Jeremia word in 'n diep modderput gegooi.
1 TOE Sefátja, die seun van Mattan, en Gedálja, die seun van Pashur, en Jugal, die seun van Selémja, en Pashur, die seun van Malkía, die woorde hoor waarmee Jeremia die hele volk bly toespreek het, naamlik:
2 So spreek die Here: Wie in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard, die hongersnood of die pes, maar wie na die Chaldeërs uitgaan, sal lewe, en sy siel sal vir hom 'n buit wees, en hy sal lewe.
3 So spreek die Here: Hierdie stad sal sekerlik oorgegee word in die mag van die leër van die koning van Babel, en hy sal dit inneem.
4 Toe het die vorste aan die koning gesê: Laat hierdie man tog gedood word, want so maak hy die hande van die krygsmanne slap wat in hierdie stad nog oor is en die hande van die hele volk deur sulke woorde tot hulle te spreek; want dié man soek nie die vrede van hierdie volk nie, maar die onheil.
5 En koning Sedekía het gesê: Kyk, hy is in julle mag, want die koning kan niks teen julle doen nie.
6 Toe neem hulle Jeremia en gooi hom in die put van Malkía, die seun van die koning, wat in die voorhof van bewaking was; en hulle het Jeremia met toue laat afsak. En in die put was geen water nie, maar modder; en Jeremia het in die modder gesak.
7 En toe Ebed-Meleg, die Kusiet, 'n hofdienaar wat in die paleis van die koning was, hoor dat hulle Jeremia in die put gegooi het — die koning het toe in die Benjaminspoort gesit —
8 het Ebed-Meleg uit die paleis van die koning gegaan en met die koning gespreek en gesê:
9 My heer die koning, hierdie manne het verkeerd gehandel in alles wat hulle die profeet Jeremia aangedoen het, wat hulle in die put gegooi het; hy sal tog sterwe van honger op die plek waar hy is; want daar is geen brood meer in die stad nie.
10 Toe gee die koning aan Ebed-Meleg, die Kusiet, bevel en sê: Neem hiervandaan dertig manne met jou saam en trek die profeet Jeremia uit die put op voordat hy sterwe.
11 Daarop het Ebed-Meleg die manne met hom saamgeneem en ingegaan in die paleis van die koning onder die voorraadkamer en daarvandaan verslyte en geskeurde lappe geneem wat hy na Jeremia in die put met toue laat afsak het.
12 En Ebed-Meleg, die Kusiet, het vir Jeremia gesê: Sit tog die verslyte en geskeurde lappe onder jou armholtes onder die toue; en Jeremia het so gedoen.
13 En hulle het Jeremia aan die toue opgetrek en hom uit die put uitgehaal. En Jeremia het in die voorhof van bewaking gebly.
14 Toe stuur koning Sedekía en hy laat die profeet Jeremia na hom bring in die derde ingang wat by die huis van die Here was; en die koning het vir Jeremia gesê: Ek wil jou iets vra; steek vir my niks weg nie.
15 Maar Jeremia het Sedekía geantwoord: As ek u dit te kenne gee, sal u my nie sekerlik doodmaak nie? En as ek u raad gee, sal u na my nie luister nie.
16 Toe sweer koning Sedekía vir Jeremia in die geheim en sê: So waar as die Here leef wat aan ons hierdie lewe verleen het — ek sal jou nie doodmaak en jou nie oorgee in die hand van hierdie manne wat jou lewe soek nie!
17 Daarop sê Jeremia vir Sedekía: So spreek die Here, die God van die leërskare, die God van Israel: As u vrywillig uitgaan na die vorste van die koning van Babel, sal u siel lewe en sal hierdie stad nie met vuur verbrand word nie; en u sal lewe, u en u huis.
18 Maar as u nie uitgaan na die vorste van die koning van Babel nie, sal hierdie stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee word, en hulle sal dit met vuur verbrand; en u self sal uit hulle hand nie vryraak nie.
19 Toe sê koning Sedekía vir Jeremia: Ek is bevrees dat hulle my in die hand van die Jode wat na die Chaldeërs oorgeloop het, sal oorgee en dat dié met my die spot sal drywe.
20 Maar Jeremia antwoord: Hulle sal u nie oorgee nie. Luister tog na die stem van die Here in wat ek aan u sê; dan sal dit goed met u gaan en u siel sal lewe.
