Jeová disse acerca de vós, ó resto de Judá: Is 30.1-7Não entreis no Egito; Ez 2.5tende por certo que hoje vo-lo Ne 9.26,29-30tenho protestado. 20 Na verdade Jr 41.17;43.2;Ez 14.3com dolo vos tendes havido contra vós mesmos; porque Jr 42.2,5me enviastes a Jeová vosso Deus, dizendo: Roga por nós a Jeová, nosso Deus, e segundo tudo o que disser Jeová nosso Deus, anuncia-no-lo assim, que nós o faremos. 21 Hoje vo-lo Jr 43.1;Dt 11.26;Ez 2.7;At 20.26-27tenho anunciado, porém Jr 42.6;Jr 43.4não obedecestes a voz de Jeová vosso Deus em coisa alguma pela qual me enviou a vós. 22 Agora tende por certo que à espada, de fome e de peste Jr 42.17;Jr 43.11morrereis Os 9.6no lugar aonde desejais ir para ali peregrinardes.

Veja também