21 Maar as u weier om uit te gaan — dit is die woord wat die Here my laat sien het:
22 Kyk, al die vroue wat in die paleis van die koning van Juda oorgebly het, is uitgelei na die vorste van die koning van Babel, terwyl hulle gesê het: Die manne met wie u vriendskap gehou het, het u verlei en u oorweldig; toe u voete in die modder ingesak het, het hulle agteruitgewyk.
23 Hulle sal dan al u vroue en u kinders na die Chaldeërs uitlei; ook sal u self uit hulle hand nie vryraak nie; maar u sal deur die hand van die koning van Babel gevang word, en hierdie stad sal met vuur verbrand word.
24 Toe sê Sedekía vir Jeremia: Laat niemand van hierdie woorde weet nie, dat jy nie sterwe nie.
25 En as die vorste hoor dat ek met jou gespreek het en by jou kom en aan jou sê: Vertel ons tog wat jy met die koning gespreek het; steek dit nie vir ons weg nie, en ons sal jou nie doodmaak nie; en wat het die koning met jou gespreek? —
26 dan moet jy hulle antwoord: Ek het my smeking eerbiedig voor die koning gebring, dat hy my nie moet laat terugbring in die huis van Jónatan, om daar te sterwe nie.
27 Toe het al die vorste by Jeremia gekom en hom uitgevra; en hy het aan hulle mededeling gedoen volgens al hierdie woorde wat die koning hom beveel het. Toe het hulle hom met rus gelaat; want die saak het nie bekend geword nie.
Inneming van Jerusalem en verlossing van Jeremia.
28 EN Jeremia het in die voorhof van bewaking gebly tot op die dag dat Jerusalem ingeneem is. En toe Jerusalem ingeneem is —
Jeremias é lançado na masmorra
1 Ouviram Sefatias, filho de Matã, e Gedalias, filho de Pasur, e Jucal, filho de Selemias, e Jr 21.1Pasur, filho de Malquias, as palavras que Jeremias falou a todo o povo, dizendo: 2 Assim diz Jeová: Quem Jr 21.9ficar nesta cidade, morrerá à Jr 34.17;42.17espada, de fome e de peste; mas quem sair aos caldeus, viverá; a sua Jr 21.9;39.18;45.5vida lhe será por despojo e ele viverá. 3 Assim diz Jeová: Certamente esta cidade Jr 21.10;32.3-5será entregue nas mãos do exército do rei de Babilônia, e ele a tomará. 4 Então disseram os Jr 18.23;26.11,21;36.12príncipes ao rei: Tire-se a vida, rogamos-te, a esse homem; porquanto Êx 5.4;1Rs 18.17-18;21.20;Ed 4.12;Ne 6.9;Am 7.10;At 16.20enfraquece as mãos dos homens de guerra que ficam nesta cidade, bem como as mãos de todo o povo, falando-lhes tais palavras; esse homem Jr 29.7não busca o bem-estar deste povo, porém o mal. 5 Respondeu o rei Zedequias: Eis que ele está nas vossas mãos; pois 1Sm 15.24;29.9;2Sm 3.39não é o rei quem possa fazer coisa alguma contra vós. 6 Tomaram a Jeremias, e lançaram-no na Jr 37.16,21;At 16.24masmorra de Malquias, filho do rei, a qual estava no Jr 37.21pátio da guarda; e desceram Jeremias com cordas. Na masmorra não havia água, senão lodo; e Jeremias atolou-se no Jr 38.22;Sl 40.2;69.2,14-15;Zc 9.11lodo.
7 Ora quando Jr 39.16Ebede-Meleque o etíope, Jr 29.2;At 8.27eunuco que estava na casa do rei, ouviu que tinham metido a Jeremias na masmorra (estando o rei naquele tempo sentado Jr 37.13;Dt 21.19;Jó 29.7;Am 5.10na porta de Benjamim); 8 Ebede-Meleque saiu da casa do rei, e disse-lhe: 9 Ó rei, senhor meu, Jr 38.1estes homens fizeram o mal em tudo quanto fizeram ao profeta Jeremias, a quem lançaram na masmorra. Onde ele está morrerá pela falta de víveres: pois Jr 37.21;52.6não há mais pão na cidade. 10 Ordenou o rei a Ebede-Meleque, o etíope, dizendo: Toma daqui contigo trinta homens, e tira da masmorra a Jeremias, o profeta, antes que morra. 11 Assim Ebede-Meleque tomou consigo os homens, entrou na casa do rei, debaixo da tesouraria, e dali tomou uns velhos panos rotos e uns velhos trapos apodrecidos, e Jr 38.6desceu-os com cordas a Jeremias na masmorra. 12 Ebede-Meleque o etíope disse a Jeremias: Põe agora debaixo dos teus sovacos entre os braços e as cordas estes velhos panos rotos e velhos trapos apodrecidos. Jeremias assim o fez. 13 Jr 38.6Tiraram, pois, a Jeremias com as cordas, e alçaram-no da masmorra; e Jeremias ficou Jr 38.6;Jr 37.21;39.14-15;At 23.35;24.27;28.16,30no pátio da guarda.
Jeremias tem outra entrevista secreta com Zedequias
14 Jr 21.1-2;37.17Enviou o rei Zedequias, e fez trazer a si o profeta Jeremias à terceira entrada que está na casa de Jeová; e o rei disse a Jeremias: Vou Jr 15.11;42.2-5,20;1Sm 3.17-18;1Rs 22.16fazer-te uma pergunta; não me encubras nada. 15 Disse Jeremias a Zedequias: Lc 22.67-68Se eu to anunciar, acaso não me tirarás a vida? Se eu te aconselhar, não me escutarás. 16 Jurou Jr 37.17;Jo 3.2secretamente o rei Zedequias a Jeremias, dizendo: Pela vida de Jeová, Nm 16.22;27.16;Is 57.16;Zc 12.1que nos fez esta alma, não te tirarei a vida nem te entregarei nas mãos Jr 38.4-6;Jr 34.20destes homens que procuram tirar-te a vida.
O rei é exortado a render-se aos caldeus
17 Disse Jeremias a Zedequias: Assim diz Jeová, Sl 80.7,14;Am 5.27Deus dos exércitos, 1Cr 17.24;Ez 8.4Deus de Israel: Jr 38.2;Jr 21.8-10;27.12,17;2Rs 24.12;25.27-30Se saíres aos príncipes do rei de Babilônia, viverá a tua alma e não será incendiada esta cidade; 18 mas Jr 27.8se não saíres aos príncipes do rei de Babilônia, Jr 38.3;Jr 24.8-10;32.3-5;37.8;2Rs 25.4-10será esta cidade entregue nas mãos dos caldeus, e eles a incendiarão, Jr 32.4;34.3e tu não escaparás das suas mãos. 19 Disse o rei Zedequias a Jeremias: Is 51.12-13;57.11;Jo 12.42;19.12-13Receio-me dos judeus Jr 39.9que têm passado para os caldeus, não suceda que me entreguem nas mãos deles, Jr 38.22;2Cr 30.10;Ne 4.1e escarneçam de mim. 20 Jeremias, porém, disse: Não te entregarão. Jr 11.4,8;26.13;2Cr 20.20;Dn 4.27;At 26.29Obedece à voz de Jeová, naquilo que te falo; Jr 7.23assim te irá bem, Gn 19.20;Is 55.3e viverá a tua alma. 21 Mas se tu recusares sair, esta é a palavra que me mostrou Jeová. 22 Eis que todas Jr 6.12;8.10;43.6as mulheres que restam na casa do rei de Judá, serão levadas para fora aos príncipes do rei de Babilônia, e dirão: Incitaram-te e prevaleceram contra ti os teus amigos íntimos; agora estão os Jr 38.6teus pés atolados no lodo, e esses amigos se apartam de ti. 23 Tuas mulheres Jr 39.6;41.10;2Rs 25.7e teus filhos serão levados para fora aos caldeus, de cujas mãos Jr 38.18não escaparás; por mão do rei de Babilônia serás preso; Jr 38.18por tua culpa arderá em fogo esta cidade.
24 Disse Zedequias a Jeremias: Não saiba ninguém estas palavras, e não morrerás. 25 Mas se Jr 38.4-6,27os príncipes ouvirem que falei contigo, e vierem a ti e te disserem: Declara-nos agora o que disseste ao rei; não no-lo encubras, e não te mataremos; declara-nos também o que o rei te disse a ti: 26 dir-lhes-ás: Jr 37.15,20Apresentei a minha súplica diante do rei, que não me fizesse voltar à casa de Jônatas para ali morrer. 27 Vieram todos os príncipes a Jeremias e lhe perguntaram; e ele 1Sm 10.15-16;16.2-5lhes respondeu segundo todas estas palavras que o rei ordenara. Assim cessaram de falar com ele; porque a coisa não foi percebida. 28 Então Jr 38.13;Jr 15.20-21;37.20-21;30.13-14;Sl 23.4ficou Jeremias no pátio da guarda, até o dia em que foi tomada Jerusalém.